SOEK HIER VIR BYBELGEDEELTES


Tik die naam van die Bybelboek wat jy soek hieronder in om die resultate te "filter". Dit sal jou baie gou wys of die hoofstuk of perikoop wat jy soek hier beskikbaar is.

Die vorige alfabetiese lys is steeds hier, maar sal nie langer opgedateer word nie.



Kerkjaar 2017-18

File Version Licence Size Added Hits

Johannes 12:20-33 - Vyfde Sondag in Lydenstyd - 18 Maart 2018

Johannes12 20-33Die X-Men is "mutants" - mense wat met spesiale "super-powers" gebore word. Omdat hulle hierdie spesiale kragte het, is hulle helde wat ander mense help. Die mense van Jesus se tyd het ook van helde gehou! Hulle het gedink Jesus was 'n held wat die slegte mense sou vernietig. Daarom wou hulle hom graag sien. Ons dink ook dikwels, soos die mense van Jesus se tyd, dat ons spesiale kragte nodig het om helde te wees. Jesus leer vir ons dat 'n held anders lyk. Hy oorwin slegte mense deur hulle lief te hê - selfs al kos dit sy lewe! Miskien het ons nie "super powers" soos die X-Men nie, maar ons het 'n geheime krag - Jesus se liefde vir ons! Daardie krag help mense wanneer dit ook vir hulle nodig is om baie op te gee om ander te help. Die preekriglyn lei in met 'n focus op fotografie, die wyse waarop kontras uitsonderlike foto's tot gevolg het. Die Johannesevangelie is 'n grafiese evangelie, propvol ironie. Die doel van die evangelie is om geloof te bewerk in Jesus Christus as die Seun van God en deur Hom toegang tot die ewige lewe te verkry.

Johannes 12:20-33.ppt 1.96 MB Mar 12, 2018 08:41 Download 292
Johannes 12:20-33.pptx 1.82 MB Mar 12, 2018 08:39 Download 313
Johannes 12:20-33.doc 108.5 KB Mar 12, 2018 08:39 Download 421

Johannes 3:14-21 - Vierde Sondag in Lydenstyd - 11 Maart 2018

Johannes3 14-21Johannes 3:16 is van die bekendste verse in die Bybel, maar die kanse is goed dat die meeste kinders dit nog nie ken nie. So memoriseer dit saam! Jy kan ook vir elke lidmaat 'n groot leë kruis gee wat op 'n vel papier gedruk is. Laat almal 'n klomp name daarop skryf van mense vir wie die vers waar is - ook hul eie name. Die preekriglyn begin met die feit dat Johannes se eerste lesers, mense uit die Grieks-Romeinse wêreld, dit 'n ondenkbare en rewolusionêre gedagte was: dat God mense kan liefhê. In ons tyd het hierdie vers en boodskap oorbekend geraak. Die teks word ook konteksloos aangehaal. Die gebeure en gesprek waaruit dit kom, word weggelaat. Wanneer dit gebeur, kan ons verstaan van God se liefdespad met die wêreld skraler en vlakker raak as die wonderlike diepte wat dit eintlik verteenwoordig. Fokus met hierdie preek om die konteks te gee vir die verhaal sodat die impak hiervan weer nuut deur ons in hierdie wêreld geleef en verkondig kan word.

Johannes 3:14-21.ppt 1.17 MB Mar 04, 2018 16:50 Download 270
Johannes 3:14-21.pptx 1.04 MB Mar 04, 2018 16:49 Download 260
Johannes 3:14-21.doc 112 KB Mar 04, 2018 16:48 Download 453

Johannes 2:13-22 - Derde Sondag in Lydenstyd - 4 Maart 2018

Johannes2 13-22Vestig die aandag op die skoene by die kruis. Nooi kinders om van die skoene aan hulle voete te trek en te dink hoe dit voel om in iemand anders se skoene te moet staan. Lei die gemeente om daaraan te dink hoe ons elke jaar Lydenstyd uit gewoonte vier. Dink daaraan hoe dit sou voel om in Jesus se skoene te moes staan. Of dramatiseer die verhaal aan die hand van die teks. Daar is inligting ingesluit oor die verskillende ruimtes by die tempel. Die preekriglyn begin met die verhaal van Michelangelo wat In die vroeë 1500's vir vyf jaar op sy rug gelê het om Bybelse tonele teen die plafon van die Sistynse kapel in Rome te verf. Die besondere kunswerk het egter feitlik onmiddellik begin verdof, veral weens die gebruik van rokerige olielampe om die gebou te verlig. In 1981 het Fabrizio Mancinelli en Gianluigi Colalucci 'n klein hoekie van die skilderwerk versigtig met 'n spesiale vloeistof gewas. Toe het hulle kunskenners uitgenooi om die werk te kom ondersoek. Almal was verstom. Niemand het kon dink dat sulke manjifieke kuns en kleure agter eeue se vuil verskuil was nie. In sy volle glorie herstel, moes kunskenners anders oor Michelangelo skilderwerk begin dink. Tot nou toe het sy skilderye soos beeldhouwerk gelyk, met uitstekende vorm maar dowwe kleur. Skielik was dit duidelik dat Michelangelo ook meesterlik met kleur kon werk. Goeie skoonmaak het wonderlike effek. Dit herstel die oorspronklike bedoeling met die kunswerk. Dit gee 'n uitstekende inleiding om oor die teks te gesels en Jesus wat die tempel op dieselfde wyse "skoonmaak".

Johannes 2:13-22.ppt 1.16 MB Feb 27, 2018 07:38 Download 264
Johannes 2:13-22.pptx 1.03 MB Feb 27, 2018 07:37 Download 225
Johannes 2:13-22.doc 168.5 KB Feb 27, 2018 07:36 Download 384

