Kerkjaar 2013-14

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Woord en fees - Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Meer inligting

File Version Licence Size Added Hits
Romeine 12:1-8.pptx 754.95 KB Aug 14, 2014 15:20 Download 726
Romeine 12:1-8.doc 126.5 KB Aug 14, 2014 15:20 Download 898

Romeine 11:1–2, 29–32 - Tiende Sondag in Koninkrykstyd - 17 Augustus 2014

Romeine11 1-2 29-32Met Familietyd kan jy aansluit by die gedagte van God se genade teenoor ongehoorsame mense. Lees David Shannon se “No, David, No!” of wys die video daarvan (skakel in lêer). Dit is ’n reeks prente van ’n seuntjie wat stoute goed doen en sy ma wat die hele tyd met hom raas. Maar in die twee laaste bladsye sê die ma: “Yes David. I love you.” Dit is ook die boodskap waarmee die preekriglyn werk. God ontferm hom oor ongehoorsame mense. Dit gee ons hoop dat dit ons wêreld kan verander as ons deur God se oë na die nasies kyk. Hoe sou die Tweede Wêreldoorlog ie anders verloop het as Christene Jode kon eien as die stam waarop hulle in die geloof geënt is nie? Hoe sou die Israel-Palestynse konflik nie anders kon verloop het as hulle mekaar deur God se oë kon raaksien nie? Dit bly die hoop vir die wêreld.

Romeine 11:1-2, 29-32.ppt 1.2 MB Aug 12, 2014 05:11 Download 709
Romeine 11:1-2, 29-32.pptx 1.09 MB Aug 12, 2014 05:09 Download 608
Romeine 11:1-2, 29-32.doc 130 KB Aug 12, 2014 05:08 Download 903

Romeine 10:5-15 - Negende Sondag in Koninkrykstyd - 10 Augustus 2014

Romeine10 5-15Fokus in Familietyd op Rom. 10:9 en illustreer met ’n kopskud oefening hoe ’n mens kan sien wat in jou hart is. Paulus help ons verstaan dat dit belangrik is dat ander mense sien wat in ons hart aangaan, dat ek in Jesus glo. Dit gee ’n goeie oorgang na die preekriglyn wat die wyse waarop die geloof van een persoon na ’n ander aangegee is - van Edward Kimball, ’n assistent in ’n skoenwinkel na Dwight Moody, die bekende prediker, na FB Meyer, ook ’n bekende prediker, na JW Chapman, nog ’n bekende prediker, na Billy Sunday, die bekende basketbalspeler, wat Charlotte Ham, ’n evangelis genooi het om te preek by ’n byeenkoms waar Billy Graham, die groot evangelis, sy lewe aan die Here gegee het. Dít is hoe God sorg dat die geloof van geslag tot geslag aangegee word. Ons word deur dié teks uitgenooi om 'n evangelie beweging te wees en te word sodat mense kan glo. Dit is ons identiteit en roeping.

Romeine 10:5-15.ppt 1.56 MB Aug 05, 2014 12:19 Download 727
Romeine 10:5-15.pptx 1.36 MB Aug 05, 2014 12:17 Download 639
Romeine 10:5-15.doc 137 KB Aug 05, 2014 12:16 Download 884

