SOEK HIER VIR BYBELGEDEELTES


Tik die naam van die Bybelboek wat jy soek hieronder in om die resultate te "filter". Dit sal jou baie gou wys of die hoofstuk of perikoop wat jy soek hier beskikbaar is.

Die vorige alfabetiese lys is steeds hier, maar sal nie langer opgedateer word nie.



Kerkjaar 2018-19

File Version Licence Size Added Hits
Lukas 4:1-13.doc 124 KB Mar 04, 2019 10:17 Download 316

Psalm 99 – Sondag van die Verheerliking – 3 Maart 2019

Psalm99Hierdie is ‘n goeie Sondag om veral met kleiner kinders te gesels oor gebed. Gebed is nie inkopielysies nie. Ons gesels met God. Gebruik die verskillende vingers van ‘n hand om vir mense die verskillende aspekte van gebed te verduidelik. Die vierde Psalmboek , Psalms 90-106, fokus op die feit dat die Here reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die ontrouheid van Dawid se koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid. Dit eindig met 'n appèl aan die Here om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word. Die vierde Psalmboek in sy geheel, gegewe die koppeling met die tyd van die ballingskap, help ons ook om te verstaan dat selfs in 'n tyd wat jy swaarkry, 'n mens blydskap in die teenwoordigheid van die Here kan beleef deur lofprysing. Psalm 99 is een van die prima Aanbiddingspsalms. Twee keer loop die beskrywing van God se wese en werk uit op 'n gelykluidende oproep om God te aanbid. Psalm 99 roep ons dus op om God te aanbid. Daar is twee redes daarvoor. Eerstens is God die Heilige Heerser wat oor alles troon. Tweedens is God die een wat gebede beantwoord. Dit pas ons aan-aan die eenkant om met ontsag Hom te aanbid. Terselfdertyd nooi Hy ons aan die ander kant uit om soos Moses, Aäron en Samuel met Hom in gesprek te tree oor alles in ons lewe. Hy sal antwoord. Daarop kan ons vertrou. Maar, dit sluit in dat Hy soewerein bly in die tipe antwoord wat Hy gee. En gehoorsaamheid is belangriker as gebedsverhoring.

Psalm 99.ppt 576 KB Feb 24, 2019 04:45 Download 194
Psalm 99.pptx 541.03 KB Feb 24, 2019 04:44 Download 164
Psalm 99.doc 105 KB Feb 24, 2019 04:43 Download 322

Sewende Sondag ná Epifanie – 24 Februarie 2019 – Lukas 6:27-38

Lukas6 27-38Gebruik die weergawe van die teks in die Nuwe Testament vir Kinders. Daar is ook ‘n kinderboodskap ingesluit. Die preekriglyn skop af met Rolf Nestingen se verhaal oor sy ouers wat wou hê dat hy 'n dokter moes word sodat hulle sommer vir niks siek kon word nie. Toe word hy maar 'n predikant sodat hy vir niks goed kon wees nie. Immers, hoeveel maal word leraars nie gespot oor die feit dat hulle net een dag per week werk nie! Hulle is goed vir niks nie. Nestingen skryf dat dit nogal moeilik is om 'n dag af te vat as jy net een dag per week werk! Daarmee word die tafel gedek vir ‘n gesprek oor goedwees; dat Jesus ons in hierdie gedeelte uitdaag om presies dit te doen: om lief te hê vir niks; om goed te doen vir niks; om geld uit te leen vir niks; om goed te wees vir niks! Vir niks! Jesus leer ons daarmee dat ons die krag van ons optrede nie moet onderskat nie. In Lukas se tyd was hierdie optrede radikaal anders en was dit 'n "aggressiewe evangeliese strategie" om gemeenskap met mense te skep wat van die geloofsgemeenskap vervreemd was. Uiteraard sal almal nie positief op hierdie liefde wat niks verwag reageer nie, maar ons ywer om hulle aan die barmhartigheid van die Vader bloot te stel moet nooit verflou nie.

Lukas 6:27-38.ppt 1.4 MB Feb 19, 2019 05:53 Download 169
Lukas 6:27-38.pptx 548.83 KB Feb 19, 2019 05:51 Download 172
Lukas 6:27-38.doc 123.5 KB Feb 19, 2019 05:51 Download 300

Sesde Sondag ná Epifanie – 17 Februarie 2019 – Lukas 6:17-26

Lukas6 17-26Sermons4kids stel voor dat jy gesels oor geluk. Blaas saam met die kinders bubbles. Geniet vir ‘n rukkie die blaas van die bubbles. Laat mense probeer om dit te vang. Bubbles maak almal gelukkig! Die probleem daarmee is dat dit nie hou nie. Die oomblik wat jy daaraan raak, bars dit. Baie van die dinge waarby mense geluk soek, is soos bubbles. Hulle jaag dit, maar kan dit nooit kry nie. Gesels oor die goed waarby mense geluk soek en dan oor die manier waarop ons geluk vind wanneer ons bv arm is en ontdek dat God sorg, of hartseer is en ontdek dat God troos. Die preekriglyn begin met Ferdinand Deist se verhaal oor die Nobelpryswenner vir Fisika, Werner Heisenberg, se stryd toe Hitler die Duitse regering in 1933 oorgeneem het. Moes hy padgee of bly? Die deure was oop om 'n pos in die buiteland te kry, byvoorbeeld in die kerninstituut van Niels Bohr in Noorweë. Hy besluit toe om in Berlyn met sy vertroueling en beroemde fisikus Max Planck te gaan gesels. Planck het toegegee dat hy maklik 'n pos iewers anders kon kry. Toe sê hy hierdie woorde: "Maar wat jy ook al besluit, dink aan die tyd wat ná die katastrofe kom." Hoewel ons ons nie kan voorstel wat mense tydens die Nazi-skrikbewind deurgegaan het, hoeveel kompromieë goeie Christenmense dalk moes maak om te oorleef nie, gee dit ons tog 'n beeld van wat baie Christene vandag in die wêreld beleef. Daar is wêrelddele waar dit byna ondraaglik is om 'n Christen te wees. Dit gee ‘n goeie inleiding om te gesels oor moed skep in ‘n tyd van katastrofe en lyding. Om Jesus se woorde ter harte te neem om verder te kyk en die hoop op God self te plaas. Beide op die geestelike seën wat Hy gee en die sekerheid van sy beheer.

