Kerkjaar 2018-19

File Version Licence Size Added Hits
Handelinge 5:27-32.pptx 676.11 KB Apr 17, 2019 16:47 Download 124
Handelinge 5:27-32.doc 150 KB Apr 17, 2019 16:47 Download 299

Johannes 20:1-18 – Paasfees – 21 April 2019

Johannes20 1-18bVertel die storie van Jesus se opstanding dramaties! Kinders kan deelneem deur die gebeure op te voer soos wat jy dit lees. Jy kan ook die pragtige video van die Jesus Storybook Bible se vertelling van Johannes 20. Skakel ingesluit. Dit is altyd ook ‘n goeie idee om die Paasfees-gebruike te verduidelik. Die preekriglyn begin met die aanhaling van Hesychius van Jerusalem: “Hidden first in a womb of flesh, he sanctified human birth by his own birth. Hidden afterward in the womb of the earth, he gave life to the dead by his resurrection (Paashomilie 5-6). Op Paassondag móét ons dus die opstandingsverhaal lees en verkondig. Die omkeermoment van die Jesusverhaal het immers aangebreek: die diepte, verlatenheid en stilte van die dood is oorwin. Die kruisiging en sterwe van Jesus is nie die laaste hoofstuk van sy verhaal op aarde nie. Daar is wel 'n weggerolde klip, 'n leë graf en verskynings aan mense as bewys van lewe na die dood. Op Paassondag trek ons ons feesklere aan en vier saam met gelowiges oor die wêreld heen dat ons Here Jesus leef. Ons vier dat Jesus se oorwinning oor die dood vir ons die lewe op 'n radikaal nuwe manier moontlik maak; in die hede, in die toekoms, asook selfs na ons eie einde hier op aarde. Op Paassondag onthou ons dat lyding en swaarkry, verontmensliking, rou, siekte, eensaamheid, verlange, wanhoop, sonde en die dood, ons tot in ewigheid nie sal kan afsny van God se liefde en sorg vir ons nie. Ons onthou dat die donkerste dieptes van dit wat ons lewe noem – dit wat soms soos hel kan voel – nooit die oorhand kan kry oor die genade en die werklikheid van Jesus se heerskappy nie; van hemel op aarde en hemel naas aarde.

Johannes 20:1-18.ppt 660.5 KB Apr 12, 2019 10:30 Download 152
Johannes 20:1-18.pptx 571.18 KB Apr 12, 2019 10:28 Download 134
Johannes 20:1-18.doc 150.5 KB Apr 12, 2019 10:28 Download 296

Psalm 22 – Goeie Vrydag – 19 April 2019

Psalm22Om die gedagte van Godverlatenheid oor te dra, kan jy vir die kinders vra of hulle al ooit in die middel van die nag in die donker wakker geword het en gevoel het hulle is alleen. Laat hulle vertel hoe dit voel. Verduidelik dat dit amper is hoe Jesus aan die kruis gevoel het - en hoe ons ook soms voel. Ons voel alleen en dink God is nie by ons nie. Net soos wat Pappa en Mamma tog naby is, al voel ons alleen, is God ook steeds naby. Dit dek die tafel vir die preek oor hierdie Psalm. Dit gaan hier oor die feit dat God die gebed van die hulpeloses nie verontagsaam nie. Die Psalmis bid nie net om verlossing nie, maar loof God vir die verlossing wat Hy gebring het. Dit is daarom ook moeilik om dié Psalm te lees, sonder om die lyding, kruisiging en opstanding van Jesus so duidelik hierin te hoor. En natuurlik is dit 'n Messiaanse Psalm wat in die lewe van Jesus vervul is. Maar ons moet nie te maklik vergeet dat dit ook 'n Psalm van Dawid is, en dat dit in die eerste plek vir hom in sy lewe betekenis gehad het. Soos dit ook vir ons betekenis het.