Romeine 9:1-5 – Agste Sondag in Koninkrykstyd – 3 Augustus 2014

Romeine9 1-5Herinner in Familietyd almal aan Paulus se lewensverhaal wat van ywerige vervolger na ywerige volgeling verander het. Gesels met hulle daaroor dat Jesus enigiemand kan verander. Bevestig dat ’n mens kan bid vir mense. Begelei kinders om vir spesifieke groepe of mense in gebed in te tree. Die preekriglyn werk met ware verhaal van die skrywer wat as ’n toets van die uitgewer sisteem onder ’n skuilnaam iemand anders se bekroonde boek weer aan ’n aantal uitgewers gestuur het. Dit is telkens geweier, selfs deur die uitgewer wat die bekroonde boek aanvanklik uitgegee het! Niemand het die boek herken nie. Hulle kon die boek nie na waarde skat nie. Dit verskaf die inleiding vir Paulus se worsteling met die vraag waarom die Jode God se koms in Jesus Christus verwerp het. Die antwoord is ontstellend: hulle kon Jesus nie na waarde skat nie. In plaas daarvan om God in Christus te omhels, verwerp Israel die evangelie. Hulle skryf hulself, by wyse van spreke, uit God se storie uit. Dieselfde proses vind vandag in sommige se lewens plaas. Hulle sweer die Christelike geloof af deur ‘n proses wat as ontkering bekend staan. Paulus gee vir ons hoop in dié brief dat God steeds getrou is. Hy wys dit onder andere deur ons eie getrouheid aan Jesus wat uiteindelik vir ander, ook die etniese Joodse volk, die deurbraak kan bring.

Romeine 9:1-5.ppt 1.42 MB Jul 28, 2014 16:32 Download 756
Romeine 9:1-5.pptx 1.31 MB Jul 28, 2014 16:31 Download 614
Romeine 9:1-5.doc 97.5 KB Jul 28, 2014 16:30 Download 827

Matteus 13:31-33, 44-52 – Sewende Sondag in Koninkrykstyd – 27 Julie 2014

Matteus13 31-33 44-52Hierdie week se skrifgedeeltes is wonderlik om met kinders te gesels! So kan jy bv. brood knie en verduidelik hoe die suurdeeg rys. Sit die deeg voor ’n verwarmer en wys telkens deur die loop van die diens hoe dit rys. Of wys ’n mosterdsaadjie en ’n foto van ’n reuse mosterdplant. Die preekriglyn begin met die verhaal-video van die dogtertjie wat verwag om ’n solo te hoor vir haar muntstukkie in die hoed, maar toe die voorreg het om na ’n simfonieorkes te luister. Haar eenvoudige daad vsit 'n groot kettingreaksie op tou, en die omgewing word met die pragtigste musiek gevul. Só is Jesus se gelykenisse ook. Dit is eenvoudige verhale wat mens skielik oorrompel wanneer die betekenispunt van die gelykenis duidelik word. Ons teksgedeelte fokus op vyf besondere, kort gelykenisse wat Jesus vertel het, wat fokus op die buitengewone groeikrag van die koninkryk, die hoë waarde daarvan, die verantwoordbaarheid wat gevra word, die onafwendbare weerstand daarteen, en die troos dat God die koninkryk sal laat kom.

Matteus 13:31-33, 44-52.ppt 1.04 MB Jul 22, 2014 05:37 Download 755
Matteus 13:31-33, 44-52.pptx 896.04 KB Jul 22, 2014 05:36 Download 630
Matteus 13:31-33, 44-52.doc 149.5 KB Jul 22, 2014 05:33 Download 881

Matteus 13: 24-30, 36-43 – Sesde Sondag in Koninkrykstyd – 20 Julie 2014

Matteus13 24-30 36-43Met Familietyd kan jy hierdie week se gelykenis m.b.v. tuin implemente soos ’n hark en ’n graaf vertel en verduidelik. Verduidelik dat ons alle mense soos geskenke van God af moet behandel. Die preekriglyn werk met die verhaal van 'n dominee se frustrasie met twee jongmense in die erediens wat besig was met hulle selfone. Toe hy daaroor met ‘n ouderling gesels, kom hy agter hulle het hulle Bybels op die selfone gelees. Gelukkig het hy nie te vinnig geoordeel nie! Dit is wat Jesus ook met die gelykenisse oor die koninkryk van die hemel wil regkry. God se hart is nie vol gloeiende oordeel nie, maar vol genade, liefde en geduld. Die gelykenisse van die mosterdsaad en die suurdeeg wys daarop dat die koninkryk nie oordonderend is nie, maar klein begin en stadig groei. Die gelykenis van die onkruid tussen die koring wys daarop dat God met groot geduld teenoor die "onkruid" optree. Trouens, in die taal van ons gelykenis, kan jy sê: Die Here wil hê drabok moet koring word!