Lukas 6:17-26.ppt 348 KB Feb 11, 2019 05:33 Download 201
Lukas 6:17-26.pptx 269.27 KB Feb 11, 2019 05:32 Download 170
Lukas 6:17-26.doc 108 KB Feb 11, 2019 05:32 Download 337

Vyfde Sondag ná Epifanie – 10 Februarie 2019 – Lukas 5:1-11

Lukas5 1-11Verlede jaar het die balpeutery van die Australiërs in die derde kriekettoets teen Suid-Afrika groot opslae gemaak. Dis nie dat hulle nie die reëls geken het nie. Hulle het geweet dis verkeerd. In krieketkringe is dit onaanvaarbaar. Gesels met die kinders vanuit daardie hoek oor die Christelike lewe. Ons teks begin as't ware met die kameralens op 'n wye hoek gestel. Jesus wat die skare leer. Na Jesus die skare geleer het, tree Hy nou in gesprek met Petrus. Petrus is skielik in die kollig. Ná die wonder val hy met ‘n sondebesef op sy knieë voor Jesus. Hy bely sy ontrouheid aan die wet van God. Hy kom tot inkeer. Soos Hy die sondaar Petrus, met al sy gebrokenheid, in diens neem, staan Hy voor ons as die Een wat alle gesag het en daag Hy ons uit om Hom op sy woord te neem en Hom te gehoorsaam en te volg. Immers, diens aan God is die somtotaal van vryheid.

Lukas 5:1-11.ppt 639.5 KB Jan 28, 2019 05:51 Download 233
Lukas 5:1-11.pptx 416.68 KB Jan 28, 2019 05:50 Download 203
Lukas 5:1-11.doc 76 KB Jan 28, 2019 05:49 Download 350

Vierde Sondag ná Epifanie – 3 Februarie 2019 – Psalm 71:1-6

Psalm71 1-6Bou vooraf ‘n fort van komberse en laat die kinders saam met jou in die fort sit terwyl julle gesels. Of, as jy nie kans sien vir die fort nie, vra wie van hulle soms kombers forte in hul huise bou, hoe die forte lyk, hoe hulle dit bou. Verduidelik dat die skrywer van die Psalm bang was. Daarom bid hy dat God vir hom ‘n plek sal wees waar hy veilig voel, soos ‘n rots waaragter hy kan wegkruip. Gesels oor nog plekke waar ‘n mens veilig voel, bv in jou ma se arms. Wys almal op die manier waarop die skrywer van die Psalm skuif: eers vra hy God om vir hom ‘n veilige plek te wees, dan begin hy bely dat God vir hom ‘n veilige plek is. Ons kan ook op die manier vir God vra om vir ons ‘n veilige plek te wees – en vir God dankie sê en vertrou, omdat hy vir ons daardie veilige plek is. Dit is ‘n goeie inleiding tot die prediking. Wanneer mens hierdie woorde hoor, kom die situasie van so baie mense wat skreeu en dors na reg, geregtigheid en bevryding by mens op. Ons land se misdaadlandskap van fisieke geweld, plaasmoorde, korrupsie, finansiële uitbuiting, huisinbraak, gesinsgeweld, transito rooftogte en voertuigkapings versterk ons gebede en geroep om reg en regverdiging. Hierdie gebed roep tot God dat God sal red en uitkoms sal bied. Dit soek troos in God se reg en geregtigheid. Hierdie Psalm roep egter nie net na God nie, maar vind ook rus in God. Die primêre oproep van Psalm 71 is om die gemeente tot bidders op te roep, wat soos die digter vooruitskouend beloof en roem dat hulle God sal loof en prys omdat hulle glo en oortuig is Hy sal redding bring. Met musiekinstrumente moet ons voortydig die wonders wat sal kom nou al besing! Nou reeds die nuwe dagbreek, die troos en vreugde, die nuwe toekoms hoopvol vier! Want dit gaan verseker kom. Ons moet net biddend wag. En dit sal kom as seën, as geskenk. Dit waarborg dié Here wat 'n pad in die see gemaak het. Hy gáán iets nuuts vir jou skep. Hy gaan jou verras.

Psalm 71:1-6.ppt 2.42 MB Jan 28, 2019 05:18 Download 214
Psalm 71:1-6.pptx 974.14 KB Jan 28, 2019 05:17 Download 188
Psalm 71:1-6.doc 112 KB Jan 28, 2019 05:16 Download 322

Derde Sondag ná Epifanie – 27 Januarie 2019 – 1 Korintiërs 12:12-31a

1Korintiers12 12-31Jy kan die fokusteks in Familietyd tussen 3 lesers verdeel en dramaties voorlees. Voorbeeld ingesluit. Daar is ook ‘n treffende illustrasie van Carolyn Brown ‘n kleinkind wat ‘n boek vir die oupa aandra en só sy voete word. Ons is tans in die kerklike jaar in die tyd van Epifanie. Die woord epifanie beteken letterlik "verskyning". Vandag se teks praat oor ons gemeente, oor die geloofsgemeenskap wat die Here hier op aarde kom skep het. Hoe is ons deel van die verskyning van die Lig in die wêreld? Wat vra ons teks van Christusvolgelinge met betrekking tot ons funksionering as liggaam van Christus in die wêreld? Hoe lyk dit wanneer God se gemeente prakties lewe in die lig wat van God uitstraal? Dit is ironies dat die verskillendes geestelike gawes van God 'n bron kan word van konflik en wantroue tussen gelowiges. Dit is deels die bron van die konflik in Korinte. Dit is vandag steeds so. Daarenteen is die eenheid in Christus, waarvan ons teks getuig, 'n eenheid wat alles te bowe gaan. Ons is almal saam in Christus. Dit beteken nie dat ons almal dieselfde is of hoef te wees nie. Dit beteken ook dat die verskeidenheid van gawes die eenheid nie bedreig nie, maar dien. Ons moet net insig daarin hê.

1 Korintiërs 12:12-31.ppt 373 KB Jan 21, 2019 10:41 Download 180
1 Korintiërs 12:12-31.pptx 283.29 KB Jan 21, 2019 10:39 Download 182
1 Korintiërs 12:12-31.doc 123 KB Jan 21, 2019 10:38 Download 305

Tweede Sondag ná Epifanie – 20 Januarie 2019 – 1 Korintiërs 12:1-11

1Korintiers12 1-11Met Familietyd kan jy werk met die tema dat die kerk in diens van God staan. Gebruik ’n gereedskapkis om dit te illustreer. Beskrywing en inkleurprent ingesluit. Daar is ook ’n eenvoudige vertaling uit die Nuwe Testament vir Kinders. Die preekriglyn begin met die konteks van die stad Korinte en die vrae wat die gemeente as gevolg daarvan gehad het oor ‘n wye reeks etiese en praktiese situasies. Daarna word vers vir vers deur die boodskap van die gemeente as die liggaam van Christus gewerk en die implikasies ook vir gemeentes vandag getrek. Daar word ook uitvoerig aandag aan die gawes van die Gees gegee met ‘n bespreking van verskillende sieninge daaroor deur die eeue.

