Kerkjaar 2016-17

File Version Licence Size Added Hits
Johannes 17:1-11.doc 130.5 KB May 22, 2017 10:50 Download 819

Handelinge 1:1-11 - Hemelvaart - 25 Mei 2017

Handelinge1 1-11bHierdie preekriglyn begin met die ware verhaal van Kumar, 'n Christen in Suid-Indië wat van sy familie genooi het na 'n Billy Graham evangeliese uitsending. Dit was geen geringe versoek nie, want 'n busrit van 13 ure het hulle geskei. Hoewel uit die veld geslaan, stem hulle in tot die versoek, want Kumar sou daarvoor betaal. Na die uitsending getuig Kumar teenoor die familie hoe hy Jesus as Here en Verlosser gevind het, en sy vertroue op Jesus geplaas het. Die familie kyk toe op 'n vreemde manier na mekaar en vertel toe dat hulle so pas hulle inkomste en huis verloor het. Hulle het geen ander heenkome gehad nie en het besluit om die volgende dag saam hulleself om die lewe te bring. Met dié uitsending het alles egter skielik verander. Hulle kon die toekoms met moed tegemoetgaan. Dit is waarvan Handelinge 1 ook vertel. Ja, vandag nog verander die lewende Here lewens.

Handelinge 1:1-11.ppt 1.38 MB May 22, 2017 10:20 Download 637
Handelinge 1:1-11.pptx 1.27 MB May 22, 2017 10:19 Download 612
Handelinge 1:1-11.doc 110 KB May 22, 2017 10:00 Download 666

Johannes 14:15-24 - Sesde Sondag van Paastyd - 21 Mei 2017

Johannes14 15-21Storietyd! Koop Ben Clanton se “It came in the mail” op Kindle. Jy kan dit direk van jou kindle desktop app op jou rekenaar op die skerm gooi, of neem “screenshots” en sit dit in powerpoint. Om gehoorsaam te wees aan Jesus se opdrag om mekaar lief te hê, moet ons eers ons eie identiteit verstaan: ons is kinders van God vir wie God lief is. Wanneer ons God se liefde ken, loop ons oor daarvan. Die Gees help ons om hierdie liefde te deel. Die posbus in hierdie storie laat ‘n mens dink aan die Gees en hierdie idee van liefde. Liam is oorweldig deur die gawes wat die posbus vir hom stuur. Wanneer hy die oorvloed van gawes besef, soek hy die posbus se hulp om dit ook met ander te deel. Hierdie storie herinner ons dat ons nie God se liefde vir onsself kan hou nie, maar geroep is om dit met mense naby en ver te deel. Daar is ook volledig uitgewerkte lesse vir verskillende ouderdomsgroepe gebasseer op vandag se teks en nog ander hulpmiddels. Die preekriglyn lei in met die verhaal van Sydney Carton uit Charles Dickens se klassieke A Tale of Two Cities, 'n verhaal oor die Franse Revolusie wat sy lewe namens 'n vriend aflê en wat in ‘n meisie wat saam met hom die dood tegemoet stap ‘n reisgenoot vind. Dis waaroor ons teks gaan. In die krisisuur op die vooraand van sy sterwe, verseker Jesus se dissipels Hy gaan hulle nie alleen laat nie. Hy sal vorentoe self by hulle wees, hoe swaar hulle ook al getoets sou word. Hy stuur 'n ander Voorspraak, Een om hulle hande te kom vashou, hulle te versterk en te bemoedig, hulle in gemeenskap met Vader en Seun te laat leef, en hulle te help om Jesus se gebooie uit te voer.