Matteus 13:24-30, 36-43.ppt 1.08 MB Jul 15, 2014 16:11 Download 719
Matteus 13:24-30, 36-43.pptx 993.12 KB Jul 15, 2014 16:09 Download 629
Matteus 13:24-30, 36-43.doc 159.5 KB Jul 15, 2014 16:06 Download 885

Matteus 13:1-9, 18-23 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – 13 Julie 2014

Matteus13 1-9 18-23Jy kan in Familietyd met die kinders aan die hand van verskillende pakkies saad van blomme of kruie of groente oor die gelykenis gesels. Daar is nog ander hulpmiddels en inkleurprente in hierdie aanbieding. Die preekriglyn werk met die droom van ’n vrou oor Jesus wat haar help om te verstaan dat God ons nie met vrugte bedien nie, maar met saad. Die saad moet reg ontvang word om te kan ontkiem, groei en vrug dra. Daarmee ontmasker Hy ons traagheid van begrip en help ons om te verstaan dat die gelykenis 'n uitnodiging en 'n riglyn is wat ons kan help in die proses van selfondersoek wat tot bekering en hernieude dissipelskap kan lei.

Matteus 13:1-9, 18-23.ppt 1.37 MB Jul 05, 2014 21:45 Download 678
Matteus 13:1-9, 18-23.pptx 1.25 MB Jul 05, 2014 21:43 Download 646
Matteus 13:1-9, 18-23.doc 285.5 KB Jul 05, 2014 21:42 Download 815

Matteus 11:16-19, 25-30 – Vierde Sondag in Koninkrykstyd – 6 Julie 2014

Matteus11 16-19 25-30Jy kan die wet in die familie-oomblik inkorporeer. Verduidelik Romeine 7 met behulp van ’n yo-yo, óf met sing en dans óf met die beeld van ’n gewigopteller en ’n “spotter” óf met ’n juk. Die preekriglyn werk met die opmerking van ’n Graad Eentjie toe die fotograaf haar op haar gemak probeer stel in die proses om skoolfoto's te neem by die plaaslike laerskool. Toe hy haar vra wat sy gaan wees as sy groot is, sê sy: "Moeg!" Dit is wat Jesus se mini-gelykenis van die kindertjies op die markplein vir ons ook probeer oordra. Die mense van sy tyd is soos kinders. Sommige is moeg en ander verveeld. Die rede daarvoor is dat hulle nie wil deelneem aan wat God besig is om te doen nie. Jesus probeer hulle dus uit hulle toeskouermentaliteit uitskok, sodat hulle die erns van die oomblik kan onderskei en by God se werk kan aansluit.

Matteus 11:16-19; 25-30.ppt 1.03 MB Jun 24, 2014 21:29 Download 733
Matteus 11:16-19; 25-30.pptx 903.17 KB Jun 24, 2014 21:27 Download 623
Matteus 11:16-19; 25-30.doc 120.5 KB Jun 24, 2014 21:27 Download 785

Matteus 10:40-42 – Derde Sondag in Koninkrykstyd – 29 Junie 2014

Matteus10 40-42Ons fokusteks vandag gaan oor vriendelike gasvryheid! Gesels met die kinders oor hoe ’n mens ander kan laat welkom voel. Illustreer dit die moeite wat ’n mens in Jesus se tyd moes doen om ’n glas koue water vir iemand te gee. Sulke moeite met gasvryheid maak Jesus se hart bly. Die preekriglyn werk met die verhaal van die sak met 300 gebedsversoeke waarvan sommige wel oppervlakkig was - een ou wou die lotery twee keer wen - maar baie daarvan was hartsverskeurend. Dit het van bekommerde huweliksmaats, kinders en weduwees gekom, almal mense wat uitgeroep het na God se hulp. Dit wys ons dat daar duisende mense is wie se lewens 'n worsteling is. Hulle is soos mense wat in 'n storm uitgespoel is op die strand, en hoop op die aanraking van God. Dit is aan sulke mense wat Jesus sê ons gasvryheid moet bewys, by wyse van spreke, vir wie ons ‘n glas koue water moet gee.

