SOEK HIER VIR BYBELGEDEELTES


Tik die naam van die Bybelboek wat jy soek hieronder in om die resultate te "filter". Dit sal jou baie gou wys of die hoofstuk of perikoop wat jy soek hier beskikbaar is.

Die vorige alfabetiese lys is steeds hier, maar sal nie langer opgedateer word nie.



Kerkjaar 2014-15

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Woord en fees - Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Meer inligting

File Version Licence Size Added Hits

1 Johannes 1:1-2:2 – Tweede Sondag van Paastyd – 12 April 2015

1Johannes 1-1-2-2Vir Familietyd kan jy die verse uit Die Nuwe Testament vir Kinders lees en/of die blokkiesraaisel gebruik. Die preekriglyn begin met die verhaal van Thomas Linacre, die geneesheer van koning Henry VII en Henry VIII van Engeland, stigter van die Koninklike Kollege van Geneeshere, en vriend van die groot denkers van die Renaissance, Erasmus en Sir Thomas More. Laat in sy lewe, het Linacre begin studeer om 'n priester te word. Vir die eerste keer in sy lewe ontvang hy die Nuwe Testament om vir homself te bestudeer. Linacre het in die donkerste tye van die kerk se geskiedenis geleef, terwyl Alexander VI pous was. Alexander, die berugte Borgia-pous, se omkopery, korrupsie, bloedskande en moord het die Katolieke kerk se naam beklad. Nadat hy die Nuwe Testament gelees het, het Linacre gesê: "Hierdie is óf nié die evangelie nie, of ons is nie Christene nie." Die evangelie is bedoel om ons gedrag te verander. Ons moet lewe op 'n manier wat pas by die evangelie. Anders is Linacre se woorde heeltemal waar. Hierdie eerste brief van Johannes bemoedig die gemeente – waarskynlik in Efese, soos die tradisie dit aan ons voorhou – om getrou te bly aan die inhoud van hulle geloof, Jesus Christus, sowel as aan die tipe praktiese lewenstyl wat daaraan uitdrukking gee.

1 Johannes 1:1-2:2.ppt 951.5 KB Apr 07, 2015 05:54 Download 701
1 Johannes 1:1-2:2.pptx 817.7 KB Apr 07, 2015 05:53 Download 607
1 Johannes 1:1-2:2.doc 143 KB Apr 07, 2015 05:52 Download 821

Markus 16: 1-8 – Paasfees – 5 April 2015

Markus16 1-8’n Mens kan die kinders redelik maklik deur die hele diens betrek. Die inleiding oor vuurhoutjiedosies van vanoggend se preek kan ook perfek werk as familie-oomblik. Op die vraag van die skooljuffrou bring die kinders in lentetyd iets wat nuwe lewe uitbeeld. Klein Jannie bring 'n leë vuurhoutjieboksie en verduidelik: "Jesus se graf was leeg, en dit is 'n teken van nuwe lewe." Die leë graf getuig van Christus se opstanding. Dit is die hartklop van die Christelike geloof, ons geloof. Tog is dit soms of dit vir ons ongelooflik is. Ons Westerse denkwyse maak dit vir ons moeilik om dit werklik te glo, wat nog dit oor te vertel te midde van teorieë oor swaartekrag en die kleinste molekules, wetenskap oor die heelal, die menslike brein. Tog, tog was daar 'n leë graf en die opstanding waar en werklik. "Hy is nie hier nie", sê die jongman. Nie onwerklik en verwyderd nie. Dirkie Smit skryf dat as daar geen opstanding was nie, dan was daar ook geen dissipels nie, geen Nuwe Testament nie, geen kerk nie, geen prediking nie. Dit is in die sien van die lewende Jesus dat die dissipels weer nuwe lewe en koers gekry het. Dit is so. Dit is die sien van die opgestane Here, die ontmoeting met die lewende gekruisigde Christus, wat ons lewe ongelooflik omvergooi en verander. Dit het met die dissipels gebeur. Dit het met Paulus gebeur. Dit het met al die ander geloofshelde in die Nuwe Testament en oor die eeue heen gebeur. Elke Sondag neem ons weer terug na die leë graf en die nuwe lewe wat daar begin het. Op Sondag word die leë vuurhoutjiedosie oopgeskuif, sodat ons die nuwe lewe nuut kan sien. En ons weet Jesus gaan ons vooruit. Ons sal Hom in die week sien, soos Hy vir ons gesê het.

Markus 16:1-8.ppt 698.5 KB Mar 30, 2015 12:21 Download 832
Markus 16:1-8.pptx 605.46 KB Mar 30, 2015 12:19 Download 647
Markus 16:1-8.doc 105.5 KB Mar 30, 2015 12:16 Download 805

Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag – 3 April 2015

Jesaja52 13-53 12Daar is geen familie-oomblik vir vandag nie. Dit liturgie word met die prediking vervleg, so skoolgaande kinders sal dit heel maklik kan volg. Die preekriglyn begin met die opmerking dat lydensverhale ons inspireer – só ook die verhaal van die lydende dienaar van die Here in Jesaja 53. Lied 395, My Verlosser aan die kruis, verwoord dit vir ons. Tog is die wonder hiervan verborge. Mense sien dit nie sommer raak nie. In Lied 387, O Heer uit bloed en wonde, bely ons dit. Aan die een kant het die lydende dienaar die hoogste prys betaal. Aan die ander kant bely Jesaja dat Hy tóg lank sal lewe. Lewe spruit juis uit die dood uit voort. Die gedig van Sheila Cussons oor Goeie Vrydag verwoord dit vir ons, sowel as Lied 390, Ons kniel hier aan U voete neer. Dit val op met watter stille vertroue die dienaar sy lyding tegemoet stap, terwyl hy vir oortreders bid. Daarom ontvang hy 'n ereplek onder die grotes. Lied 393 verwoord ons verwondering oor dié Middelpunt van ons verlange, want in die NT sien ons hoe hierdie woorde van Jesaja op Jesus van toepassing gemaak word, ook deur Jesus aan die kruis. Só gee Jesaja ons taal om die diepte van Jesus se lyding te verklank. Die wyse waarop die dienaar van die Here se verwerping, verguising, lyding en beskaming verwoord word, help ons verstaan wat Jesus se nederige diens aan ons Hom gekos het. Daarom slaan ons Jesus se lyding en dood vandag nie net met afgryse gade nie, maar ook met diepe en dankbare verwondering. Dit was vir ons. Daarom kan ons met vrymoedigheid tot God nader en ons lewe aan Hom oorgee, in die woorde van Lied 400 Juig, juig in Hom, die Heiland aan die kruis. En osn kan die Here loof met Lied 385, Loof die Here, dis volbring. In herinnering aan die verwese gevoel waarmee Jesus se dissipels agtergelaat is, word die tradisionele seën nie uitgespreek nie en verlaat ons in stilte die kerk.

Jesaja 52:13-53:12.ppt 927.5 KB Mar 30, 2015 11:51 Download 655
Jesaja 52:13-53:12.pptx 752.49 KB Mar 30, 2015 11:49 Download 633
Jesaja 52:13-53:12.doc 135 KB Mar 30, 2015 11:45 Download 701

Markus 14:1-15:47 – Sesde Sondag in Lydenstyd – Palmsondag – 29 Maart 2015

Markus14 1-15 47As jy moeite doen om die diens visueel en deelnemend aan te bied, is ‘n spesifieke familie-oomblik nie nodig nie – veral as die kinders deelneem aan die “intog” en die skriflesings. Jy kan egter ook Die Donkie Waarop Niemand Kon Ry Nie deur Anthony Destefano gebruik. Aangesien die voorgeskrewe teks vir vandag baie lank is, word aanbeveel dat die hele teks wel voorgelees word, maar dat daar minder aandag aan prediking gegee word, sodat die teks self die oorwig van die Woordbediening vorm. Doen dus besondere moeite met die voorlees van die teks, wat deur Woordbediening en liturgiese momente, soos sang en aanbidding, aangevul word.

Markus 14:1-15:47.ppt 857.5 KB Mar 23, 2015 05:33 Download 685
Markus 14:1-15:47.pptx 764.1 KB Mar 23, 2015 05:31 Download 573
Markus 14:1-15:47.doc 163.5 KB Mar 23, 2015 05:28 Download 870

Jeremia 31:31-34 – Vyfde Sondag in Lydenstyd – 22 Maart 2015

Jeremia31 31-34Daar is verskeie opsies vir Familietyd wat jy kan gebruik: Carolyn Brown se gesprek oor die permanensie van tatoeërmerke as inleiding om oor die permanensie te gesels van God wat sy woorde op ons harte skryf; ‘n gesprek oor verskillende mediums wat gebruik word om op te skryf en baie verskil in terme van permanensie met dieselfde toepassing. Die preekriglyn begin met die verhaal van Condoleezza Rice, wat George Bush se Nasionale Veiligheidsraadgewer was, wat onverwags gevra is om in ‘n kerk klavier te speel. Die gemeente het die gewoonte gehad om net te begin sing wat haar onkant gevang het. Haar ma se raad was: "Skat, speel in C en hulle sal terugkom en jou begeleiding begin volg." Dit is ‘n metafoor vir God se werk in ons lewe. God speel net in C ("in Christus"), en ons sal terugkom na Hom toe. Dis God! Dit is die hoopvolle aankondiging van ons teks wat nie net vir Israel van betekenis was nie, maar ook vir ons.

Jeremia 31:31-34.ppt 974 KB Mar 05, 2015 11:43 Download 690
Jeremia 31:31-34.pptx 840.94 KB Mar 05, 2015 11:41 Download 609
Jeremia 31:31-34.doc 112 KB Mar 05, 2015 11:38 Download 892

Numeri 21:4-9 – Vierde Sondag in Lydenstyd – 15 Maart 2015

Numeri21 4-9Hierdie is natuurlik weer een van daardie geleenthede waar jy gewoon die Bybelverhaal dramaties kan vertel! Jy kan ook aansluit by die beginsel van kla vs dankbaarheid. Oulike stories wat jy kan gebruik, is Monsters Eat Whiny Children deur Bruce Eric Kaplan of Alexander and the Terrible, Horrible, No Good, Very Bad Day deur Judith Viorst (skakel na voorskou van onlangse fliek ingesluit). Jy kan ook “props” maak om die storie te vertel aan die hand van die voorbeelde wat ons gee. Jy kan ook verskillende padtekens en ander kennisgewings wat in die kinders se leefwêreld voorkom, gebruik, en veral verwys na die mediese teken met die slang om 'n paal. Die preekriglyn lei die teks in met die verhaal van John Wayne Brown wat lewendige slange tydens sy dramatiese eredienste hanteer het. Op 'n dag word hy reg in die middel van sy preek deur een van sy eie ratelslange gepik. Die gemeente het rondom hom kom staan, terwyl hulle bid. Brown was egter binne minute dood. Min mense sal seker dink Jesus se woorde in Markus 16:17-18 beteken predikers moet giftige slange hanteer terwyl hulle preek. Dis dwaasheid. Dit laat natuurlik die adrenalien vloei en verskaf goeie drama, maar dit bly dwaas. Net so dwaas was dit van Israel om in die woestyn ongeduldig te word en teen God en Moses uit te vaar. Die dwaasheid word met giftige slange gestraf wat uiteindelik darem getroef word deur God se voorsiening met die koperslang. Mense wat in die woestyn na Moses se koperslang opgekyk het, het die lewe ontvang. Ons lees dié verhaal in Lydenstyd om ons te herinner dat dieselfde geld in die NT. Elkeen wat met geloof opkyk na die Seun van die mens, soos eenmaal na die koperslang, sal die "ewige lewe" ontvang.

