Kerkjaar 2017-18

Spesiale aanbod

Jou laaste kans om te bestel. Aanbod sluit 6 Oktober 2017.

Woord en fees – Preekstudie Advent 2017 – Koninkrykstyd 2018

Woord en fees

 

Preekstudie Advent 2017 – Koninkrykstyd 2018

AFSLAGPRYS: R280.00

GEWONE PRYS: R310.00 

Woord en fees – Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018 – is ʼn hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A.

Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Leesrooster vir lidmate.

BESKIKBAAR OKTOBER 2017

KOOP NOU >>

Leesrooster - Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018

Leesrooster vir lidmate 

 

Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018

AFSLAGPRYS: R80.00

GEWONE PRYS: R110.00

Nuwe ontwerp en aanslag

• Die fokus val nou meer op bruikbaarheid.

• Die bydraes is daarom baie meer kernagtig.

• Elke week se bydraes strek oor slegs 2 bladsye.

Leesrooster vir lidmate  – Advent 2017 tot Koninkrykstyd 2018 – volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die erkende teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A. Dit moedig lesers aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar.

Leesrooster vir lidmate kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Woord en fees.

BESKIKBAAR OKTOBER 2017

KOOP NOU >>

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of .">.">. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za

File Version Licence Size Added Hits

Johannes 15:1-8 – Vyfde Sondag van Paastyd – 29 April 2018

Johannes15 1-8Vertel die wonderlike storie van Basil die Wingerdloot. Wanneer Basil besef dat hy nie druiwe dra nie, probeer hy baie hard, steunend en kreunend – maar niks gebeur nie. Totdat die wingerdstok vir hom sê dat hy wat Basil is, net aan die wingerdstok verbind moet bly. Van toe af het Basil net op die wingerdstok gefokus – en heerlike druiwe gedra. Die hele verhaal met illustrasies sowel as ‘n skakel na ‘n video daarvan is ingesluit. Die preekriglyn sluit by een van die belangrikste vaardighede wat enige tuinier moet baasraak, snoeiwerk. Die redes daarvoor dek die tafel om hierdie beeld te gebruik om God se betrokkenheid by ons lewens toe te lig. In ons teks sê Jesus dat Hy die ware wingerdstok is op wie ons ingeplant word om so lewe te ontvang, terwyl sy Vader die landbouer is wat ons snoei sodat ons meer vrug kan dra.

Johannes 15:1-8.ppt 1.24 MB Apr 23, 2018 10:06 Download 22
Johannes 15:1-8.pptx 1.17 MB Apr 23, 2018 10:05 Download 15
Johannes 15:1-8.doc 105.5 KB Apr 23, 2018 10:05 Download 37

Psalm 23 - 22 April 2018 - Vierde Sondag van Paastyd - Goeie Herdersondag - Arbeidsondag

Psalm23Lees die gedeelte uit Johannes 10 soos in Die Nuwe Testament vir Kinders. Daar is ook ‘n aantal skakels na video’s, inkleurprente, en idees vir klein kindertjies. Die preekriglyn lei in met die verhaal van die bekende sanger Don Moen se loflied "God will make a way". Daarin bevestig hy God se versorgende teenwoordigheid in ons lewens. Die woorde het Don se bekende lied geword. Hy sou egter ook Psalm 23 kon resiteer, die pêrel van die Psalms. Twee metafore oorheers die psalm. Die Here word eers geteken as herder en later as gasheer. Psalm 23 is ‘n psalm vir die lewe . . . in 'n wêreld wat dikwels onvriendelik en vyandig is ... en wat vereis dat ons met geloofsvertroue moet leef.

Psalm 23.ppt 1.06 MB Apr 16, 2018 10:48 Download 77
Psalm 23.pptx 928.71 KB Apr 16, 2018 10:47 Download 48
Psalm 23.doc 108 KB Apr 16, 2018 10:46 Download 173

Handelinge 3:12-19 - 15 April 2018 - Derde Sondag van Paastyd

Handelinge3 12-19Jy kan die Skriflesing integreer met die familie-oomblik. Daar is ‘n paar skakels na ander hulpmiddels wat jy kan gebruik, video’s, aktiwiteite en inkleurprente. Die preekriglyn verwys terug na die radikale nuwe lewe en lewenswyse binne die gemeente van die Here waarvan Handelinge 2 vertel. Handelinge 3 vertel nou verder van die gemeente se aksie na buite. Versorging en opbou van die gelowiges na binne in is hoofstuk 2 aan die orde, die gemeente se missie na buite – "by die tempelpoort" – kry in hoofstuk 3 aandag. Ons teks is dus deel van 'n groter vertelling waarin die bedieningspatroon van die gemeente in Jerusalem oorvertel word. Die voortgang van die opgestane Jesus se bediening na die uitstorting van die Heilige Gees word vir ons duidelik. Een sentrale tema is: Beide opbou en uitreik geskied deur die krag van die Heilige Gees. Die gemeente wat in Christus nuut gemaak is, het 'n impak op die gemeenskap.

