Kerkjaar 2012-13

Woord-en-feesSEISOEN VAN LUISTER

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Woord en feesPreekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Preekstudies en liturgiese voorstelle

Die Preekstudies en liturgiese voorstelle: Woord en fees – Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013 – is ’n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar, en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C. Die Preekstudies en liturgiese voorstelle kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Woord en lewe (voorheen Leesrooster)

 

 

 

File Version Licence Size Added Hits
Hebreërs 12:18-29.pptx 1.63 MB Aug 24, 2013 15:15 Download 681
Hebreërs 12:18-29.doc 99.5 KB Aug 24, 2013 15:14 Download 773

Hebreërs 11:29-12:2 – 13de Sondag in Koninkrykstyd – 18 Augustus 2013

Hebreers11 29-12-2Gebruik ’n blaaibord en teken ’n aantal konsentriese ovale dwarsoor die blad – soos ’n pawiljoen – om met families te gesels oor die geloofskare wat ons aanmoedig. Dit help ons om te volhard. Hierby word aangesluit in die preekriglyn met die verhaal van die moderne aartsbiskop Bartolomeus se erkenning van die nalatenskap van Johannes Chrisostomus, die "Goue mond", uit die 4de eeu. Só moedig ons teks uit Hebreërs 11 ons aan om die wedloop wat voor ons lê met volharding te hardloop. Die teks gee vir ons die raad om die lewensportrette van ons voorgangers in die geloof voor oë te hou. Dit sal ons help om te gehoorsaam en te volhard.

Hebreërs 11:29-12:2.ppt 842.5 KB Aug 24, 2013 15:12 Download 859
Hebreërs 11:29-12:2.pptx 715.43 KB Aug 24, 2013 15:10 Download 658
Hebreërs 11:29-12:2.doc 102.5 KB Aug 24, 2013 15:10 Download 696

Hebreërs 11:1-3, 8-16 – 12de Sondag in Koninkrykstyd – 11 Augustus 2013

Hebreers11 1-16Met Familietyd kan die storie van die Impala vertel word wat tot 3 meter hoog kan spring, maar in wildtuine agter heinings van minder as 1 meter aangehou kan word, omdat hulle nie spring waar hulle nie kan sien nie. Daarmee kan ’n gesprek oor geloof met kinders aan die gang gesit word waarin die geloofshelde ons motiveer met hulle geloof, al kon hulle nie sien nie. Dit gee ’n goeie oorgang na die preekriglyn waarin die verband tussen sien en glo ontgin word. Ons teksgedeelte help ons verstaan dat as jy by sien begin, jy dit moeilik gaan vind om te glo. Maar as jy by glo begin, gaan jy verstom raak oor wat jy kan sien. Geloof werk soos 'n lens wat jou vermoë om te sien opskerp. Sodat jy kan sien waarop dit werklik aankom.

Hebreërs 11:1-16.ppt 788.5 KB Aug 05, 2013 22:47 Download 1024
Hebreërs 11:1-16.pptx 536.96 KB Aug 05, 2013 22:44 Download 679
Hebreërs 11:1-16.doc 104.5 KB Aug 05, 2013 22:42 Download 764

Lukas 12:13-21 – 11de Sondag in Koninkrykstyd – 4 Augustus 2013

Lukas12 13-21Vir kindertyd is daar ‘n interessante oefening met ‘n papier en ‘n skêr waarmee die vermenigvuldiging van God se liefde gedemonstreer word. Die preekriglyn begin met die verhaal van die erfporsie van sewentien kamele wat ‘n pa aan sy drie seuns nalaat, waarvan die oudste seun die helfte van die kamele moet kry, die tweede seun een derde, en die derde seun 'n negende. Die vrygewigheid van ‘n wyse man wat hulle ‘n kameel skenk los hulle probleem op. Dit verskaf die perspektief waarmee die ryk man se ingesteldheid wat meer wil hê as wat hy kan gebruik, ontbloot. Hy wil deur eie voorsiening sekuriteit verskaf vir sy lewe – sekuriteit wat net God kan gee. Met dié gelykenis help Jesus ons verstaan dat gierigheid ten diepste is om alle perspektief te verloor op wat jy regtig nodig het, wat genoeg is, en wat nie. En so kom staan die oes tussen die ryk man en God, en tussen hom en sy medemens.