Romeine 4:13-25 - Tweede Sondag in Lydenstyd - 25 Februarie 2018

Romeine4 13-25Hierdie is 'n goeie geleentheid om die verhaal van Abraham te vertel, as agtergrond vir die fokusteks. Daar is skakels na videos om jou te help. Kinders kan tydens die diens sterre uitknip en versier, en tydens die dankoffer by die preekstoel kom neersit, om ons te herinner aan God se beloftes. Julle sal ook lekker kan speel met goue ster-plakkers. Jy sou dit kon verbind aan die doop en 'n sterretjie op elke kind se voorkop plak. Daar is ook oulike inkleurprente van Abraham. Die preekriglyn begin met 'n inleiding oor die pragtige berge in die Karoo. Maar dan is daar die Himalajas. Hulle staan tussen al die ander berge en bergreekse op aarde uit. Die grootse Piek Everest troon oor die Himalajas. Daar is nie nog so 'n berg en nog so 'n bergreeks nie. Soos Paulus se Romeinebrief tussen al sy briewe uittroon. Dit is die Himalajas, die Everestpiek, van die Nuwe Testament. Hier ontmoet ons onvergelykbaar helder vir God, die Vader van Jesus Christus, en vir Jesus Christus self, deur die krag en gawe van die Heilige Gees. En word ons vervul met diepe verwondering oor wie God is en wat God doen. Romeine is 'n bergpiek-ervaring veral soos hy skryf oor dat God in die sterwe en opstanding van Jesus handel om mense in 'n herstelde verhouding met God te kry. Hierdie verhouding staan as geloof bekend. Hierdie geloofsverhouding is vir alle mense, Jode en heidene, etniese Jode en nie-etniese Jode, moontlik.

Romeine 4:13-25.ppt 879.5 KB Feb 19, 2018 14:29 Download 212
Romeine 4:13-25.pptx 800.34 KB Feb 19, 2018 14:28 Download 238
Romeine 4:13-25.doc 116.5 KB Feb 19, 2018 14:27 Download 365

1 Petrus 3:18-22 - Eerste Sondag in Lydenstyd - 18 Februarie 2018

1Petrus3 18-22Vandag gesels ons in Familietyd oor krone. Konings en koninginne dra soms krone wat iets weerspieël van hulle belangrikheid. Koningin Elizabeth II van Engeland is bv baie spesiaal (foto). Kom ons praat nou oor Jesus se kroon ... dit was 'n doringkroon … want Jesus is die seun van God wat vir ons aan die kruis gesterf het. In die preekriglyn begin ons met 'n ou Christelike tradisie, dat Jesus na sy lyding en sterwe aan die kruis die doderyk besoek om sy oorwinning oor Satan, sonde en dood aan te kondig. Die Anastasis-fresko in die bekende Kariye-museum in Istanbul beeld hierdie besoek uit. Soos ons teks, is die Anastasis-fresko 'n belydenis oor Jesus Christus. Maar Petrus se gedagtes oor Jesus se besoek aan die geeste in die gevangenis is moeilik te verklaar. En dit word boonop via die ark verbind aan die doop. Mens kan dus in jou uitleg maklik op syspore beland. Dit is egter nie die kern van ons teks of die Nuwe Testament se verkondiging oor Jesus nie. Vir ons teks is Jesus die onskuldige Verlosser wat vir ons skuld gely het, sodat Hy ons kan verlos. Hy maak ons vry van dood en boosheid en bring ons in die regte verhouding met God. Sonder dat ons dit verdien. Dit is wat die Anastasis-fresko vier. Vandag is ons fokus dus op Jesus, die Een wat onregverdig gely het, sodat ons in 'n verhouding met God kan leef en die belofte van 'n heerlike toekoms met God het. Lyding het nie die laaste woord in die wêreld se geskiedenis nie. Die vrug van Jesus se lyding en sy opstanding - wat ons en ons wêreld se opstanding waarborg - spreek die laaste woord. Aangesien ons Christus voor oë hou, word ons nie deur lyding en swaarkry ontspoor nie.

1 Petrus 3:18-22.ppt 1.22 MB Feb 12, 2018 16:22 Download 314
1 Petrus 3:18-22.pptx 1.09 MB Feb 12, 2018 16:21 Download 226
1 Petrus 3:18-22.doc 430 KB Feb 12, 2018 16:21 Download 391

Markus 9:2-9 - Sesde Sondag ná Epifanie (Verheerliking) - 11 Februarie 2018

Markus9 2-9aBetrek die kinders deur die hele liturgie, sodat hulle kan deelneem aan die verheerliking van hierdie Sondag. Gesels oor die verskillende maniere waarop ons na Jesus luister: deur Bybel te lees, deur te bid en deur te luister wanneer ander vir ons vertel van Jesus. Die preekriglyn sluit by die voorbeeld van 'n rit met die Tafelbergse kabelkar aan en die verskillende perspektiewe wat dit 'n mens gee. Tweeduisend jaar gelede is daar ook 'n groepie teen 'n berg uit - nie met 'n kabelkarretjie nie, maar op uitnodiging van hulle leier. Vir 'n vlietende sekonde gee Hy vir hulle 'n kykie in die toekoms. Tog is die fokus uiteindelik op hulle gehoorsaamheid om sy lydensweg te volg. Die week wat kom, is die begin van lydenstyd, dié tyd van die kerkjaar waar ons saam met Jesus sy lydensweg volg. Waar ons onsself saam met Hom op die nou pad van gehoorsaamheid gaan bevind. 'n Pad wat op Goeie Vrydag in April by 'n kruis tot stilstand gaan kom. 'n Pad wat beteken dat ons bereid moet wees om met die kabelkar af te sak na die stad, moue op te rol en aan die werk te spring.

Markus 9:2-9.ppt 913.5 KB Feb 04, 2018 21:49 Download 276
Markus 9:2-9.pptx 797.64 KB Feb 04, 2018 21:44 Download 216
Markus 9:2-9.doc 101 KB Feb 04, 2018 21:43 Download 438

1 Korintiërs 9:16-23 - 4 Februarie 2018 - Vyfde Sondag ná Epifanie

1Korintiers9 16-23aVir Familietyd lees die teks in die eenvoudiger vertaling wat ons verskaf en gesels met die kinders oor die drie voorbeelde van alledaagse situasies waar christene by ander kulture aanpas. Jy kan ook die verhaal van Gladys Aylward wat aan die einde van die preekriglyn aangehaal word, gebruik. Daar is ook 'n skakel na 'n video van die fliek wat oor haar verhaal gemaak is. Die preekriglyn begin met Paulus se roepingsverhaal en gebruik dit as 'n meesterverhaal vir ons eie roeping, om "vir almal alles te word om in elke geval sommige te red". Dit word geïllustreer met die verhaal van Gladys Aylward.