Numeri 21:4-9.ppt 1.2 MB Mar 02, 2015 15:47 Download 671
Numeri 21:4-9.pptx 1.14 MB Mar 02, 2015 15:44 Download 603
Numeri 21:4-9.doc 107.5 KB Mar 02, 2015 15:43 Download 801

Eksodus 20:1-17 – Derde Sondag in Lydenstyd – 8 Maart 2015

Eksodus20 1-17Voordat ‘n eenvoudige wet aan die kinders voorgehou word, vertel dalk net iets van die aanloop tot die wetgewing wat deur God self aan die volk deur Moses gegee is. Carolyn Brown se wet vir die kinders is ook in ‘n vrye vertaal uit die Engels beskikbaar. Sy gee ook praktiese riglyne om kleitablette te maak en die wet in eenvoudige vorm op kleitablette te skryf. Die NG Kerk se kategesemateriaal – “Handboek vir die Kategeet Graad 3” – het ook oulike uitbeeldings van die verskillende gebooie. Die preekriglyn begin met die vreemde verhaal van Wayne Lo, 'n tweedejaarstudent van Simon's Rock Kollege in Massachusetts, VSA, wat twee mense in 1992 met 'n semi-outomatiese geweer doodgeskiet en vier ander beseer het. Hy het volgehou, selfs tydens die eerste jare van sy tronkstraf, dat God hom gekies het om die verwoesting aan te rig. Later het hy dit 'n periode van ontkenning genoem. Nadat Wayne Lo met verloop van tyd besef het God kon hom onmoontlik kies om soveel pyn te veroorsaak, het hy geworstel om te verstaan wat hom 'n moordenaar gemaak het. Hy bly tot vandag oortuig dit was iets buite homself. Dit verskaf ‘n invalshoek om oor die tien gebooie se boodskap van God se passie vir lewe in volheid te gesel. God beveel nooit iemand om lewe tot niet te maak nie. Sy gebooie is God se instrumente om 'n betroubare, liefdevolle samelewing te skep waarin lewe in oorvloed kan gedy. Jesus noem die vervulling van die wet liefde teenoor God en die naaste.

Eksodus 20:1-17.ppt 1.47 MB Mar 02, 2015 15:23 Download 674
Eksodus 20:1-17.pptx 1.47 MB Mar 02, 2015 15:22 Download 643
Eksodus 20:1-17.doc 107 KB Mar 02, 2015 15:18 Download 747

Markus 8:31-38 – Tweede Sondag in Lydenstyd – 1 Maart 2015

Markus8 31-38Gebruik die boek of fliek van “Horton Hears a Who” deur Dr Seuss om met die kinders te gesels oor selfverloëning. Dit is wanneer Horton besef daar woon mense op die stoffie, dat hy alles in sy vermoë doen om hulle te help. Die preekriglyn werk met die studie in die Success-tydskrif wat in 2006 bevind het dat die respondente meen die mees belangrike bydraende faktore tot sukses is: 'n Goeie verhouding met familie – 89.9%; 'n Goeie verhoudings met jou huweliksmaat – 89.6%; 'n Goeie verhouding met God – 86%; Die vryheid om te doen wat jy wil – 61.7%; Finansiële sekuriteit – 57.5%; 'n Goeie loopbaan – 47.1%; Geld en rykdom – 32.3%. Teen hierdie agtergrond is dit so verrassend dat Jesus sy projek om die wêreld te transformeer, die vestiging van die regering van God, verbind met lyding en dood. Wie sien hiervoor kans? Verseker nie die MTD’s nie – dit is mense wat moralitiese terapeutiese deïste is nie, soos die boek Soul Searching bevind het nie! Moralistiese, terapeutiese deïsme is egter 'n leuen. Dis 'n teologie wat alles maklik maak en sukses met 'n paar eenvoudige stappe en menslike faktore waarborg. Hierdie skrifgedeelte waarsku ons om nie op hierdie wyse op die evangelie te reageer nie. Ons moet leer om soos Jesus te dink, om te dink aan wat God wil hê. Dit sal altyd 'n stryd wees, met tye van mislukking en misverstand, asook tye wat ons daarin slaag om te dien soos Jesus, selfs met ons lewe as dit moet. Alleen so sal ons al meer die nuwe mens word wat God wil hê ons moet wees, die nuwe mens waarvoor Christus gesterf en opgestaan het. God se weg gaan deur die dood heen tot die heerlikheid van die opstanding waarin ons ook deel.

Markus 8:31-38.ppt 897.5 KB Feb 23, 2015 21:56 Download 681
Markus 8:31-38.pptx 840.53 KB Feb 23, 2015 21:54 Download 590
Markus 8:31-38.doc 101 KB Feb 23, 2015 21:54 Download 839

Markus 1:9-15 – Eerste Sondag in Lydenstyd – 22 Februarie 2015

Markus1 9-15Gebruik die geleentheid om die kinders by die doopvont te laat staan om die simboliek van die doopwater aan hulle oordra aan die hand van die verhaal van God se verbond met Noag. Die preekriglyn begin met die hartroerende verhaal van die dood van ds. Werner Groenewald en sy twee kinders, Rode en Jean-Pierre, op 29 November 2014 in Kaboel terwyl hy by hulpverleningsprojekte betrokke was. Baie mense vra of dit die moeite werd is om jou lewe op die spel te plaas vir die Here. Dit laat mens diep nadink. Wat behels ons verbintenis aan die Here? Wat doen ons as ons Jesus se eerste preek in Markus 1 gehoorsaam? Waarvoor laat mens jou in as jy doen wat Jesus destyds in Galilea vra: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.”? Wat ons troos en motiveer op hierdie pad is dat ons nie alleen is nie. Hy is ons voorloper en begeleier. Dissipels word nie aan hulself oorgelaat nie, selfs nie al skeur die Taliban se geweld jou uitmekaar nie. Daarop kan ons in hierdie Lydenstyd staatmaak.

