Die vorige alfabetiese lys is steeds hier, maar sal nie langer opgedateer word nie.
Johannes 4:5-42 - Derde Sondag in Lydenstyd - 19 Maart 2017
Net soos wat Jesus ân kans waag om uit te reik na die Samaritaanse vrou â ân buitstander â so waag die Rainbow Fish dit om uit te reik na ân gestreepte vis, nadat almal die gestreepte vis geĂŻgnoreer het en daar ân haai verbykom. Ons gee vir jou ân video voorlesing. Verduidelik eers hoe ander die Samaritaanse vrou gesien het: as ân buitestander, verwerp, ongewild. Vertel dan die storie. Die preekriglyn begin met die ervaring van droogte die afgelope tyd in Suider-Afrika. Die noodsaaklikheid van water as lewensbron en die kosbaarheid daarvan het onder die vergrootglas gekom. Ons verstaan vandag nog net so goed soos die mense van Jesus se tyd dat water lewe gee, en dat 'n gebrek daaraan wat lewe ontneem. Dit dek die tafel vir ân gesprek oor Jesus se gesprek met die Samaritaanse vrou aan die hand van die beeld van water. Daardeur kan Jesus met haar oor haar diep behoefte aan God gesels. Die verhaal neem ons oor die grense wat ons so maklik tussen mense trek na lewegewende ontmoetings.
Johannes 3:1-17 - Tweede Sondag in Lydenstyd - 12 Maart 2017
Verduidelik die drie persone van die Drie-eenheid soos dit in Die Nuwe Testament vir Kinders vertel word. Jy kan verskillende name wat mense mag hĂȘ, gebruik, bv. ân kind se ouma mag vir hom/haar oumie wees; die oupa noem haar dalk Poplap en vir haar dogter is sy Moemsie. Dieselfde persoon met verskillende name ... God drie-enig as Vader, Seun en Gees. Die preekriglyn val direk weg met die verhaal van Nikodemus en lĂȘ die teks uit aan die hand van die gesprek wat hy met Jesus gehad het. ân Belangrike klem word gelĂȘ op die feit dat wedergeboorte iets is wat van bo af gebeur en per definisie nie iets is wat ân mens kan laat gebeur nie. DiĂ© teks is eintlik soos Johannes se geboorteverhaal. Net, dit fokus op gelowiges wat van bo af gebore word. Daardeur word die boodskap onderstreep dat geloof nie ân werk van die mens is nie, maar ân gawe van God.
Matteus 4:1-11 - Eerste Sondag in Lydenstyd - 5 Maart 2017
Carolyn Brown gee ân klomp uitstekende idees hoe om hierdie teks saam met kinders te ontsluit. Julle kan drie lesers gebruik en die teks dramaties lees. Julle kan die skakel volg na ân kunstenaar se interpretasie van die teks wat ân mens ân dieper insig oor die verloop van die tyd wat Jesus in die woestyn was. Jy kan ook die verhaal van The Little Mermaid of Pinocchio gebruik. Die preekriglyn begin met die wyse waarop Sylvester Stallone die vermaaklikheidswĂȘreld in 2006 verras het deur met sy bemarking van die laaste Rocky Balboa fliek uitgewy het oor sy geloof in Jesus Christus. Hy vertel hoe hy geleer het hy kan Jesus Christus meer vertrou as wat hy homself kan vertrou. "Mens het die ekspertise en die leiding van iemand anders nodig. Mens kan jouself nie afrig nie. Dis presies hoe ek oor Jesus, die Christelike geloof en die kerk voel. Jesus is die afrigter, en die kerk is die gimnasium vir die Christelike lewe." Dit gee ân goeie inleiding om oor Matteus se hantering van Jesus se versoeking in die woestyn te gesels. Die Gees lei Hom die woestyn in waar die vraag geantwoord word wie Jesus sou vertrou. God of Homself. Sy oorwinning gee ons die moed om self onder sy leiding ons eie woestyn ervarings te trotseer in die verwagting dat Hy ons ook die oorwinning sal laat behaal.
2 Petrus 1:16-21 - Sondag van die Verheerliking - 26 Februarie 2017
Daar is ân oulike skit wat jy kan gebruik wat die belang van ooggetuies illustreer. Die preekriglyn begin met die verhaal van Ema Drouillard van San Francisco wat vir mense seremonies uitwerk wat by hulle behoeftes pas. Sy ontwerp selfs doopseremonies waarin die Naam van God nooit genoem word nie. Daarmee voldoen sy aan die aanvraag van mense wat hulle kinders aan 'n wye spektrum van geloof wil blootstel, sonder om vir die inhoud van net een godsdiens te kies. Die Christelike geloof bou egter op die openbaring van God in Jesus Christus van Nasaret, gestuur deur die Vader en bemagtig deur die Heilige Gees, sĂȘ Petrus. Ooggetuies het God se werk in Jesus waargeneem en dit neergeskryf. As jy hierteen kies, en die afgewaterde Christianity Lite van feetjies, dwergies, engele en Kersvader kies, speel jou lewe en jou verwagtinge duidelik anders uit. Dit is waaroor 2 Petrus handel. Die brief het ten doel om gelowiges te help om die regte keuses te maak, op grond van die regte feite en data, met die belofte dat dit tot 'n heerlike bestemming sal lei.