1 Korintiërs 9:16-23.ppt 809 KB Jan 28, 2018 15:55 Download 236
1 Korintiërs 9:16-23.pptx 656.85 KB Jan 28, 2018 15:54 Download 251
1 Korintiërs 9:16-23.doc 159.5 KB Jan 28, 2018 15:54 Download 346

1 Korintiërs 8:1-13 - 28 Januarie 2018 - Vierde Sondag ná Epifanie

1Korintiers8 1-13'n Letterlike vertaling 1 Kor. 8:1b sal iets wees soos: Kennis blaas op, maar liefde bou op. Jy kan lekker gesels oor hoe arrogansie mense op en hoe liefde opbou. Daar is opsies vir 'n volledige poppekas, 'n illustrasie met ballonne en die pragtige storie van Rupert Can Dance. Daarna kan kinders springmielies (opgeblaaste mielies) eet, of rice crispies. Of hulle kan gesiggies op ballonne teken, maar dan gaan jy vinnig moet preek voor die ballonne begin bars! Die preekriglyn verwys terug na die boodskap van 1 Korintiërs 6: "Alles is my geoorloof, maar nie alles is heilsaam nie". Ons teks in 1 Korintiërs 8 is 'n voorbeeld van hoe hierdie riglyn toegepas word in 'n probleemsituasie in Christus se gemeente. Hoe weet mens wat heilsaam en opbouend is? Wat is die toets wat jy daarvoor gaan gebruik? In vandag se teks is heilsaamheid dit wat opbouend vir die geloofsgemeenskap is. Die kwessie waaroor dit gaan is vleis wat aan afgode geoffer is. Min, indien enige, gemeentes worstel vandag met hierdie kwessie. Die beginsel wat Paulus neerlê geld egter vandag net so vir ons. Dit is net so aktueel soos wat dit was onder die lede van die gemeente in Korinte in die eerste eeu n.C.

1 Korintiërs 8:1-13.ppt 736.5 KB Jan 23, 2018 08:30 Download 233
1 Korintiërs 8:1-13.pptx 661.64 KB Jan 23, 2018 08:29 Download 244
1 Korintiërs 8:1-13.doc 107 KB Jan 23, 2018 08:29 Download 405

1 Korintiërs 7:29-31 - 21 Januarie 2018 - Derde Sondag ná Epifanie

1Korintiers7 29-31Lees met Familietyd die fokusteks uit Die Nuwe Testament vir Kinders en Koppel dit aan dieselfde taal wat Paulus in Kolossense 3 gebruik. Soek dan die gemerkte sleutelwoorde wat in die ingeslote diagram weggesteek is. Die preekriglyn begin met die verhaal van Simeon die Stiliet (390 – 459 n.C.) wat vir meer as 30 jaar op 'n klein platform op 'n groot pilaar naby Aleppo Sirië gewoon het. Sy sentrale doel was om die wêreld te ontvlug en toegewy aan God te leef. Vir Simeon was dissipelskap om uit die wêreld weg te vlug. 'n Moderne Simeon sal dalk solank 'n kaartjie Mars toe wil bespreek. Is dit wat die Here van ons vra? Paulus se woorde in ons Skrifdeel klink amper asof hy ons aanmoedig om so te begin lewe. Is dit beter om jouself aan die wêreld te onttrek? Is dit wat Paulus sy lesers leer? As ons dit so verstaan, mis ons die basiese boodskap van wat dit beteken om 'n Christen in God se wêreld te wees. Paulus maak een van die eenvoudigste en tog van die belangrikste punte vir ons Christelike lewe: Ons bestaan in hierdie wêreld moenie gekenmerk word deur verknogtheid aan en beheptheid met die wêreld nie, nie aan die vreugdes en hartseer wat die wêreld ons bied nie, maar deur ons algehele toewyding aan God. Daarvoor span hy die voorbeeld van die huwelik in.

1 Korintiërs 7:29-31.ppt 1.78 MB Jan 17, 2018 10:08 Download 292
1 Korintiërs 7:29-31.pptx 1005.75 KB Jan 17, 2018 10:06 Download 283
1 Korintiërs 7:29-31.doc 150 KB Jan 17, 2018 10:06 Download 360

1 Korintiërs 6:12-20 - 14 Januarie 2018 - Tweede Sondag ná Epifanie

1Korintiers6 12-20Met kleiner kinders kan jy fokus op hoe spesiaal en kosbaar ons liggame is. KidsXpress het ‘n hele reeks hieroor, getiteld “Wikkelwurms”. Herinner hulle dan weer dat God elkeen gemaak het en daarvan hou. CLF het oulike pamflette vir kinders wat gaan oor lyfies en sake rondom lyfies, wat jy kan bestel en uitdeel, soos “Ek kan nee sê”. Daar is ook hulpmiddels vir gesprek met volwassenes. Die preekriglyn 6 fokus op die gedagte dat die liggaam van gelowige mense 'n tempel is van die Heilige Gees en dat God daarom nie net met die gees van die mens nie, maar ook met die liggaam gedien moet word. Daarom waarsku die gedeelte ook teen seksuele losbandigheid. Ons word geroep om ons verhouding met God getrou na liggaam en gees uit te leef. Dit beteken eerstens dat ons moet afsien van sekere dinge. Daar is seksuele gedrag wat nie pas by Christene nie. Ons moenie daaraan deel hê nie. Tweedens moet ons nuut leer praat oor die seksuele. Dit is deel van ons geloof om die Here seksueel liggaamlik te dien. Ons moet met ons kinders en jongmense daaroor praat. Ons bring dit in verband met ons verhouding met die Here, wie liggaamlik uit die dood opgewek is en ons liggame eendag nuut gaan maak. Ons moet meer erns met ons liggame in ons geestelike byeenkomste maak. Ons moet meer lag en huil, meer beweeg en die Here loof. So skep ons 'n geloofsgemeenskap wat weet dat ons liggaamlik tempels van die Here is.