Lukas 12:13-21.ppt 1.06 MB Jul 29, 2013 08:33 Download 1056
Lukas 12:13-21.pptx 701.92 KB Jul 29, 2013 08:32 Download 735
Lukas 12:13-21.doc 101.5 KB Jul 29, 2013 08:29 Download 778

Lukas 11:1-13 – 10de Sondag in Koninkrykstyd – 28 Julie 2013

Lukas11 1-13Die teks leen hom daartoe om met families oor gebed te praat – aan die hand van die voorbeeld van ’n verkeerslig, of die vingers van jou hand. Dit dek die tafel vir die preekriglyn wat werk met die vraag waarom sou ons wou leer bid. In 'n Youtube-uittreksel uit een van sy preke maak David Platt 'n insiggewende opmerking. Ons het dikwels nie 'n behoefte aan gebed nie, omdat ons nie besig is met dinge wat gebed nodig het nie. Mens het nie gebed nodig as jy lê en TV kyk nie. Jy het ook nie nodig om te bid as jy doelloos op die Internet rondswerf nie. Jy het nie gebed nodig wanneer jy geen risiko's vir Christus neem nie, wanneer daar niks in jou verbintenis aan God op die spel is nie. Maar wanneer jy alles op die spel plaas vir Christus, wanneer jy alles verlaat en Hom volg, dan moet jy leer bid. Wanneer jy jou drome, besittings, hoop en loopbaan opoffer, dan moet jy leer bid. Dan het jy nodig om te vra: "Here, leer ons bid!"

Lukas 11:1-13.ppt 1013.5 KB Jul 22, 2013 00:01 Download 896
Lukas 11:1-13.pptx 684.09 KB Jul 21, 2013 23:58 Download 679
Lukas 11:1-13.doc 85 KB Jul 21, 2013 23:57 Download 786

Lukas 10:38-42 – 9de Sondag in Koninkrykstyd – 21 Julie 2013

Lukas10 38-42Vir Familietyd word voorgestel dat gefokus word op die belangrikste ding waarvan Jesus hier praat deur aan te sluit by ’n restaurant – verduideliking in die teks. Vir die preekriglyn word die voorbeeld van James Hudson Taylor vertel wat te midde van ’n besige program in Jesus rus ontvang het. Dit help ons om die boodskap van die teks te verstaan, dat Betanië ’n simbool van ’n plek van rus is – soos Frank Viola in sy boek God's Favorite Place on Earth aanvoer. Aksie is nie verkeerd nie – allermins. Maar ons aksie as Christene moet gebore word uit stil word voor Jesus, leer van Hom, en leef vanuit gemeenskap met Hom. Deur bewus te word van wat ons geestelik volmaak en wat ons dreineer, kan ons ook soos Maria die beste keuse maak. Dan sal ons nie lui wees nie, maar leerbaar en ons prioriteite rondom ons verhouding met Jesus opstel.

Lukas 10:38-42.ppt 837 KB Jul 15, 2013 06:57 Download 970
Lukas 10:38-42.pptx 656.3 KB Jul 15, 2013 06:55 Download 696
Lukas 10:38-42.doc 107 KB Jul 15, 2013 06:54 Download 762

Lukas 10:25-37 – 8ste Sondag in Koninkrykstyd – 7 Julie 2013

Lukas10 25-37Vertel gewoon die verhaal in Familietyd of gebruik een van die drie kreatiewe opsies om die 10 Gebooie, die liefde of barmhartigheid uit te beeld. Daar is ook ’n inkleurprent. Die verhaal van Caleb Wilde, ’n begrafnisondernemer wat aan uitbranding ly, help ’n mens verstaan waarom goeie mense soms hardvogtig optree. In ons teksgedeelte het ons ook met goeie mense te doen, mense wat egter harteloos optree weens verskillende moontlike redes: vrees vir veiligheid, druk program, sosiale aanvaarbaarheid, afstomping, of uitbranding. Die belangrikste rede is egter verblinding. Jesus meld elke keer dat die priester en Leviet die man sien, maar nie reageer nie. Dit is iets wat baie maklik vandag nog met ons gebeur. Daarom dat dié verhaal ons weer help om te sien deur met die oë te kyk van die verstommende uitsondering op die reël, die barmhartige Samaritaan.

Lukas 10:25-37.ppt 1.57 MB Jun 25, 2013 16:42 Download 962
Lukas 10:25-37.pptx 1.29 MB Jun 25, 2013 16:40 Download 727
Lukas 10:25-37.doc 111 KB Jun 25, 2013 16:40 Download 1145

2 Konings 5:1-14 – 7de Sondag in Koninkrykstyd – 7 Julie 2013

2Konings5 1-14Die verhaal van Naäman en die dogtertjie uit Israel leen hom tot dramatisering. Alternatiewelik kan een van twee opsies – ‘n by of sjokolade kitspoeding – gebruik word om die punt te maak dat hoe klein en gering ons ook al is, die Here kan ons in Sy diens gebruik. Die preekriglyn begin met die gebruik in Afrika om nkisi nkongi, gewyde kragtige voorwerpe, te maak wat genesing kan bring. Dit verskaf ‘n uitstekende inleiding om Naäman se behoefte aan so 'n heilige figuur of voorwerp om hom gesond te maak. In hierdie proses loop hy nie 'n wonderwerker of 'n heilige voorwerp raak nie. Hy ontmoet die lewende God deur sy profeet Elisa. En deur sy ervaring leer gelowiges van alle tye God beter ken.