1 Korintiërs 3:10-11 - Sewende Sondag nå Epifanie - 19 Februarie 2017
Gesels met die kinders oor wie en wat die kerk is. Verduidelik dat die kerkgebou nie die kerk is nie, maar ons is die kerk. Gebruik Flam 104 met bewegings. Video ingesluit. Die preekriglyn werk met vers 10-17 as teks en begin met antieke wĂȘreld se slegte naam vir Korinte weens hulle losbandigheid. Die goeie nuus van die stigting van die gemeente was van korte duur weens die persoonlikheidskultus wat rondom die leiers ontstaan het. Dit het die gemeente in groepe verdeel. Paulus skryf daarom vir die gemeente en herinner hulle daaraan dat God die gemeente van Korinte op Jesus Christus as fondament gebou het. Daarom is die gemeente God se eiendom waarin Hy deur sy Gees woon. Daarom mag 'n bouer net op dieselfde fondament, Jesus Christus die Here, voortbou. Daarom, sĂȘ Paulus, is dit so hartseer dat dit nie meer vir Korinte gaan om Jesus nie, maar om die menslike ek. Die resultaat hiervan is groepvorming, wat lei tot onderlinge konflik. Uiteindelik kom God se Naam in gedrang. So verloor die gemeente sy vermoĂ« om 'n verskil in die wĂȘreld te maak.
1 Korintiërs 3:1-9 - Sesde Sondag nå Epifanie - 12 Februarie 2017
Met Familietyd kan jy die ingeslote Nuwe Testament vir Kinders weergawe van die fokusteks lees. Daar is ook ân blokkiesraaisel vir ouers kinders. Daar is ook ân innoverende hervertel van die verhaal van die wolf en die drie varkies. Die preekriglyn begin met ân voorbeeld wat ons help verstaan dat baie volwassenes geestelik en emosioneel sukkel om uit die doeke uit te kom. Paulus praat in ons teks hieroor met die gemeente in Korinte. Hulle is nog in die doeke. Sy maatstaf daarvoor is dat daar jaloesie en twis onder die KorintiĂ«rs voorkom en dat hulle in partyskappe verdeel is, sommige vir Paulus en ander vir Apollos. Daarom kan hy nie met hulle oor die diep dinge van God praat nie. Hulle is nog net gereed vir melk. Wanneer leiers nie teen mekaar afgespeel word weens die onvolwassenheid van die gelowiges nie, kan vertroue in en betroubaarheid van die leiers die gelowiges dieper neem op pad na geestelike volwassenheid.
1 Korintiërs 2:1-12 - Vyfde Sondag nå Epifanie - 5 Februarie 2017
Carolyn Brown sĂȘ dat die KorintiĂ«rs âwysâ wou wees volgens die wĂȘreld se standaarde. Ons â ook kinders â wil graag âwysâ of âslimâ lyk vir die mense rondom ons. Paulus sĂȘ ons moet vergeet daarvan. Ons word eerder herinner dat wat âwysâ lyk vir die wĂȘreld, nie is wat âwysâ lyk vir God nie. ân Lekker storie om te gebruik is die van The Tawny Scrawny Lion, deur Kathryn Jackson. Dit vertel van ân skynbaar dwase haas wat ân honger leeu hanteer op ân manier wat op die ou end baie wys is. Hy kry op die koop toe ook ân nuwe vriend. Die preekriglyn sluit by Donald Trump se opstaan vir Jesus in Kerstyd aan wat met gemengde gevoelens ontvang kan word. Mens kan immers vir Jesus opstaan op 'n manier wat glad nie pas by Hom nie. Dit was ook so in Paulus en die KorintiĂ«rs se tyd. Daarom kies Paulus om nie volgens die wysheid van sy tyd op te tree in Korinte nie, maar met angs en huiwering by die kruisboodskap van Jesus aan te sluit. Slegs daardeur staan sy bediening in die krag van God.
Miga 6:1-8 - Vierde Sondag nĂĄ Epifanie - 29 Januarie 2017
Verduidelik vir die kinders wat ân juk is. Lees dan Matt 11:28-30 en vertel vir die kinders dat party mense dink dat God se wil soos ân juk is â iets wat swaar op ons druk, ons vasbind en seermaak. Maar God is nie so nie â hy is lief vir ons. Dat sy juk sag is beteken dat dit ân vreugde is om die Here te dien- dit is nie swaar en ân las nie. Gebruik dan die teks van Miga om daarop uit te brei. Dit preekriglyn lei met die verhaal van Jimmy Carter in, die 39ste president van die VSA, wat sy ampseed op 20 Januarie 1977 afgelĂȘ het met 'n Familiebybel wat oopgemaak was by Miga 6:8. Na Richard Nixon se toesmeerdery en leuens oor die Watergate-skandaal was diĂ© keuse nie verniet nie. Amerika was 'n diep-verdeelde land met wantroue in politieke leiers wat hoogty gevier het. Carter het weer teruggekeer na Bybelse waardes en was soos 'n vars briesie op die nasionale politieke toneel. Want Miga verwag van ons om op alle vlakke van die lewe op te tree soos Hy dit wil hĂȘ: of ons politici is, soos Jimmy Carter, of onderwysers, medici, prokureurs, boere, sekretaresses of pensioenarisse.