Markus 1:9-15.ppt 899.5 KB Feb 14, 2015 12:25 Download 723
Markus 1:9-15.pptx 747.03 KB Feb 14, 2015 12:23 Download 616
Markus 1:9-15.doc 108 KB Feb 14, 2015 12:22 Download 788

Markus 9:2-9 – Sondag van die Verheerliking– 15 Februarie 2015

Markus9 2-9’n Mens moet versigtig wees om nie ’n “morele lessie” uit elke skrifgedeelte te probeer haal vir kinders nie. Dit is belangriker dat hulle die Woord hoor en leer ken. Vertel gewoon die verhaal op gevoelvolle wyse of lees dit uit ’n kindervriendelike vertaling. Kies dan een aktiwiteit wat die verhaal vaslê, waarvoor daar vier voorbeelde hier aangedui word. Die preekriglyn begin met die boeiende verhaal van Dawie Pypers wat ‘n byeenkoms in die Groenpuntstadion op 13 Augustus 1961 gehou het op uitdaging van die Moslem Ahmed Deedat om die waarheid van Islam versus die boodskap van Jesus in die openbaar te debatteer. As bewys van die Here Jesus se lewende teenwoordigheid het Dawie gebid vir ‘n vrou, mev. Witthuhn, wat aan ‘n medies bevestigde ongeneeslike siekte gely het, en sy is daar en dan genees, soos vyf dokters ná die tyd met ondersoeke bevestig het. Dawie het die moed vir dié gebed gekry in sy afsondering met God in die Bolandse berge. Daar, tydens sy bergtop-ervarings, het hy die moed ontvang om die skares in die Naam van die Here in die oë te kyk. Dít is dit tipe geloof wat hierdie verhaal van Jesus se verheerliking op die berg ook in ons lewens wil inspireer, soos Hy dit eenmaal vir sy dissipels gedoen het. Ons word daarom in Lydenstyd genooi om fyn na hierdie Jesus te kyk en goed na Hom te luister. 'n Verbintenis aan Jesus, en die praktiese navolging van Jesus sal ons na plekke neem van opoffering. Dit is die normale weg van 'n dissipel deur die lewe. Vir Dawie Pypers het dit na die Groenpuntstadion geneem waar hy in die Here se Naam moes waag. Vir ander neem dit na duisende dade en woorde van opoffering, liefde en diens. Ons verbind ons aan Jesus, omdat ons weet Hy wys die ware weg aan. Hy is die Seun van God. Hy het die woorde wat lewe gee. Wie Jesus so volg, sal die kragtige openbaring van die koninkryk van God sien.

Markus 9:2-9.ppt 1.21 MB Feb 06, 2015 08:53 Download 808
Markus 9:2-9.pptx 829.38 KB Feb 06, 2015 08:52 Download 682
Markus 9:2-9.doc 95.5 KB Feb 06, 2015 08:51 Download 853

Markus 1:29-39 – Epifanie 5 – 8 Februarie 2015

Markus1 29-39Daar is eintlik 3 afsonderlike stories ingevleg in die perikoop van 11 verse. Om te verseker die kinders hoor elkeen van die stories, maak gebruik van verskillende voorlesers wat die storie dramaties oorvertel. Dit gee ‘n goeie voorbereiding vir die tema, "'n Dag in die lewe van....", wat as inleiding dien vir die preekriglyn. Mense beeld immers graag 'n dag in die lewe van een of ander karakter of groep uit, in fotografie, in van die wêreld se beste literatuur, in flieks en selfs in liedjies. Markus 1 is uit die hoek gesien deel van 'n merkwaardige beskrywing van 'n dag in die lewe van Jesus. Die sinagoge het pas uitgekom, en Jesus genees net daarna Petrus se skoonmoeder. Die boodskap versprei vinnig. Teen die aand daag mense met 'n menigte siekes en persone in die mag van die bose op. Hulle drom voor die deur van die huis saam, en Jesus maak baie siekes gesond en dryf baie bose geeste uit. Daarna spandeer Hy tyd in gebed en dit is merkwaardig om op te let hoe Jesus se kontak met sy Vader verdere fokus en rigting bring in sy lewe. Ons leer daarut dat dit vanuit Jesus se gebedskontak met die Vader is dat sy identiteit en roeping die oorheersende krag in sy lewe bly. Ons as dissipels moet dit altyd in gedagte hou.

Markus 1:29-39.ppt 993.5 KB Jan 27, 2015 15:00 Download 659
Markus 1:29-39.pptx 882.58 KB Jan 27, 2015 14:58 Download 622
Markus 1:29-39.doc 112 KB Jan 27, 2015 14:57 Download 863

Markus 1:21-28 – Epifanie 4 – 1 Februarie 2015

Markus1 21-28Vir Familietyd kan julle die “rock, paper, scissors” speletjie speel om uit te vind wie die sterkste is. Dis net ’n speletjie, maar daar is baie mense wat graag wil wys dat hulle sterker is as ander. Party probeer dapper en waaghalsig optree. Sommige probeer wys dat hulle sterk is deur lelik te wees met ander mense of op ander te pik. Dit gee ‘n goeie inleiding na Markus se verhaal wat wys hoe sterk Jesus is. Jesus is sterker as ons ergste vyand. Markus wys egter hoe Jesus nooit sy krag gebruik om ander mense seer te maak nie. Hy gebruik sy krag om mense te help – ‘n Tender Toughness. Daartoe word ons ook geroep.