2 Konings 5:1-14.ppt 681.5 KB Jun 25, 2013 16:04 Download 729
2 Konings 5:1-14.pptx 485.67 KB Jun 25, 2013 16:02 Download 699
2 Konings 5:1-14.doc 128.5 KB Jun 25, 2013 15:59 Download 755

2 Konings 2:1-2, 6-14 – 6de Sondag in Koninkrykstyd – 30 Junie 2013

2Konings2 1-14Met Familietyd kan gewoon die storie vertel word. Daar is drie idees ingesluit om dit aanskoulik te doen. Die preekriglyn lei die teks in met die verhaal van die Amerikaanse vroueaflosspan wat die beste span by die 2004 Olimpiese Spele was, maar gesukkel het met die oorgee van die stokkie en daarom gediskwalifiseer is. Die lewe is ook soos 'n afloswedloop. 'n Mens kan so goed wees as wat jy wil, maar een of ander stadium moet die stokkie oorgegee word. Dan is dit krities belangrik dat dit reg en goed verloop. Die verhaal van Elia en Elisa wys vir ons hoe dit op die regte manier gebeur, veral in die wyse waarop God betrokke is, en die verhaal doelbewus op die vorige voorbeeld van die regte oorgawe van leierskap van Moses na Josua geskoei is. Dit gee ons hoop en moed vir ons eie prosesse vandag.

2 Konings 2:1-14.ppt 942 KB Jun 25, 2013 15:37 Download 683
2 Konings 2:1-14.pptx 837.44 KB Jun 25, 2013 15:36 Download 657
2 Konings 2:1-14.doc 102.5 KB Jun 25, 2013 15:34 Download 733

1 Konings 19:1-4, (5-7), 8-15a – 5de Sondag in Koninkrykstyd – 23 Junie 2013

1Konings19 1-15Elia se verhaal leen hom daartoe om op ‘n dramatiese wyse vertel te word. Kinders sal kan identifiseer met die wyse waarop God hom help met kos, rus en krag. Die toneel op die berg kan ook gebruik word om kinders te leer hoe om na God te luister. Hy praat nie in die groot gebeure nie, maar in die “fluistering van die windstilte”. Die preekriglyn fokus op die gevaar dat ons versigtig geraak het vir stilte in die liturgie. Elia se verhaal daag dié gedagte uit. Die Here was nie in die geweldige wind, die aardbewing of die vuur nie. Die Here was in die groot stilte, soos die New Revised Standard Version dit vertaal, in die "sound of sheer silence." Die lang tradisie in die Christelike geloof van kontemplatiewe spiritualiteit toon aan dat daar kennis oor God is wat net in stilte ontvang word. 'n Stilte wat groot, lank en doelgerig genoeg volgehou word sodat 'n heilige ruimte geskep word wat die Heilige Een kan betree. Só het Elia dit ervaar. Hy het God in die stilte ontmoet. Veel dieper as in die vlammende oorwinning op Karmelberg.

1 Konings 19:1-15.ppt 1.32 MB Jun 18, 2013 07:54 Download 887
1 Konings 19:1-15.pptx 1.15 MB Jun 18, 2013 07:53 Download 691
1 Konings 19:1-15.doc 153.5 KB Jun 18, 2013 07:49 Download 774

1 Konings 21:1-10, (11-14), 15-21a – 4de Sondag in Koninkrykstyd – 16 Junie 2013

1Konings21 1-21Daar is ‘n hele paar opsies vir Familietyd – sonde-kaartjies, gesigtrek kompetisie – wat almal op die gevolge van sonde fokus. Daar is ook ‘n inkleurprent. Die preekriglyn werk met die regverdige manier waarop Pepsi ‘n aanbod hanteer het om Coca Cola se geheime te bekom. Dit kontrasteer met die wyse waarop Agab en Isebel vir Nabot hanteer het. Die drie relevante spanningslyne in die teks word daarmee aan die orde gestel – die vraag of grond 'n gawe van God of 'n verbruikersartikel is, die spanning tussen koning en profeet, staat en kerk, en die spanning tussen oordeel en vergifnis. Dit maak ‘n appèl op ons verbintenis aan God en sy wil vir ons lewe soos ‘n mens dit kan sien in hoe ons ander mense en hulle goed hanteer.