Jesaja 9:1-4 - Derde Sondag nĂĄ Epifanie - 22 Januarie 2017
Met Familietyd kan jy die storie van die Son-brood vertel om die kinders en hulle ouers te laat nadink hoe ons meer soos die lig van God kan wees. Jy kan ook ân flits wat nie batterye in het nie gebruik om te illustreer dat ons die Lig van God â die batterye â in ons eie lewe nodig het voor ons ligte kan wees in die wĂȘreld. Jy kan ook gesels oor hoe een lig donker kan verdryf â bv. ân LED-liggie aan jou sleutelring, of ân naglig â iets wat kinders goed verstaan! Dan kan jy ân naglig wys en gesels oor hoe dit kinders help om nie bang te wees nie. Die preekriglyn begin met die tragiese en ontstellende verhaal van Alison Oates wat verlede jaar in haar plaashuis buite Harrismith grusaam aangeval en verkrag is. Toe sy by die polisie en hospitaal aangekom het, het sy egter beleef dat haar nag van hel egter nie verby was nie. Sy is gruwelik verwaarloos en verontagsaam. Nadat sy besluit het om die saak nie net daar te los nie, sĂȘ sy: "Ek het goeie en slegte dae, maar ek het nie daardie dag so hard baklei om te bly leef net om nou 'n lewende dooie te wees nie. Dit lei die preekriglyn se besinning oor die vernedering wat alle mense op een of ander manier beleef. Sommige mense word egter aan soveel vernedering, minagting en verontmensliking blootgestel, dit laat jou sidder. Dit is waarna ons teks verwys met die gebiede van Sebulon en Naftali wat verneder is saam met die res van die Noordryk deur die AssiriĂ«rs se invalle in die Noordryk in die 8ste eeu. Die hele bevolking van die Noordryk is met iets soos 'n massiewe plaasaanval en plaasverwoesting getref. Die mense van die Noordryk se hele leefwĂȘreld het in duie gestort en baie is deur AssiriĂ« in ballingskap weggevoer. Hoewel hulle geen onskuldige lammetjies was nie - vóór die val van die Noordryk leer ons hulle ken as arrogante, godsdienstig sorgelose mense met 'n skyngodsdiens, soos Amos en Hosea dit noem â bly die Here betrokke by sy volk, ten spyte van hulle groot sonde. God belowe om hulle weer op te tel en ân wending te bring. In die toekoms sal God hulle in eer herstel. Die volk wat in donkerte geleef het sal 'n groot lig sien en weer groot blydskap beleef. Die blydskap wat beskikbaar sal wees in die Seun wat vir hulle gebore sal word. Jesus se vestiging in die dorp Kapernaum, juis in diĂ© gebied, was vir die evangelieskrywers ân duidelike vervulling van die eerste deel van die profesie oor Sebulon en Naftali â Mat 4:12â17. Jesus is dus die lig waarna Jesaja in die profesie uitgesien het. En die koninkryk wat Jesus kom stig het, is die vervulling van die tweede deel van die profesie oor die Dawidsryk. Daarom kan hulle â en ons â leef ons met die vaste vertroue: IN Jesus het ons die lig, al moet die lig nog volkome vir ons almal op hierdie wĂȘreld deurbreek.
Die voorgestelde preektekste vir die eerste kwartaal 2017 kom vier keer uit die OT profete: Jesaja en Miga, een keer uit die Psalms, vyf keer uit die evangelies van Matteus en Johannes, en vyf keer uit die briewe in die NT: 1 Korintiërs, 2 Petrus, en Kolossense. Hier is die lys met die preektekste telkens eerste geplaas.
Chris van Wyk het uit sy Bybelskool.com materiaal 'n stiltetydboek saamgestel wat lidmate kan gebruik om vir die komende Sondag voor te berei aan die hand van al vier tekste wat vir die week aangegee word.
Lidmate kan die luistersiklus gebruik om hierdie tekste deur te werk:
RUS
HOOR
LEEF
Jesaja 49:1-7 - Tweede Sondag nĂĄ Epifanie - 15 Januarie 2017
Vir Familietyd kan jy die gedig in die preekriglyn voorlees en dit koppel aan die ingeslote voorbeeld van die âAstroâs in die pypâ. Daarmee kan Jesaja se roeping om die seĂ«n van die Here vir al die volke te bring, geĂŻllustreer word. Hy was net die kanaal waardeur God se krag gevloei het. Die preekriglyn begin met ân toneel uit Karin Brynard se roman, Tuisland, waarin 'n bruin vrou, Kytie, op vlug is met 'n kind, wat as Tienrand bekendstaan, in die Kalahari. Hulle pad kruis met 'n man wat in Khoisan tradisionele drag en versiering soos 'n mens-dier lyk wat hulle op allerhande maniere help in gevare. Dit verskaf ân goeie inleiding om oor die Dienaar van die Here se werk te gesels aan die hand van Jesaja 49. Sy mond is soos 'n skerp swaard wat soos die chirurg se skalpel kwaad en gevaar wegsny, sodat daar genesing kan kom. Hy is ook soos die pyl van die Here, wat tans nog in die Here se pylkoker is. 'n Pyl is 'n instrument in die hande van 'n boogskutter. Met 'n pyl kan 'n boogskutter oor 'n afstand werk, om te doen wat hy wil doen. So het die mens-dier in Kytie se verhaal hierbo oor 'n afstand die onheil, in die vorm van 'n slang, uitgewis. Die kind, Tienrand, het onwetend in die woestyn tot naby 'n gevaarlike slang geloop. Die boogskutter het haar met sy pyl gered. So gaan die Dienaar van die Here God se instrument wees wat God se werk op aarde gaan doen.
