Kerkjaar 2016-17

File Version Licence Size Added Hits

Matteus 3:1-12 - Tweede Sondag in Advent - 4 Desember 2016

Matteus3 1-12aVertel die verhaal van Johannes die Doper in ‘n taal wat vir kleiner kinders ontvanklik is. Voorbeeld ingesluit met ekstra inligting. Die preekriglyn begin met die verstommende verhaal van Brian Nichols wat uit die Fulton County hofgebou in Atlanta ontsnap en ‘n hele aantal mense in die proses vermoor. Al vlugtend beland hy in die woonstel van Ashley Smith, 'n enkelma in haar nood hardop begin om voor te lees uit Rick Warren se blitsverkoper, The Purpose Driven Life. Die lees van Warren se geestelike boek bring beide Smith en die voortvlugtende moordenaar Nichols by belangrike beslissings in hulle lewe. Dit lei – met een woord gesê - tot radikale bekering, die inslaan van 'n nuwe lewenskoers, soos in die fliek, Captive, is in 2015 verbeeld. In ons teks lees ons hoe Johannes die Doper die weg berei het vir Jesus se optrede. Hy het dit deur sy prediking in die woestyn van Judea gedoen, naby die Dooie See. Die hoofinhoud van Johannes se prediking was: "Bekeer julle..." Wat presies beteken hierdie bekering? Bekering is ... die aanvaarding van Jesus se koningskap, ontvanklikheid versus verharding, nuwe denke oor God en oor wêreld, veranderde gedrag, 'n nuwe begin en 'n voortgaande beweging, bekragtig met die Heilige Gees.

Matteus 3:1-12.ppt 1.02 MB Nov 28, 2016 07:22 Download 536
Matteus 3:1-12.pptx 938.81 KB Nov 28, 2016 07:21 Download 555
Matteus 3:1-12.doc 149 KB Nov 28, 2016 07:21 Download 739

Matteus 24:36-44 - Eerste Sondag in Advent - 27 November 2016

Matteus24 36-44aVerduidelik die konsep van Advent as tyd van afwagting. Jy kan die storie “Who is Coming to Our House” deur Joseph Slate gebruik. Gesels oor die afwagting voor ‘n lekker vakansie waarna jy al lank uitsien. Jy kry alles reg, pak solank in, sit alles gereed. Wanneer jou ouers jou môreoggend vroeg wakker maak, is jy gereed om net te klim. Jesus sê ons moet gereed wees vir wanneer Hy weer kom. Dit beteken dat ons Hom liefhet, sodat ons gereed is wanneer Hy kom. Die preekriglyn begin met die verhaal van Arne Faydherbe, 'n burger van Mauritius, wat nege inbrekers verras toe hy na 'n aand uit by sy luukse huis in Llandudno (naby Houtbaai) arriveer. In die proses beland een in die water en Arne moes hom red: "Ek kon tog nie sien dat hy hier voor my oë verdrink nie." Skaars uit die water, dreig die rower weer vir Arne. Arne vervies hom vir die ondankbare vent, en stamp die rower daar en dan terug in die swembad in. Gelukkig het polisie betyds opgedaag om die dief van die water en die woedende huiseienaar te red. Arne sê agterna hy was kwaad, maar nie verras deur die roof nie. Hy het homself ingestel op die moontlikheid van 'n inbraak. Die diewe het hulle rieme styf geloop, want Arne was gereed vir hulle. Die verhaal, hoewel ‘n bietjie aweregs, dra die boodskap dat ons in eie konteks altyd gereed moet wees vir die Here Jesus se wederkoms. Waaksaam en gereed. Nie om te veg nie, maar om in die vreugde van die Here in te gaan. Vier dit hierdie Adventsondag!

Matteus 24:36-44.ppt 589 KB Nov 23, 2016 08:51 Download 476
Matteus 24:36-44.pptx 530.06 KB Nov 23, 2016 08:50 Download 506
Matteus 24:36-44.doc 286 KB Nov 23, 2016 08:50 Download 730


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009