Markus 1:21-28.ppt 927 KB Jan 22, 2015 08:32 Download 636
Markus 1:21-28.pptx 895.49 KB Jan 22, 2015 08:30 Download 539
Markus 1:21-28.doc 98 KB Jan 22, 2015 08:29 Download 731

Markus 1:14-20 – Epifanie 3 – 25 Januarie 2015

Markus1 14-20Met Familietyd kan die verhaal van Jona gedramatiseer word met die oorsig wat Die Bybel in Praktyk verskaf. Die preekriglyn begin met die verhaal van William Borden,die erfgenaam van die massiewe Borden Suiwelboerdery , wat op 'n reis rondom die wêreld 'n passie ontwikkel het om lydende mense te help. Hy is bekend vir drie frases wat hy deur sy lewe in sy Bybel opgeteken het: "Geen reserwes. Geen terugkeer. Geen spyt." Dit wys die krag van die roeping van God, soos dit ook in Markus 1 vir ons opgeteken word: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Elkeen wat dié boodskap hoor, word deur Jesus as vissers van mense geroep. Daarmee lê Hy beslag op jou hele lewe.

Markus 1:14-20.ppt 850 KB Jan 19, 2015 12:14 Download 680
Markus 1:14-20.pptx 735.4 KB Jan 19, 2015 12:13 Download 546
Markus 1:14-20.doc 123 KB Jan 19, 2015 12:12 Download 835

Johannes 1:43-51 – Epifanie 2 – 18 Januarie 2015

Johannes1 43-51Hierdie is die ideale geleentheid om te gesels oor wat dit beteken om Jesus te volg. Daar is verskillende “volg my” speletjies om van te kies. Speel iets soos “follow the leader” of “Simon Says”. Of kry ‘n megafoon / maak ‘n megafoon van karton en roep die kinders om jou deur die kerkgebou te volg. Die preekriglyn begin met die avonture van Shaun die Skaap wat in 2015 na 'n grootskerm-teater naby jou kom. Lokfilms draai tans om ons lus te maak vir dié storie. Dit gee ‘n goeie inleiding vir die ontmoeting tussen Jesus en Natanael in ons teks. Deur hom ontdek ons dat God ons ken. En kan ons Jesus se belofte goed hoor, dat ons groter dinge as dit sal sien.

Johannes 1:43-51.ppt 1.08 MB Jan 12, 2015 16:38 Download 719
Johannes 1:43-51.pptx 1.05 MB Jan 12, 2015 16:36 Download 563
Johannes 1:43-51.doc 110 KB Jan 12, 2015 16:33 Download 878

Markus 1:4-11 – Epifanie 1 – 11 Januarie 2015

Markus1 4-11Lees die doop van Jesus uit die Nuwe Testament vir kinders en onderstreep net weer die kernbetekenis van die Verbondsdoop. Dit kan aangevul word met ‘n illustrasie uit Toy Story 1. Die preekriglyn werk met die gebed van Jesaja dat die Here die hemel moet oopskeur en die verwoeste Jerusalem weer sal herstel. Jesaja se gebed vind weerklank in Markus 1, wanneer vertel word van God wat inderdaad onder mense kom woon het, van die hemel wat toe inderdaad oopgeskeur het. Verstommend genoeg tree Johannes die Doper as die wegbereider vir Jesus in die woestyn van Juda op. Hy bring die boodskap van verandering: "Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe."

Markus 1:4-11.ppt 837.5 KB Jan 05, 2015 06:14 Download 619
Markus 1:4-11.pptx 719.63 KB Jan 05, 2015 06:12 Download 594
Markus 1:4-11.doc 93 KB Jan 05, 2015 06:11 Download 717

Efesiërs 1:3-14 – Epifaniefees – 4 Januarie 2015

Efesiers1 3-14Efesiërs praat pragtig van God se genade en liefde. Die ideaal is natuurlik om nié “object lessons” te gebruik nie, aangesien kinders nie metafore verstaan nie. Maar John Stevens gee ‘n pragtige idee om ‘n goedkoop speelgoed “magic milk bottle” te gebruik om te kan praat oor die nuwe jaar en die feit dat ons aangeneem is as God se kinders. Die preekriglyn werk met Hatsuyume, die Japanese woord vir die eerste droom van die nuwe jaar. Tradisioneel word dié droom beskou as ‘n aanduiding van die geluk wat die dromer die jaar sal ervaar. Vir ons wat aan die begin van ‘n nuwe jaar staan, is daar egter ‘n ander droom wat ons geluk gaan bepaal. Dit is die droom wat Gód vir ons het. Hy wil ons seën om alles in almal te vervul. Dit doen Hy deur die Here Jesus Christus.