Psalm 22.ppt 996.5 KB Apr 12, 2019 04:07 Download 145
Psalm 22.pptx 821.36 KB Apr 12, 2019 04:06 Download 106
Psalm 22.doc 170.5 KB Apr 12, 2019 04:05 Download 249

Psalm 31 – Sesde Sondag in Lydenstyd – 14 April 2019

Psalm31Gesels oor die konsep van God wat ‘n rots of ‘n bergvesting is. Jy kan weer dieselfde konsep as dié van 3 Februarie (Psalm 71) gebruik. Julle kan ook gesels oor watter ander dinge vir ons sulke veilige plekke simboliseer, bv jou ma se arms. ‘n Ander konsep om die beeld mee te verduidelik, is ‘n “den” vir wanneer ‘n mens speletjies soos aan-aan speel. Daar is ook ‘n skakel na ‘n video van Psalm 31. Die psalms is wonderlike ruimtes wat ons help om ons eie gevoelens te verwoord en oor ons diepste pyn – en oorwinnings – te praat. Jesus Self haal twee keer uit die psalms aan terwyl Hy aan die kruis hang. Hierdie Psalm teken die worsteling van Dawid om in sy vertroue op God te volhard, ten spyte van teëstand en teëspoed. Dit word saamgebind deur die appèl aan die einde aan die hoorders-lesers om sterk te wees, moed te hou en te bly vertrou.

Psalm 31.ppt 635 KB Apr 09, 2019 05:07 Download 125
Psalm 31.pptx 554.5 KB Apr 09, 2019 05:06 Download 123
Psalm 31.doc 108.5 KB Apr 09, 2019 05:05 Download 247

Jesaja 43:16-21 – Vyfde Sondag in Lydenstyd – 7 April 2019

Jesaja43 16-21bRoep ’n paar kinders vorentoe met Familietyd. Laat hulle hulle vingers aflek, dit in ’n bakkie met sout druk en dan weer aflek. Nou kan hulle voel hoe dit moet voel om dors in die woestyn te wees. Plaas vooraf ‘Jannie-verjaar koeldrank’ (sommer gewone groen of rooi koeldrank) iewers waar niemand dit kan bereik nie en ’n koelboks waar dit sigbaar is, maar onopvallend. Sê vir die kinders “Is julle dors? Kry dan vir julle van die koeldrank”. Nadat die kinders dit probeer bereik het, sê vir hulle dat hulle op die verkeerde plek soek, want in die koelboks (iewers bereikbaar) is daar vir elkeen ’n yskoue blikkie koeldrank (nog lekkerder en beter as die Jannie-verjaar koeldrank). Lees dan vers 19-21 wat ‘n goeie oorgang om met die preek te begin. Die oordeel van die eerste deel van Jesaja word hier met Eksodus- en Skeppingsmotiewe vervang. God gaan ‘n nuwe begin met sy volk maak. Ná ‘n uitleg van die betekenis vir daardie tyd, kan dit opgevolg word met die vraag: "Waartoe verlos Christus ons?" Hierdie verlossingsdaad van God is immers telkens nuut in nuwe omstandighede.

Jesaja 43:16-21.ppt 2 MB Mar 27, 2019 17:07 Download 159
Jesaja 43:16-21.pptx 904.87 KB Mar 27, 2019 17:05 Download 146
Jesaja 43:16-21.doc 106.5 KB Mar 27, 2019 17:04 Download 290

Lukas 15:1-3, 11b-32 – Vierde Sondag in Lydenstyd – 31 Maart 2019

Lukas15 1-3 11b-32Vertel gewoon die gelykenis en onderstreep dat God ons altyd liefhet. Maak seker dat jy dit dramaties vertel. Laat kinders dit bv opvoer terwyl jy die teks lees. Of wys die video waarvan die skakel ingesluit is. Jy kan ook die verhaal vertel met behulp van ‘n arms-wawyd-oop-figuurtjie – en dan vir kinders die nodige toerusting gee om hul eie figuurtjie te maak terwyl hulle na die preek luister. Instruksies en ‘n inkleurprent ingesluit. Die preekriglyn begin met die drie-deling van die Skrifgedeelte en beklemtoon Lukas se fokus op die armes, weduwees, siekes en randfigure. Daarom word die leser met die eerste lees van hierdie Skrifgedeelte, herinner aan die gedagte dat God Hom verbly in die terugvind van iemand wat verlore was. Ons Skrifgedeelte beklemtoon ook veral God se liefde vir die sosiale randfigure en verstotenes. Die preekriglyn werk stapsgewyse deur die storielyn en sluit af met ‘n fokus op die oudste seun. Die gevaar is dat gelowiges wat lank in die vaderhuis leef soos die oudste seun kan raak. Ons wil dan nie dat die verkwisters, sondaars en lieplappers sommer net so oorlaai word met gratis genade nie. Ons strategie sou eerder wees dat hulle deur 'n proses van selfverbetering gaan om moreel gesuiwer te word, voordat ons feesvier. Ons kan liewer mense se morele verbetering aan die werk van God oorlaat. Mense word vanuit die omhelsing, vergifnis en feesvieringe in God se huis nuutgemaak. Ons kan voorbeelde stel, mentor, selfs raad gee. God se fees is egter nie 'n prysuitdeling vir die moreel onbevlektes nie. Dit is 'n fees van God se genade – vir ons en ander.