Handelinge 3:12-19.ppt 1.2 MB Apr 09, 2018 11:08 Download 102
Handelinge 3:12-19.pptx 1.11 MB Apr 09, 2018 11:07 Download 70
Handelinge 3:12-19.doc 115 KB Apr 09, 2018 11:06 Download 211

Johannes 20:19-31 - 8 April 2018 - Tweede Sondag van Paastyd

Johannes20 19-31bGebruik verskillende lesers om die skriflesing te dramatiseer. Die preekriglyn lei in met die Afrikaanse spreekwoord wat sê iemand is "'n ongelowige Tomas". Tomas was egter geen ongelowige nie. Hy was wel 'n twyfelaar. Twyfel speel 'n sentrale rol in Johannes 20:10-31, soos in elke gelowige se lewe. Twyfel skep onsekerheid by gelowiges oor hulle saligheid en oor die sekerheid van 'n lewe met God in ons wêreld. Geloofstwyfel is opsigself nie sonde nie. Die vraag is wat ons daarmee doen. Dit is ook nie 'n teken van 'n "minderwaardige" geloofsverhouding of van ongeloof nie. Trouens, geloof en twyfel loop hand aan hand. Gelowiges lewe in 'n wêreld waar God se liefde maklik versluier word deur ons daaglikse lewensomstandighede. Geloofstwyfel beïnvloed elke gelowige se verhouding met die Here op die een of ander stadium van die lewe. Vandag gesels ons oor die twyfel van menige gelowige vanweë die dag en tyd waarin ons leef. Twyfel veroorsaak dat gelowiges moedeloos word en dat hulle geloof in die spervuur beland. Dit lei onwillekeurig na onsekerheid oor wie God is en wat Hy sal doen as gelowiges twyfel. Uiteindelik kom hulle sekerheid rakende die ewige lewe ook in die gedrang. Ons kan egter nie net op twyfel konsentreer nie. Die teks gee ook hoop aan verwarde mense in 'n deurmekaar wêreld.

Johannes 20:19-31.ppt 1.01 MB Apr 01, 2018 06:16 Download 112
Johannes 20:19-31.pptx 929.62 KB Apr 01, 2018 06:15 Download 95
Johannes 20:19-31.doc 109 KB Apr 01, 2018 06:14 Download 242

Johannes 20:1-18 - 1 April 2018 - Paassondag

Johannes20 1-18aVir Familietyd kan die uitbeelding by die Oorsig gebruik word of die pragtige video uit die Jesus Storybook Bible gewys word óf die ingeslote voorbeeld van ’n regte paaseier gebruik word. Dit is vandag Paassondag en die kernboodskap van hierdie gedeelte is: Jesus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! Paassondag beteken dat ons met hoop kan lewe. Hoop omdat die graf oop is. Hoop omdat die klip weggerol, die doeke opgevou en die graf leeg is. Hoop, want Jesus het opgestaan juis sodat mense wat dink dat hulle perfek is, en dit nie is nie, met hoop kan lewe. Ongelukkig verdwyn hierdie boodskap in ’n wêreld wat deur miswolke geteister word. Ons word daagliks deur miswolke verhinder om Jesus se oop, leë graf te sien. In plaas daarvan om hierdie boodskap van hoop te sien, sien ons hoe die regering se besluite Suid-Afrika se toekoms in gevaar stel. Dink maar aan die heersende politieke onsekerheid oor grond en eiendom. Opposisiepartye skarrel om munt hieruit te slaan, terwyl hulleself nie werklik alternatiewe bied nie. Ons sien korrupsie, nepotisme en die gevolge van die rommelstatus. Ons sien ons onvermoë om armoede, werkloosheid en rassisme aan te spreek. Ons sien plaasmoorde en hoe oppervlakkig sommige voorgestelde oplossings is. Ons sien hoe gewelddadig ons samelewing is, want mense sterf vir R10, ’n selfoon en ’n skootrekenaar. Maar ons sien ook hoe hooploosheid verdwyn as ons met ’n ander oog na die omstandighede kyk. Ons sien ons hoef nie bang te wees nie, want alles is nie verlore nie. Ons sien ’n toekoms te midde van bekommernisse. Ons sien in droë stoppellande sonder oes vooruitsigte, ’n plant met drie rooi blomme aan. Ons sien ’n leë graf, want Jesus het opgestaan. Ons sien weer lewe, want Hy lewe en daarom het ons hoop! Om dít te kan sien, moet ons anders kyk na die werklikheid. Nie om dit mis te kyk nie, maar om met geloofsoë daarna te kyk. Oë wat ’n leë graf sien omdat die Here opgestaan het en lewe. Dit het Maria gesien toe sy by die graf gekom het, ook Petrus en Johannes.