Johannes 14:15-21.ppt 1.23 MB May 16, 2017 16:35 Download 689
Johannes 14:15-21.pptx 831.46 KB May 16, 2017 16:33 Download 602
Johannes 14:15-21.doc 282 KB May 16, 2017 16:33 Download 845

Johannes 14:1-14 - Vyfde Sondag van Paastyd - 14 Mei 2017

Johannes14 1-14Lees die fokusteks uit Die Nuwe Testament vir Kinders en gesels met die kinders oor Jesus wat gesê het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Daar is ook ‘n doolhof wat dié boodskap onderstreep. Dit preekriglyn vertel die verhaal van Kathy, een van dertien kinders in ‘n poligamiese gemeenskap, 'n splintergroep van die Mormone. Haar geloof in die leier en profeet is gebreek toe niks van sy profesieë waar geword het nie. Jare later het sy God in Jesus ontdek toe sy die Bybel saam met gelowiges begin lees het en die waarheid kon onderskei dat Jesus die lewe skenk. Sy hoef nie volmaak te wees om te kwalifiseer nie. Sy moes dit net in geloof ontvang. Dit is ook die boodskap van vandag se teks. Jesus is die weg na die Vader, presies omdat Hy die waarheid van God en die lewe van God is. Hy beliggaam die hoogste openbaring van God. Hy sê en doen net wat die Vader sê. Omdat Jesus die waarheid en die lewe is, kan Hy die weg wees vir mense na die Vader en na die vele woonplekke by die Vader. Hy wys nie net die pad nie, Hy is die pad.

Johannes 14:1-14.ppt 1.66 MB May 09, 2017 08:44 Download 727
Johannes 14:1-14.pptx 1.56 MB May 09, 2017 08:42 Download 660
Johannes 14:1-14.doc 197.5 KB May 09, 2017 08:41 Download 862

Johannes 10:1-10 - Vierde Sondag van Paastyd (Goeie Herdersondag/ Arbeidsondag) - 7 Mei 2017

Johannes10 1-10‘n Mens kan allerhande skape maak met watte en ‘n prent van ‘n skaap of ‘n papierbord. Ons hou veral van die “shaking head sheep”. Ons gee ‘n skakel vir idees en patrone. Laat kinders tydens die preek watte op ‘n prent van ‘n skaap plak en die skaap inkleur. Gesels saam oor hoe mense hul troeteldiere roep – of hoe ouers hul kinders roep. Vergelyk dit met die skaapwagter wat die skape roep. Die preekriglyn begin met ‘n verhaal van Bill Donahue (kenner op die gebied van kleingroepbediening en volwasse vorming) wat op ‘n skaapplaas geleer het hoe geestelike begeleiding werk. Waar dit vandag Goeie Herdersondag is, pas dit dat ons nadink oor Jesus as die Goeie Herder, maar ook oor ons eie rol as goeie herders. Dit is ook Arbeidsondag, sodat ons die preek afsluit met 'n verwys na ons herderskap as werkers.

Johannes 10:1-10.ppt 1.02 MB May 01, 2017 18:41 Download 755
Johannes 10:1-10.pptx 659.19 KB May 01, 2017 18:40 Download 502
Johannes 10:1-10.doc 292 KB May 01, 2017 18:39 Download 836

Lukas 24:13-35 – Derde Sondag van Paastyd – 30 April 2017

Lukas24 13-35aVandag se fokusteks vertel hoedat Jesus na sy opstanding aan 2 mense verskyn het wat Hom aanvanklik nie herken het nie. Jesus se opstanding uit die dood is baie belangrik vir gelowiges. En die Bybel beskrywe ‘n paar geleenthede waar Jesus hom na sy dood aan mense openbaar het. Ons sluit ‘n tabel in waarin kinders kan kyk of hulle van die name in die tabel kan herken. Die preekriglyn begin met die verhaal van iemand wat met 'n kollega gaan gholf speel het. Soos baie amateurs het hulle sukkel-sukkel van een putjie na die ander een gevorder. 'n Speler het hulle ingehaal en gevra of hy kan verbygaan. Hulle was nie haastig nie en daar was nie baie mense nie. Die man was professioneel en het meer gholfstokke gehad as wat hulle nog ooit in 'n gholfsak gesien het. Sy bofhou was egter 'n tragedie. Hy het dit 90 grade gesny en die bal het 'n boom getref. Toe merk die man op: "Julle moes gister hier gewees het." Mens wil natuurlik uitbars van die lag. So 'n vernederende mislukking van iemand wat jou op die gholfbaan wil verbysteek, gaan maar sleg af. Waarskynlik is dit die woorde van baie mense – ook van die Emmausgangers. Daar was 'n tyd toe dit beter gegaan het! Hoe kom die deurbraak vir hulle? Die opstanding het hierdie verskil gemaak.