Lukas 15:1-3, 11b-32.ppt 569 KB Mar 27, 2019 05:03 Download 148
Lukas 15:1-3, 11b-32.pptx 489.22 KB Mar 27, 2019 05:01 Download 146
Lukas 15:1-3, 11b-32.doc 121 KB Mar 27, 2019 05:01 Download 252

Jesaja 55:1-9 – Derde Sondag in Lydenstyd – 24 Maart 2019

Jesaja55 1-9bNeem 'n bord vol tuisgebakte koekies, maak dit met foelie toe, sodat die kinders nie kan sien wat in die bord is nie. Begin dan deur te sê dat daar baie lekker en mooi dinge in die lewe is wat baie duur is. Vra dan vir hulle of hulle iets lekker kan noem wat nie vreeslik duur is nie. Wys uit dat daar sommige items is wat dalk goedkoper is, maar wat selfs beter is as sommige duurder items. Neem die bord vol koekies as voorbeeld. Hulle smaak beslis beter as die duurder winkel koekies. God nooi ons, wat geen geld het nie, om te kom koop en te eet! Lees Jes. 55:1-2. Beklemtoon die feit dat God baie dinge vir ons gee wat geen geld kos nie. Dinge soos liefde, vergifnis, krag, hulp en leiding. Beklemtoon veral dat God wil hê dat ons op hierdie dinge moet fokus – die goedkoper, beter dinge in die lewe – in plaas van die duur items wat ons so begeer. Daar is niks beter as die gratis gawes van God nie. As jy wil, kan jy dan vir elke kind 'n tuisgebakte koekie gee. Dit verskaf ‘n uitstekende inleiding vir die preekriglyn, want selfs grootmense sal die boodskap daarvan ter harte kan neem. Die boodskap van Jesaja (en Jesus) wil ons energie gee om nuut te dink oor ons menswees, ons identiteit, ons roeping. As ons oë oopgaan vir die nuwe wêreld waarheen God met ons op pad is, word ons God se medewerkers wat nou al, in die winter van die ou wêreld, tekens van die Here se liefde, geregtigheid en trou oprig. Tekens wat verkondig: Die winter is byna verby, God se somer kom. Kom koop, sonder om te betaal, wyn en melk. Sien weer God se planne raak wat ver bo ons planne en gedagtes is. Gryp dit vas. Gehoorsaam. Jy sal vrede vind wat die wêreld nie vir jou kan gee nie en ook nie van jou kan wegneem nie.

Jesaja 55:1-9.ppt 935.5 KB Mar 18, 2019 16:40 Download 152
Jesaja 55:1-9.pptx 816.16 KB Mar 18, 2019 16:39 Download 135
Jesaja 55:1-9.doc 102 KB Mar 18, 2019 16:38 Download 265

Filippense 3:17- 4:1 – Tweede Sondag in Lydenstyd – 17 Maart 2019

Filippense3-17 4-1Die Filippenseteks sê vir ons dat dit belangrik is dat ons "vasstaan" in God. Ons is God se mense en ons vertroue is in God se mag. Gee vir elke kind 'n klein papierhartjie om in hulle skoene te sit as herinnering om vas te staan vir Jesus. Moedig hulle aan om dit elke dag vir die res van die week in hulle skoene te sit. Die preekriglyn fokus op lyding as ‘n werklikheid. Soveel mense spandeer soveel energie om lyding uit die weg te ruim, en dit is goed so. Oor die afgelope 2,000 jaar het Jesus se volgelinge ook op baie terreine lyding probeer versag. Tog is lyding 'n werklikheid. Daarom sug en verlang ons so dat God die wêreld finaal kom nuut maak. In ons teks praat Paulus oor die lyding wat aktiewe teenstanders van die geloof veroorsaak. “Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe." Paulus beklemtoon dat lyding en teenstand nie die laaste woord oor mens se lewe sê nie. Ons vreugde, blydskap en vervulling kom nie uit ons omstandighede nie. Die vloei uit ons geloof in Jesus Christus. Jesus en dit wat Jesus doen is die inhoud van ons geloof. Dit is die inhoud van ons geloof wat ons troos en ons bly maak. Daarom kan ons volhard. Daarom kan ons mekaar ook bly ondersteun. Ons is sáám op die reis van geloof na ons heerlike toekoms.