Jesaja 42:1-9 - Eerste Sondag nĂĄ Epifanie - 8 Januarie 2017
Gesels oor âsagmoedigheidâ â of dalk eerder âsagtheidâ. Help kinders om te verstaan dat âsagtheidâ en âkrag / om sterk te weesâ dikwels saamgaan. Om âsagâ te wees, is nie gelyk daaraan om âswakâ te wees nie. Verduidelik dat dit is hoe Jesus is â sag of sagmoedig. Lig gedeeltes uit die Jesaja-teks uit wat dit beklemtoon â of laat gesinne die teks saam lees en gedeeltes uitlig wat Jesus se sagtheid bevestig. En aangesien kinders versot is op pleisters, kan jy vir elkeen ân pleister plak om hulle te herinner dat Jesus saggies met hulle werk. Die preekriglyn val direk weg met diĂ© dag, op die oewer van die Jordaanrivier, at 'n groot dag in die lewe van die Triniteit afgespeel het. Dit vorm die inleiding om oor die liedere oor die Dienaar van die Here in Jesaja na te dink. Hy bring die geregtigheid van God in ân wĂȘreld wat siek en gebroke is. Hierdie Dienaar is soveel anders as die wĂȘreld. Hy is kalm en rustig, sag en stil. Hy breek niemand verder af nie, Hy manipuleer, dreig en pleeg nie geweld nie. Vir Hom heilig die doel nie die middele nie. Hy leer ons leef op 'n manier wat genees en vry maak. Hy is 'n Koning wat nie oorheers nie, maar dien. Hoe sal ons reageer? "Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het (Ef. 1:6).
Psalm 72:1-7, 10-14 - Epifaniefees - 1 Januarie 2017
Vra vir die kinders die volgende vraag: âWie, dink julle, regeer in ons land?â (Waarskynlik sal die kinders Pres. Jacob Zuma antwoord). Vra dan verdere vrae soos: âWie sorg dat ons nie te vinnig op die paaie ry nie?â Die antwoorde sal dan waarskynlik wyer as net die regering wees. Kinders moet verstaan dat hierdie gebed bedoel was vir koning Salomo, sodat hy regverdig moes regeer. Dit maak vir hulle die deur oop om ook vir vandag se regeerders en leiers te bid, sodat hulle regverdig sal wees en altyd die belange van die mense wie hulle dien op die hart sal dra. Die preekriglyn begin met die verhaal van World Vision International wat 'n wĂȘreldwye Christelike organisasie is wat hulpverlening, ontwikkeling en bewusmaking ten bate van kinders, vroue, families en gemeenskappe onderneem. Die ontstaan van World Vision het te doen met 'n besoek van dominee Robert Pierce in 1947 aan China. Daar het hy 'n onderwyseres, Tena Hoelkedoer, ontmoet wat hom voorgestel het aan 'n vernielde en verlate kind, White Jade. Tena was nie in staat om self vir die kind te sorg nie, en het Pierce gevra: "Wat gaan jy doen om haar lot te versag?" Ds. Pierce het die onderwyseres sy laaste vyfdollarnoot gegee, en onderneem om van nou af elke maand vyf dollar te stuur om die onderwyseres te help om White Jade te versorg. Die ontmoeting was 'n keerpunt vir Pierce. Hy het begin om 'n organisasie te bou wat die wĂȘreld se kinders sou help. Dit het alles begin by twee mense wat 'n vernielde kind raakgesien het. Hulle wou reg aan die kind laat geskied, en vir haar 'n geleentheid gee. Vandag is Epifaniefees. Ons vier die goedheid en koningskap van God wat in Jesus Christus verskyn het. Kersfees het ons aan God se Messias-koning herinner. In Hom het God se koninkryk, sy heerskappy oor alle dinge sigbaar geword. Daarom behoort ons te bid dat dit ook onder ons sigbaar sal wees, dat dit in ons land en regering sigbaar sal wees. Ons behoort die regering te help om die nood in die land raak te sien en om na die landgenote om te sien. Ons behoort self die moue op te rol en, aangevuur deur die wil van God, werklik medemens te wees vir diegene wat ons nodig het.
Johannes 1:1-14 - Kersfees 25 Desember 2016
Wys ân video van die Kersverhaal van kinders wat die Kersverhaal vertel en opvoer, of ân animasie, vertelling wat voorlesings is van die relevante Skrifgedeeltes. Voorbeelde ingesluit. Op Kersoggend is kinders ook opgewonde oor die geskenke wat hulle gekry het. Wys iets wat jy gekry het. Vra wat hulle gekry het. Party sou dit saamgebring het â laat hulle dit vir die gemeente wys. Wees saam met hulle bly en opgewonde. Herinner hulle dan dat die groot geskenk wat ons kry, Jesus is. God het in Jesus mens geword, sodat ons God deur Jesus kan ken en dien. Daarom gee ons onsself vir God. Jy kan sterretjies op die kinders se voorkoppe plak, of ân bietjie body glitter op hul voorkoppe vryf. Daarmee vier ons dat ons doop bevestig dat ons God se kinders is Ă©n dat ons onsself vir Jesus gee. Die preekriglyn vier die begin van die evangelie in Johannes wat Jesus as die Woord van God aan ons bekendstel. Johannes begin dus nie by Jesus se geboorte nie. Hy begin ook nie met ân geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van die mens en Israel sou plaas nie (anders as Matteus). Hy begin selfs nie by Jesus se betrokkenheid by die skepping waarvan die Psalms (33:6) en die Pentateug (Gen. 1:3) vertel nie (anders as Lukas). Hy begin by God se tyd, die ewigheid, voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos ons tyd was. Jesus is die Woord (logos) van God. Jesus is nie net goddelik nie, maar Godself. Uit Hom is alles gemaak, want Hy was die lewe van alles (Kol 1:16). En dit skyn soos ân lig in die duisternis wat ons lewens verlig.