1 Korintiërs 12:1-11.ppt 600 KB Jan 11, 2019 09:23 Download 192
1 Korintiërs 12:1-11.pptx 500.98 KB Jan 11, 2019 09:22 Download 179
1 Korintiërs 12:1-11.doc 117 KB Jan 11, 2019 09:21 Download 366

Eerste Sondag ná Epifanie – 13 Januarie 2019 – Jesaja 43:1-7

Jesaja43 1-7aDie teks leen hom daarvoor om oor God se beskerming te gesels, en dit ook aan die betekenis van die doop te koppel. "Ek het jou op jou naam geroep…" Jy kan die verhaal van Daniël gebruik wat in die leeukuil gegooi is en toe deur God op ‘n buitengewone wyse gespaar is (Daniël 6). Brei dalk uit oor die leeus se stink asems, die harde geroggel as hulle brul en hoe lank die naels aan hulle voorpote is. Fokus dan op die wonder van bewaring in uiterste nood en hoedat Daniël ervaar het dat God hom inderdaad op sy naam geroep het – hoedat die beloftes van Jes 43 vir hom waar geword het. Daar is meer inligting oor leeus in die preekriglyn. Dit verskaf ‘n goeie inleiding vir die aangrypende teks van Jesaja 43. Ons teksgedeelte verduidelik hoe onbenullige mense aan die verkeerde kant van die geskiedenis en die heersende politieke magte, in ballingskap, die vrede van die Here kan deel. In hierdie verse sê die Here Hy is die een wat Israel nuut skep en vorm. Die woord wat hier met "vorm" vertaal word, is dieselfde woord wat in Genesis 2 gebruik word wanneer God die mens vorm om in God se tuin te leef en werk. Soos die Here Adam gevorm het, vorm Hy Israel. Moenie bang wees nie is die versekering wat die Here gee aan diegene wat geroep word. Vrees word uitgedryf, omdat God die redder, verlosser, bevryder van mense is. God ken hulle by die naam. Net soos Adam die diere in die tuin van name voorsien het, en so beheer oor hul uitgeoefen het, so dui die Here se benoeming van Israel aan dat Israel sy besitting is.

Jesaja 43:1-7.ppt 562.5 KB Jan 11, 2019 09:17 Download 223
Jesaja 43:1-7.pptx 433.53 KB Jan 11, 2019 09:16 Download 173
Jesaja 43:1-7.doc 204 KB Jan 07, 2019 06:49 Download 353

Epifaniefees – 6 Januarie 2019 – Matteus 2:1-12

Matteus2 1-12dSoos met enige verhalende teks kan jy gewoon die Skriflesing dramaties doen. As die omstandighede gepas is, kan kinders dit ook opvoer terwyl iemand dit lees. Daar is ook pragtige stories wat jy kan vertel. The Camel Who Found Christmas deur Alexa Tewkesbury illustreer hoe niemand hoef bang te wees nie, want almal – selfs die kleinste kameeltjie – is welkom by God. As jy dit nie kan opspoor nie, kyk by die ingeslote skakel. The Fourth King deur Ted Sieger is ‘n pragtige storie oor die sterrekyker wat dit nooit gemaak het tot by die krip nie, want hy het oral langs die pad mense gehelp. Sy avonture kan dalk bietjie lank wees, maar jy sou dit kon verkort. Daar is selfs in 2005 ‘n fliek van die boek gemaak. As jy dit nie in die hande kan kry nie, kan jy oorweeg om dit by die ingeslote skakel te leen. Daar is ook inkleurprente van die sterrekykers. Ons teks is opvallend-genoeg 'n verhaal van soek – byna almal is naarstiglik aan die soek. Die geboorte van ’n Koningskind ontketen ’n soektog wat van ver af uit die ooste begin. Die sterrekenners het ’n aanduiding gekry, op grond van hulle wysheid en studie van die sterre, dat ’n koning van die Jode gebore is. Hulle aanvanklike soektog bring hulle by koning Herodes in Jerusalem uit. Die sterrekenners doen by Herodes navraag oor waar die koningskind gebore is. Herodes doen dieselfde en vra op sy beurt aan die skrifkenners en priesterleiers waar die Christus gebore sou word. Die sterrekykers soek die Koningskind om Hom te aanbid en te eer as die Koning van die Jode. Herodes soek Hom ook, maar vir duistere redes. Dit sou later in die hoofstuk blyk dat hy die nuwe Koning as bedreiging beskou en Hom uit weg wou ruim. Matteus se boodskap met hierdie verse aan sy lesers is dat Jesus Christus die ware Koning van die Jode is. Hy sal volgens Miga 5 vir sy volk sorg soos ’n herder.

Matteus 2:1-12.ppt 332.5 KB Dec 17, 2018 18:05 Download 222
Matteus 2:1-12.pptx 241.9 KB Dec 17, 2018 18:05 Download 232
Matteus 2:1-12.doc 113 KB Dec 17, 2018 18:04 Download 410

Eerste Sondag na Kersfees – 30 Desember 2018 – Psalm 148

Psalm148aDie Psalm verduidelik dat alles wat geskep is die lof van God besing. ’n Kollega vertel dat daar ’n man in sy gemeente is wat saam met sy vrou met hulle seiljag reg rondom die wêreld gevaar het. Die man het altyd ’n mikroskoop op sy jag gehad. Hy vertel hoe hy eendag toe hulle baie vêr weg van land af, heeltemal afgesonderd, gevaar het, van die seewater geskep het en dit onder die mikroskoop bekyk het. Tot sy groot verbasing het hy die wonderlikste kleure en patrone en formasies gesien. So mooi dat hy net meer en meer daarna wou kyk. Na die tyd het hulle baie daaroor gedink en gewonder hoekom al hierdie wonderlike prag en skouspel so vermors lê in die diepte van die oseaan, want min mense kan dit ooit sien en waardeer. Toe besef hulle dat die Here dit vir Homself gemaak het en dat Hy dit dag na dag geniet. Al die prag en skoonheid maak Sy naam groot en sing ’n loflied tot Sy eer. Net so is alles wat mooi en goed is rondom ons, ook besig om die eer aan God te bring. Deel vir die kinders skryfgoed en papier uit en vra dat hulle ’n prentjie van iets moet teken wat hulle dink ’n loflied vir God is. Psalm 148 is 'n pragtige, gepaste Psalm om by die jaareinde te oordink. Psalm 148 brei die oproep tot lof uit tot die hele heelal – die hemel en die aarde, die skepsels en die skeppings. Die redes vir die lof lê in God se betroubare bevestiging van alles wat leef. Dié lof word in die eerste plek gevra – vers 1-6 – van alles wat in die hemel gemaak is. Dit sluit die lewende skepsels in: engele en hemelse magte. Dit sluit ook die gepersonifieerde skeppings in: son, maan, sterre, selfs die water wat uit die hemelkoepel op die aarde reën verskaf. Dié lof word in die tweede plek gevra – vers 7-14 – van alles wat op die aarde gemaak is. Dit sluit die lewende skepsels in – beide die diere as die mense: seemonsters, wilde diere, vee, kruipende diere, voëls, konings, aanvoerders, regeerders, al die volke, jongmense en oumense. Dit sluit ook die gepersonifieerde skeppings in: vuur, hael, sneeu, newels (miswolke), stormwind, berge, heuwels, vrugtebome, seders, en selfs die diep waters (oseane). Die hele skepping het hulle bestaan aan God te danke. Daar is niks uitgesluit wat nie God as Skepper moet loof nie. Die hele skepping is vir hulle voortgaande bestaan van God afhanklik. Daar is niks uitgesluit wat nie God se betroubare bevestiging nodig het nie. Daarom moet die hele skepping God loof. Dit is die bepaalde bestemming van alles wat leef en beef, veral van dié wat "na aan Hom is". Halleluja! Hoe sal ons 2018 eindig en 2019 betree? Kom ons doen dit met lof op ons lippe. Ons lewe is veilig geborge in ons God. Alle vorme van bestaan is veilig geborge in God!