Efesiërs 1:3-14.ppt 892 KB Dec 22, 2014 08:02 Download 701
Efesiërs 1:3-14.pptx 567.04 KB Dec 22, 2014 08:00 Download 606
Efesiërs 1:3-14.doc 98.5 KB Dec 22, 2014 08:00 Download 817

Galasiërs 4:4-7 – 28 Desember 2014 – Sondag na Kersfees

Galasiers4 4-7Vir Familietyd kan jy die fokusteks uit Die Nuwe Testament vir Kinders lees en dan die ingeslote tabel gebruik om woorde uit die teks te onderstreep. Die preekriglyn werk met die worsteling wat ons het met ons identiteit. Dit is ‘n wesenlike vraag, want bekering en heiligmaking het met die skep van 'n nuwe identiteit in ons te doen. Die reis van dissipelskap is niks anders as 'n reis van identiteitsvorming nie. Vir die Galasiërbrief is ons identiteit iets wat aan ons geskenk word. Dit het nie met ons herkoms te doen nie, maar met ons toekoms. Wie ons is, is iets wat ons van God ontvang, en wat ons voor God se aangesig ontdek.

Galasiërs 4:4-7.ppt 796 KB Dec 22, 2014 07:48 Download 659
Galasiërs 4:4-7.pptx 688.99 KB Dec 22, 2014 07:48 Download 605
Galasiërs 4:4-7.doc 137 KB Dec 22, 2014 07:47 Download 743

Hebreërs 1:1-4 (5-12) – 25 Desember 2014 – Kersfees

Hebreers1 1-4Gebruik die videogreep Bethlehemian Rhapsody ('n Kersfeespoppespel gebaseer op die musiek van Queen se "Bohemian Rhapsody") deur Mark Bradford of vertel die pragtige verhaal “The Give Away” deur Ray Buckley. Gebasseer op die Amerikaanse Imboorlinge se Kersfees-tradisie van “weggee”, vertel dit van al die diere wat in die bos bymekaar kom om hul bekommernis oor die mense te deel. Elke dier het ‘n idee van wat hulle kan gee om die mens te help. Dan daag die Skepper op met ‘n heel ander plan... Die preekriglyn laat ons nadink oor die feit dat ons hierdie tyd van die jaar oral Kersliedere hoor. Iemand skryf egter dat ons samelewing dalk 'n omgekeerde lied sing: "Die wêreld is gebore, Christus is verlore." Dit is in só ‘n tipe situasie wat die Hebreërbrief Christus verkondig as ons ewige Koning, Hoogste Profeet en Hoëpriester. Hy wil mense bemoedig, aanspoor en vermaan, deur Jesus voor te stel as die een wat alles onderhou. Hy sing 'n lied oor Jesus wat aansteeklik is.

Hebreërs 1:1-4.ppt 904 KB Dec 11, 2014 08:00 Download 774
Hebreërs 1:1-4.pptx 663.67 KB Dec 11, 2014 07:56 Download 564
Hebreërs 1:1-4.doc 74 KB Dec 11, 2014 07:55 Download 797

Lukas 1:26-38 – 21 Desember 2014 – Vierde Sondag van Advent – Sondag van liefde

Lukas1 26-38Dramatiseer die verhaal uit Die Nuwe Testament vir Kinders in Familietyd en onderstreep die feit dat Maria ‘n gewone persoon was wat deur God gebruik is om Sy plan met die wêreld te realiseer. Daar is ook inkleurprente beskikbaar. Die preekriglyn werk met die feit dat die Bybel wemel van verhale van eenvoudige mense wat deur God geroep is, mense wat dikwels in hul eie oë geen kandidate was om deur God gebruik te word nie, soos hier Maria. God gebruik die doodgewone, jeugdige Maria bloot op grond van God se genade. Hierdie verhaal benadruk dat God gewoon in mense se lewe intree en hulle in sy diens stel. God sou sonder Maria kon aangaan. Dit was sy besluit om haar in te sluit.

Lukas 1:26-38.ppt 821 KB Dec 11, 2014 06:14 Download 730
Lukas 1:26-38.pptx 720.37 KB Dec 11, 2014 06:13 Download 585
Lukas 1:26-38.doc 97 KB Dec 11, 2014 06:13 Download 775

Johannes 1:6-8, 19-28 – 14 Desember 2014 – Derde Sondag van Advent – Sondag van vreugde

Johannes1 6-8 19-28Gebruik “bubbles” of “streamers” met Familietyd om oor die vreugde by troues te praat. Dieselfde met ons teks vandag – Johannes wys na Jesus. Dit maak ons bly. Die PowerPoint agtergrond gebruik dieselfde bekende skildery van Matthias Grünewald op die Isenheimaltaar van die Klooster van Antonius in Isenheim as waarmee die preekriglyn begin. Dit beeld die gekruisigde Christus uit, met Johannes die Doper aan Jesus se sy. Die klooster was 'n hospitaal waar slagoffers van plae en mense met velsiektes versorg is. Op die skildery is die liggaam van Christus oortrek met sere en velsiektes. So kon die siekes weet dat Christus hul lyding op Hom geneem het, en hulle nood verstaan. Dit is wat Johannes die Doper doen. Hy staan langs Christus. Opvallend is Johannes se vinger, waarmee hy na Jesus wys, en waarmee hy van Christus getuig dat Hy die Lam van God is. Die Adventstyd is ook vol uitgestrekte vingers. Dit is ek en jy, en die gemeente waarvan ons deel is.