Filippense 3:17-4:1.ppt 631 KB Mar 11, 2019 15:54 Download 175
Filippense 3:17-4:1.pptx 567.5 KB Mar 11, 2019 15:52 Download 138
Filippense 3:17-4:1.doc 108 KB Mar 11, 2019 15:52 Download 267

Lukas 4:1-13 - Eerste Sondag in Lydenstyd - 10 Maart 2019

Lukas4 1-13Help die kinders om hulself in Jesus se situasie in te dink. Wys prentjies van ’n woestyn. Wys dalk ’n klip en ’n varsgebakte broodjie wat baie lekker lyk en vra of hulle dink dat dit vir Jesus moeilik was om nee te sê vir die duiwel as hulle na die woestyn, die klip en die brood kyk. Vertel vir die kinders dat God altyd goed na ons sal kyk al voel dit asof ons in ’n slegte plek soos die woestyn is. Jesus wys vir ons dat ons altyd moet vertrou op God al lyk ander dinge lekkerder (soos die brood teenoor die klip). Daar is nóg voorbeelde wat jy kan gebeuik. In die preekriglyn fokus ons nie op gewone versoekings nie – morele goed, gierigheid, en mag – maar op die lewe met God – die versoeking van ongeloof en ongehoorsaamheid in plaas van vertroue en volharding op die pad wat die Here vir jou wys. Ons praat oor die uitdagings waarvoor dié pad met God jou plaas. Dit sluit baie keer alleenheid in die woestyn in waar jy moet besluit of jy die pad met die Here gaan loop, al is daar geen ondersteuning nie, net jy en jou geloof in die Here. Die teks wil vir jou vaste kos gee vir die lewe wat jy met God moet loop, sodat dit nie later blyk dat jy vasgeval en in ongeloof en ongehoorsaamheid agter gelaat is nie. Dat jy dit wat vir jou die kosbaarste is, jou geloof in God, versaak en die pad byster geraak het nie.

Lukas 4:1-13.ppt 871 KB Mar 04, 2019 10:19 Download 170
Lukas 4:1-13.pptx 705.24 KB Mar 04, 2019 10:18 Download 153
Lukas 4:1-13.doc 124 KB Mar 04, 2019 10:17 Download 305

Psalm 99 – Sondag van die Verheerliking – 3 Maart 2019

Psalm99Hierdie is ‘n goeie Sondag om veral met kleiner kinders te gesels oor gebed. Gebed is nie inkopielysies nie. Ons gesels met God. Gebruik die verskillende vingers van ‘n hand om vir mense die verskillende aspekte van gebed te verduidelik. Die vierde Psalmboek , Psalms 90-106, fokus op die feit dat die Here reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die ontrouheid van Dawid se koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid. Dit eindig met 'n appèl aan die Here om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word. Die vierde Psalmboek in sy geheel, gegewe die koppeling met die tyd van die ballingskap, help ons ook om te verstaan dat selfs in 'n tyd wat jy swaarkry, 'n mens blydskap in die teenwoordigheid van die Here kan beleef deur lofprysing. Psalm 99 is een van die prima Aanbiddingspsalms. Twee keer loop die beskrywing van God se wese en werk uit op 'n gelykluidende oproep om God te aanbid. Psalm 99 roep ons dus op om God te aanbid. Daar is twee redes daarvoor. Eerstens is God die Heilige Heerser wat oor alles troon. Tweedens is God die een wat gebede beantwoord. Dit pas ons aan-aan die eenkant om met ontsag Hom te aanbid. Terselfdertyd nooi Hy ons aan die ander kant uit om soos Moses, Aäron en Samuel met Hom in gesprek te tree oor alles in ons lewe. Hy sal antwoord. Daarop kan ons vertrou. Maar, dit sluit in dat Hy soewerein bly in die tipe antwoord wat Hy gee. En gehoorsaamheid is belangriker as gebedsverhoring.