Matteus 10:40-42.ppt 1.53 MB Jun 24, 2014 21:17 Download 697
Matteus 10:40-42.pptx 1.33 MB Jun 24, 2014 21:15 Download 646
Matteus 10:40-42.doc 157 KB Jun 24, 2014 21:14 Download 689

Matteus 10:24-39 – Tweede Sondag in Koninkrykstyd – 22 Junie 2014

Matteus10 24-39In Familietyd kan jy gesels met die kinders oor wat hulle bang maak en hulle bemoedig met Jesus wat belowe om vir ons te sorg. Jy kan een vier verdere voorbeelde gebruik om dit te illustreer: die prys van mossies, of die tel van die hare op die kop, of die pragtige storie van die Bekommerde Mossie deur Meryl Doney, of die storie Bosbok en Olifant Raak Bang uit Ewald van Rensburg se Die Avonture van Bomani Meerkat en ander stories. Die preekriglyn begin met die roerende verhaal van Meriam Yahia Ibrahim wat op 27 Mei 2014 in 'n Soedannese tronk geboorte geskenk het aan 'n babadogtertjie. Die skadu van die doodstraf hang egter oor Meriam. Sy is op 11 Mei skuldig bevind dat sy die Islamgeloof sou versaak het en ter dood veroordeel omdat sy geweier het om haar geloof in Christus te versaak. By die skryf van hierdie preek was daar nog geen konkrete resultate op die pogings om haar vry te laat nie. Haar verhaal illustreer die merkwaardige toewyding van gelowiges aan Jesus Christus in baie onderdrukkende lande van die wêreld. Jesus is al wat hulle het, maar dis genoeg vir hulle. So was dit ook in die eerste eeue van die Christelike kerk se bestaan in die Romeinse Ryk. In ons teks berei Jesus sy volgelinge voor op die vervolging wat op hulle wag. Hy help hulle om te verstaan dat hulle sal deel in sy eie lyding. Die ou volkslied van Suid-Afrika het afgesluit met die woorde: "Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika!" Baie mense het dit met hulle hele hart gesing en bedoel. Hulle het ook vir hulle land gesterf. Met hoeveel passie sal ons sing: "Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir U, Heer Jesus!"

Matteus 10:24-39.ppt 1.35 MB Jun 16, 2014 21:04 Download 765
Matteus 10:24-39.pptx 1.23 MB Jun 16, 2014 21:03 Download 631
Matteus 10:24-39.doc 117.5 KB Jun 16, 2014 21:02 Download 876

Matteus 28:16-20 – Eerste Sondag in Koninkrykstyd – Drie-eenheidsondag – 15 Junie 2014

Matteus28 16-20Jy kan die verhaal van die Groot Opdrag dramatiseer met ‘n houer koekies wat aan die kinders uitgedeel kan word of die verhaal in die inleiding van die preek vir Familietyd gebruik. Daar is ook ’n klompie begripsvrae vir die kleiner kinders, ’n inkleurprent en die opsie van ’n doopherinnering. Die preekriglyn begin met die verhaal van die driejarige Carrie wat die goeie nuus van koekies aan almal gaan versprei. Goeie nuus moet met groot entoesiasme verkondig word. Inderdaad! Dit is in ’n neutedop wat Matteus 28 vir ons vertel. Die wonder is dat die Groot Opdrag, met al die avontuur, vrees, opoffering, pyn en swaarkry, nie iets is wat Jesus se volgelinge op hulle eie aanpak nie. Ons doen dit in gemeenskap met die lewende Here. Daar kan geen groter avontuur wees nie.

