Pinksterweek 2010 het begin!

Daar is 'n stuk opwinding in my hart as ek dink oor die talle gemeentes wat vannaand met Hemelvaart die Pinksterweek 2010 begin.  En ek weet dat daar 'n wye verskeidenheid tekste en onderwerpe oor die lengte en breedte van die Suider-Afrikaanse kerkgemeenskap gebruik gaan word.  Maar die spilpunt waarom alles draai, is 'n nuwe toewyding aan God, dié God wat ons lewens só vol kan maak, dat ons oor alle grense en hindernisse heen, 'n verskil kan maak in hierdie wêreld .

Ek is getref deur Kempton-Kruin gemeente se reeks aan die hand van die Seisoen van Luister hulpmiddels: Die Heilige Gees lei ons om dié Pinkster met Jesus oor Grense heen te stap.  Ek het hulle bemarkingsmateriaal hieronder aangeheg vir dié wat wil kyk hoe interessant en effektief hulle 'n eie stempel op die temas geplaas het.  En ek wil vir hulle en alle ander leraars en gemeentes regtig bid dat die sluise van die hemel op spreekwoordelike wyse oopgetrek sal word, en ons almal 'n ryke seën van die Here sal ervaar.

En as die Here jou hart vol gemaak het, vertel dit vir ons deur sommer net hier aan die onderkant van hierdie artikel jou storie te vertel!  Klik op die titel van hierdie artikel en skryf dan in die ruimte wat dan oopmaak.

Aan God al die eer!

Attachments:
FileBeskrywingFile sizeLaas gewysig
Download this file (Pinkster_2010_Kempton-Kruin.pdf)Pinkster_2010_Kempton-Kruin.pdfKempton-Kruin bied in samewerking met die Seisoen van Luister aan: Die Heilige Gees lei ons dié week om met Jesus oor Grense te stap294 Kb05/13/10 18:13