Psalm 99.ppt 576 KB Feb 24, 2019 04:45 Download 186
Psalm 99.pptx 541.03 KB Feb 24, 2019 04:44 Download 156
Psalm 99.doc 105 KB Feb 24, 2019 04:43 Download 312

Sewende Sondag ná Epifanie – 24 Februarie 2019 – Lukas 6:27-38

Lukas6 27-38Gebruik die weergawe van die teks in die Nuwe Testament vir Kinders. Daar is ook ‘n kinderboodskap ingesluit. Die preekriglyn skop af met Rolf Nestingen se verhaal oor sy ouers wat wou hê dat hy 'n dokter moes word sodat hulle sommer vir niks siek kon word nie. Toe word hy maar 'n predikant sodat hy vir niks goed kon wees nie. Immers, hoeveel maal word leraars nie gespot oor die feit dat hulle net een dag per week werk nie! Hulle is goed vir niks nie. Nestingen skryf dat dit nogal moeilik is om 'n dag af te vat as jy net een dag per week werk! Daarmee word die tafel gedek vir ‘n gesprek oor goedwees; dat Jesus ons in hierdie gedeelte uitdaag om presies dit te doen: om lief te hê vir niks; om goed te doen vir niks; om geld uit te leen vir niks; om goed te wees vir niks! Vir niks! Jesus leer ons daarmee dat ons die krag van ons optrede nie moet onderskat nie. In Lukas se tyd was hierdie optrede radikaal anders en was dit 'n "aggressiewe evangeliese strategie" om gemeenskap met mense te skep wat van die geloofsgemeenskap vervreemd was. Uiteraard sal almal nie positief op hierdie liefde wat niks verwag reageer nie, maar ons ywer om hulle aan die barmhartigheid van die Vader bloot te stel moet nooit verflou nie.

Lukas 6:27-38.ppt 1.4 MB Feb 19, 2019 05:53 Download 161
Lukas 6:27-38.pptx 548.83 KB Feb 19, 2019 05:51 Download 162
Lukas 6:27-38.doc 123.5 KB Feb 19, 2019 05:51 Download 289

Sesde Sondag ná Epifanie – 17 Februarie 2019 – Lukas 6:17-26

Lukas6 17-26Sermons4kids stel voor dat jy gesels oor geluk. Blaas saam met die kinders bubbles. Geniet vir ‘n rukkie die blaas van die bubbles. Laat mense probeer om dit te vang. Bubbles maak almal gelukkig! Die probleem daarmee is dat dit nie hou nie. Die oomblik wat jy daaraan raak, bars dit. Baie van die dinge waarby mense geluk soek, is soos bubbles. Hulle jaag dit, maar kan dit nooit kry nie. Gesels oor die goed waarby mense geluk soek en dan oor die manier waarop ons geluk vind wanneer ons bv arm is en ontdek dat God sorg, of hartseer is en ontdek dat God troos. Die preekriglyn begin met Ferdinand Deist se verhaal oor die Nobelpryswenner vir Fisika, Werner Heisenberg, se stryd toe Hitler die Duitse regering in 1933 oorgeneem het. Moes hy padgee of bly? Die deure was oop om 'n pos in die buiteland te kry, byvoorbeeld in die kerninstituut van Niels Bohr in Noorweë. Hy besluit toe om in Berlyn met sy vertroueling en beroemde fisikus Max Planck te gaan gesels. Planck het toegegee dat hy maklik 'n pos iewers anders kon kry. Toe sê hy hierdie woorde: "Maar wat jy ook al besluit, dink aan die tyd wat ná die katastrofe kom." Hoewel ons ons nie kan voorstel wat mense tydens die Nazi-skrikbewind deurgegaan het, hoeveel kompromieë goeie Christenmense dalk moes maak om te oorleef nie, gee dit ons tog 'n beeld van wat baie Christene vandag in die wêreld beleef. Daar is wêrelddele waar dit byna ondraaglik is om 'n Christen te wees. Dit gee ‘n goeie inleiding om te gesels oor moed skep in ‘n tyd van katastrofe en lyding. Om Jesus se woorde ter harte te neem om verder te kyk en die hoop op God self te plaas. Beide op die geestelike seën wat Hy gee en die sekerheid van sy beheer.