Matteus 1:18-25 - Vierde Sondag in Advent - 18 Desember 2016
Die versoeking is dikwels om vir kinders âlessiesâ uit die Bybel te haal. Wanneer ons egter te veel fokus op die âlessiesâ, vergeet ons soms om die Bybelverhale self vir die kinders te leer. Daarom stel ons voor dat jy gewoon die verhaal van Josef vir die kinders vertel. Jy kan vingerpoppies maak om te gebruik wanneer jy die storie vertel. Die preekriglyn lei in met die feit dat in die Adventstyd / Kerstyd ons die feit vier dat God in Jesus Christus die wĂȘreld aangeraak het. Niks is meer dieselfde nie, want God het in die gestalte van 'n mens op aarde aangekom. Ons ontvang vergifnis van sonde en God gee ons hoop. Ons teks beklemtoon dit is hierdie wĂȘreld, wat jy met jou sintuie waarneem, wat God kom verander. Ons glo nie in 'n sprokie of 'n mite, 'n mooi verhaaltjie van eendag lank-lank gelede nie. Gewone mense word in hierdie drama betrek. 'n Gewone maagd raak swanger, 'n ewe gewone man hoor die blye boodskap en ontferm hom oor Maria en haar seun, wat deur God verwek is. Dit gebeur deur die tussenkoms van die Heilige Gees, wat die nuwe lewe in Maria wek.
Matteus 11:2-11 - Derde Sondag in Advent - 11 Desember 2015
Jan Richardson het ân pragtige kunswerk geskep oor Johannes wat deur die donker tronk tralies die lig sien. Voorbeeld ingesluit. Dit is waarskynlik te ingewikkeld vir kinders, maar dis ân pragtige refleksie om Ăłf met die gemeente te deel Ăłf in die liturgie in te werk. Vir families kan die fokus op Jesus se verjaarsdag val. Daar is kreatiewe idees hoe om dit prakties te maak vir die kinders. Die preekriglyn lei in met die verhaal van Ken Mansfield die bestuurder van Apple Records, die uitgewers van die Beatles se musiek in die VSA. Voordat hy besluit het om Jesus as Here en Verlosser te volg, sĂȘ Mansfield, was sy Bybel die musiek-industrie se glanstydskrifte, was grafieke van plaatverkope sy God, en sy lewensdoel om posisies van prestige in die lewe te bereik. 'n Grammy-toekenning was sy verlosser, en die beloofde land 'n posisie op die toppunt van die plate-industrie. Hy wou 'n magtige sakeman wees, 'n sukses, iemand na wie ander met bewondering gekyk het. Na sy bekering het Mansfield besef hoe leeg die lewe saam met die Beatles was, in vergelyking met 'n lewe volgens die weg van Jesus. Die Vader, Seun en Heilige Gees is die bron van die lewenskoers wat hy nodig gehad het, vertel Mansfield later. "Ek het 'n kaart nodig gehad, 'n joernaal met helder instruksies, reiswysers waarna ek kan kyk â 'n gidsboek wat my onrustige gees kon aanspreek. Ek het 'n Boek met soveel krag nodig gehad dat die woorde daarvan op die kern van my hart ingegraveer kon word. Ek het die onweerlegbare, heilige Woord van God nodig gehad: woorde van die almagtige Vader, die skepper van die oseaan van die lewe waarop ek so verlore was." Dit gee ân uitstekende inleiding om oor Johannes die Doper se ervaring en evaluering van Jesus se bediening te gesels en vandaar die brug na vandag te slaan en die betekenis van Jesus as Messias op ân nuwe manier vir ons te belig.
Matteus 3:1-12 - Tweede Sondag in Advent - 4 Desember 2016
Vertel die verhaal van Johannes die Doper in ân taal wat vir kleiner kinders ontvanklik is. Voorbeeld ingesluit met ekstra inligting. Die preekriglyn begin met die verstommende verhaal van Brian Nichols wat uit die Fulton County hofgebou in Atlanta ontsnap en ân hele aantal mense in die proses vermoor. Al vlugtend beland hy in die woonstel van Ashley Smith, 'n enkelma in haar nood hardop begin om voor te lees uit Rick Warren se blitsverkoper, The Purpose Driven Life. Die lees van Warren se geestelike boek bring beide Smith en die voortvlugtende moordenaar Nichols by belangrike beslissings in hulle lewe. Dit lei â met een woord gesĂȘ - tot radikale bekering, die inslaan van 'n nuwe lewenskoers, soos in die fliek, Captive, is in 2015 verbeeld. In ons teks lees ons hoe Johannes die Doper die weg berei het vir Jesus se optrede. Hy het dit deur sy prediking in die woestyn van Judea gedoen, naby die Dooie See. Die hoofinhoud van Johannes se prediking was: "Bekeer julle..." Wat presies beteken hierdie bekering? Bekering is ... die aanvaarding van Jesus se koningskap, ontvanklikheid versus verharding, nuwe denke oor God en oor wĂȘreld, veranderde gedrag, 'n nuwe begin en 'n voortgaande beweging, bekragtig met die Heilige Gees.