Psalm 148.ppt 1.39 MB Dec 17, 2018 17:50 Download 217
Psalm 148.pptx 1.28 MB Dec 17, 2018 17:49 Download 209
Psalm 148.doc 101.5 KB Dec 17, 2018 17:49 Download 313

Kersfees – 25 Desember 2018 – Titus 2:11-14

Titus2 11-14Betrek kinders van verskillende ouderdomme deurgaans deur die liturgie. Laat hulle kerse aansteek en voorlesings doen. Dikwels bring kinders hul Kersgeskenke saam erediens toe. Vra dat hulle dit vir die gemeente kom wys en geniet dit saam met hulle. Herinner mekaar dan aan die heel beste geskenk, net voordat julle ‘n lofsang sing. Daar is ’n magdom pragtige Kersverhale wat jy kan lees! Ons gee talle skakels na bv: Panov; Eseltjie se droom; Old Bafana; Star Bright; The Giveaway en Song of the Stars. Carolyn Brown wys op ‘n interessante vergelyking wat vanuit die Titus Skriflesing getrek kan word tussen Jesus en Kersvader. Kersvader bring nét geskenke vir die kinders wat soet was: “Santa brings toys only to the good. Jesus comes to love us not because of anything we have done to earn it but because God loves us.” Die preekriglyn begin by die verhaal van Sully, die noemnaam van Chesley Sullenberger III, wat die kaptein van die passasiersvliegtuig was wat 'n noodlanding op die Hudsonrivier moes doen. In die fliek vertel die medevlieënier hoe briljant Sully die situasie hanteer het. Vlieëniers tree volgens vooraf ingeoefende prosedures op. Sully moes sekere van hierdie instruksies ignoreer, omdat dit in die situasie nie van toepassing was nie. Hy moes die regte prosedures identifiseer en dit nougeset uitvoer. Dit het hy briljant gedoen. Die omgekeerde is ook waar. Die verkeerde gedrag kan lewens kos en verwoes. Dit is waarskynlik maklik om aan voorbeelde te dink waar growwe nalatigheid groot skade aan mense aangerig het. Dit is egter ook waar van "minder ernstige" oortredings. Dit is dikwels liefdeloosheid, hooghartigheid, veroordeling en beterweterigheid by gelowiges wat mense van die geloof "afsit". Dit is daarom seker nie om dowe neute dat Paulus in hierdie brief aan Titus aandag gee aan Titus se gedrag nie. Titus is 'n jong geestelike leier van 'n jong gemeente op die eiland Kreta. Paulus gee egter nie net aandag aan Titus se gedrag nie. Hy is begaan oor die gedrag van die gelowiges in die algemeen, van almal in die gemeente. Dit sluit in Titus, die ouderlinge, gesinslede teenoor mekaar en gelowiges teenoor ongelowiges.

Titus 2:11-14.ppt 534.5 KB Dec 17, 2018 17:48 Download 200
Titus 2:11-14.pptx 444.56 KB Dec 17, 2018 17:47 Download 174
Titus 2:11-14.doc 123.5 KB Dec 17, 2018 17:47 Download 285

Vierde Sondag in Advent – 23 Desember 2018 – Lukas 1:39-45,(46-55)

Lukas1 39-45 46-55In vers 43 maak Elisabet ’n aangrypende uitspraak as sy die ongebore Jesus reeds “haar Here” noem. In vergelyking met ons, wat werk met “geloof as kennis en vertroue”, en die mense van haar tyd, wat werk met “sien is glo”, is Elisabet eintlik ’n uitsondering. Die vraag wat amper outomaties by ons opkom is: Hoe kry sy dit reg? Vers 41 gee die antwoord: “sy is met die Heilige Gees vervul”. Om aan kinders iets daarvan te verduidelik, gebruik die voorbeeld van ’n doedelsak. Dalk kan jy een iewers leen of iemand kry wat dit kan bespeel. Die doedelsak is nie op sy eie iets wat kan werk nie, maar as iemand van buite af lug kan inblaas, is die potensiaal daar dat daar klanke kan uitkom. Die preekriglyn werk met die tema van blydskap wat dikwels in Lukas se evangelie herhaal word. Daarom word dit dikwels 'n "happy Gospel" genoem. Dit gebruik meer as enige ander boek in die Nuwe Testament woorde waarvan die wortel verband hou met blydskap. Dit gaan in ons teks om drie persone se blydskap, naamlik: die van Elisabet, die van die kind in haar moederskoot (Johannes) en die van Maria. Die belangrikste van die blydskap is egter die bron daarvan, naamlik God se wonderwerkende ingrype in hulle lewe.

Lukas 1:39-45, 46-55.ppt 527.5 KB Dec 17, 2018 17:46 Download 201
Lukas 1:39-45, 46-55.pptx 349.75 KB Dec 17, 2018 17:45 Download 194
Lukas 1:39-45, 46-55.doc 324.5 KB Dec 17, 2018 17:44 Download 296

Derde Sondag in Advent – 16 Desember 2018 – Lukas 3:7-18

Lukas3 7-18aCarolyn Brown stel voor dat die gemeente met Familietyd deelneem aan vandag se Skriflesing. ‘n Gedeelte van die gemeente is die “mense”, ‘n gedeelte die tollenaars, ander die soldate. Nog iemand is die verteller. Iemand anders is Johannes. Johannes moet vooraf voorberei om dramaties te lees soos vir ‘n groot skare buite. Met die preekriglyn word aangesluit by Johannes die Doper se rol as wegbereider, en nagedink oor die volle inhoud van die heil wat God bring. Ons fokus dieper op die inhoud van Johannes die Doper se prediking. Ons stap eerstens deur die teks, en daarna dink ons na oor die betekenis daarvan vir ons. Die erns en dringendheid van 'n besluit om bekering word beklemtoon. Die byl wat reeds teen die wortels van die boom lê, die feit dat die boom uitgekap gaan word asook die verbranding in die vuur, dien juis om te waarsku dat die oordeel aan die kom is. Dit is as 't ware op hande. Daar is nie eintlik baie tyd oor om 'n keuse te maak nie. Baie mense besef nie dat ons in die laaste dae lewe nie. Baie mense steur hulle nie baie aan die feit dat die wederkoms naby is nie. Ander sake geniet maklik ons onmiddellike aandag. Daarom moet ons dringend aandag gee aan die wegdraai van ons verkeerde lewe en seker maak ons besluit vandag om die geloof in Jesus te aanvaar. Dit is vandag ook versoeningsdag. Ons dink aan 'n diep verdeelde samelewing waar sommige se verwagtinge bots met ander se vrees. Ons word uitgedaag om na te dink oor ons eie lewensverhaal in die lig van Johannes se prediking. Wat sou Johannes vir ons sê as ons hom in die woestyn gaan besoek het? Hoe sou hy ons lewensstyl en ons ideale aangespreek het? Ons vier ook Adventstyd. Ons sien vooruit na die viering van die koms van die Kersbaba. Ons vier God wat mens geword het en ons kom genees het. Johannes leer ons dat diegene wat die genade vier nie daardeur onaangeraak mag bly nie. Die genade verander ons, bekeer ons, laat ons genadige lewens lei, lewens wat pas by God se bedoeling ons ons.