Johannes 20:1-18.ppt 855 KB Mar 26, 2018 11:06 Download 115
Johannes 20:1-18.pptx 769.79 KB Mar 26, 2018 11:05 Download 99
Johannes 20:1-18.doc 99.5 KB Mar 26, 2018 11:05 Download 207

Johannes 18:1-19:42 - 30 Maart 2018 - Goeie Vrydag

Johannes18 1 19-42Daar is nie ‘n Familietyd in hierdie preekriglyn nie. Vir die preek word aanbeveel dat die lang teksgedeelte ten volle in die erediens voorgelees word. Daar word dan kort gepreek waarin kortliks op Johannes se effe ander perspektief op die kruisverhaal in vergelyking met die eerste drie evangelies gefokus word. Terwyl die eerste drie evangelies baie sterk op die gewelddadigheid van die toneel fokus, bied Johannes 'n weergawe wat spreek van Jesus se gesag en beheer, selfs in die benouendste oomblikke op sy lydensweg. Johannes skets dus 'n toneel wat troos en bemoedig. Terwyl die wêreld in rep en roer is en die ergste dinge Jesus toeval, bly Hy triomfantelik. Hy wyk nie af van sy lydensweg nie. Met dit gesê, is daar egter die gevaar dat ons kan verdwaal in 'n ontvlugting van die werklike betekenis. Ons moet raaksien dat Johannes ons 'n verhaal bied om ons bewus te maak van die heil in die kruisdood van Jesus. 'n Verhaal van die sterwe van die Paaslam en die heil vir die wêreld. Dit is daarom 'n verhaal wat vertel van die medelye van die Seun van God met die wêreld in nood, eerder as 'n verhaal wat ons oproep om medelye te hê met die Seun van God wat ly en sterf. Die verskil is subtiel maar deurslaggewend! In 'n verrassende wending roep die verhaal volgelinge van die triomfantelike lydende Seun van God op om Hom te volg in sy lyding. Dit is immers deur Hom te volg, dat ons sal wees waar Hy is. Goeie Vrydag is daarom presies dit: 'n GOEIE Vrydag. Deur die vrywillige dood van die Goeie Herder wat sy lewe vrywillig vir sy skape aflê, het God die finale stryd oor die dood en boosaardigheid behaal; selfs waar dit lyk asof die boosaardigheid die oorhand het. Aan die hand van die Johannesevangelie is dit 'n dag om die triomfantelike verhoging van die Seun van God te herdenk. Ek wens jou daarom in sy Naam 'n Goeie Vrydag toe!

Johannes 18:1-19:42.ppt 941 KB Mar 26, 2018 10:49 Download 87
Johannes 18:1-19:42.pptx 759.99 KB Mar 26, 2018 10:47 Download 76
Johannes 18:1-19:42.doc 169.5 KB Mar 26, 2018 10:47 Download 182

Markus 15:1-39, (40-47) - 25 Maart 2018 - Sesde Sondag in Lydenstyd - Palmsondag

Markus15 1-39Hierdie is weer een van daardie geleenthede waar jy gewoon die verhaal van die Bybel kan vertel. Ons gee verskillende opsies van videos wat jou daarmee kan help. Daar is ook ‘n opsie om met "stil-akteurs" die onderskeie gedeeltes van die narratief uit te beeld. Die preekskets werk met Markus 15:1-47 as tekskeuse en fokus op die viering van Palmsondag, 'n dag van kontraste. Ons ervaar aan die een kant die vreugdevolle uitbeelding van lojaliteit aan Jesus wat in die Naam van die Here kom (Intog in Jerusalem). Tog is die Hosanna-uitroepe bedek met die skaduwee van die kruisiging wat voorlê. Die gemeente ervaar opnuut haar eie konfrontasie met die teenstrydighede van ons eie deelname in die triomfantelike intog en lyding (passie) van ons Here. Daar is ook duisternis binne ons. Die lydingsverhaal word in drie bewegings vertel met vele karakters. Dit laat ‘n mens diep nadink oor wie Jesus werklik is.