Matteus 24:36-44 - Eerste Sondag in Advent - 27 November 2016
Verduidelik die konsep van Advent as tyd van afwagting. Jy kan die storie âWho is Coming to Our Houseâ deur Joseph Slate gebruik. Gesels oor die afwagting voor ân lekker vakansie waarna jy al lank uitsien. Jy kry alles reg, pak solank in, sit alles gereed. Wanneer jou ouers jou mĂŽreoggend vroeg wakker maak, is jy gereed om net te klim. Jesus sĂȘ ons moet gereed wees vir wanneer Hy weer kom. Dit beteken dat ons Hom liefhet, sodat ons gereed is wanneer Hy kom. Die preekriglyn begin met die verhaal van Arne Faydherbe, 'n burger van Mauritius, wat nege inbrekers verras toe hy na 'n aand uit by sy luukse huis in Llandudno (naby Houtbaai) arriveer. In die proses beland een in die water en Arne moes hom red: "Ek kon tog nie sien dat hy hier voor my oĂ« verdrink nie." Skaars uit die water, dreig die rower weer vir Arne. Arne vervies hom vir die ondankbare vent, en stamp die rower daar en dan terug in die swembad in. Gelukkig het polisie betyds opgedaag om die dief van die water en die woedende huiseienaar te red. Arne sĂȘ agterna hy was kwaad, maar nie verras deur die roof nie. Hy het homself ingestel op die moontlikheid van 'n inbraak. Die diewe het hulle rieme styf geloop, want Arne was gereed vir hulle. Die verhaal, hoewel ân bietjie aweregs, dra die boodskap dat ons in eie konteks altyd gereed moet wees vir die Here Jesus se wederkoms. Waaksaam en gereed. Nie om te veg nie, maar om in die vreugde van die Here in te gaan. Vier dit hierdie Adventsondag!
Lukas 23:33-43 - Sewe en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - Sondag van Christus die Koning â Feesdiens - 20 November 2016
Jesus regeer met ân kruis, nie met ân swaard nie. Gebruik ân swaard wat ân redelike lang dwarsstuk het, sodat as jy dit met die lem-kant na onder op hou, dit soos ân kruis kan lyk. Vertel dan in jou eie woorde die storie van Jesus se kruisiging en maak die punt dat Jesus die swaard kon gebruik het om mense te straf. Maar Hy doen nie dit nie, verduur die lyding van die kruis, sodat Hy vir almal wat in Hom glo, die lewe kan gee. Selfs die een moordenaar aan die kruis, wat ook met die swaard gelewe het, kan saam met Jesus in die Paradys wees, omdat Jesus hier aan hom genade bewys. Die preekriglyn begin met ân fokus op die heerlike, bevrydende koningskap van Christus soos dit geĂŻllustreer, uitgespel en verhelder word deur die kruis op Koninkryksdag. Die teks word uitgelĂȘ as't ware as 'n klompie foto's, wat elkeen 'n aspek van die kruistoneel weergee. Dit is soos verskillende kameraskote wat elkeen uit 'n spesifieke hoek iets van die kruisgebeure uitbeeld waaruit die diep betekenis daarvan met die gemeente gedeel kan word.
Lukas 21:5-19 - Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 13 November 2016
Hierdie is ân moeilike gedeelte om aan kinders oor te dra. Jy kan dalk fokus op die gedagte dat Jesus sĂȘ dat dit nie gaan oor âgoedâ (âstuffâ) nie. Dit gaan om die nuwe ding wat God doen. Dis nie geboue â selfs kerkgeboue â wat belangrik is nie. Geboue hou nie. Dit is ons liefde vir God wat blywend is. Of gesels oor die idee van âwhen the going gets tough, the tough get goingâ â om te volhard wanneer dinge moeilik is. Gebruik die ingeslote verhaal van Sharon Blezzard. Die preekriglyn begin met agtergrondinligting oor die tempel om Jesus se toespraak in konteks te plaas. Hierdie lang toespraak is gerig aan sy dissipels, aan die binnekring, die kerk, hulle wat hul vertroue op Jesus stel en aan Hom getrou bly. Hy leer hulle dat die tydtafel na die einde toe nie vir Hom 'n prioriteit is nie. Hy wil eeder hĂȘ dat hulle sy instruksies uitvoer, beide die negatiewe (moenie mislei word nie) as die positiewe (gebruik krisisse as geleentheid vir getuienis). Dit is in hulle volharding in sy riglyne wat hulle redding lĂȘ.
Haggai 1:15b â 2:9 - Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 6 November 2016
Ons begin met ân gespreksvraag aan die kinders oor kere wat niks vir jou reg verloop het nie en koppel dit dan aan diĂ© verhaal van Haggai. Die teks uit Haggai wil ons bemoedig om moed te skep, want die Here is by ons! Daar is ân ook inkleurprent van ân ruĂŻne en ân voltooide kerkgebou wat jy kan gebruik in die proses. Die preekriglyn sluit aan by die gebed van Sir Francis Drake seevaarder en ontdekkingsreisiger van formaat, in 1577: âDisturb us, Lord, when we are too well pleased with ourselves, when our dreams have come true because we have dreamed too little, when we arrive safely because we have sailed too close to the shore. Disturb us, Lord, when with the abundance of things we possess, we have lost our thirst for the waters of life; having fallen in love with life, we have ceased to dream of eternity; and in our efforts to build a new earth, we have allowed our vision of the new heaven to dim. Disturb us, Lord, to dare more boldly, to venture on wider seas where storms will show your mastery; where losing sight of land, we shall find the stars. We ask you to push back the horizons of our hopes and to push us into the future in strength, courage, hope, and love.â (ook in Afrikaans ingesluit). Daar kom inderdaad 'n punt waar mense se durf, moed, energie en visie so taan, dat ons inderdaad moet bid: "Verontrus ons Here, skep 'n heilige ontevredenheid in ons, sodat ons tot aksie kan oorgaan en u wil kan doen!" Dit is die boodskap van Haggai.