Lukas 3:7-18.ppt 412 KB Dec 10, 2018 20:10 Download 156
Lukas 3:7-18.pptx 337.55 KB Dec 10, 2018 20:09 Download 149
Lukas 3:7-18.doc 113.5 KB Dec 10, 2018 20:08 Download 247

Tweede Sondag in Advent – 9 Desember 2018 – Lukas 3:1-6

Lukas3 1-6aJohannes die Doper het ‘n unieke leefstyl gehad – in die woestyn geleef en vreemde kos geëet. Dit moes darem aaklig gewees het om sprinkane te eet. Laat val die lig vir ‘n oomblik op hierdie wegbereider wat op sy beurt die lig net op Jesus laat fokus. Kry die kinders sover om ook vreemde kos te probeer ... wurms! Wurms wat jou mond erg laat brand is algemeen in die winkels beskikbaar. Deel dit aan die kinders uit dat die gemeente hulle gesigte kan sien trek ... Of maak vooraf jellie wurms. Metode ingesluit. Die preekriglyn begin met ‘n oorsig van die politieke en godsdienstige situasie in Suid-Afrika en die NG Kerk. Met hierdie teks word die gemeente van die Here herinner aan die woord van God wat 2,000 jaar gelede tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom het. Lukas gee erkenning aan van die groot figure van sy tyd, sommige van hulle regte skurke. Deur dit te doen, plaas hy Jesus se verhaal in die historiese konteks daarvan. Lukas se punt is: die Jesus-gebeure speel in die geskiedenis af. Dit is nie 'n sprokie, feëverhaal of dagdroom nie. Dit is geskiedenis, deel van ons geskiedenis. Alles wat verder in die evangelie gaan gebeur is deel van dieselfde wêreld, dieselfde werklikheid waarin ons ook deel. Ons moet egter ons heil nie bloot net van groot leiers verwag nie. Bekering, goddelik-hergeoriënteerde mense, is hiervoor nodig. Dit sluit ons in.

Lukas 3:1-6.ppt 775.5 KB Nov 21, 2018 17:22 Download 253
Lukas 3:1-6.pptx 615.62 KB Nov 21, 2018 17:20 Download 216
Lukas 3:1-6.doc 126.5 KB Nov 21, 2018 17:20 Download 377

Eerste Sondag in Advent – 2 Desember 2018 – Lukas 21:25-36

Lukas21 25-36aGebruik die inleiding van die preek, die toneel uit die fliek Shrek, vir Familietyd. Gesels oor die frustrasie van ’n lang reis. Sluit dan aan by die boodskap van die teks. Oorweeg om vanjaar as gemeente “omgekeerde adventkalenders” te maak. Inligting ingesluit. Die preekriglyn begin met 'n kostelike toneel uit die film Shrek. Shrek, sy verloofde en Donkey is op pad na die koninkryk "Far, far away". En – omdat dit 'n reis na ver, ver weg van hier is, is dit 'n la-a-a-ng reis. Jy het dit seker al self ook beleef? Julle is op pad met vakansie en die pad voel lank. Jy – of die kinders – raak ongeduldig. En die verwagting en ongeduld word woorde: "Hoe lank nog?" "Hoe ver nog?" "Wanneer is ons daar?" Natuurlik is daar 'n al hoe groter wordende intensie en nood wat opbou. Dit was dieselfde in Jesus se tyd en Lukas se tyd. Wanneer Jesus oor die naderkom en aanbreek van God se koninklike heerskappy in hulle wêreld praat, vra die mense: "Here, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat is die teken van wanneer dit gaan plaasvind?" Ons teks is deel van Jesus se antwoord op hierdie vraag. Hy praat oor die nabyheid van die koninkryk van God en oor die tweede koms van die Seun van die Mens. Hy belowe dat Hy saam met ons op reis is ... en dat ons saam met God op reis is. God is hier teenwoordig en besig. God se nuwe begin is aan 't uitrol. Sy koninklike heerskappy ís 'n toenemende werklikheid al sien ons dit nie raak nie, óf al voel ons nie so nie. Wees daarom wakker. Interpreteer die werklikheid waarin ons leef met wysheid. En leef jou lewe. Geniet die reis. En laat God se hier wees jou in elke oomblik verras.

Lukas 21:25-36.ppt 686 KB Nov 21, 2018 16:09 Download 253
Lukas 21:25-36.pptx 602.49 KB Nov 21, 2018 16:08 Download 238
Lukas 21:25-36.doc 100 KB Nov 21, 2018 16:07 Download 342

Kerkjaar 2017-18

File Version Licence Size Added Hits

Openbaring 1:4b-8 – Sewe en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning – 25 November 2018

Openbaring1 4b-8Dit is die laaste Sondag van die kerkjaar. Die Sondag van Christus die Koning. Dit is dáárom heel gepas om vir die kinders te demonstreer dat Jesus die Here van alles is, die Eerste en die Laaste. Speel ’n Alfabet-speletjie om die idee op ‘n bevatlike manier oor te dra in Familietyd. Ons teks vestig die aandag op die persoon van Christus wat met God self vereenselwig word. Dieselfde beskrywings wat vir God gebruik word (Alfa en Omega; Eerste en Laaste) word ook vir Christus gebruik. Net soos God, is Christus ewig, sonder begin en einde. God se koms na die aarde toe, val saam met Christus se wederkoms. Christus het God sigbaar gemaak. Daarom word Christus ook aanbid. Ons fokus dus by hierdie feesdiens op die boodskap van oorwinning deur Christus en sy aanbidding deur die gelowiges. Ons stap eers as't ware deur ons teksgedeelte om hierdie agt verse te verken. Daarna gee ons aandag aan die betekenis daarvan – dat die werklikheid van die wederkoms elke gelowige aanspoor om geestelik waaksaam te wees. Aan die einde van die kerklike jaar, op die drumpel van Adventstyd, spoor hierdie teks ons aan tot lof en aanbidding van Jesus Christus wat op die wolke kom.

