Kerkjaar 2010-11

File Version Licence Size Added Hits

Jesaja 51:1-6 – Seisoen van Barmhartigheid – 21 Augustus 2011

Ons teks handel oor die nuwe dinge wat God  in die lewe van sy volk gaan doen.  Die Here weet egter hulle sal net gereed wees vir die toekoms as hulle die verlede onthou.  Daarom is daar soveel herinnering in die teks, om in die donkerste uur steeds die geloof te kan behou.  Anders kan ‘n mens nie meer vir God en God se toekoms raaksien nie.  En dit is juis vir Hom en wat Hy gaan doen, waarvoor ons moet wag, en nie op ons eie pogings staat te maak nie.

Jesaja 51:1-6.ppt 926 KB Aug 14, 2011 22:36 Download 1617
Jesaja 51:1-6.pptx 760.7 KB Aug 14, 2011 22:37 Download 1240
Jesaja 51:1-6.doc 89.5 KB Aug 14, 2011 22:39 Download 1342

Jesaja 56:1,6-8 – 9de Sondag van Koninkrykstyd – Seisoen van Barmhartigheid – 14 Augustus 2011

’n Ou Afrika-legende vertel van die diere met horings wat besluit om partytjie te hou.  Hiëna is eensaam en wil ook graag kom partytjie hou, maar is nie welkom nie.  Dan vermom hiëna hom soos ’n bok.  Met die dans word hy egter uitgevang.  Die horings skuif op sy kop. Gemsbok loop hom storm en hiëna moet laat spaander.  Nooit sou hy sy les vergeet nie.  Wanneer diere met horings partytjie hou is hy nie welkom nie.  In Jesaja ontmoet ons ’n ander prentjie van God.  God sluit in, eerder as uit.  Die Here is eerder soos ’n hen wat haar kuikens bymekaarmaak.  Mense wat vroeër uitgesluit is omdat hulle nie sekere fisieke kenmerke gehad het nie, is nou welkom.  Daarmee roep Hy ons tot ‘n radikale nuwe lewenspraktyk, om mense in te sluit, eerder as uit.

Jesaja 56:1,6-8.ppt 688.5 KB Aug 07, 2011 11:19 Download 1538
Jesaja 56:1,6-8.pptx 525.49 KB Aug 07, 2011 11:20 Download 1176
Jesaja 56:1,6-8.doc 125 KB Aug 07, 2011 11:23 Download 1392

Psalm 105 – Agtste Sondag in Koninkrykstyd – 7 Augustus 2011

Uitgesproke ongelowige mense wat aggressief met hulle ongeloof te koop loop, beïnvloed maklik ons eie geloof. Dit laat ons wonder of God regtig daar is.  Psalm 105 is die getuienis van iemand wat baie oortuig is van die werklikheid van God se betrokkenheid by sy lewe. Sy oortuiging kom uit sy soeke en evaring van die teenwoordigheid van die Here. Soos “The Message” vers 4 vertaal: “Keep your eyes open for God, watch for his works; be alert for signs of his presence.”  So kan ons geloof ook die Onsienlike sien!

Psalm 105.ppt 1.14 MB Jul 31, 2011 13:07 Download 1341
Psalm 105.pptx 954.21 KB Jul 31, 2011 13:08 Download 1274
Psalm 105.doc 134.5 KB Jul 31, 2011 13:11 Download 1301

Genesis 32:22-31 – 31 Julie 2011 – Sewende Sondag in Koninkrykstyd

As 'n TV-program oor die gebeure in Genesis 25 - 35 vandag moontlik was, sou dit nie 'n onskuldige godsdiens-dokumentêr wees nie! Met Jakob as die hoofspeler, sou mense maklik 'n soort held kon identifiseer – soos hulle met karakters in vandag se sepies doen Al die nodige elemente vir só 'n treffer is in hierdie verhaal te vinde: skelmstreke, bedrog, verraad, sedeloosheid, dramatiese konfrontasies, 'n beeldskone heldin met 'n slim en uitgeslape held.  Maar ons verhaal vertel ons van iets verrassends!  God ontmoet ook die karakters in die realiteits-TV-program op hulle lewens- en geestelike reis.