Lukas 24:13-35.ppt 1.06 MB Apr 24, 2017 23:14 Download 688
Lukas 24:13-35.pptx 998.64 KB Apr 24, 2017 23:13 Download 551
Lukas 24:13-35.doc 147 KB Apr 24, 2017 23:12 Download 732

Johannes 20:19-31 – Tweede Sondag van Paastyd – 23 April 2017

Johannes20 19-31aOnthou, dis nie altyd nodig om ‘n “lessie” uit ‘n teks te haal nie. Kinders moet gewoon die Bybel leer ken! ‘n Paar lesers wat vandag se teks as verskillende karakters lees, kan goed werk. Of gebruik die voorstel van Carolyn Brown dat jy vandag vraag-Sondag maak. Nooi mense om vrae te vra – verbaal of op papiertjies. Lees die vrae. Brei uit deur nog verwante vrae by te voeg. Vier die vrae. Moenie vrae antwoord nie – selfs al kan jy. Beloof eerder om dit in die volgende weke te hanteer. Die preekriglyn begin daarom ook met ‘n vraag: Hoe is dit moontlik dat ons vandag in die opgestane Here Jesus kan glo? En antwoord wel dié vraag dat Johannes in ons teks vir ons vertel dat daar twee maniere is waarop mense kan glo: eerstens deur Jesus direk en persoonlik te ontmoet, te sien en selfs aan Hom te raak. Dit is die manier waarop Maria, Petrus, Johannes en ook die twyfelende Thomas leer glo het. Sedertdien is daar miljoene mense wat nie die voorreg het om in die binnekamer saam met pas opgestane Jesus te wees nie, op "daardie Sondagaand", die aand van die eerste dag waarop Hy opgestaan het, waarvan ons in ons teks lees nie. Hoe kom mense soos ons dan tot geloof? Johannes skryf in verse 30-31: "Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê" (20:30, 31). Jesus sluit daarom ons teks af met 'n saligspreking: Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.(29). Hy praat oor ons. En oor hoe ons tot geloof kom.

Johannes 20:19-31.ppt 1021 KB Apr 18, 2017 21:15 Download 573
Johannes 20:19-31.pptx 968.44 KB Apr 18, 2017 21:14 Download 535
Johannes 20:19-31.doc 278.5 KB Apr 18, 2017 21:12 Download 777

Kolossense 3:1-4 – Paasfees - 16 April 2017

Kolossense3 1-4’n Skooljuffrou het aan haar klassie gestremde kinders ’n taak gegee vir die volgende dag. Elkeen moes ’n item saambring wat “lewe” simboliseer... Die volgende dag kry elkeen toe ’n geleentheid om sy of haar voorbeeld van lewe te verduidelik. Ellie het by die skool aangekom met ’n pragtige blom wat sy uit haar Ma se tuin gepluk het- “blomme is lewe juffrou!”- roep sy uit. Nico op sy beurt verduidelik (met ’n foto) hoedat sy dragtige worshondjie binnekort 3 klein hondjies in die lewe gaan bring. Die worshondjie se magie is groot geswel van die klein hondjies wat amper daar is. Die hondjies is vir hom 'n voorbeeld van lewe. Stian stap skaam skaam vorentoe en illustreer sy voorbeeld van lewe- ’n dosie vuurhoutjies. Versigtig wil die juffrou by hom weet hoe die vuurhoutjies dan lewe kan beteken... Stian skuif die dosie oop dat almal kan sien dis leeg, daar is nie eers een vuurhoutjie in nie. Ewe selfversekerd verduidelik hy: Die vuurhoutjiedosie is leeg juffrou, en so was die graf van Jesus. En dit beteken lewe! Dit is ook die boodskap van die preekriglyn nadat daar soos gebruiklik eers ‘n kostelike grap vertel word, hierdie keer van ‘n bromponie en ‘n Ferarri. Die teks nooi ons uit om ons lewe en ons gedagtes op Christus te fokus. Ons word genooi om ons hele lewe hier op aarde te herbedink in terme van die werklikheid van die opgestane Christus, in wie ons lewe het, wat nou aan die regterhand van God sit.