Openbaring 1:4b-8.ppt 515 KB Nov 16, 2018 07:26 Download 281
Openbaring 1:4b-8.pptx 360.19 KB Nov 16, 2018 07:25 Download 239
Openbaring 1:4b-8.doc 118 KB Nov 16, 2018 07:24 Download 377

1 Samuel 2:1-10 – Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 18 November 2018

1 Samuel2 1-10Hoewel vandag se fokusteks gaan oor Hanna se gebed, kan dit goed werk om die hele verhaal van Hanna op ‘n kreatiewe manier te vertel. Hulpmiddels ingesluit. Kinders voel dikwels soos die “geringstes”, soos die mense wat eenkant of onsigbaar is. Dit is ‘n sterk lyn in Hanna se gebed (soos ook in dié van Maria) dat God die onderdrukte, geringste, die wat honger is, die armes raaksien en beskerm. Herinner die kinders dat God hulle spesiaal raaksien en vir hulle omgee. Hierdie is ook ‘n goeie geleentheid om te gesels oor gebed. Die preekriglyn werk met die verhaal van Marsha Mark en haar eggenoot vir wie die dokter gesê het dat hulle nooit hul eie kinders sal kan hê nie. Diep teleurgesteld het Marsha nogtans aan 'n vriend se woorde vasgehou: "Op een of ander manier gaan God julle stryd tot sy eer gebruik." Marsha het begin bid om iets van die glorie van God raak te sien ... en Amanda is op 22 Oktober daardie jaar gebore. "Ons noem haar 'Wonderwerk Mandie'," sê Marsha. Dit gee ‘n goeie inleiding om oor Hanna, eens 'n kinderlose vrou, se jubelgebed omdat die Here vir haar 'n seuntjie gegee het, te gesels. Marsha Mark is tereg so opgewonde oor die dogter wat sy wonderbaarlik ontvang het. Hanna neem dit verder. Sy is nie net dankbaar oor Samuel nie. Sy verheug haar oor wie die Here is. Sy is nie net dankbaar oor wat God gedoen het nie, maar ook wat God gaan doen. Die troos van die lewe lê in God. In wie God is. In wat God gedoen het. En in die toekoms saam met God.

1 Samuel 2:1-10.ppt 305 KB Nov 11, 2018 06:35 Download 233
1 Samuel 2:1-10.pptx 207.72 KB Nov 11, 2018 06:33 Download 217
1 Samuel 2:1-10.doc 123.5 KB Nov 11, 2018 06:33 Download 364

Hebreërs 9:24-28 – Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 11 November 2018

Hebreers9 24-28Met Familie-tyd kan jy met die kinders gesels oor die Eiffel toring in Parys en die betekenis daarvan vir die Franse (foto’s ingesluit). Dit gee ’n goeie aanleiding om daarna oor die tabernakel en sy betekenis te gesels. Die preekriglyn fokus op die evangelie van Jesus Christus wat deur die Hebreërbrief aan sy lesers tuisgebring word op ’n unieke manier aan mense in hulle unieke omstandighede. Dit is gerig aan mense wat deur geloofsbeproewing gaan en die gevaar loop om deur vertwyfeling en wanhoop hulle visie op Jesus Christus te verloor. Hierdie hoop vind sy krag in die feit dat Hy in kontras met die ou verbond, Jesus die volmaakte offer gebring het wat vir ons 'n anker is vir ons verwagting van 'n toekoms by God.

Hebreërs 9:24-28.ppt 551.5 KB Oct 31, 2018 09:12 Download 239
Hebreërs 9:24-28.pptx 660.01 KB Oct 31, 2018 09:11 Download 244
Hebreërs 9:24-28.doc 172 KB Oct 31, 2018 09:10 Download 271

Hebreërs 9:11-14 – Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 4 November 2018

Hebreers9 11-14Carolyn Brown sê tereg dat die aanvanklike lesers van hierdie teks bekend was met diere-offers. Vir kinders, wat letterlike denkers is, is die konsep van offers gewoon te moeilik om te verstaan. As jy dit egter wel wil waag om hierdie teks met kinders te behandel, begin by ‘n eenvoudiger vertaling. Gesels dan oor die betekenis van bloed in families en Jesus se bloed wat ons skoon was soos water (doop). Of sluit aan by die konsep van “gewete” waarna in die preek verwys word. Hebreërs is 'n preek wat moeë gelowiges van voor af sterk maak (Stephan Joubert). Hulle het baie teenstand beleef en die Hebreërbrief moedig sy eerste lesers aan om nooit moed op te gee nie. Hulle moet volhard, want Christus kom weer. Hulle swaarkry is nie die einde nie. Die brief bemoedig die lesers deur van hulle goeie kennis van die Ou Testament gebruik te maak. Om in Jesus te glo en Hom te volg is om op 'n geloofsreis te wees. Hulle is soos die rondreisende Israeliete in die woestyn. Die gevaar is dat hulle God se groot Sabbatsrus sal misloop – soos die Israeliete - deur handdoek in te gooi. Die groot skare getuies uit die Ou Testament moedig gelowiges aan om trou aan die Here te bly. Hoe sal die gelowiges dit regkry om te volhard? Hulle moet aan Christus vashou as die gesag-hebbende spreekbuis van God. Hulle moet Christus se reddingswerk reg begryp. Hulle moet vashou aan Hom as die enigste Hoëpriester wat 'n nuwe verbond tot stand gebring het. Christus is die Begin en die Einde van hulle geloofspad.

Hebreërs 9:11-14.ppt 356 KB Oct 28, 2018 15:40 Download 225
Hebreërs 9:11-14.pptx 268.48 KB Oct 28, 2018 15:39 Download 221
Hebreërs 9:11-14.doc 121.5 KB Oct 27, 2018 13:47 Download 553

Markus 10:46-52 – Drie en twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 28 Oktober 2018

Markus10 46-52Gesels met die kinders oor hoe dit voel jy as jou ma/pa jou roep. Of as jy hulle stem hoor? Gesels oor verskillende situasies. Om Jesus se stem te hoor, is egter altyd lekker. Dit maak nie saak wat die omstandighede is nie, want Hy roep om mense gesond te maak en te help. Dis presies wat die dissipels van Jesus geweet het. Hulle sê vir die blinde: Hou moed! Staan op! Hy roep jou. Die preekriglyn begin met die lied Amazing grace! Hierdie woorde uit die pen van John Newton (1725-1807) word vandag nog reg rondom die wêreld gesing. Dit is gebore uit sy persoonlike ervaring. Die lied het 'n eenvoudige boodskap. Vergifnis en verlossing is moontlik, ten spyte van 'n sondige lewe. Dit is God se verrassende genade wat mense red, hoe verlore ook al. Hoe blind ook al en vasgevang in wat verkeerd is, kan God mense aanraak en laat sien. Uit sy eie getuienis was John Newton blind, maar God het hom aangeraak en hom laat sien.

