Kerkjaar 2010-11

File Version Licence Size Added Hits
Kolossense 3: 1-4.pptx 527.69 KB Apr 10, 2011 18:18 Download 1337
Kolossense 3: 1-4.doc 81 KB Apr 10, 2011 18:19 Download 1560

Jesaja 52:13-53:12– Goeie Vrydag – 22 April 2011

Uit die dood kom lewe … Jesaja 53:2 laat ons in geen twyfel oor die voorkoms van die dienaar van die Here nie.  Hy was misvormd. Hy het nie skoonheid of prag gehad nie.  Hy was verag en deur mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie mense die gesig wegdraai.  Tóg het daar uit die veragte dienaar genesing en herstel gekom.  Uit die smeltkroes van die dienaar se lyding, het daar verrassende skoonheid en seën vir ons gekom!

Jesaja 52:13-53:12.ppt 1.27 MB Apr 10, 2011 18:14 Download 1669
Jesaja 52:13-53:12.pptx 946.35 KB Apr 10, 2011 18:15 Download 1336
Jesaja 52:13-53:12.doc 98 KB Apr 10, 2011 18:15 Download 1659
Alternatiewe Nagmaal Formulier

Verwerk deur Marius Lourens - gebaseer op hoofstuk 10 (p113vv) van Piet Naudé se boek “Brug na môre”, 1994: Lux Verbi, Kaapstad.)

Powerpoint agtergrond: Foto (Wicus Wait) aangepas mbv Picasa 3, let op die embleem van die kruis in die skaduwee van die wyn en brood.

Jpeg agtergrond - sonder die teks

Alternatiewe Nagmaal Formulier.ppt 380.5 KB Apr 13, 2011 09:51 Download 2986
Alternatiewe Nagmaal Formulier.jpg 59.21 KB May 24, 2011 06:04 Download 1010

Psalm 31 – Sesde Sondag in Lydenstyd (Palmsondag) – 17 April 2011

Psalm 31 sê duidelik dat geloof jou nie ellende spaar soos wat die voorspoedsteologie ons wil wysmaak nie.  Geloof is nie net sigbaar in die suksesverhale van verhoorde gebede nie.  Dit is ook sigbaar in die krag tot volharding wat dit gee as ’n gebed nie beantwoord word soos jy dit graag wil hê nie.  Soos Proteas wat 'n veldbrand oorleef het, tekenend is van die lewe wat behoue bly ten spyte van, so is hierdie Psalm ’n waarborg van God se trou en sorg ten spyte van.  Ons tye is in Sy hand, en Hy sorg dat ons die lewe behou te midde van lyding .

Psalm 31.ppt 3 MB Apr 10, 2011 18:07 Download 1738
Psalm 31.pptx 2.82 MB Apr 10, 2011 18:08 Download 1624
Psalm 31.doc 73 KB Apr 10, 2011 18:09 Download 1775

Johannes 11:1-45– 5de Sondag in Lydenstyd – 10 April 2011

Die lewensverhaal van Lance Armstrong, super-fietsry-fenomeen, is ’n vermenging van intense blydskap en diepe pyn.  Die gebeure rondom die dood van Lasarus getuig ook van geweldige pyn en hartseer, maar ook oorweldigende hoop.  Lasarus se verhaal wentel om Jesus wat hom opwek om te bevestig dat God mag oor die dood het.  Dit versterk ons geloof dat die kragtige woord van God wat lewe wek ook op ons van toepassing is.

Johannes 11:1-45.ppt 883.5 KB Apr 03, 2011 19:04 Download 1389
Johannes 11:1-45.pptx 653.71 KB Apr 03, 2011 19:04 Download 1261
Johannes 11:1-45.doc 85 KB Apr 03, 2011 19:05 Download 1405

Paasweek 2011 - Stasies

Berei stasies voor wat Jesus se lydensweg uitbeeld.

Vra kunstenaars in die gemeente om die verskillende stasies uit te beeld, of vra die selgroepe / Bybelstudiegroepe om elkeen ‘n stasie uit te beeld.

Jy kan ook uitbeeldings van die lydensweg op die internet kry:

Druk boekies met die aanwysings, wat mense by die deure kan kry.

‘n Voorbeeld van so ‘n boekie kan hieronder afgelaai word in pdf formaat, sowel as ppt en pptx indien jy met 'n dataprojektor wil werk:

Paasweek 2011 - Handleiding.pdf 1.06 MB Mar 31, 2011 09:27 Download 2299
Paasweek 2011.ppt 2.22 MB Mar 31, 2011 09:20 Download 1583
Paasweek 2011.pptx 2.15 MB Mar 31, 2011 09:24 Download 1529

Johannes 9:1-41– 4de Sondag in Lydenstyd – 3 April 2011

Wat ons sien bepaal ons lewe.  Die Fariseërs sien in Jesus se optrede ’n bedreiging vir hul godsdienstige mag en mis die betekenis van Jesus.  Die blinde man leer om benewens sy genesing ook Jesus raak te sien as die Gestuurde van die Vader.  Wat sien ons raak as ons na Jesus kyk?

Johannes 9:1-41.ppt 756 KB Mar 26, 2011 10:59 Download 1473
Johannes 9:1-41.pptx 522 KB Mar 26, 2011 11:00 Download 1099
Johannes 9:1-41.doc 93 KB Mar 26, 2011 11:01 Download 1222

Johannes 4:5-42 – 3de Sondag in Lydenstyd – 27 Maart 2011

Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes – sê Jesus. Ons het geopende oë nodig.  Oë wat mense as oes kan sien.  Rondom ons is daar ryp oeslande, mense wat oop is vir die Here, miljoene wat wag op sy leer, wat regstaan om in die warm hart en hande van die Messias te val.

Johannes 4:5-42.ppt 376 KB Mar 20, 2011 08:24 Download 1439


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009