Habakuk 1:1-4, 2: 1-4 - Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - Hervormingsondag - 30 Oktober 2016
Ons gee riglyne om die gebeure rondom Luther en die reformasie op te voer. Jy kan ook die konsep van âklag-gebedeâ op ân maklike, humoristiese manier verduidelik met behulp van die storie âClick Clack Mooâ. Boer Brown se koeie roep vir ân einde aan koue nagte, via elektriese komberse. Die preekriglyn sluit aan by Johann van Loggerenberg se boek Rogue: The Inside Story of SARSâs Elite Crime-busting Unit wat wat wys dat daar geen ârogue unit" was nie en âhoĂ«r magte" saamgewerk het om die SAID te kaap. Daarmee word ân voorbeeld gegee van die tipe verval onder die volk waarmee Habakuk worstel. Soos Eugene Peterson hoofstuk 1 opsom: Justice is a Joke. Dit is Habakuk se krisis. Hy laat God nie los nie, maar bly worstel: Hoe lank nog, Here, vóór U optree! Die Here antwoord Habakuk op twee maniere. Hy wys in die eerste gedeelte wat die geloofsgemeenskap se verantwoordelikheid in sĂł 'n tyd van onreg en oordeel is: "Wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly." Hy wys in die tweede gedeelte uitvoerig op die ellende wat mense te wagte kan wees wat plunder, knoei en onreg pleeg. En dit is diĂ© tweede antwoord wat Habakuk tot rus bring en sy gebed laat skryf wat ons in hoofstuk 3 vind. "Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie." In diĂ© twee woorde van die Here â 1) om te wag vir sy uitkoms, en 2) om in geloof en getrouheid te volhard â lĂȘ miskien een van die belangrikste boodskappe vir gelowiges deur die eeue opgesluit. Ons moet die taak om klag-gebede oor die omstandighede van ons omgewing na die Here te neem nie geringskat nie. Dit is ons protes teen misdaad, geweld, onreg, bedrog, korrupsie en mags-misbruik. God is steeds 'n lewende realiteit, en sy beloftes is steeds waar.
Joël 2:23-32 - Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 23 Oktober 2016
Daar is verskeie maniere wat jy diĂ© gedeelte in Familietyd kan hanteer. Ons gee ân kindervriendelike teks oor die verhaal van die gebed van die FariseĂ«r en die tollenaar in die tempel. Dit beklemtoon die feit dat ân mens niks by God kan verdien nie. Jy kan di took illustreer met ân voorbeeld van lekkers of met Stephan Joubert se bydrae by Ekerk oor âselfiesâ. Die FariseĂ«r is so behep met sy eie verdienste dat hy inderdaad net met ân âselfieâ besig is! Die preekriglyn begin met die verhaal van Shawna Pilat en haar man Rick se bekering. Rick wat eers later tot bekering gekom het, sĂȘ: "Dit was eers later dat ek besef het hoe belangrik berou is, en om die vergifnis van God deur Jesus Christus te aanvaar." Daardie dag het Rick huis toe gegaan en vir sy vrou gesĂȘ: "Ek kan nou die man wees wat jy nodig het." Bekering word dan in die preekriglyn as drie bewegings uitgespel aan die hand van JoĂ«l se boodskap.Die toppunt van die belofte is egter geestelik: "Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense âŠ" Die Here herstel sĂł hulle geestelike gemeenskap met Hom.
Jeremia 31:27-34 - Twee en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 16 Oktober 2016
Vers 33 is die beste aansluitingspunt vir kinders: âEk sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslĂȘ.â Lag saam oor die absurde idee van God wat ons harte uit ons bors uithaal en met ân pen daarop skryf. Gesels dan oor die idee van iets âuit jou kop uitâ memoriseer. Om net ân Bybel te hĂȘ, beteken nie veel nie. Dit is eers wanneer ons dit lees, wat dit regtig ons sân word â in ons harte geskryf word. Dan word die woorde op papier woorde in ons harte. Die preekriglyn lei in met die feit dat ons pogings om ons eie geluk te skep dikwels boemerang. Anne Widdecombe skryf: "Laat ons erken, ons is nie 'n meer gelukkige samelewing as gevolg van die bevryding van die 1960's en 1970's nie. Ons het al die bande afgegooi. Nou bereik die egskeidings-koers rekordvlakke, so ook die koers van selfdood, van tienerswangerskappe, van jeugmisdaad, asook van kinderseks. Ons moet eerlike wees en erken die Groot Eksperiment het misluk. Jy kan nie geluk hĂȘ sonder om norme en waardes na te volg nie." Jeremia speel in op diĂ© toedrag van sake wat ook in die sesde eeu v.C. geheers het in Israel. God se volk het ook in sy tyd hul eie kop gevolg. Hulle het God probeer paai met uiterlike vormgodsdiens, en gemaak soos hulle wil. God los hulle egter nie, maar voed hulle op, tug hulle, en bring hulle weer by sy genade uit. God se gewilligheid om met sondige mense te bly werk, selfs in die aangesig van hul opstand en verwerping van Hom as God, is verstommend. Hy is genadig, geduldig en vol liefde. God bly by sondaars, werk met hulle, lei hulle deur die woestyn en â in hierdie geval â deur ballingskap, maar bring hulle uiteindelik altyd weer by sy genade uit. Hy belowe dat die volk weer sal floreer en sluit ân nuwe verbond met hulle.