Markus 10:46-52.ppt 6.87 MB Oct 20, 2018 14:54 Download 244
Markus 10:46-52.pptx 6.69 MB Oct 20, 2018 14:52 Download 262
Markus 10:46-52.doc 128 KB Oct 20, 2018 14:51 Download 378

Psalm 104:1-9, 24, 35c – Twee en twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 21 Oktober 2018

Psalm104 1-9 24 35cKoos van der Merwe van Prophet het n.a.v. Psalm 148 hierdie Psalm, getiteld “asems” geskryf, teks ingesluit. Verduidelik dat die Psalm God loof as skepper wat die aarde bewoonbaar gemaak het (kyk in die preek). Skryf dan saam julle eie Psalm! Hierdie is ook ’n ideale geleentheid om te praat oor ons verantwoordelikheid teenoor die skepping, om na die natuur om te sien. ’n Heerlike storie wat jy altyd kan gebruik wanneer dit gaan oor die versorging van die skepping, is die van Wangari Maathai, wat die “Green Belt Movement” begin het deur 9 boompies in haar agterplaas te plant. Uiteindelik is daar 30 miljoen bome in Kenya geplant, 80 000 mense se inkomste het vermeerder en die beweging het oor 30 lande in Afrika versprei. Die preekriglyn begin met die pragtige gedig van die Sweedse digter Carl Gustav Boberg: "O Sture Gud" (1885) wat wêreldwye aanklank gevind met die refrain: Dan moet ek juig, my Redder en my God! Hoe groot is U, hoe groot is U! Want deur die hele skepping klink dit saam Hoe heerlik Heer U grote Naam! Deur eksegeties deur die ses dele van die Psalm te werk kan die boodskap gebring word dat al is God vir baie gelowiges prakties afwesig, wil die Psalm ons weer in verwondering voor Hom laat staan en besef dat alles hulle lewe uit God se hand ontvang.

Psalm 104:1-9, 24, 35c.ppt 6.44 MB Oct 07, 2018 14:43 Download 267
Psalm 104:1-9, 24, 35c.pptx 6.32 MB Oct 07, 2018 14:41 Download 247
Psalm 104:1-9, 24, 35c.doc 106 KB Oct 07, 2018 14:41 Download 354

Hebreërs 4:12-16 – Een en twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 14 Oktober 2018

Hebreers4 12-16Julle speel krieket en jy kry 'n lekker harde hou in – maar, o aarde, die bal trek reguit oor die heining en jy hoor glas breek. Jy besef die krieketbal is deur een van die bure se vensters. Almal hardloop en gaan kruip weg, hulle is bang dat die buuroom kwaai oor die muur gaan loer en met hulle raas. Jy kan nie hardloop nie, jy is lam van die skrik. Vensters is duur. Hoe gaan jy dit betaal? Jy besluit vinnig jy sal maar aanbied om die res van die jaar elke Saterdag die bure se motor te was. Toe besef jy een van jou maats wat saam gespeel het, Bennie, het nie weggehardloop nie. Hy staan by jou. Dis die bure se seun! Hy stel jou gerus dat hy met sy pa sal praat en verduidelik wat gebeur het. Hy kom terug en roep jou omdat sy pa met jou wil praat. Hy sê jy hoef nie bang te wees nie, maar jou broek bewe. Jy stap saam en jy kan nie glo wat jy sien nie. Sy pa is toe nie eens kwaad nie! Bennie het aan hom verduidelik dat hulle gespeel het en dat dit 'n ongeluk was. Sy pa sê jy hoef nie bekommerd te wees nie. Hy sal met die versekering reël dat die ruit vervang word. Jy hoef nie te betaal daarvoor nie. Baie verlig gaan jy terug, roep jou maats en julle speel verder krieket, maar hierdie keer is julle almal baie versigtig dat so iets nie weer gebeur nie. Dit is presies waaroor die fokusteks vandag handel. Daar is twee kragtige bewegings in ons teks: Verse 12-13: In die eerste beweging word vertel hoe die Woord van God ons voor God blootlê. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart, en ontbloot alles voor God; Verse 14 – 16: In die tweede beweging word ons na die genadetroon van die Hoëpriester, Jesus Christus, geneem. Waar ons wonde en gebreke in die eerste beweging blootgelê is, ontmoet ons in die tweede beweging die voorsiening wat God in Jesus vir ons sonde gemaak het.

Hebreërs 4:12-16.ppt 6.36 MB Oct 07, 2018 14:40 Download 262
Hebreërs 4:12-16.pptx 6.22 MB Oct 07, 2018 14:38 Download 267
Hebreërs 4:12-16.doc 122.5 KB Oct 07, 2018 14:38 Download 358

Hebreërs 1:1-4; 2:5-12 – Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 7 Oktober 2018

Hebreers1 1-4-2 5-12Die Seisoen van Luister preekstudie vir 2008 stel voor om ’n klomp goed te kry waardeur ons met iemand praat: ’n telefoon, selfoon, tweerigting radio, “pager”, megafoon, jy kan selfs die blikkies met toutjies in verduidelik en demonstreer. Praat dan oor die nadele daarvan. Net een op ’n slag kan praat. God het die beste manier waardeur hy met ons praat. Sy naam is Jesus en Sy praat was ook wys. Doen ’n demonstrasie met die volgende boodskap: “Ek is lief vir jou”. As jy tweerigting radio’s kan kry, gaan dit die beste effek hê. Die boek Hebreërs is eerder 'n preek, "'n woord van aansporing", as 'n brief. Dit is ryk in simboliek, met 'n duidelike fokus: volharding in die geloof. Die oproep in Hebreërs is direk en persoonlik. Dit moedig gelowiges aan om aan Christus te bly vashou en te volhard in geloof. Daarom begin Hebreërs met 'n sterk bevestiging van wie Jesus Christus is. Dit gee 'n omvattende en wonderbaarlike beskrywing van die wese en werke van die Seun van God. Hierdie beskrywing strek terugwaarts in die geskiedenis, tot by die skepping, en strek aan die ander kant vorentoe tot by die voleinding van alles. Die Hebreërbrief se getuienis oor Jesus laat mens met verwondering oor God en Jesus. Dit is verstommend dat God in Jesus op die aarde aangekom en vir ons verlossing bewerk het. Dit is verruklik dat Jesus ons Broer en Leidsman na die lewe is. Daarom is ons diepste en hoogste lofprysing aangewese reaksie op hierdie teks.

Hebreërs 1:1-4, 2:5-12.ppt 2.11 MB Oct 02, 2018 05:51 Download 248
Hebreërs 1:1-4, 2:5-12.pptx 1.92 MB Oct 02, 2018 05:50 Download 266
Hebreërs 1:1-4, 2:5-12.doc 146.5 KB Oct 02, 2018 05:50 Download 458

Ester 7:1-6, 9-10 – Negentiende Sondag in Koninkrykstyd – 30 September 2018

Ester7 1-6 9-10’n Skakel na ‘n pragtige video met die verhaal van Ester is ingesluit vir Familietyd. Die preekriglyn skets eers die agtergrond van die verhaal voordat die gebeure by Ester se maaltyd vir die koning en Haman op die tafel kom. Dit is hooggespanne oomblikke. Hierdie paar momente gaan bepaal wie lewe en wie sterwe. Vir Ester is daar nie meer omdraaikans nie. Deur Haman as die vyand te identifiseer, identifiseer sy haarself as 'n Jood. Sy plaas haarself ook onder die koning se bevel dat die Jode uitgeroei moet word. Die koning kies om haar te spaar en só ook haar volk. Haman het vir Mordegai 'n gat gegrawe. Nou val hyself daarin. Dit gee ons ‘n perspektief op boosheid. Haman se plan is hoe die werklikheid van boosheid lyk. Haman gebruik sy invloed en mag om dood te bring. In Haman se val sien ons egter hoe God se heil en bedoelinge om redding te bring, 'n nuwe toekoms, voortgaan. Haman illustreer ook dat mens versigtig moet wees om te haat en ander se ondergang te soek. Die diepste indruk wat die boek laat, is dat God op ongelooflike fyn beplande maniere teenwoordig is in alles wat rondom ons en met ons gebeur. God se hand is in alles teenwoordig, verborge en amper onopvallend, maar werklik en deurslaggewend. Hy laat die regte ding op die regte tyd gebeur, want Hy wil: "alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet." (Rom. 8:28). Dit doen hy deur omstandighede, onverwagte wendinge en die keuses van mense, ook jou eie keuses. Ons noem dit God se voorsiening. Hy IS die voorsienigheid! Buitengewone toevallighede is eintlik Godsvallighede!

