Kerkjaar 2015-16

 

 

File Version Licence Size Added Hits

Tweede Sondag in Advent – 06 Desember 2015 - Maleagi 3:1-4

Maleagi3-1-4In Familietyd kan jy ‘n video wys van iemand wat glas blaas en die inleiding van die preek gebruik as familie-oomblik. Jy kan ook die ontmoeting van die kinders met die leeu Aslan in C.S. Lewis se boek “The Lion, the Witch and the Wardrobe” gebruik. Lucy was bekommerd dat hy nie veilig is nie. “Veilig?” het Mnr. Bewer gesê. “Wie het iets gesê oor veilig? Natuurlik is hy nie veilig nie. Maar, hy is goed. Hy is die Koning.” Jy kan ook ‘n gesprek voer oor die waarde van slegte medisyne. Die preekriglyn werk met die verhaal van Simon, ‘n glasblaser, wat glasprodukte in die vuur van die smeltkroes skep. In ons teks is reiniging ook ter sprake, omdat die volk van God suiwering nodig het. Ons teks moedig ons aan om ook ons lewe voor God oop te stel vir suiwering, en om sodoende gestroop te word van alles wat "pronk en sieraad" is. Eerder as 'n boodskap van straf en verdoemenis, word die teks 'n uitnodiging tot inkeer en 'n voorbereiding om die Een te vier wat ons in voorbeeld kom wys het hoe 'n lewe na God se hart werklik lyk. Ons is tans in die Kerstyd. Ons vier die koms van die Een wat deur Maleagi en later Johannes die Doper aangekondig is. Die Een wat kom ons ons lewens te vernuwe, deur Woord en Gees. Laat ons in die Kerstyd bid: O, kom Skepper Gees, o kom Lewende Here Jesus Christus en vernuwe ons!

Maleagi 3:1-4.ppt 1.04 MB Nov 30, 2015 07:25 Download 568
Maleagi 3:1-4.pptx 745.53 KB Nov 30, 2015 07:24 Download 509
Maleagi 3:1-4.doc 110.5 KB Nov 30, 2015 07:22 Download 622

Eerste Sondag in Advent - 29 November 2015 - 1 Tessalonisense 3:9-13

1Tessalonisense3-9-13Om die effens moeiliker teks met kinders te deel, lees dit uit ‘n makliker vertaling. Daar is ook ‘n inkleurprent beskikbaar. Die preekriglyn werk met die verhaal van die huis waarvan die liggies vir Kerstyd gebrand het lank nadat Kerstyd al verby was. Regdeur Januarie en naderhand ook Februarie het die liggies in die aande bly brand. Dit het nogal vreemd gelyk. Teen die middel van Maart het daar skielik nog liggies, wat woorde uitgespel het, op die huis verskyn. Dit het gesê: "Welkom tuis, Jimmy!" Dié gesin het 'n seun wat in die Midde-Ooste in een of ander Amerikaanse oorlog gaan veg het en vir die gesin was Kersfees nie Kersfees voordat hulle nie weer met hulle seun herenig was nie. Kersfees is daarom 'n tyd om te fokus op liefdesbande, 'n tyd waar gesinne en families bymekaar moet wees. Dit verskaf ‘n goeie oorgang na die verhaal in ons teksgedeelte wat ons van die innige liefdesbande vertel wat geloof in die Here Jesus Christus tussen Paulus, sy medewerkers en die gemeente in Tessalonika gesmee het. Ons ontdek hier hoe normaal hierdie diep verbintenisse in die gemeente van Christus is. Mag ons eie liefde vir mekaar op dieselfde manier hierdie seisoen toeneem.

1 Tessalonisense 3:9-13.ppt 2.14 MB Nov 23, 2015 12:02 Download 634
1 Tessalonisense 3:9-13.pptx 1.21 MB Nov 23, 2015 12:01 Download 505
1 Tessalonisense 3:9-13.doc 117.5 KB Nov 23, 2015 12:00 Download 633


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009