Markus 15:1-39.ppt 963.5 KB Mar 20, 2018 08:18 Download 105
Markus 15:1-39.pptx 859.74 KB Mar 20, 2018 08:16 Download 94
Markus 15:1-39.doc 145.5 KB Mar 20, 2018 08:16 Download 223

Johannes 12:20-33 - Vyfde Sondag in Lydenstyd - 18 Maart 2018

Johannes12 20-33Die X-Men is "mutants" - mense wat met spesiale "super-powers" gebore word. Omdat hulle hierdie spesiale kragte het, is hulle helde wat ander mense help. Die mense van Jesus se tyd het ook van helde gehou! Hulle het gedink Jesus was 'n held wat die slegte mense sou vernietig. Daarom wou hulle hom graag sien. Ons dink ook dikwels, soos die mense van Jesus se tyd, dat ons spesiale kragte nodig het om helde te wees. Jesus leer vir ons dat 'n held anders lyk. Hy oorwin slegte mense deur hulle lief te hê - selfs al kos dit sy lewe! Miskien het ons nie "super powers" soos die X-Men nie, maar ons het 'n geheime krag - Jesus se liefde vir ons! Daardie krag help mense wanneer dit ook vir hulle nodig is om baie op te gee om ander te help. Die preekriglyn lei in met 'n focus op fotografie, die wyse waarop kontras uitsonderlike foto's tot gevolg het. Die Johannesevangelie is 'n grafiese evangelie, propvol ironie. Die doel van die evangelie is om geloof te bewerk in Jesus Christus as die Seun van God en deur Hom toegang tot die ewige lewe te verkry.

Johannes 12:20-33.ppt 1.96 MB Mar 12, 2018 08:41 Download 106
Johannes 12:20-33.pptx 1.82 MB Mar 12, 2018 08:39 Download 79
Johannes 12:20-33.doc 108.5 KB Mar 12, 2018 08:39 Download 220

Johannes 3:14-21 - Vierde Sondag in Lydenstyd - 11 Maart 2018

Johannes3 14-21Johannes 3:16 is van die bekendste verse in die Bybel, maar die kanse is goed dat die meeste kinders dit nog nie ken nie. So memoriseer dit saam! Jy kan ook vir elke lidmaat 'n groot leë kruis gee wat op 'n vel papier gedruk is. Laat almal 'n klomp name daarop skryf van mense vir wie die vers waar is - ook hul eie name. Die preekriglyn begin met die feit dat Johannes se eerste lesers, mense uit die Grieks-Romeinse wêreld, dit 'n ondenkbare en rewolusionêre gedagte was: dat God mense kan liefhê. In ons tyd het hierdie vers en boodskap oorbekend geraak. Die teks word ook konteksloos aangehaal. Die gebeure en gesprek waaruit dit kom, word weggelaat. Wanneer dit gebeur, kan ons verstaan van God se liefdespad met die wêreld skraler en vlakker raak as die wonderlike diepte wat dit eintlik verteenwoordig. Fokus met hierdie preek om die konteks te gee vir die verhaal sodat die impak hiervan weer nuut deur ons in hierdie wêreld geleef en verkondig kan word.

Johannes 3:14-21.ppt 1.17 MB Mar 04, 2018 16:50 Download 128
Johannes 3:14-21.pptx 1.04 MB Mar 04, 2018 16:49 Download 90
Johannes 3:14-21.doc 112 KB Mar 04, 2018 16:48 Download 221