Ester 7:1-6, 9-10.ppt 1.62 MB Sep 22, 2018 08:46 Download 247
Ester 7:1-6, 9-10.pptx 1.42 MB Sep 22, 2018 08:45 Download 240
Ester 7:1-6, 9-10.doc 110.5 KB Sep 22, 2018 08:45 Download 331

Spreuke 31:10-31 – Agtiende Sondag in Koninkrykstyd – 23 September 2018

Die woord wat hier vertaal word as “knap” is hayil. Dit word op verskillende wyses in die Bybel gebruik, meesal in die betekenis sterk, dapper ofSpreuke31 10-31 wys. ‘n Mens moet die word dus ook in daardie sin vertaal. Gebruik dus vandag om stories van dapper vroue te vertel. Daar is ’n magdom om uit te kies – skakels ingesluit! Die preekriglyn wys hoe die boek omraam word deur die pa in gesprek met sy seun (hfs 1-9) aan die begin van die boek, en hier die ma in gesprek met haar seun (hfs 31) aan die einde van die boek. Dit wys nie net hoe ewewigtig die boek aan mekaar gesit is nie, deur aan albei ouers se onderrig aandag te gee, maar ook hoe noodsaaklik beide ouers se onderrig en leiding in 'n kind se lewe geag word. Dit is opvallend hoe die ma haar seun se onderskeidingsvermoë juis oor vrouens wil opskerp, maar op 'n ander wyse as wat die pa vroeër gedoen het. Waar die pa baie uitgebrei het oor hoe vreeslik dit is om te val in die hande van die vreemde vrou (in drie al hoe langer en uitgebreide gedeeltes), en min gesê het oor die waarde van die regte vrou, doen die ma dit andersom. Sy is duidelik oor wie hy moet vermy, maar doen dit kort en kragtig. Teenoor die kort aandag wat die ma aan die vreemde vroue verleen (2 verse), staan die lied oor die regte vrou wat in 'n oorvloedige sin, in 'n fyn uitgewerkte gedig, die lof van die regte vrou besing, dié een met wie die koning sy lewe moet deel. Die ma brei uitvoerig uit oor die geweldige voordele wat só 'n vrou vir hom sal hê. Hy kan en moet haar op geen manier mis nie! Dit is die tipe onderrig wat verandering bring, omdat dit uitnooi na 'n baie beter toekoms met 'n helder aantreklike visioenêre prentjie daarvan!

Spreuke 31:10-31.ppt 1.02 MB Sep 10, 2018 17:45 Download 280
Spreuke 31:10-31.pptx 947.74 KB Sep 10, 2018 17:43 Download 275
Spreuke 31:10-31.doc 132 KB Sep 10, 2018 17:43 Download 363

Spreuke 1:20-33 – Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd – 16 September 2018

Spreuke1 20-33Die fokusteks oor wysheid is moeilike materiaal om met kinders te hanteer. Miskien kan jy doodgewoon vir hulle die storie van ’n wyse man te vertel... Salomo! Brei uit oor hoe die Here hom wysheid gegee het by Gibeon en die effek daarvan in sy lewe. Die preekriglyn begin met die vraag na die wysheid. Hoe steek die lewe inmekaar? Wat is die diepste geheim van 'n gelukkige lewe? Waar vind ons die praktiese vaardigheid om verstandig en wys op ons lewensreis te gaan? Hoe kan ons tussen al die onsekerhede van die lewe deur stuur op 'n manier wat 'n betekenisvolle lewe verseker, sonder om oorversigtig of sinies te raak? Waarin lê die wysheid om goed te leef? Die antwoord lê paradoksaal daarin om wysheid weg te gee, sodat ons wysheid kan bekom. Want, wysheid begin met ontsag vir God. Die Here se gebooie is ons bakens op die wyse lewensweg. Dit is die lewenskeuse wat ons moet maak.

Spreuke 1:20-33.ppt 1.04 MB Sep 10, 2018 05:45 Download 255
Spreuke 1:20-33.pptx 887.56 KB Sep 10, 2018 05:44 Download 252
Spreuke 1:20-33.doc 117.5 KB Sep 10, 2018 05:43 Download 378

Markus 7:24-37 – Sestiende Sondag in Koninkrykstyd – 9 September 2018

Markus7 24-37aSoos altyd met verhalende tekste, is dit belangrik dat die kinders gewoon die verhaal hoor. Lees dit dramaties voor uit ‘n kinder-vriendelike Bybel. Kry twee lesers wat op verskillende plekke in die kerkgebou staan, om die twee verhale te lees. Of laat kinders jou help met die skriflesing. Wys verskillende karakters aan. Terwyl jy die teks lees, laat hulle die gebeure opvoer. Imprompto werk goed, veral as jy ‘n paar vrymoedige kinders in die gemeente het. Ingesluit is ‘n oulike idee vir ‘n aktiwiteit, waar kinders gesigte met lang tonge kan maak, wat by die tweede deel van die skriflesing pas. Hierdie kan ook ‘n goeie geleentheid wees om te gesels oor die maniere waarop julle gemeente en eredienste toeganklik is vir gestremde mense. As jy ‘n storie wil vertel, kan Horton Hears a Who goed werk – die boek, waarvan daar ook ‘n paar jaar gelede ‘n fliek gemaak is. Video en ‘n inkleurprent van Horton ingesluit. Dit gee ‘n uitstekende inleiding tot die besondere ryk gebeure in die bediening van Jesus waarvan Markus ons hier vertel. Die beginsel van ‘n rein hart word geïllustreer met die genesing van die kind van die heidense vrou. Die beginsel van die genesing van die totale mens word geïllustreer met die genesing van die doofstom man. Die preek sluit af met ‘n bemoedigende woord aan diegene wat nie genees word. Jesus het nie alle siekes genees nie. Sy genesings is egter die teken dat Hy waarlik die Seun van God is, die Een in wie se hande ons hede en ons toekoms veilig is. Hy is met ons op pad na die nuwe aarde waar daar genesing vir almal is.

Markus 7:24-37.ppt 1.21 MB Aug 28, 2018 11:47 Download 358


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009