Jeremia 29:1, 4-7 - Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 9 Oktober 2016
Die sleutelteks kan deur Ć ouer laerskoolkind voorgelees word om die ballingskap se invloed op die komende generasies van die verbondsvolk te benadruk. Maak gebruik van Ć prent van mense wat plant of bou, of skep Ć prentreeks van Ć saadjie wat ontkiem en groei. Of dramatiseer die genesing van NaĂ€man aan die hand van die ingeslote vertaling. Die preekriglyn begin met die boeiende verhaal van die uitdaging waarmee die vlieĂ«nier Richard de Crespigny in ân reusagtige dubbelverdieping Airbus A380 gekonfronteer is. 'n Enjin onder die linkervlerk het in 'n vuurbal ontplof. Die een krisis na die ander het gevolg. Op 'n stadium was 22 van die 24 sentrale beheernetwerke van die vliegtuig buite werking. Die Airbus draaiboek vir krisisse het nie langer gehelp nie. Kaptein De Crespigny het besluit hy moet homself verbeel hy vlieg 'n Cessna, die vliegtuigie waarmee hy oorspronklik leer vlieg het, en wat sonder al die beheernetwerke beheer moes word. Hy het die reuse Airbus A380 so begin hanteer. Hy het deurgedruk en kon die grote Airbus met minder as 100 meter op die aanloopbaan oor tot stilstand bring. 569 passasiers het die "Cessna" ongeskonde verlaat. Die koelkop vlieĂ«nier was 'n held. Dit gee ân goeie inleiding vir die wyse waarop Jeremia die situasie van die ballingskap hanteer het. Die Jode se godsdienstige draaiboeke en hulle kop-prentjies oor hoe God werk, het daarom nie meer by hulle omstandighede gepas nie. In hierdie geroesemoes skryf God vir die ballinge 'n brief, via Jeremia. Die doel van die brief is om hulle te oriĂ«nteer en vir hulle God se pad aan te wys. Die brief laat God se lig op hulle en hul omstandighede val, en wys God se pad vorentoe aan. Die regte verbeelding in ballingskap is om die situasie te aanvaar en positief te begin werk om die âplekâ waar God jou geplaas is te seĂ«n in afwagting vir die lotsverandering wat die Here wel kan bring.
Klaagliedere 1:1-6 Twintigste Sondag in Koninkrykstyd 02 Oktober 2016
Die storie van die klein hasie in âWhy Do You Cry?â deur Kate Klise is perfek om die gesprek in te lei. Dis die verhaal van Klein Hasie wat maatjies nooi na sy vyfde verjaarsdag. Hy glo dat net babatjies huil, daarom besluit hy om net ander groot diere te nooi. In sy boekies is dit diere wat nie huil nie. Een na die ander probeer hy sy maatjies nooi, maar een na die nader sĂȘ hulle kan ongelukkig nie kom nie, want hulle huil nog. Elkeen vertel vir hom wat hulle laat huil. Uiteindelik vind hy uit selfs sy ma huis soms! Jy kan hierdie storie gebruik om te gesels oor diĂ© dinge waaroor julle as gemeenskap huil â en saam intree vir die dinge wat julle hartseer maak. In die preek word doelbewus na die wyer inhoud van klaagliedere verwys om die boek beter aan die hoorders bekend te stel. Jeremia huil in hierdie boek hartroerend oor die toorn van God wat hy oor die land sien losbars het. Hy skryf as ân ooggetuie van die traumatiese verwoesting van die stad, die verkragting en vernietiging van die mense en die verstrooiing van die volk in ballingskap. In hartverskeurende detail brei hy uit oor die dodelike impak daarvan op die geloofsgemeenskap. Die probleem was ook nie net dat die volk Juda sosiaal, ekonomies en polities verwoes is nie. Dit was immers al erg genoeg. Maar, hulle worstel nou in ballingskap veral met die feit dat hulle teologiese sekerhede vernietig is. Die vraag was dus brandende: Hoe kon God soveel ellende oor Sy volk laat kom? Hoe kon Hy Sy eie beloftes sĂł versaak? En waar laat dit hulle nou? Sou daar nog iets oor wees vir die toekoms? Wat kon hulle nou van God verwag? Sou daar ân omkeer moontlik wees? Dit is in diĂ© situasie dat Jeremia met sy Klaagliedere die hartseer en verydeling van die volk verwoord. Sy digwerk gee woorde aan die worsteling, gee redes vir die oordeelsvoltrekking, veral redes wat verband hou met die feit dat die volk hulle kant van die verbond nie nagekom het nie, maar formuleer tog ook die hoop dat God Hom weer sal ontferm, want âDie Here is goed vir wie op Hom bly hoop.â (3:25).
1 Timoteus 6:6-19 Negentiende Sondag in Koninkrykstyd 25 September 2016
Dramatiseer die gelykenis van Lasarus en die ryk man aan die hand van Die Nuwe Testament vir Kinders in Familietyd. Die preekriglyn lei in met die verhaal van Rockefeller, die Amerikaanse grondbaron, wat gesĂȘ het dat ân mens eers genoeg grond besit: âWanneer jy die grond wat tans aan jou grond grens, ook besit." Die dag na dieselfde Rockefeller se dood het 'n joernalis vir sy rekenmeester gevra: "Presies hoeveel het Rockefeller nagelaat?" Die rekenmeester het met nadruk geantwoord: "Rockefeller het alles agtergelaat." Die rekenmeester het 1 Tim 6 vers 7 verstaan: "Ons het niks in die wĂȘreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie." Ons lei in die Westerse wĂȘreld aan ân nuwe soort griep in die Westerse wĂȘreld. Dit word Affluenza genoem. Dit is die onverdunde strewe na meer geld, rykdom en besittings. Dit maak mense siek. Baie sal alles oorboord gooi net om meer geld te maak. Meer grond te hĂȘ. Meer besittings te versamel. Affluenza is ook 'n soort geloof. Diegene wat hieraan ly, glo hulle lewe sal meer sinvol en vervuld wees as hulle baie het. Hulle status en aansien sal verhoog. Hulle sal dinge kan doen wat lekker is, en die lewe die moeite werd maak. Paulus skryf egter: âDie godsdiens is ân groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wĂȘreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.â