Matteus 28:16-20.ppt 1.25 MB Jun 10, 2014 15:08 Download 698
Matteus 28:16-20.pptx 1.07 MB Jun 10, 2014 15:06 Download 701
Matteus 28:16-20.doc 113.5 KB Jun 10, 2014 15:03 Download 752

Handelinge 2:1-21 – Pinksterfees – 8 Junie 2014

Handelinge2 1-21aVandag is julle kans om lekker fees te vier! Vertel in jou eie woorde die verhaal van die uitstorting van die Gees. Gee vir almal karton verjaarsdag-hoedjies en verduidelik dat vandag die kerk se verjsaarsdag is en sing sommer “Veels geluk liewe Kerk”! Die preekriglyn werk met die Joodse tradisie van Pinksterdag, die vyftigste dag na die Paasfees, as herinnering aan die geboorte van die volk van God. Op hierdie eerste oesfees na Jesus se kruisiging, opstanding en hemelvaart word die Heilige Gees oor die Here se kerk uitgestort en die apostels met die Gees vervul. Die parallel is maklik om raak te sien. Die apostels word vervul en begin om kragtige getuienis oor Jesus se dood en opstanding te lewer. So word 'n groot oes vir die koninkryk ingebring. Die eerste Pinksterdag is soos die eerste gerf uit 'n nuwe oes wat ingebring word.

Handelinge 2:1-21.ppt 749 KB May 27, 2014 00:02 Download 733
Handelinge 2:1-21.pptx 620.55 KB May 27, 2014 00:01 Download 663
Handelinge 2:1-21.doc 115 KB May 27, 2014 00:01 Download 827

Handelinge 1:6-14 – Sewende Sondag van Paastyd – Omgewingsondag – 1 Junie 2014

Handelinge1 6-14aVertel die verhaal van die fokusteks dramaties ahv parafrase en gebruik dit dan vir die blokraaisel. Die preekriglyn werk met die voorbeeld van die Hmar-stam in die noord-ooste van Indië wat tot 'n eeu gelede gewelddadige koppesnellers was, bekend vir hulle wrede menseslagtings. Met die werk van die Walliese sendeling Watkin Roberts is die Hmar-stam geëvangeliseer en het hulle op hulle beeurt ‘n groot bydrae gelewer tot die verspreiding van die Bybel. Tot op hede het dié stam meer as 16 miljoen kopieë van die Nuwe Testament regoor die wêreld versprei. Hierdie is een van duisende verhale wat illustreer hoe kragtig die Here die getuienis van gelowige mense seën in vervulling van die belofte van Handelinge 1:8. Dit wys ons onomwonde dat getuienis óns taak is in die periode tussen die eerste en tweede koms van Jesus.

Handelinge 1:6-14.ppt 1.46 MB May 26, 2014 23:59 Download 692
Handelinge 1:6-14.pptx 1.29 MB May 26, 2014 23:58 Download 728
Handelinge 1:6-14.doc 154 KB May 26, 2014 23:57 Download 1858

Handelinge 1:1-11 – Hemelvaart – 29 Mei 2014

Handelinge1 1-11aCarolyn Brown stel voor dat jy hierdie geleentheid gebruik om ’n oorsig te gee van Jesus se hele lewensverhaal. Jy kan moontlik prente gebruik van Jesus se geboorte, wonderwerke, preke, intog, kruisiging, leë graf en opstanding. Vertel dan die verhaal van die hemelvaart in jou eie woorde. Die preekriglyn werk met die beginsel wat Walter Mischel bewys het in ’n eksperiment met vierjariges dat kinders wat kan wag op beloning, beter op skool doen en oor die algemeen beter vaar in die volwasse lewe wat wag. Die eksperiment met malvalekkers bring ons by die gevolgtrekking dat n mens moet leer dat dit beter is om vir die toekoms te werk, voor te berei en op te offer, eerder as om vir onmiddellike bevrediging van behoeftes te lewe. Dít is wat die teks van die Hemelvaart vir ons wil leer, want die toekoms is belangriker as wat mens in die hitte van die oomblik mag besef.

Handelinge 1:1-11.ppt 1.18 MB May 26, 2014 23:56 Download 727
Handelinge 1:1-11.pptx 975.48 KB May 26, 2014 23:55 Download 581


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009