Johannes 2:13-22 - Derde Sondag in Lydenstyd - 4 Maart 2018

Johannes2 13-22Vestig die aandag op die skoene by die kruis. Nooi kinders om van die skoene aan hulle voete te trek en te dink hoe dit voel om in iemand anders se skoene te moet staan. Lei die gemeente om daaraan te dink hoe ons elke jaar Lydenstyd uit gewoonte vier. Dink daaraan hoe dit sou voel om in Jesus se skoene te moes staan. Of dramatiseer die verhaal aan die hand van die teks. Daar is inligting ingesluit oor die verskillende ruimtes by die tempel. Die preekriglyn begin met die verhaal van Michelangelo wat In die vroeë 1500's vir vyf jaar op sy rug gelê het om Bybelse tonele teen die plafon van die Sistynse kapel in Rome te verf. Die besondere kunswerk het egter feitlik onmiddellik begin verdof, veral weens die gebruik van rokerige olielampe om die gebou te verlig. In 1981 het Fabrizio Mancinelli en Gianluigi Colalucci 'n klein hoekie van die skilderwerk versigtig met 'n spesiale vloeistof gewas. Toe het hulle kunskenners uitgenooi om die werk te kom ondersoek. Almal was verstom. Niemand het kon dink dat sulke manjifieke kuns en kleure agter eeue se vuil verskuil was nie. In sy volle glorie herstel, moes kunskenners anders oor Michelangelo skilderwerk begin dink. Tot nou toe het sy skilderye soos beeldhouwerk gelyk, met uitstekende vorm maar dowwe kleur. Skielik was dit duidelik dat Michelangelo ook meesterlik met kleur kon werk. Goeie skoonmaak het wonderlike effek. Dit herstel die oorspronklike bedoeling met die kunswerk. Dit gee 'n uitstekende inleiding om oor die teks te gesels en Jesus wat die tempel op dieselfde wyse "skoonmaak".

Johannes 2:13-22.ppt 1.16 MB Feb 27, 2018 07:38 Download 122
Johannes 2:13-22.pptx 1.03 MB Feb 27, 2018 07:37 Download 87
Johannes 2:13-22.doc 168.5 KB Feb 27, 2018 07:36 Download 214

Romeine 4:13-25 - Tweede Sondag in Lydenstyd - 25 Februarie 2018

Romeine4 13-25Hierdie is 'n goeie geleentheid om die verhaal van Abraham te vertel, as agtergrond vir die fokusteks. Daar is skakels na videos om jou te help. Kinders kan tydens die diens sterre uitknip en versier, en tydens die dankoffer by die preekstoel kom neersit, om ons te herinner aan God se beloftes. Julle sal ook lekker kan speel met goue ster-plakkers. Jy sou dit kon verbind aan die doop en 'n sterretjie op elke kind se voorkop plak. Daar is ook oulike inkleurprente van Abraham. Die preekriglyn begin met 'n inleiding oor die pragtige berge in die Karoo. Maar dan is daar die Himalajas. Hulle staan tussen al die ander berge en bergreekse op aarde uit. Die grootse Piek Everest troon oor die Himalajas. Daar is nie nog so 'n berg en nog so 'n bergreeks nie. Soos Paulus se Romeinebrief tussen al sy briewe uittroon. Dit is die Himalajas, die Everestpiek, van die Nuwe Testament. Hier ontmoet ons onvergelykbaar helder vir God, die Vader van Jesus Christus, en vir Jesus Christus self, deur die krag en gawe van die Heilige Gees. En word ons vervul met diepe verwondering oor wie God is en wat God doen. Romeine is 'n bergpiek-ervaring veral soos hy skryf oor dat God in die sterwe en opstanding van Jesus handel om mense in 'n herstelde verhouding met God te kry. Hierdie verhouding staan as geloof bekend. Hierdie geloofsverhouding is vir alle mense, Jode en heidene, etniese Jode en nie-etniese Jode, moontlik.

Romeine 4:13-25.ppt 879.5 KB Feb 19, 2018 14:29 Download 94
Romeine 4:13-25.pptx 800.34 KB Feb 19, 2018 14:28 Download 68
Romeine 4:13-25.doc 116.5 KB Feb 19, 2018 14:27 Download 200

