Kerkjaar 2012-13

Woord-en-feesSEISOEN VAN LUISTER

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Woord en feesPreekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Preekstudies en liturgiese voorstelle

Die Preekstudies en liturgiese voorstelle: Woord en fees – Advent 2012 tot Koninkrykstyd 2013 – is ’n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar, en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar C. Die Preekstudies en liturgiese voorstelle kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik die Woord en lewe (voorheen Leesrooster)

 

 

 

File Version Licence Size Added Hits
Lukas 3:1-6.pptx 828.36 KB Dec 03, 2012 16:41 Download 709
Lukas 3:1-6.doc 87 KB Dec 03, 2012 16:40 Download 894

Lukas 21:25-36 – 1ste Sondag in Advent – Sondag van Hoop – 2 Desember 2012

Lukas21 25-36Wys in Familietyd vir die kinders ‘n paar verkeerstekens en brei uit oor die betekenis daarvan. Op dieselfde manier red Jesus se tekens ons lewens, want dit wys ons na God en herinner ons om op God te vertrou. Die preekriglyn gebruik as inleiding die ontsettende skade wat rampe die afgelope tyd in die Oos-Kaap, Gauteng en die VSA veroorsaak het. Mens neem daarom op 'n nuwe manier notisie van Jesus se woorde in ons teks dat daar op aarde radeloosheid en angs sal wees. Jesus noem hierdie dinge tekens dat die dag van ons verlossing naderkom. Jesus nooi ons ook uit om ons sekuriteit in God se verlossende betrokkenheid by God se wêreld te soek. Daarom is die rampe tekens wat ons herinner dat die Seun van die Mens, wat ons wêreld se volkome verlossing bring, met groot krag en majesteit op pad is. Ons verlossing is naby.

Lukas 21:25-36.ppt 944 KB Nov 26, 2012 12:21 Download 769
Lukas 21:25-36.pptx 904.4 KB Nov 26, 2012 12:11 Download 701
Lukas 21:25-36.doc 84.5 KB Nov 26, 2012 12:10 Download 887

FOKUSTEKSTE 2012-13

Opmerkings

Siklus ten opsigte van tekste vir Koninkrykstyd

  • 2012-2013 – Jaar C – Koninkrykstyd oorspronklike tekste
  • 2013-2014 – Jaar A – Koninkrykstyd alternatiewe tekste in RCL
  • 2014-2015 – Jaar B – Koninkrykstyd oorspronklike tekste

Siklus ten opsigte van tekste vir Kersfees

Die RCL gee vir Kersfees drie stelle identiese tekste by Jaar A, B en C wat na goeddunke deur die gebruiker afgewissel kan word.  Die Preekstudie en Liturgiese voorstelle tekste volg die volgende siklus:

  • Kersfees  (proper) I – Jaar C
  • Kersfees  (proper) II – Jaar B
  • Kersfees (Proper) III – Jaar A
Fokustekste 2012-13 111 KB Nov 06, 2012 10:21 Download 648


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009