Kolossense 3:1-4.ppt 3.98 MB Apr 10, 2017 12:27 Download 741
Kolossense 3:1-4.pptx 1.71 MB Apr 10, 2017 12:16 Download 657
Kolossense 3:1-4.doc 140 KB Apr 10, 2017 12:06 Download 899

Hebreërs 10:16-25 – Goeie Vrydag – 14 April 2017

Hebreers10 16-25Betrek mense van verskillende ouderdomme deur die hele diens, om bv. van die Skriflesings te doen, aan die Nagmaalstafel te sit, die tekens uit te deel, ens. Gebruik hierdie tyd om die verhaal van Jesus se kruisiging te vertel. Daar is ‘n paar video’s wat jy kan gebruik met ‘n inkleurprent. Die preekriglyn begin met die opskrif wat ‘n mens waarskynlik nie ten tye van Jesus se dood in die koerante van Jerusalem sou sien nie: "Jong held wen talle harte!" Niemand sou gedink het Hy is 'n held nie. Behalwe, in Jesus se geval, was die kruis die geboorte van 'n nuutgemaakte wêreld. Toe Jesus se volgelinge in die lig van wat kort na die kruis gebeur het, op die kruis gebeure terugkyk, het hulle met 'n skokkende aanspraak gekom. Die aanspraak was, soos teoloog NT Wright skryf, dat Jesus se kruis 'n revolusie ontketen het. Jesus het die wêreld verander. Teen sononder, op Goeie Vrydag, nadat Jesus sy laaste asem uitgeblaas het, was die wêreld 'n ander plek. Niks sou weer dieselfde wees nie.

Hebreërs 10:16-25.ppt 1.32 MB Apr 10, 2017 12:04 Download 615
Hebreërs 10:16-25.pptx 869.1 KB Apr 10, 2017 11:51 Download 526
Hebreërs 10:16-25.doc 298.5 KB Apr 10, 2017 11:50 Download 656

Psalm 31:9-16 – Sesde Sondag in Lydenstyd – Palmsondag – 9 April 2017

Psalm31 9-16Daar is ‘n uitgebreide beskrywing van die gebruik van palmtakke, kruisies van palmblare gevleg wat as boekmerke gebruik kan word, en dan die volgende jaar verbrand word vir die Aswoensdag vieringe. Die preekriglyn begin met die verhaal van die eerste weke van die sendeling David Brainerd onder die Amerikaanse Indiaan-boorlinge. Hy het vir drie jaar geen vrug op sy arbeid gesien nie. Na drie jaar was daar 'n plotselinge geestelike oplewing onder die Indiane. Agttien maande later het reeds 150 persone besluit om Jesus as Here en Verlosser te volg. Dit was – vir die omstandighede – 'n besondere hoë getal. David Brainerd is na vyf jaar op sy sendingveld oorlede, slegs 29 jaar oud. Sy joernaal is egter wyd in die VSA en in Europa gelees en inspireer onder andere vir William Carey, die vader van die moderne Protestantse sendingbeweging, waaruit miljoene bekerings wêreldwyd gevolg het. Wie kan besluit of iemand se lewe en se lewenstaak die moeite werd is, of vrug sal hê? Veral te midde van groot lyding? Wie kan dink of droom dat daar uit intense lyding, swaarkry en mismoedigheid enige vrug kan kom? Tog is dit wat God doen. God het dit deur die lewe van David Brainerd gedoen. Maar God het dit veral in die onmeetlike lyding en sterwe van Jesus Christus gedoen. Sy wonde, sy sterwe en gebroke liggaam het dié bron van lewe geword. Psalm 31 pas op Jesus se lippe. Toe Jesus tydens sy verlatenheid en lyding gebid het, het Hy uit dieselfde psalms gebid waaruit ons bid. Ook vir Jesus was die psalms 'n bron van troos en het dit aan Hom woorde gegee in sy situasie. Psalm 31 vertolk die lyding van Jesus en die vertroue wat Hy in God gehad het om Hom deur die dood te dra en daaruit te red. Daarom lees die kerk deur die eeue Jesus se verhaal so geredelik in Psalm 31 in. Veral die klag in nood en die vertroue op God in lyding pas volkome by Jesus se lewe.