1 Petrus 3:18-22 - Eerste Sondag in Lydenstyd - 18 Februarie 2018

1Petrus3 18-22Vandag gesels ons in Familietyd oor krone. Konings en koninginne dra soms krone wat iets weerspieël van hulle belangrikheid. Koningin Elizabeth II van Engeland is bv baie spesiaal (foto). Kom ons praat nou oor Jesus se kroon ... dit was 'n doringkroon … want Jesus is die seun van God wat vir ons aan die kruis gesterf het. In die preekriglyn begin ons met 'n ou Christelike tradisie, dat Jesus na sy lyding en sterwe aan die kruis die doderyk besoek om sy oorwinning oor Satan, sonde en dood aan te kondig. Die Anastasis-fresko in die bekende Kariye-museum in Istanbul beeld hierdie besoek uit. Soos ons teks, is die Anastasis-fresko 'n belydenis oor Jesus Christus. Maar Petrus se gedagtes oor Jesus se besoek aan die geeste in die gevangenis is moeilik te verklaar. En dit word boonop via die ark verbind aan die doop. Mens kan dus in jou uitleg maklik op syspore beland. Dit is egter nie die kern van ons teks of die Nuwe Testament se verkondiging oor Jesus nie. Vir ons teks is Jesus die onskuldige Verlosser wat vir ons skuld gely het, sodat Hy ons kan verlos. Hy maak ons vry van dood en boosheid en bring ons in die regte verhouding met God. Sonder dat ons dit verdien. Dit is wat die Anastasis-fresko vier. Vandag is ons fokus dus op Jesus, die Een wat onregverdig gely het, sodat ons in 'n verhouding met God kan leef en die belofte van 'n heerlike toekoms met God het. Lyding het nie die laaste woord in die wêreld se geskiedenis nie. Die vrug van Jesus se lyding en sy opstanding - wat ons en ons wêreld se opstanding waarborg - spreek die laaste woord. Aangesien ons Christus voor oë hou, word ons nie deur lyding en swaarkry ontspoor nie.

1 Petrus 3:18-22.ppt 1.22 MB Feb 12, 2018 16:22 Download 115
1 Petrus 3:18-22.pptx 1.09 MB Feb 12, 2018 16:21 Download 88
1 Petrus 3:18-22.doc 430 KB Feb 12, 2018 16:21 Download 210

Markus 9:2-9 - Sesde Sondag ná Epifanie (Verheerliking) - 11 Februarie 2018

Markus9 2-9aBetrek die kinders deur die hele liturgie, sodat hulle kan deelneem aan die verheerliking van hierdie Sondag. Gesels oor die verskillende maniere waarop ons na Jesus luister: deur Bybel te lees, deur te bid en deur te luister wanneer ander vir ons vertel van Jesus. Die preekriglyn sluit by die voorbeeld van 'n rit met die Tafelbergse kabelkar aan en die verskillende perspektiewe wat dit 'n mens gee. Tweeduisend jaar gelede is daar ook 'n groepie teen 'n berg uit - nie met 'n kabelkarretjie nie, maar op uitnodiging van hulle leier. Vir 'n vlietende sekonde gee Hy vir hulle 'n kykie in die toekoms. Tog is die fokus uiteindelik op hulle gehoorsaamheid om sy lydensweg te volg. Die week wat kom, is die begin van lydenstyd, dié tyd van die kerkjaar waar ons saam met Jesus sy lydensweg volg. Waar ons onsself saam met Hom op die nou pad van gehoorsaamheid gaan bevind. 'n Pad wat op Goeie Vrydag in April by 'n kruis tot stilstand gaan kom. 'n Pad wat beteken dat ons bereid moet wees om met die kabelkar af te sak na die stad, moue op te rol en aan die werk te spring.

Markus 9:2-9.ppt 913.5 KB Feb 04, 2018 21:49 Download 114
Markus 9:2-9.pptx 797.64 KB Feb 04, 2018 21:44 Download 94
Markus 9:2-9.doc 101 KB Feb 04, 2018 21:43 Download 234

1 Korintiërs 9:16-23 - 4 Februarie 2018 - Vyfde Sondag ná Epifanie

1Korintiers9 16-23aVir Familietyd lees die teks in die eenvoudiger vertaling wat ons verskaf en gesels met die kinders oor die drie voorbeelde van alledaagse situasies waar christene by ander kulture aanpas. Jy kan ook die verhaal van Gladys Aylward wat aan die einde van die preekriglyn aangehaal word, gebruik. Daar is ook 'n skakel na 'n video van die fliek wat oor haar verhaal gemaak is. Die preekriglyn begin met Paulus se roepingsverhaal en gebruik dit as 'n meesterverhaal vir ons eie roeping, om "vir almal alles te word om in elke geval sommige te red". Dit word geïllustreer met die verhaal van Gladys Aylward.

1 Korintiërs 9:16-23.ppt 809 KB Jan 28, 2018 15:55 Download 104


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009