Johannes 1:6-8, 19-28.ppt 804.5 KB Dec 09, 2014 05:38 Download 638
Johannes 1:6-8, 19-28.pptx 804.37 KB Dec 09, 2014 05:37 Download 572
Johannes 1:6-8, 19-28.doc 90.5 KB Dec 09, 2014 05:36 Download 759

Markus 1:1-8 – 7 Desember 2014 – Tweede Sondag van Advent – Sondag van vrede

Markus1 1-8Jy kan in Familietyd die lig laat val op Johannes die Doper as wegbereider wat die lig net op Jesus laat fokus. Gebruik die resep vir “jellie-wurms” of koop sour worms of pretzel goggas. Daar is ook ‘n verhaal uit The Lion King, waar Raffiki (die bobbejaan) vir Simba gaan soek. Hy tree soos Johannes die Doper op. Óf gebruik ‘n waterpas om te verduidelik hoe ‘n mens dit gebruik om voor te berei om iets te bou. Dit gee ‘n goeie inleiding om te kan verduidelik dat Advent ‘n tyd van voorbereiding is. Die preekriglyn begin met die herinnering aan die sing van die lied: "Bring my die ou ou tyding" wat een van die geliefde Hallelujaliedere tydens Pinksterdienste was. Beteken dit nog iets vir ons? Amper soos Advent. Die gevaar is groot dat hierdie ou, ou tyding ons weer kan verbygaan. Die volgende beeld kan dalk help. Dikwels ry ons jaar na jaar dieselfde pad om te gaan vakansie hou. Twee dinge kan gebeur. Die pad kan al meer vervelig raak, of ons kan elke keer iets nuut op die pad ontdek. Jy kan opsien na die pad omdat dit lank is, of uitsien om die nuwe dinge te ontdek. Dieselfde kan gedurende Advent gebeur.

Markus 1:1-8.ppt 968 KB Dec 01, 2014 09:48 Download 695
Markus 1:1-8.pptx 548.09 KB Dec 01, 2014 09:44 Download 647
Markus 1:1-8.doc 76.5 KB Dec 01, 2014 09:43 Download 774

Markus 13:24-37 – 30 November 2014 – Eerste Sondag van Advent – Sondag van hoop

Markus13 24-37Lees die waarskuwing oor “gereed wees” uit Die Nuwe Testament vir Kinders of gebruik Carolyn Brown se baie raak illustrasie hieroor. Die preekriglyn werk met die verhaal van die verwoesting van Jerusalem in 7 September van die jaar 70 n.C. is Jerusalem in puin gelê. Die toneel was veel erger as die World Trade Centre-beelde van 11 September 2001 wat so helder in ons geslag se geheue ingebrand is. Nie een klip het op die ander bly staan nie. Dit is iets wat Jesus voorsien het en met sy dissipels oor gesels het. Hy spel die lyding en swaarkry van dié tyd uit en hoe hulle daarop moet reageer. Jesus stel dit as historiese gebeure voor. Dit gaan hier dus nie oor sy wederkoms nie, maar oor die uitkringende geweld wat die geskiedenis kenmerk. Gelukkig sê dit nie die laaste woord oor die wêreld nie. Die eintlike werklikheid waarmee die gelowiges rekening moet hou, is God se teenwoordigheid en God se aksie om die boodskap van volle lewe, die evangelie oor die hele wêreld te versprei. Dit is wat ons hierdie Adventstyd ook weer vier. Ons vier die feit dat God in Jesus Christus op hierdie wêreld aangeland het. Advent herinner ons dat God nie klaar is met ons nie.

Markus 13:24-37.ppt 2.05 MB Nov 25, 2014 05:19 Download 819
Markus 13:24-37.pptx 667.46 KB Nov 25, 2014 05:16 Download 612
Markus 13:24-37.doc 120 KB Nov 25, 2014 05:16 Download 870

Kerkjaar 2013-14

Die Seisoen van Luister voorsien elke week 'n PowerPoint en Word hulpmiddel vir gebruik saam met die fokusteks van die Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar wat Bybel-Media in samewerking met Communitas uitgee.

Die uitgangspunte is die volgende:

  • Dit sluit direk aan by die Seisoen van Luister se kultuur, styl en metodiek.
  • Dit sluit direk aan by die Woord en fees - Preekstudies met Liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar.
  • Dit gebruik visuele media en verhale om ‘n erediens-ervaring te skep waarin ‘n egte ontmoeting met God en mekaar kan gebeur.
  • Dit skep ‘n Familie-vriendelike toepassing vir die erediens.
  • Die projek word steeds met die heelhartige ondersteuning van Bybel-Media moontlik gemaak.
  • Daarom kan ons die PowerPoints en Word-lêers steeds gratis beskikbaar stel.

Meer inligting

File Version Licence Size Added Hits

Matteus 25:31-46 - Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd (Sondag van Christus die Koning – Feesdiens) 23 November 2014

Matteus25 31-46In Familietyd kan jy ‘n oorsig gee oor die Kerkjaar en verduidelik dat vandag Sondag van Christus die Koning is. Die preekriglyn begin met die verhaal van Patricia Miller wat in 'n groot hospitaal se noodgevalle-afdeling werk en weens die blootstelling aan al die ellende onsensitief begin raak het vir ander se nood. Tot op ’n dag dat die Here haar oë oopgemaak het deur die nood van ’n enkelouerma. Daarmee word die tafel gedek vir hierdie gelykenis van die Here Jesus. Hy weet dat dit glad nie so vanselfsprekend is dat ons ander werklik sal sien nie. Afstomping kan die oorsaak wees; die haastige pas van die lewe; die oorlewingstryd waarin ons vasgevang is; die sorge van die lewe en ons natuurlike selfgerigtheid. Ons nood is dat ons nie meer sien nie. Met die gelykenis maak Jesus dus ons oë oop om weer te kan sien, dat ons eintlik vir Jesus in die gedaante van die ander kan sien.