1 Korintiërs 6:12-20.ppt 1.14 MB Jan 08, 2018 12:32 Download 271
1 Korintiërs 6:12-20.pptx 1.08 MB Jan 08, 2018 12:30 Download 284
1 Korintiërs 6:12-20.doc 310 KB Jan 08, 2018 12:30 Download 424

Markus 1:4-11 – 7 Januarie 2018 – Epifaniefees Jesus se doop (alternatief)

Markus1 4-11Hierdie jaar is daar twee opsies vir dié Sondag. Jy kan fokus op Epifaniefees (eintlik Saterdag 6 Januarie) met Matteus 2:1-12 as teks. Óf jy kan fokus op Jesus se doop met Markus 1:4-11 as teks. Daar is riglyne vir albei.  In die spoor van Carolyn Brown kan mens vanoggend stilstaan met Familietyd by die prominente rol wat water in die Bybel speel. Vertel die 4 verhale van die Skepping, Sondvloed, Rietsee, en Jesus se doop (die tekste is ingesluit). Die preekriglyn lei in met die plek van Epifanie in die kerkjaar en die rol wat Jesus se doop daarin speel. Sy doop verfris weer ons geheue oor beide Jesus en oor ons. Jesus se doop herinner ons wie Hy is, terwyl ons doop ons herinner aan twee dinge wat omvangryke implikasies het vir die lewe: wie ons is en wat ons moet doen. Dit is daarom die tyd in die kerkjaar waar ons nie net vra "Wie is Jesus?" nie, maar ook: "Wie is ons?" Dit is ’n tyd om weer nuut oor jouself en oor os as gemeente te dink. Dit is ’n tyd waarin ons nadink oor identiteit en roeping.

Markus 1:4-11.ppt 855 KB Jan 01, 2018 09:42 Download 352
Markus 1:4-11.pptx 742.87 KB Jan 01, 2018 09:40 Download 270
Markus 1:4-11.doc 133 KB Jan 01, 2018 09:40 Download 377

Matteus 2:1-12 - 7 Januarie 2018 - Epifaniefees (6 Januarie)

Matteus2 1-12cHierdie jaar is daar twee opsies vir dié Sondag. Jy kan fokus op Epifaniefees (eintlik Saterdag 6 Januarie) met Matteus 2:1-12 as teks. Óf jy kan fokus op Jesus se doop met Markus 1:4-11 as teks. Daar is riglyne vir albei. Vir hierdie erediens oor Matteus 2:1-12 is daar agtergrond oor die wyse manne uit die Bybelse Ensiklopedie wat jy kan gebruik vir Familietyd. Daar is ook ‘n inkleurprent sowel as die teks uit Die Nuwe Testament vir Kinders. Die preekriglyn oor Matteus 2:1-12 begin met ‘n skets van Herodes, die magtige koning wat met Romeinse gesag Israel met 'n ysterhand regeer het. Hy was die politieke handlanger van die gehate Romeinse oorheersers van Israel wat hulle vuilwerk vir hulle gedoen het. In die onrustige situasie kom 'n groep sterrekenners uit die Ooste, 'n gebied wat nie onder Romeinse beheer was nie, in Jerusalem aan. Hulle koms vul sowel vir Herodes as die ganse Jerusalem met vrees. Die heersende wêreldorde word immers bedreig deur die gerug van 'n magtige wêreldheerser wat uit die Jode kom en nie net oor die Jode sou heers nie, maar oor die hele wêreld. Die geboorte van Jesus het dus van meet af aan plaaslike politieke implikasies. Die rol van God in die geboorte wys egter baie gou dat die geboorte van Jesus baie wyer implikasies gaan hê. Dit is ‘n boodskap vir die hele wêreld.

Matteus 2:1-12.ppt 899 KB Dec 09, 2017 06:23 Download 375
Matteus 2:1-12.pptx 779.19 KB Dec 09, 2017 06:21 Download 279
Matteus 2:1-12.doc 215.5 KB Dec 09, 2017 06:20 Download 443

Lukas 2:22-40 - 31 Desember 2017 - Sondag na Kersfees

Lukas2 22-40Daar is ‘n skildery wat jy kan gebruik om die kinders te laat bespiegel oor wie die mense in die skildery dalk kan wees. Verduidelik wie die mense is en nooi die kinders om na die karakters in die verhaal te luister. Alhoewel die preekstudie net fokus op Simeon in die verhaal is dit goed om die hele verhaal te lees. Gebruik verskillende lesers om die verhaal tot sy reg te laat kom. Daar is ook ‘n video en inkleurprent om jou te help. Trek die verband tussen Jesus se besnydenis en die doop. Carolyn Brown stel voor dat al die Adventskerse vandag saam met die Christuskers vir Simeon en Anna aangesteek word. Ons het 4 weke gewag vir Kersfees, hulle het hulle hele lewens gewag vir die koms van Jesus. Jy kan ook, saam met van die voorstelle van Woord en Fees, gesels oor “wag” en hoe moeilik wag is. Daar is ‘n video om jou daarmee te help: “Waiting is not easy” deur Mo Willems. Julle kan lekker gesels oor die maniere waarop ons soms vir Jesus wag. Die preekriglyn sluit vy die verhaal van Stan Telchin aan, 'n suksesvolle sakeman en toegewyde Jood, vir wie dit verraad was toe sy dogter, Judy, ‘n Christen geword het. Stan besluit om sy dogter ten alle koste verkeerd te bewys met navorsing. Die uiteinde was dat hulle hele gesin besluit het om Jesus as Verlosser en Here te volg. Dit gee jou ‘n uitstekende inleiding tot die impak van die verhaal van Jesus se geboorte soos Lukas dit vir ons vertel soos gesien in die verhale van Simeon en Anna.

Lukas 2:22-40.ppt 677.5 KB Dec 08, 2017 13:42 Download 345
Lukas 2:22-40.pptx 627.79 KB Dec 08, 2017 13:41 Download 258
Lukas 2:22-40.doc 379.5 KB Dec 08, 2017 13:41 Download 529

Jesaja 52:7-10 - 25 Desember 2017 - Kersfees

Jesaja52 7-10Daar is ‘n gebed vir kinders wat jy kan gebruik. Jy kan ook 'n verjaardagkoek kerk toe bring en vir Jesus 'n verjaarsdagliedjie sing en daarna koek aan die kinders uitdeel. Gesels oor hoe spesiaal verjaarsdae is en bid ‘n paar verjaarsdagwense vir die wêreld waarin Jesus gebore is. Op Kersdag is die uitdaging om die "troonsbestyging" deur die liturgie te vier en te beleef, eerder as deur 'n lang preek. Predikers word genooi om dit kort te hou. Moenie huiwer om slegs enkele gesigspunte uit preekskets te gebruik nie. Daar is perspektiewe oor die twee troonbestygings liedere in Jesaja 40 sowel as oor die "Goeie Nuus" van Kersfees rondom God se koningskap. Kersfees is ook 'n verbeeldingsfees, nie in die sin van iets opmaak nie, maar om iets raak te sien wat reeds is. Dit verg 'n ingesteldheid en 'n keuse. Ons word ook uitgenooi om anders te kyk na mag. Die mag wat ons ken is nie "goeie nuus" nie. Die mag wat die profeet verkondig en wat ons vandag vier is egter mag ten goede. Mag ter wille van geregtigheid en herstel. Ons moet dit gedurig hoor, anders vergeet ons om anders te kies. Dan hoor en sien ons nie die voete van die boodskappers nie. Paulus verwys juis in Romeine 10:15 na hierdie voete, waar hy dit herken in die woord van predikers van die goeie nuus. Ook vandag sing ons lofliedere saam met eensames, dié wat ver is, puinhope en gebrokenes. Jesus Christus is gebore en Hy regeer. Altyd goed. Mag ons lof ook die realiteit van God se heerskappy vir baie ander herskep.

