Kerkjaar 2014-15

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Woord en fees - Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Meer inligting

File Version Licence Size Added Hits
Johannes 1:6-8, 19-28.doc 90.5 KB Dec 09, 2014 05:36 Download 766

Markus 1:1-8 – 7 Desember 2014 – Tweede Sondag van Advent – Sondag van vrede

Markus1 1-8Jy kan in Familietyd die lig laat val op Johannes die Doper as wegbereider wat die lig net op Jesus laat fokus. Gebruik die resep vir “jellie-wurms” of koop sour worms of pretzel goggas. Daar is ook ‘n verhaal uit The Lion King, waar Raffiki (die bobbejaan) vir Simba gaan soek. Hy tree soos Johannes die Doper op. Óf gebruik ‘n waterpas om te verduidelik hoe ‘n mens dit gebruik om voor te berei om iets te bou. Dit gee ‘n goeie inleiding om te kan verduidelik dat Advent ‘n tyd van voorbereiding is. Die preekriglyn begin met die herinnering aan die sing van die lied: "Bring my die ou ou tyding" wat een van die geliefde Hallelujaliedere tydens Pinksterdienste was. Beteken dit nog iets vir ons? Amper soos Advent. Die gevaar is groot dat hierdie ou, ou tyding ons weer kan verbygaan. Die volgende beeld kan dalk help. Dikwels ry ons jaar na jaar dieselfde pad om te gaan vakansie hou. Twee dinge kan gebeur. Die pad kan al meer vervelig raak, of ons kan elke keer iets nuut op die pad ontdek. Jy kan opsien na die pad omdat dit lank is, of uitsien om die nuwe dinge te ontdek. Dieselfde kan gedurende Advent gebeur.

Markus 1:1-8.ppt 968 KB Dec 01, 2014 09:48 Download 709
Markus 1:1-8.pptx 548.09 KB Dec 01, 2014 09:44 Download 658
Markus 1:1-8.doc 76.5 KB Dec 01, 2014 09:43 Download 778

Markus 13:24-37 – 30 November 2014 – Eerste Sondag van Advent – Sondag van hoop

Markus13 24-37Lees die waarskuwing oor “gereed wees” uit Die Nuwe Testament vir Kinders of gebruik Carolyn Brown se baie raak illustrasie hieroor. Die preekriglyn werk met die verhaal van die verwoesting van Jerusalem in 7 September van die jaar 70 n.C. is Jerusalem in puin gelê. Die toneel was veel erger as die World Trade Centre-beelde van 11 September 2001 wat so helder in ons geslag se geheue ingebrand is. Nie een klip het op die ander bly staan nie. Dit is iets wat Jesus voorsien het en met sy dissipels oor gesels het. Hy spel die lyding en swaarkry van dié tyd uit en hoe hulle daarop moet reageer. Jesus stel dit as historiese gebeure voor. Dit gaan hier dus nie oor sy wederkoms nie, maar oor die uitkringende geweld wat die geskiedenis kenmerk. Gelukkig sê dit nie die laaste woord oor die wêreld nie. Die eintlike werklikheid waarmee die gelowiges rekening moet hou, is God se teenwoordigheid en God se aksie om die boodskap van volle lewe, die evangelie oor die hele wêreld te versprei. Dit is wat ons hierdie Adventstyd ook weer vier. Ons vier die feit dat God in Jesus Christus op hierdie wêreld aangeland het. Advent herinner ons dat God nie klaar is met ons nie.

Markus 13:24-37.ppt 2.05 MB Nov 25, 2014 05:19 Download 835
Markus 13:24-37.pptx 667.46 KB Nov 25, 2014 05:16 Download 622
Markus 13:24-37.doc 120 KB Nov 25, 2014 05:16 Download 879


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009