Chris, saam met al die ander is ek ook baie dankbaar vir die ongelooflike produkte wat julle tot ons beskikking stel. Dankie daarvoor.

Ek het vandag die geleentheid gehad om as aanloop tot Pinkster by ons gemeente se wyk vir bejaardes te preek oor die tema Stap saam met Jesus oor grense - met Joh 4 as preekteks.

`n Mens het dikwels die persepsie dat bejaardes baie moeiliker gene√ę sal wees om grense oor te steek. Vandag het ek ervaar dat die gedagte van grense oorsteek saam met Jesus baie entoesiasties ontvang is. Joh 4 en die inligting in die artikels wat julle beskikbaar gestel het, het dit moontlik gemaak om die waarheid baie duidelik oor te dra. Ek het heerlik gelees aan al julle artikels en voorstelle, en dit was¬†nogal `n ding¬†om te besluit wat om in `n eredienssituasie weg te laat ter wille van tyd. Gelukkig is daar die reeks wat voorl√™ wat nog baie geleenthede daarvoor bied.

Doen so voort!

Groete

Pieter Malherbe

Error: Directory path specified is not a directory: /usr/www/users/gemeen/Powerpoint