Jesaja 52:7-10.ppt 974.5 KB Dec 08, 2017 13:37 Download 363
Jesaja 52:7-10.pptx 857.44 KB Dec 08, 2017 13:35 Download 316
Jesaja 52:7-10.doc 112.5 KB Dec 08, 2017 12:46 Download 457

Romeine 16:25-27 - 24 Desember 2017 - Vierde Sondag in Advent

Romeine16 25-27Die vierde Sondag van Advent is die Sondag van Maria. Staan in die kindertyd stil by Maria se storie. Gebruik van Carolyn Brown se perspektiewe op haar: dat sy ‘n profeet en ‘n “nobody” was. Óf gebruik die legende oor Eva in Bybel-media se Saamkleurpret vir Kersfees haar trane na die verbanning uit die paradys geel traanvormige lelies gevorm het. Jare later het Maria so ’n geel traanvormige lelie gepluk. Toe sy aan die geel lelie raak, het dit wonderbaarlik wit geword. Dit herinner ons dat die onskuld wat die mensdom in die paradys verloor het deur Jesus herstel is. Die goue meeldrade van die lelie is soos ’n kroon of ’n stralekrans. Die preekriglyn sluit aan by die opgewondenheid rondom die geskenke by die Kersboom. Soms het ‘n mens vooraf geweet wat die geskenke sou wees en dan was Kersdag self 'n soort anti-klimaks. As ons as die kerk eerlik moet wees, is hierdie oorbekendheid en die teleurstelling dikwels min of meer die gevoel oor die openbaring van God se geheimenis. Die Kersevangelie is vir ons dikwels soos 'n bekende Kersgeskenk wat lankal nie meer 'n geheim is nie, waarvoor ons na baie vierings nog min opgewondenheid kan monster. Wat vanweë sy bekendheid ook sy bekoring verloor het. Ons het weer nodig om die Kersboodskap te hoor dat dit ons soos met 'n fietsryer in die glystroom ('slip stream') van 'n groot voertuig meesleur. Dit sal ons regkry as ons weer agter die beweging van God met die wêreld inkom. Want, God is met ons op pad. In Christus het Hy vir ons Iemand gegee wie se asem op pad na die ryk nie sal opraak nie. Ons kan aan Hom vashou, ons kan ons hande uitsteek en aan die "bakwerk" wat voor ons is, vashou. Hy is die voertuig na saligheid, tegelyk die weg en die Een wat ons op hierdie weg meeneem.

Romeine 16:25-27.ppt 917.5 KB Dec 08, 2017 12:43 Download 398
Romeine 16:25-27.pptx 701.56 KB Dec 08, 2017 12:42 Download 290
Romeine 16:25-27.doc 286.5 KB Dec 08, 2017 12:41 Download 433

1 Tessalonisense 5:16-24 - 17 Desember 2017 - Derde Sondag in Advent

1Tessalonisense5 16-24Fokus met Familietyd op vreugde. Gesels met hulle oor hoe mens kan kies vir vreugde, selfs wanneer dit sleg gaan en mens hartseer is. Deel aan die kleiner kinders ’n papier uit met die woord vreugde in borrelletters daarop gedruk. Hulle kan dit tydens die res van die diens versier met vrolike prentjies en iewers by die huis gaan op plak om hulle te herinner om vreugde te kies. Daar is ook ‘n seën wat jy aan die einde van die preek saam met die ouer kinders kan uitspreek. Die preekriglyn sluit aan by die feit dat ons almal 'n taal praat. Ons word so groot. Klein seuntjies en dogtertjies praat hulle pa en ma se taal. Nie almal praat die taal ewe goed nie. Wanneer ons skool toe gaan, leer ons daar is reëls vir die grammatika. Daar is spelreëls. Daar is kommas en punte. Ons leer soms rympies aan om iets makliker te onthou. Sommige Skrifuitleggers glo 1 Tessalonisense 5:16-22 kon dalk so 'n rympie wees. Dit het die geloofsgemeenskap gehelp om die taal van Christelike gedrag te leer. As mens dit eers aangeleer het, word dit deel van ons lewe. Wat is hierdie taal? Kom ons laat die Woord tot ons spreek.

1 Tessalonisense 5:16-24.ppt 3.29 MB Dec 08, 2017 12:37 Download 379
1 Tessalonisense 5:16-24.pptx 1.61 MB Dec 08, 2017 12:35 Download 356
1 Tessalonisense 5:16-24.doc 108.5 KB Dec 08, 2017 12:34 Download 423

2 Petrus 3:8-15a - 10 Desember 2017 - Tweede Sondag in Advent

2Petrus3 8-15aIn Bybel-Media se Woord en Fees is voorstelle vir ‘n familie-oomblik. Jy kan ook aansluit by hierdie week se fokus op vrede, en 2 Petrus se oproep tot ‘n lewe van vrede, deur Peace Week in Miss Fox’s Class deur Eileen Spinelli te lees. Nota: die preekriglyn sluit die hele hoofstuk 3 in. Vandag vier ons die eerste koms van Jesus na die wêreld. Ons kyk ook vooruit na Jesus se wederkoms. In die spanningsveld tussen eerste en tweede koms vind die gemeente die regte oriëntering om volgens die wil van God te lewe. In hierdie hoofstuk fokus Petrus op die wederkoms van die Here Jesus Christus en gelowiges se lewenshouding daaroor. Hy wil die geloofsgemeenskap motiveer tot 'n lewende verwagting daarvan. Hy sluit sy brief af met 'n enkele vers wat die interessante verwysing het na God aan wie die heerlikheid behoort: "nou en ook tot op die dag van die ewigheid." 'n Manier om op nóg 'n wyse uit te spel dat die dag van die Here oneindig lank is.

