Kerkjaar 2013-14

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Woord en fees - Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Meer inligting

File Version Licence Size Added Hits
Jesaja 11:1-10.doc 134.5 KB Dec 01, 2013 04:33 Download 744

Jesaja 2:1-5– 1ste Sondag van Advent – 1 Desember 2013

Jesaja2 1-5Vir die familie-oomblik kan jy by Wêreld Vigsdag aansluit, of een van die vele opsies gebruik om Advent vir die kinders te verduidelik. Die preekriglyn begin met die verhaal van Allen Johnson, 'n omgewingsaktivis en medestigter van Christene vir die Berge, 'n groep wat protesteer teen steenkoolmyne en ander bedreigings vir die omgewing. Hy beywer hom daarvoor dat rentmeesterskap vir die omgewing 'n prioriteit vir alle Christene sal word. Die openbaring van Jesaja 2:1-5 vestig ook die hoop op 'n berg – die berg van die Here waar die woonplek van die Here is. Hierdie berg bring hoop vir die wêreld. Dit is so, omdat die Here se teenwoordigheid hier geken word. Van hier openbaar die Here sy wil aan die mense. Hier leer ons hoe om reg te lewe. Hier word ons verander. Hiervandaan word die wêreld ook verander. Ons is ‘n ontmoetingsplek met God vir die nasies.

Jesaja 2:1-5.ppt 912.5 KB Nov 23, 2013 12:02 Download 677
Jesaja 2:1-5.pptx 625.29 KB Nov 23, 2013 11:54 Download 590
Jesaja 2:1-5.doc 125 KB Nov 23, 2013 11:50 Download 749


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009