Die Seisoen van Luister het die afgelope 13 jaar dienste gelewer oor 'n wye spektrum. Ons het veral gefokus op die ontwikkeling van dienste en hulpmiddels vir leraars en leiers, sowel as die gewilde preekriglyne vir gemeentes.

Die webtuiste www.seisoenvanluister.co.za het in 2018 gemiddeld 53 000 bladsysigte per maand (635 000 vir die jaar) opgelewer met 2 700 unieke besoekers gemiddeld per maand (32 000 vir die jaar). Die letterlik duisende hulpmiddels is gemiddeld 11 000 keer per maand afgelaai (132 223 vir die jaar).

Die ontwikkeling van die preekriglyne sal voortgaan, maar die webtuiste sluit ongelukkig binnekort weens verouderde tegnologie wat nie meer deur die huisvestingsmaatskappy (Xneelo) ondersteun word nie.

Dit was 'n goeie reis en 'n voorreg om die kerk in die bre√ę tot hulp te wees.

Groete
Chris van Wyk
Webmeester