Psalm 31:9-16.ppt 1003.5 KB Mar 19, 2017 15:44 Download 619
Psalm 31:9-16.pptx 870.35 KB Mar 19, 2017 15:43 Download 577
Psalm 31:9-16.doc 169.5 KB Mar 19, 2017 15:43 Download 749

Johannes 11:1-45 - Vyfde Sondag in Lydenstyd - 2 April 2017

Johannes11 1-45bOnthou, jy hoef nie altyd ‘n morele “lessie” uit die teks te haal nie. Veral met die verhalende tekste is dit dikwels goed om eenvoudig die verhaal te vertel. So kan vanoggend se skriflesing bv deur verskillende lesers gedoen word. Jy kan dit ook lees met mooi prente uit ‘n kinderbybel waarvan ons ‘n voorbeeld insluit. Of gebruik een van die verskeie pragtige videos van hierdie skrifgedeelte. Woelige kinders sal daarvan hou om mekaar in toiletpapier toe te draai soos mummies. Die preekriglyn plaas die verhaal van Jesus se opwekking van Lasarus binne die groter raamwerk van die sewe wonderwerke van Jesus in die evangelie van Johannes. Johannes wil daardeur sy lesers oortuig dat Jesus werklik die Messias en die Seun van God is en dat Jesus vir mense sorg. Hy gee daarmee vir ons 'n besondere kykie in wese van God. Johannes kyk hier nie vanuit die hoogtepunte van die lewe na God nie, maar vanuit die laagtepunte, vanuit die hartseer van 'n Marta en Maria oor hulle broer Lasarus se dood. En sê, God gee om. Dit is 'n geweldige troos, veral ook omdat Jesus sê dat 'n verhouding met Hom is die opstanding en is die lewe.

Johannes 11:1-45.ppt 1.73 MB Mar 19, 2017 13:29 Download 638
Johannes 11:1-45.pptx 1.1 MB Mar 19, 2017 13:27 Download 508
Johannes 11:1-45.doc 276.5 KB Mar 19, 2017 13:26 Download 887

Johannes 9:1-41 - Vierde Sondag in Lydenstyd - 26 Maart 2017

Johannes9 1-41aVir Familietyd kan jy die oulike kinderboodskap van sermons4kids.com gebruik oor modderkoekies bak. Of sluit aan by die boodskap van sien – en nie sien nie – met ‘n paar optiese illusies vir die kinders. Verduidelik hoe ons verskillende goed raaksien in dieselfde prentjie. Jesus help ons om ander mense in nood raak te sien – en hulle te help. Die preekriglyn sluit aan by neuroloë soos Oliver Sacks wat uitwys dat hier eintlik meer as een wonderwerk gebeur. Jesus genees aan die een kant hierdie man se fisieke vermoë om deur sy oë beelde na sy brein te gelei. Tweedens gee Jesus vir hom die vermoë om met sy brein sin te maak van sy waarneming. Dit help om om te verstaan dat sien kompleks is. Fisiese sien is volgens Jesus ook nie die enigste soort sien nie. Daar is ook nog jou geestelike gesigsvermoë: om die waarheid te kan sien en eien. Jesus se gratis lig van genade en vergifnis is juis vir blinde mense – nie vir mense wat dink hulle kan sien nie. Dit is vir gevalle mense, nie mense wat dink dat hulle staan nie. Ons is geroep om die lig van die heerlikheid van God in die lydende Jesus te sien, en dit vryelik met mekaar te deel. Ons is geroep om oop te wees vir ander, en Jesus se genesing, lig en hoop met hulle te deel.