Genesis 32:22-31.ppt 482.5 KB Jul 24, 2011 23:09 Download 1466
Genesis 32:22-31.pptx 317.3 KB Jul 24, 2011 23:13 Download 1205
Genesis 32:22-31.doc 117 KB Jul 24, 2011 23:13 Download 1310

1 Konings 3:5-12– 6de Sondag in Koninkrykstyd – 24 Julie 2011

Mense het nie die vermoë uit hulleself om God se volk reg te lei nie.  Ons kan nie eers naastenby al die lig wat die son uitstraal waarneem nie.  Hoe sou ons kon aanneem ons het die vermoë om alles in ag te neem wat goed en reg is, wat nodig is om die Here getrou te volg?  Vandaar Salomo se gebed: gee vir my ’n luisterende, horende hart.  Hy vra die Here moet hom opskerp, sodat hy kan hoor waarop die aankom.  En dit is presies wat die Here hom gee, en sommer nog baie meer.  Wat ons leer: ’n Wyse lewe dra groot vrug.

1 Konings 3:5-12.ppt 858.5 KB Jun 28, 2011 09:24 Download 1633
1 Konings 3:5-12.pptx 686.5 KB Jun 28, 2011 09:26 Download 1286
1 Konings 3:5-12.doc 114.5 KB Jun 28, 2011 09:28 Download 1349

Genesis 28:10-22 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – 17 Julie 2011

Dit is ironies dat Jakob slaap en droom. Want enigeen wat al ervaar het dat sy lewe in chaos is, sal jou gou verseker dat slaap 'n luukse is. En as jy nog slaap, kan jy negentig persent seker wees van 'n rustelose nag met 'n nagmerrie of twee wat jou elke nou en dan laat wakker skrik. Maar nie vir Jakob nie! Inteendeel, hy beleef 'n droom wat hom in vervoering bring, 'n droom wat sy lewe met gerusstelling kom omvou, 'n droom wat al sy verwagtings oortref.  Die droom kom stel Jakob in staat om hierdie plek-sonder-naam voor hom te sien verander in die tussen-hemel-en-aarde-deur-plek. Sy droom help Jakob om 'n God te ontmoet wat Hom nie laat voorskryf of aan bande lê deur kultuurgebruike en godsdienstige reëls nie. Hierdie God word nie tot die magtige stede beperk nie. Hierdie God laat hom nie inperk tot die Een waarop die religieuse adel alleenreg het nie. Hierdie God is selfs vir 'n aartsskelm hier.

Genesis 28:10-22.ppt 1.32 MB Jul 17, 2011 00:02 Download 1936
Genesis 28:10-22.pptx 1.16 MB Jul 17, 2011 00:01 Download 1268
Genesis 28:10-22.doc 134 KB Jul 17, 2011 00:00 Download 1316

Genesis 25:19-34 – vierde Sondag in Koninkrykstyd – 10 Julie 2011

God het verseker met sy belofte op risiko gegaan toe Hy dit aan ons toevertrou het, en nie aan engele of ander hemelse wesens nie. God dit groot gewaag om van swerwers soos ons te verwag om doelgerigte draers van die Godsbelofte te wees. Want wat verstaan ons nou eintlik van roeping? Hoe sal swernote soos ons wat makliker dwaalligte vir sterre aansien nou eintlik die verskil tussen seën en vloek herken? Ons strompel meesal van die een krisis tot die volgende, van die een komplikasie tot die volgende, van die een situasie tot die ander waarin die Godsbeloftes totaal ongeloofbaar en onmoontlik lyk. En tog – tog gee God nie met ons op nie. Tog verstom Hy ons elke keer weer met sy liefde en trou as ons sy genade sien ontvou in die wyse waarop sy hand ons in nood en in lyding versorg – as ons tog maar net oë sou hê wat kon sien!

Genesis 25:19-34.ppt 759.5 KB Jul 10, 2011 00:02 Download 1351
Genesis 25:19-34.pptx 580.92 KB Jul 10, 2011 00:01 Download 1423


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009