1 Konings 21:1-21.ppt 1011.5 KB Jun 10, 2013 08:05 Download 920
1 Konings 21:1-21.pptx 850.25 KB Jun 10, 2013 08:03 Download 712
1 Konings 21:1-21.doc 266.5 KB Jun 10, 2013 08:03 Download 812

1 Konings 17:8-16, (17-24) – 3de Sondag in Koninkrykstyd – 9 Junie 2013

1Konings17 8-24Vertel in Familietyd die storie van Elia en die weduwee vir die kinders of kry mense om dit op te voer. ‘n Aanskoulike opsie is om meel en olie saam te bring en dit vir die kinders te wys terwyl jy die storie vertel of selfs roosterkoeke te bak! Die preekriglyn werk met die verhaal van Sheikha wat in 'n Bedoeïen-familie gebore is, en regtig min gehad het om ‘n lewe van te maak. Sheikha was egter vol ondernemingsgees en met die hulp van HOOP, 'n Christelike hulpverleningsorganisasie, kon sy ‘n winkeltjie begin bedryf met dinge soos seep, skryfbehoeftes en basiese medisyne as ‘n noodsaaklike diens aan haar gemeenskappie. Sy is 'n getuienis teenoor die Moslems van Christelike liefde en bystand. Daarmee is die tafel gedek om die verhaal van Elia wat deur die weduwee van Sarfat versorg word op die tafel te sit. Dit illustreer God se mag. Wanneer God wonderwerke doen, doen Hy dit sonder mense! Hy kry alleen die eer. Die verhaal benadruk dat die God van Israel in beheer van die geskiedenis is. Ons sien hoe Hy onderstebo mense, die mense in ellende, die mense in ’n doodsatmosfeer met sy genade verras. Niemand anders kan ons so versorg nie. Niks sal ons ontbreek nie. Laat ons ons daarom allereers beywer vir God se koninkryk en sy geregtigheid. Hy sorg vir die res.

1 Konings 17:8-24:ppt 785 KB Jun 03, 2013 22:05 Download 965
1 Konings 17:8-24:pptx 650.65 KB Jun 03, 2013 22:03 Download 664
1 Konings 17:8-24:doc 121.5 KB Jun 03, 2013 22:02 Download 795

1 Konings 18:21-29, 30-39 – Omgewingsondag – 2 Junie 2013

1Konings18 21-39Dramatiese stories soos in die fokusteks verdien om gewoon met die nodige aksentuering en drama oorvertel te word, soos in die Familietyd voorgestel word. Die preekriglyn word ingelei met die metafoor van leier-miere wat leerling-miere die roete na voedsel wys met ’n proses wat as “tandem hardloop” bekendstaan. Dit bevoordeel die mierkolonie deurdat kos 35% keer vinniger gevind word. Dit help ons die leierskap van Elia waardeer wat Israel in ‘n nuwe rigting stuur weg van die afgodsdiens van Baäl wat deur koning Agab en sy vrou Isebel aangehang is. Dit gebeur deur die intense konfrontasie op Karmel waarmee Elia die volk help verstaan wie die ware God is met die aanskouingsles van vuur uit die hemel.

1 Konings 18:21-39.ppt 1.39 MB May 27, 2013 16:57 Download 827
1 Konings 18:21-39.pptx 1.33 MB May 27, 2013 16:56 Download 780
1 Konings 18:21-39.doc 220 KB May 27, 2013 16:54 Download 813

Romeine 5:1-5 – Drie-eenheidsondag – 26 Mei 2013

Romeine5 1-5Christelike geloofsgemeenskappe reg oor die wêreld vier vandag Drie-eenheidsondag. Ons buig in verwondering voor die een, heilige God wat ons in die Woord as Vader, Seun en Heilige Gees ontmoet. Vir Familietyd is daar ‘n opsie om die Drie-eenheid aan poeier waarvan jy koeldrank maak te verduidelik, en die verhaal van The Curious Garden deur Peter Brown wat die rol van swaarkry illustreer. Die Drie-eenheid funksioneer op 'n besondere wyse in Romeine 5: Die Vader – gee die vrede en die harmonie word herstel; Die Seun – maak die toegang tot hierdie genade oop deur sy eie dood en opstanding; Die Heilige Gees – die Een waardeur die liefde van God ? pad vind na ons lewe toe. Met hierdie bekendstelling van die Drie-enige God word God as 'n aktiewe, handelende God aan ons bekendgestel. Hierdie belydenis oor God verander ons lewe en laat ons vasstaan in die geloof, gewortel in die hoop op God, terwyl ons God se liefde kwistig uitstort op die mense rondom ons.

Romeine 5:1-5.ppt 1.07 MB May 20, 2013 22:23 Download 838
Romeine 5:1-5.pptx 848.96 KB May 20, 2013 22:21 Download 709


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009