2 Petrus 3:8-15.ppt 660 KB Nov 21, 2017 07:19 Download 456
2 Petrus 3:8-15.pptx 623.37 KB Nov 21, 2017 07:18 Download 354
2 Petrus 3:8-15.doc 273 KB Nov 21, 2017 07:17 Download 577

1 Korintiërs 1:3-9 - 3 Desember 2017 - Eerste Sondag in Advent

1Korintiers1 3-9Die preekstudie maak die punt dat hoop nie 'n stel reëls is om na te lewe nie, maar 'n gedragskode. Om vanuit ons identiteit in Christus te leef. Die doop beklemtoon juis ons identiteit in Christus. Nooi mense om hulle name op gekleurde stroke lap/linte te skryf en in die liturgiese ruimte, naby die doopvont, op te hang as beeld daarvan dat ons almal God se kinders is. Dit is ook die begin van die Adventseisoen en 'n goeie tyd om met kinders te gesels oor wat Adventstyd is en wat al die simbole beteken wat ons tydens Adventstyd gebruik. Die preekriglyn begin met die opmerking dat die meeste mense weet hoe om 'n brief te teken. Na ‘n paar voorbeelde wat dit onderstreep, gaan dit oor na die Griekse gebruik om briewe aan die begin te teken, soos Paulus hier doen. Paulus het meesterlik geweet hoe om sy briewe aan die begin te teken, net gepas vir die geleentheid. Op die oog af is die gemeente in Korinte die tipe geloofsgemeenskap wat medegelowiges hooploos laat. Die probleem was nie 'n gebrek aan entoesiasme vir volgelingskap van Jesus nie, maar eerder oor entoesiasme wat in 'n tipe spirituele meerderwaardigheid onder sommige oorgekom het. Dit het tot konflik en verdeeldheid gelei. Teen hierdie agtergrond is die openingsverse van die brief verrassend. Daar is geen teken te bespeur van dit wat later aangespreek word nie, altans nie op die oppervlak nie! Hy begin om te skryf oor die feit dat hulle identiteit bestaan uit wat God aan hulle gedoen het, en vir hulle gegee het. Hy wil hulle oproep om hulle lewe vanuit hierdie fondament te voer. God roep hulle daartoe. Hulle moet word wat hulle reeds in Christus is. Soos Advent dit ook vir ons doen, daardie tyd van die jaar dat ons vooruitkyk na Jesus se koms na die aarde. God het vir ons 'n nuwe identiteit en roeping gegee. Dit moet ons help om bestek op te neem oor hoe ons met die uitleef daarvan vaar, waarvan ons ons moet bekeer. Advent wil ons herinner om te word wat God van ons gemaak het.

1 Korintiërs 1:3-9.ppt 1016.5 KB Nov 19, 2017 16:13 Download 492
1 Korintiërs 1:3-9.pptx 914.4 KB Nov 19, 2017 16:12 Download 361
1 Korintiërs 1:3-9.doc 113.5 KB Nov 19, 2017 16:11 Download 534

Kerkjaar 2016-17

File Version Licence Size Added Hits

Matteus 25:31-46 - Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning - 26 November 2017

Matteus25 31-46aHierdie kan ‘n lekker teksgedeelte wees om op te voer. Jy kan ook die heerlike storie van Vader Panov deur Tolstoy vertel. Panov bid dat hy graag die Here wil ontmoet. Deur die dag ontvang hy allerhande mense. Wanneer hy dan in die aand wonder waar die Here was, word hy herinner dat die Here daar was in die mense wat Panov gehelp het. Die preekriglyn begin met die die verhaal van Patricia Miller wie se hart in vyf jaar tussen die nood van ongevalle totaal afgestomp het. Totdat die Here haar oë oopgemaak het deur die ma van ‘n jong vrou wat 'n oordosis dwelms geneem het. Dit is ook waartoe ons teks ons nooi, om in liefde uit te reik na dié wat ons nodig het. Hopelik laat hierdie gelykenis ons met nuwe oë en erns kyk na die eenvoudige dade van liefde aan ons medemens in nood. Wie weet, daardeur bevind jy jouself heel moontlik in koninklike geselskap.

Matteus 25:31-46.ppt 1.03 MB Nov 19, 2017 15:33 Download 423
Matteus 25:31-46.pptx 728.74 KB Nov 19, 2017 15:32 Download 346
Matteus 25:31-46.doc 268 KB Nov 19, 2017 15:31 Download 512

1 Tessalonisense 5:1-11 - Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 19 November 2017

1Tessalonisense5 1-11Wanneer 'n mens na 'n groot gebeurtenis toe gaan, soos 'n troue of 'n rugbywedstryd, trek jy die regte klere aan. Die ingeslote foto’s van kinders het elkeen vir 'n spesifieke gebeurtenis gereed gemaak. Kan jy raai vir watter gebeurtenis elkeen is? Ons teks praat daarvan dat ons Jesus as jou klere aantrek! Gesels met die kinders oor wat dit prakties beteken. Die preekriglyn begin by al die voorspellings van wanneer die aarde sal vergaan. 23 September 2017 was die jongste datum waarop die aarde definitief sou vergaan, volgens Meade. Maar, die aarde het toe nie op 23 September 2017 vergaan nie. Dié voorspellings is jammer, want dit maak mense onverskillig oor Jesus se boodskap: die dag van die Here kom onverwags, soos 'n dief in die nag. Daarom roep Paulus ons op om mekaar te bemoedig en versterk met die oog op daardie dag. Ons word aangemoedig om 'n stil en heilige lewe te lei, gevul met hoop, gebed en vreugde.