Johannes 9:1-41.ppt 4.04 MB Mar 19, 2017 07:59 Download 698
Johannes 9:1-41.pptx 3.93 MB Mar 19, 2017 07:55 Download 607
Johannes 9:1-41.doc 132 KB Mar 19, 2017 07:42 Download 745

Johannes 4:5-42 - Derde Sondag in Lydenstyd - 19 Maart 2017

Johannes 4 5-42aNet soos wat Jesus ‘n kans waag om uit te reik na die Samaritaanse vrou – ‘n buitstander – so waag die Rainbow Fish dit om uit te reik na ‘n gestreepte vis, nadat almal die gestreepte vis geïgnoreer het en daar ‘n haai verbykom. Ons gee vir jou ‘n video voorlesing. Verduidelik eers hoe ander die Samaritaanse vrou gesien het: as ‘n buitestander, verwerp, ongewild. Vertel dan die storie. Die preekriglyn begin met die ervaring van droogte die afgelope tyd in Suider-Afrika. Die noodsaaklikheid van water as lewensbron en die kosbaarheid daarvan het onder die vergrootglas gekom. Ons verstaan vandag nog net so goed soos die mense van Jesus se tyd dat water lewe gee, en dat 'n gebrek daaraan wat lewe ontneem. Dit dek die tafel vir ‘n gesprek oor Jesus se gesprek met die Samaritaanse vrou aan die hand van die beeld van water. Daardeur kan Jesus met haar oor haar diep behoefte aan God gesels. Die verhaal neem ons oor die grense wat ons so maklik tussen mense trek na lewegewende ontmoetings.

Johannes 4:5-42.ppt 1.43 MB Mar 14, 2017 04:59 Download 647
Johannes 4:5-42.pptx 1.02 MB Mar 14, 2017 04:58 Download 513
Johannes 4:5-42.doc 312.5 KB Mar 14, 2017 04:57 Download 728

Johannes 3:1-17 - Tweede Sondag in Lydenstyd - 12 Maart 2017

Johannes3 1-17aVerduidelik die drie persone van die Drie-eenheid soos dit in Die Nuwe Testament vir Kinders vertel word. Jy kan verskillende name wat mense mag hê, gebruik, bv. ’n kind se ouma mag vir hom/haar oumie wees; die oupa noem haar dalk Poplap en vir haar dogter is sy Moemsie. Dieselfde persoon met verskillende name ... God drie-enig as Vader, Seun en Gees. Die preekriglyn val direk weg met die verhaal van Nikodemus en lê die teks uit aan die hand van die gesprek wat hy met Jesus gehad het. ‘n Belangrike klem word gelê op die feit dat wedergeboorte iets is wat van bo af gebeur en per definisie nie iets is wat ‘n mens kan laat gebeur nie. Dié teks is eintlik soos Johannes se geboorteverhaal. Net, dit fokus op gelowiges wat van bo af gebore word. Daardeur word die boodskap onderstreep dat geloof nie ‘n werk van die mens is nie, maar ‘n gawe van God.

Johannes 3:1-17.ppt 1007.5 KB Mar 05, 2017 21:09 Download 574
Johannes 3:1-17.pptx 929.28 KB Mar 05, 2017 21:07 Download 527
Johannes 3:1-17.doc 111.5 KB Mar 05, 2017 21:07 Download 723


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009