Lukas 6:17-26.ppt 348 KB Feb 11, 2019 05:33 Download 191
Lukas 6:17-26.pptx 269.27 KB Feb 11, 2019 05:32 Download 161
Lukas 6:17-26.doc 108 KB Feb 11, 2019 05:32 Download 328

Vyfde Sondag ná Epifanie – 10 Februarie 2019 – Lukas 5:1-11

Lukas5 1-11Verlede jaar het die balpeutery van die Australiërs in die derde kriekettoets teen Suid-Afrika groot opslae gemaak. Dis nie dat hulle nie die reëls geken het nie. Hulle het geweet dis verkeerd. In krieketkringe is dit onaanvaarbaar. Gesels met die kinders vanuit daardie hoek oor die Christelike lewe. Ons teks begin as't ware met die kameralens op 'n wye hoek gestel. Jesus wat die skare leer. Na Jesus die skare geleer het, tree Hy nou in gesprek met Petrus. Petrus is skielik in die kollig. Ná die wonder val hy met ‘n sondebesef op sy knieë voor Jesus. Hy bely sy ontrouheid aan die wet van God. Hy kom tot inkeer. Soos Hy die sondaar Petrus, met al sy gebrokenheid, in diens neem, staan Hy voor ons as die Een wat alle gesag het en daag Hy ons uit om Hom op sy woord te neem en Hom te gehoorsaam en te volg. Immers, diens aan God is die somtotaal van vryheid.

Lukas 5:1-11.ppt 639.5 KB Jan 28, 2019 05:51 Download 219
Lukas 5:1-11.pptx 416.68 KB Jan 28, 2019 05:50 Download 197
Lukas 5:1-11.doc 76 KB Jan 28, 2019 05:49 Download 339

Vierde Sondag ná Epifanie – 3 Februarie 2019 – Psalm 71:1-6

Psalm71 1-6Bou vooraf ‘n fort van komberse en laat die kinders saam met jou in die fort sit terwyl julle gesels. Of, as jy nie kans sien vir die fort nie, vra wie van hulle soms kombers forte in hul huise bou, hoe die forte lyk, hoe hulle dit bou. Verduidelik dat die skrywer van die Psalm bang was. Daarom bid hy dat God vir hom ‘n plek sal wees waar hy veilig voel, soos ‘n rots waaragter hy kan wegkruip. Gesels oor nog plekke waar ‘n mens veilig voel, bv in jou ma se arms. Wys almal op die manier waarop die skrywer van die Psalm skuif: eers vra hy God om vir hom ‘n veilige plek te wees, dan begin hy bely dat God vir hom ‘n veilige plek is. Ons kan ook op die manier vir God vra om vir ons ‘n veilige plek te wees – en vir God dankie sê en vertrou, omdat hy vir ons daardie veilige plek is. Dit is ‘n goeie inleiding tot die prediking. Wanneer mens hierdie woorde hoor, kom die situasie van so baie mense wat skreeu en dors na reg, geregtigheid en bevryding by mens op. Ons land se misdaadlandskap van fisieke geweld, plaasmoorde, korrupsie, finansiële uitbuiting, huisinbraak, gesinsgeweld, transito rooftogte en voertuigkapings versterk ons gebede en geroep om reg en regverdiging. Hierdie gebed roep tot God dat God sal red en uitkoms sal bied. Dit soek troos in God se reg en geregtigheid. Hierdie Psalm roep egter nie net na God nie, maar vind ook rus in God. Die primêre oproep van Psalm 71 is om die gemeente tot bidders op te roep, wat soos die digter vooruitskouend beloof en roem dat hulle God sal loof en prys omdat hulle glo en oortuig is Hy sal redding bring. Met musiekinstrumente moet ons voortydig die wonders wat sal kom nou al besing! Nou reeds die nuwe dagbreek, die troos en vreugde, die nuwe toekoms hoopvol vier! Want dit gaan verseker kom. Ons moet net biddend wag. En dit sal kom as seën, as geskenk. Dit waarborg dié Here wat 'n pad in die see gemaak het. Hy gáán iets nuuts vir jou skep. Hy gaan jou verras.

Psalm 71:1-6.ppt 2.42 MB Jan 28, 2019 05:18 Download 202
Psalm 71:1-6.pptx 974.14 KB Jan 28, 2019 05:17 Download 176


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009