1 Tessalonisense 5:1-11.ppt 1.71 MB Nov 13, 2017 10:41 Download 374
1 Tessalonisense 5:1-11.pptx 1.61 MB Nov 13, 2017 10:40 Download 387
1 Tessalonisense 5:1-11.doc 402 KB Nov 13, 2017 10:40 Download 490

1 Tessalonisense 4:13-18 - Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 12 November 2017

1Tessalonisense4 13-18Kinders is nie bang om oor die dood te praat nie. Hulle dink nog nie aan hul eie dood nie, maar het dikwels al ‘n geliefde verloor. Hierdie is ‘n goeie geleentheid om met hulle daaroor te gesels. Jy kan ook ‘n verkorte weergawe van die pragtige Ida, Always deur Caron Levis wys. Skakels na die video ingesluit. ‘n Ander opsie is om te reflekteer oor hoe ons hartseer/rou hanteer deur die storie van Tess’s Tree te vertel. Skakel ook ingesluit. Die preekriglyn begin met die boek van Kurt Vonnegut, Cat's Cradle, na aanleiding van die atoombom wat aan die einde van WO II op Hirosjima gegooi is. In die boek verken hy die groeiende tegnologiese vermoë van die mens, en bring dit in verband met die mens se algemene dwaasheid en kortsigtigheid. Die hoofkarakter van Cat's Cradle, John, beplan 'n boek oor die dag dat die wêreld eindig. Terwyl hy besig is met sy navorsing kom John op 'n hoofstuk in 'n boek af met die titel: "What Can a Thoughtful Man Hope for Mankind on Earth, Given the Experience of the Past Million Years?" Dit neem John nie lank om die hoofstuk te lees nie, want dit bestaan uit net een woord: "Nothing", gevolg deur 'n punt. Vonnegut se boek beskryf die gevoel wat baie mense vandag het: daar is geen hoop op die langtermyn nie. Dit is in dié situasie wat die boodskap van 1 Tessalonisense 1:3 hoop bring. Paulus wys hoe die drie deugde van geloof, liefde en hoop saamwerk. Op verskillende maniere raak hy hierdie tema in die 1 Tessalonisense-brief aan. In ons teks is hy spesifiek besig met die derde deug: hoop. Die hoop waarvan hy praat, het betrekking op Jesus Christus wat die aarde nuut maak. Dit wat God aan Christus se liggaam in die graf gedoen het (om dit op te wek tot lewe), is wat God in Christus met die res van die skepping gaan doen. Hierdie hoop hou deug lewend. Uit die hoop word die daaglikse geloof en liefde gebore. Hoop het dus vir gelowiges alles te doen met die toekomende lewe, maar ook met hierdie lewe.

1 Tessalonisense 4:13-18.ppt 2.66 MB Nov 05, 2017 06:17 Download 414
1 Tessalonisense 4:13-18.pptx 2.05 MB Nov 05, 2017 06:16 Download 382
1 Tessalonisense 4:13-18.doc 304 KB Nov 05, 2017 06:15 Download 583

1 Tessalonisense 2:9-13 - Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 5 November 2017

1Tessalonisense2 9-13Paulus skrywe dat hulle opgetree het soos ’n pa teenoor sy kinders. Met Familietyd kan jy die verskillende ingeslote foto’s gebruik om pa’s se optrede te beskrywe en dan oor ons eie optrede teenoor mekaar met die kinders te gesels. Die teksindeling werk met 2:1-13 as 'n eenheid. Aangesien hierdie die eerste van 'n reeks preke uit 2 Tessalonisense is, word in hierdie preek van heelwat inleidende stof gebruik gemaak. Paulus het eers laat in sy bediening begin om briewe te skrywe. Hierdie eerste brief kom ongeveer 16 jaar nadat hy die dramatiese bekering op die pad na Damaskus beleef het. In hierdie brief wys hy na Christus, weg van homself, en praat hy oor die vorming van die gelowiges om Christus na te volg tot eer van God die Vader. Paulus se bediening herinner aan die wyse waarop Johannes die Doper uitgebeeld word op die Isenheim altaar, na die skildery van Matthias Grünewald. Terwyl Christus aan die kruis ly, staan Johannes die Doper aan sy linkerkant, met 'n lam aan sy voete. Die lam is 'n uitbeelding van Christus se offer, terwyl Johannes se wysvinger buite verhouding groot uitgebeeld word. In Latyn staan die beroemde woorde van Johannes die Doper geskryf: "illum oportet crescere me autem minui" – "Hy moet meer word en ek minder." Dit is wie Paulus in sy bediening wou wees: iemand wat na Christus wys, en in Jesus se Naam dissipels maak, opbou in die geloof en bind tot 'n gemeente van die Here.

1 Tessalonisense 2:9-13.ppt 1.45 MB Oct 30, 2017 09:15 Download 386
1 Tessalonisense 2:9-13.pptx 1.37 MB Oct 30, 2017 09:13 Download 349
1 Tessalonisense 2:9-13.doc 125.5 KB Oct 30, 2017 09:13 Download 523

Matteus 22:34-46 - Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Hervormingsondag 29 Oktober 2017

Matteus22 34-46aAs julle dit nog nie het nie, skaf Bybel-Media se Saamkleurpret oor die Sola’s aan. In kleiner gemeentes kan jy die prente groot druk en op ‘n tafel (of die vloer!) voor in die kerk sit, sodat kinders tydens die diens kan sit en inkleur. Daar is ook lekker stories oor reformatore, wat jy hier kan vertel. Ons het in 2012 en in 2015 voorgestel dat jy die verhaal van Luther vertel mbv akteurs. As jy dit nog nie gedoen het nie, is vanjaar natuurlik die perfekte geleentheid! Of gebruik die prettige video wat Luther se verhaal vertel, of die meer besadigde weergawe. Alle skakels ingesluit. In ons teksgedeelte word twee vrae gevra: Die eerste vraag word (36) deur 'n wetgeleerde aan Jesus gestel, terwyl Jesus die tweede vraag aan die Fariseërs stel (42). Die vrae skep die raamwerk vir oordenking en fokus op Hervormingsondag: "'Meneer,' vra hy, 'wat is die groot gebod in die wet?'" en: "Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?" Ons teks verbind die identiteit van Jesus as Here, ware God en Mens, die Een wat liefde volledig beliggaam, en die wese van die onderwysing van God op 'n merkwaardige manier aan mekaar. Luther het ontdek dat hierdie Jesus die liefde en genade van God aan mense bedien. Hy beliggaam die genade van God, wat ons ontvang deur die leë hande van geloof uit te steek en dit te omhels. Dat ons ons hande uitsteek, is alleen maar die genade van God. Hierdie genade verander ons lewens totaal. Ons word ook die draers van God se aktiewe liefde na ander. Soos die Skrif ons leer. Ons doen dit alles alleen tot verheerliking van God.

