Kerkjaar 2018-19

File Version Licence Size Added Hits
Lukas 1:39-45, 46-55.doc 324.5 KB Dec 17, 2018 17:44 Download 259

Derde Sondag in Advent – 16 Desember 2018 – Lukas 3:7-18

Lukas3 7-18aCarolyn Brown stel voor dat die gemeente met Familietyd deelneem aan vandag se Skriflesing. ‘n Gedeelte van die gemeente is die “mense”, ‘n gedeelte die tollenaars, ander die soldate. Nog iemand is die verteller. Iemand anders is Johannes. Johannes moet vooraf voorberei om dramaties te lees soos vir ‘n groot skare buite. Met die preekriglyn word aangesluit by Johannes die Doper se rol as wegbereider, en nagedink oor die volle inhoud van die heil wat God bring. Ons fokus dieper op die inhoud van Johannes die Doper se prediking. Ons stap eerstens deur die teks, en daarna dink ons na oor die betekenis daarvan vir ons. Die erns en dringendheid van 'n besluit om bekering word beklemtoon. Die byl wat reeds teen die wortels van die boom lê, die feit dat die boom uitgekap gaan word asook die verbranding in die vuur, dien juis om te waarsku dat die oordeel aan die kom is. Dit is as 't ware op hande. Daar is nie eintlik baie tyd oor om 'n keuse te maak nie. Baie mense besef nie dat ons in die laaste dae lewe nie. Baie mense steur hulle nie baie aan die feit dat die wederkoms naby is nie. Ander sake geniet maklik ons onmiddellike aandag. Daarom moet ons dringend aandag gee aan die wegdraai van ons verkeerde lewe en seker maak ons besluit vandag om die geloof in Jesus te aanvaar. Dit is vandag ook versoeningsdag. Ons dink aan 'n diep verdeelde samelewing waar sommige se verwagtinge bots met ander se vrees. Ons word uitgedaag om na te dink oor ons eie lewensverhaal in die lig van Johannes se prediking. Wat sou Johannes vir ons sê as ons hom in die woestyn gaan besoek het? Hoe sou hy ons lewensstyl en ons ideale aangespreek het? Ons vier ook Adventstyd. Ons sien vooruit na die viering van die koms van die Kersbaba. Ons vier God wat mens geword het en ons kom genees het. Johannes leer ons dat diegene wat die genade vier nie daardeur onaangeraak mag bly nie. Die genade verander ons, bekeer ons, laat ons genadige lewens lei, lewens wat pas by God se bedoeling ons ons.

Lukas 3:7-18.ppt 412 KB Dec 10, 2018 20:10 Download 129
Lukas 3:7-18.pptx 337.55 KB Dec 10, 2018 20:09 Download 118
Lukas 3:7-18.doc 113.5 KB Dec 10, 2018 20:08 Download 208

Tweede Sondag in Advent – 9 Desember 2018 – Lukas 3:1-6

Lukas3 1-6aJohannes die Doper het ‘n unieke leefstyl gehad – in die woestyn geleef en vreemde kos geëet. Dit moes darem aaklig gewees het om sprinkane te eet. Laat val die lig vir ‘n oomblik op hierdie wegbereider wat op sy beurt die lig net op Jesus laat fokus. Kry die kinders sover om ook vreemde kos te probeer ... wurms! Wurms wat jou mond erg laat brand is algemeen in die winkels beskikbaar. Deel dit aan die kinders uit dat die gemeente hulle gesigte kan sien trek ... Of maak vooraf jellie wurms. Metode ingesluit. Die preekriglyn begin met ‘n oorsig van die politieke en godsdienstige situasie in Suid-Afrika en die NG Kerk. Met hierdie teks word die gemeente van die Here herinner aan die woord van God wat 2,000 jaar gelede tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom het. Lukas gee erkenning aan van die groot figure van sy tyd, sommige van hulle regte skurke. Deur dit te doen, plaas hy Jesus se verhaal in die historiese konteks daarvan. Lukas se punt is: die Jesus-gebeure speel in die geskiedenis af. Dit is nie 'n sprokie, feëverhaal of dagdroom nie. Dit is geskiedenis, deel van ons geskiedenis. Alles wat verder in die evangelie gaan gebeur is deel van dieselfde wêreld, dieselfde werklikheid waarin ons ook deel. Ons moet egter ons heil nie bloot net van groot leiers verwag nie. Bekering, goddelik-hergeoriënteerde mense, is hiervoor nodig. Dit sluit ons in.

Lukas 3:1-6.ppt 775.5 KB Nov 21, 2018 17:22 Download 218
Lukas 3:1-6.pptx 615.62 KB Nov 21, 2018 17:20 Download 189
Lukas 3:1-6.doc 126.5 KB Nov 21, 2018 17:20 Download 342

Eerste Sondag in Advent – 2 Desember 2018 – Lukas 21:25-36

Lukas21 25-36aGebruik die inleiding van die preek, die toneel uit die fliek Shrek, vir Familietyd. Gesels oor die frustrasie van ’n lang reis. Sluit dan aan by die boodskap van die teks. Oorweeg om vanjaar as gemeente “omgekeerde adventkalenders” te maak. Inligting ingesluit. Die preekriglyn begin met 'n kostelike toneel uit die film Shrek. Shrek, sy verloofde en Donkey is op pad na die koninkryk "Far, far away". En – omdat dit 'n reis na ver, ver weg van hier is, is dit 'n la-a-a-ng reis. Jy het dit seker al self ook beleef? Julle is op pad met vakansie en die pad voel lank. Jy – of die kinders – raak ongeduldig. En die verwagting en ongeduld word woorde: "Hoe lank nog?" "Hoe ver nog?" "Wanneer is ons daar?" Natuurlik is daar 'n al hoe groter wordende intensie en nood wat opbou. Dit was dieselfde in Jesus se tyd en Lukas se tyd. Wanneer Jesus oor die naderkom en aanbreek van God se koninklike heerskappy in hulle wêreld praat, vra die mense: "Here, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat is die teken van wanneer dit gaan plaasvind?" Ons teks is deel van Jesus se antwoord op hierdie vraag. Hy praat oor die nabyheid van die koninkryk van God en oor die tweede koms van die Seun van die Mens. Hy belowe dat Hy saam met ons op reis is ... en dat ons saam met God op reis is. God is hier teenwoordig en besig. God se nuwe begin is aan 't uitrol. Sy koninklike heerskappy ís 'n toenemende werklikheid al sien ons dit nie raak nie, óf al voel ons nie so nie. Wees daarom wakker. Interpreteer die werklikheid waarin ons leef met wysheid. En leef jou lewe. Geniet die reis. En laat God se hier wees jou in elke oomblik verras.

Lukas 21:25-36.ppt 686 KB Nov 21, 2018 16:09 Download 217
Lukas 21:25-36.pptx 602.49 KB Nov 21, 2018 16:08 Download 196
Lukas 21:25-36.doc 100 KB Nov 21, 2018 16:07 Download 307


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009