Matteus 25:31-46.ppt 623.5 KB Nov 18, 2014 09:27 Download 919
Matteus 25:31-46.pptx 552.95 KB Nov 18, 2014 09:25 Download 779
Matteus 25:31-46.doc 111 KB Nov 18, 2014 09:25 Download 1093

Matteus 25:14-30 - Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd 16 November 2014

Matteus25 14-30Vir Familietyd het jy twee ewe groot glasbakke nodig - asook badskuim – om die idee dat dit eers is wanneer jy woeker met iets – die bak met skuim roer – te illustreer. Die preekriglyn werk met die voorbeeld van die Haarkappers in die Markplek, 'n bediening van die Willow Creek Gemeenskapskerk in Chicago, wat maandeliks ‘n Dag van Skoonheid-sessies aanbied waar behoeftige vroue 'n gratis haarsny en nael-versorging ontvang. Dit illustreer dat mense wat hul lewe en die gawes wat hulle van God ontvang, in diens van ander gee, soveel anders is as die meeste mense van ons tyd wat leef in 'n kultuur wat op selfvervulling en selfverwesenliking ingestel is. Dit verskaf ‘n goeie oorgang na hierdie gelykenis waarin Jesus met groot wysheid ’n gelykenis vertel waarin Hy die gesindhede ontmasker wat mense al eeue lank weerhou van die koninkrykslewe.

Matteus 25:14-30.ppt 1.27 MB Nov 11, 2014 07:04 Download 985
Matteus 25:14-30.pptx 1.13 MB Nov 11, 2014 07:00 Download 882
Matteus 25:14-30.doc 104 KB Nov 11, 2014 07:00 Download 1080

Matteus 25:1-13 - Twee en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 9 November 2014

Matteus25 1-13Daar is drie opsies vir Familietyd: om te verduidelik hoe lampies in Jesus se tyd gewerk het en die Skriflesing op te voer m.b.v. flitsies, sommige met pap batterye; om oor kragonderbrekings te praat en hoe ‘n mens jouself daarop kan voorberei; om te gesels oor al die goed wat mamma in haar handsak saamdra, gereed vir byna enige situasie. Die preekriglyn werk met die verhaal van die driejarige Hanna wat verontwaardig is dat die kategeet sy oë oophou as hy bid. Hoe sien sy dit? "Ek maak net een oog op 'n slag toe," sê die dogtertjie. Klein Hanna is waaksaam. Sy laat haar nie onkant vang nie. Sy maak net een oog op 'n slag toe. Hanna laat Jesus beslis glimlag. Hy leer ons immers in ons teksgedeelte om waaksaam te wees! Daarmee bou Jesus op die Joodse tradisie waarin wysheid en dwaasheid teenoor mekaar gestel is en nooi ons uit om te bepaal waar ons staan. Leef ons wys of dwaas? Jesus, die bruidegom, kom weer aan die einde van die tyd om sy volgelinge mee te neem na die bruilof. Wie sal gereed wees?

Matteus 25:1-13.ppt 872 KB Nov 04, 2014 07:57 Download 1084
Matteus 25:1-13.pptx 731.75 KB Nov 04, 2014 07:55 Download 739
Matteus 25:1-13.doc 133 KB Nov 04, 2014 07:52 Download 907

Matteus 23:1-12 - Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 2 November 2014

Matteus23 1-12Vertel die verhaal in Familietyd aan die hand van die tema van hoogmoed teenoor nederigheid met ’n ballon as hulpmiddel – “wanneer ’n ballon naby sy grootste is, is dit die maklikste om te bars”. Die preekriglyn begin met die waarskuwing dat ’n mens op godsdiens versot kan wees, sonder ’n verhouding met God. Die vroeë kerk moes tussen die Scylla van Joodse wettisisme en die Charybdis van heidense wetteloosheid ’n weg vind om op die verhouding met God te fokus. Beide hierdie pole is vandag steeds 'n versoeking vir Christene. Daar is Christene wat absoluut vrysinnig wil lewe. Dan is daar ook 'n beweging onder Christene wat streef om weer Joods te word. Daar is 'n oplewing in die handhawing van allerlei Joodse gebruike en die onderhouding van Joodse feeste. Dit lyk of uiterlike wetsonderhouding in gewildheid toeneem. Die regte geloofsvorming vind egter plaas deur Jesus as Leermeester en Leier te erken wat ons lei om ons Vader reg te dien. Hoe meer ons leer om Hom na te volg, deur die krag van sy Gees, hoe meer word ons vernuwe in mense wat vreugde in die Vaderhart bring.

Matteus 23:1-12.pptx 979.5 KB Oct 28, 2014 05:39 Download 890
Matteus 23:1-12.pptx 782.42 KB Oct 28, 2014 05:37 Download 807
Matteus 23:1-12.doc 117 KB Oct 28, 2014 05:33 Download 990

Matteus 22:34-46 - Twintigste Sondag in Koninkrykstyd (Hervormingsondag) - 26 Oktober 2014

Matteus22 34-46Vir Familietyd is daar ’n verhaal van Luther se hervorming wat as ‘n kort toneelstukkie opgevoer kan word. Die preekriglyn begin met die verhaal van Dameon, ’n graad 7 kind wat nie net mank geloop het nie, maar ook gesukkel het op skool. Juis hy is egter die een wat al sy geld skenk vir ’n onderwyser se siek seuntjie wat afgekeur is vir hulp deur hulle siekefonds. Dit veroorsaak ’n golf van simpatie in Seattle wat tot gevolg het dat daar uiteindelik genoeg geld vir sy operasie ingesamel kon word. Dié verhaal verskaf ’n uitstekende oorgang na die fokusteks se konfrontasiegesprek tussen Jesus en die Fariseërs oor die wet en die liefde. God roep ons om Hom en ons naaste lief te hê. Alles wat God ons leer, kan saamgevat word met die gebod van liefde: teenoor God, en teenoor jou naaste.

Matteus 22:34-46.ppt 920 KB Oct 21, 2014 13:01 Download 918
Matteus 22:34-46.pptx 765.87 KB Oct 21, 2014 12:57 Download 850


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009