Matteus 22:34-46.ppt 1.63 MB Oct 21, 2017 05:47 Download 530
Matteus 22:34-46.pptx 999.95 KB Oct 21, 2017 05:45 Download 372
Matteus 22:34-46.doc 330.5 KB Oct 21, 2017 05:45 Download 756

Matteus 22:15-22 - Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 22 Oktober 2017

Matteus22 15-22bDie kern van die fokusteks is opgesluit in die verse oor die muntstuk. Vertel daarom iets van die ontwikkeling van betaalmiddels en hoe dit in die NT gewerk het aan die hand van die ingeslote inligting. Ons teksgedeelte speel af in Jesus se laaste week voor sy teregstelling en dood aan die kruis. Die preekriglyn vertel iets meer van wat alles in daardie Heilige Week gebeur het sowel as die vier twisgesprekke met die Jode. Jesus se wysheid snoer egter die monde. Daarmee word Jesus se identiteit as leermeester op ironiese wyse deur die Fariseërs bevestig. Jesus is inderdaad die laaste woord van waarheid. Die kerngedagte van hierdie Skrifgedeelte onderstreep die boodskap van getrouheid aan jou Leermeester.

Matteus 22:15-22.ppt 869.5 KB Oct 16, 2017 17:17 Download 393
Matteus 22:15-22.pptx 781.04 KB Oct 16, 2017 17:16 Download 389
Matteus 22:15-22.doc 113 KB Oct 16, 2017 17:15 Download 509

Filippense 4:1-9 - Negentiende Sondag in Koninkrykstyd - 15 Oktober 2017

Filippense4 1-9Sluit aan by vers 8 en 9 en vertel die storie van die oulike seuntjie Buddy wat heel dag TV gekyk en saam met ‘n slegte groep seuns uitgehang het en die effek wat dit op hom gehad het (Cross, L. Story Sermons for Children). Daar is ook ’n inkleurprent. Die preekriglyn sluit aan by die goeie verhouding tussen Paulus en die gemeente van Filippi. Teen hierdie agtergrond skroom Paulus ook nie om persone in die gemeente wat in onderlinge konflik verkeer het, aan te spreek nie. Hoewel die verwysing na die spanning slegs kortliks aangeraak word, kan ons nogal baie hieruit leer oor die hantering van konflik in die gemeente van die Here. Vir almal wat konflik moet hanteer (en dit is ons almal), help dit nogal om op te let wat Paulus nié sê nie, en wat hy wél sê. Wanneer ons na hierdie verhale luister, verstaan jy waarom die groot teoloog, Lesslie Newbigin, gesê het die primêre uitlegger van die evangelie is die praktiese lewe van die gemeente van Christus. Die lewe van die gemeente is die boek wat die wêreld lees, en op grond waarvan hulle besluit of dit die moeite werd is om Jesus Christus te volg. Laat ons daarom Paulus se daadwerklike optrede raaksien. Hy neem praktiese stappe om konflik met wysheid, deug en vreugde te vervang. Ons moet hom daarin navolg. Om Christus ontwil.

Filippense 4:1-9.ppt 587 KB Oct 08, 2017 08:13 Download 353
Filippense 4:1-9.pptx 532.49 KB Oct 08, 2017 08:11 Download 362
Filippense 4:1-9.doc 428 KB Oct 08, 2017 08:11 Download 571

Filippense 3:4b-14 - Agtiende Sondag in Koninkrykstyd - 8 Oktober 2017

Filippense3 4b-14aIn vers 7 en 8 vertel Paulus dat hy goed nou in ’n nuwe lig evalueer/ ander waarde aan goed begin heg. Ek dink elke kind weet wat dit beteken. By ’n kersboom gebeur dit baie – een geskenk wat jy dalk aan die begin kry en jou baie bly gemaak het, wat oorskadu word deur ’n latere geskenk wat baie groter is en presies is waaroor jy al so lank droom. Dan is die eerste geskenk eintlik vir jou waardeloos of dan ten minste van baie minder waarde. Om vir kinders ’n ervaring daarvan te gee, doen die ingeslote aktiwiteit. Die preekriglyn begin met die vraag na wat jy soek in die lewe? Wat is vir jou belangrik, bo alle ander dinge? Jy kan aansluit by die Duitse kortverhaal met die titel: "Der reichste Mann des Dorfes", in Afrikaans vertaal: "die rykste man in die dorp". Dit gaan oor 'n besondere ryk en selfgenoegsame man, verreweg die rykste man in die dorp wat tot diep insig hieroor kom. In 'n sin is dit ook wat Paulus vanuit die gevangenis vir die gemeente in Filippi probeer sê: "Al wat ek wens, is om Christus te ken …"

Filippense 3:4b-14.ppt 1.93 MB Sep 25, 2017 07:12 Download 525
Filippense 3:4b-14.pptx 951.96 KB Sep 25, 2017 07:11 Download 476
Filippense 3:4b-14.doc 120 KB Sep 25, 2017 07:11 Download 591

Filippense 2:1-13 - Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd - 1 Oktober 2017

Filippense2 1-13Wat van ‘n Kersverhaal? Die skattige “Unexpected Christmas” herinner ons op ‘n humoristiese manier hoe onverwags Christus se selfontlediging is. Dit sluit wonderlik aan by die konsepte van vandag se Skrifgedeelte. Nog ‘n manier om selfontlediging te verduidelik, is die storie van “Charlotte’s Web”. Skakels na die boek en ‘n gedeelte van die fliek ingesluit. Paulus se brief aan die Filippense is 'n liefdesbrief. Dit is gerig aan die een gemeente onder almal met wie hy verreweg die beste band gehad het. Hy noem die gelowiges in Filippi adelphoi, die voorkeur manier waarop die broers en susters in die familie van God aangespreek is. Dit is 'n woord wat beide geslagte ingesluit het. Die gemeente is deur God aan Christus vasgebind, 'n band deur die Heilige Gees gesmee. In Christus is die gemeente ook aan mekaar vasgebind. Eenheid en navolging is ten nouste aan mekaar gebind. Ons is een in Christus, en ons volg Christus as liefdesgemeenskap na. Paulus roep die gemeente op om "eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, en een in strewe". Dit alles word gemotiveer in alles wat God vir ons gedoen het. Die evangelie bestaan uit die selfprysgawe van God in Christus, ter wille van ons. Hierdie daad van God vorm ons identiteit: ons is mense wat deur die hoë God gedien is en word. Dit spel ook ons roeping uit. Daarom volg ons God na in Jesus Christus. Ons is ligdraers wat die goeie doen wat God vir ons voorberei het.

Filippense 2:1-13.ppt 1.09 MB Sep 25, 2017 06:46 Download 481
Filippense 2:1-13.pptx 723.41 KB Sep 25, 2017 06:45 Download 353


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009