Kerkjaar 2016-17

Woord en fees –
Preekstudie Advent 2016 – Koninkrykstyd 2017

Woord en fees - Preekstudie Advent 2016 tot Koninkrykstyd 2017

Prys: R280.00

KOOP HIER

Woord en fees – Advent 2016 tot Koninkrykstyd 2017 – is ʼn hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke. Dit volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A.

Woord en fees kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlik Leesrooster vir lidmate.

---
Leesrooster
- Advent 2016 tot Koninkrykstyd 2017

Leesrooster - Advent 2016 tot Koninkrykstyd 2017

Prys: R80.00

KOOP HIER

Nuwe ontwerp en aanslag

• Die fokus val nou meer op bruikbaarheid.

• Die bydraes is daarom baie meer kernagtig.

• Elke week se bydraes strek oor slegs 2 bladsye.

Leesrooster vir lidmate  – Advent 2016 tot Koninkrykstyd 2017 – volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die erkende teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A. Dit moedig lesers aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar.

Leesrooster vir lidmate kan gebruik word saam met die ander publikasie in die reeks, naamlikWoord en fees.


 

File Version Licence Size Added Hits

Matteus 25:31-46 - Ses en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning - 26 November 2017

Matteus25 31-46aHierdie kan ‘n lekker teksgedeelte wees om op te voer. Jy kan ook die heerlike storie van Vader Panov deur Tolstoy vertel. Panov bid dat hy graag die Here wil ontmoet. Deur die dag ontvang hy allerhande mense. Wanneer hy dan in die aand wonder waar die Here was, word hy herinner dat die Here daar was in die mense wat Panov gehelp het. Die preekriglyn begin met die die verhaal van Patricia Miller wie se hart in vyf jaar tussen die nood van ongevalle totaal afgestomp het. Totdat die Here haar oë oopgemaak het deur die ma van ‘n jong vrou wat 'n oordosis dwelms geneem het. Dit is ook waartoe ons teks ons nooi, om in liefde uit te reik na dié wat ons nodig het. Hopelik laat hierdie gelykenis ons met nuwe oë en erns kyk na die eenvoudige dade van liefde aan ons medemens in nood. Wie weet, daardeur bevind jy jouself heel moontlik in koninklike geselskap.

Matteus 25:31-46.ppt 1.03 MB Nov 19, 2017 15:33 Download 21
Matteus 25:31-46.pptx 728.74 KB Nov 19, 2017 15:32 Download 17
Matteus 25:31-46.doc 268 KB Nov 19, 2017 15:31 Download 42

1 Tessalonisense 5:1-11 - Vyf en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 19 November 2017

1Tessalonisense5 1-11Wanneer 'n mens na 'n groot gebeurtenis toe gaan, soos 'n troue of 'n rugbywedstryd, trek jy die regte klere aan. Die ingeslote foto’s van kinders het elkeen vir 'n spesifieke gebeurtenis gereed gemaak. Kan jy raai vir watter gebeurtenis elkeen is? Ons teks praat daarvan dat ons Jesus as jou klere aantrek! Gesels met die kinders oor wat dit prakties beteken. Die preekriglyn begin by al die voorspellings van wanneer die aarde sal vergaan. 23 September 2017 was die jongste datum waarop die aarde definitief sou vergaan, volgens Meade. Maar, die aarde het toe nie op 23 September 2017 vergaan nie. Dié voorspellings is jammer, want dit maak mense onverskillig oor Jesus se boodskap: die dag van die Here kom onverwags, soos 'n dief in die nag. Daarom roep Paulus ons op om mekaar te bemoedig en versterk met die oog op daardie dag. Ons word aangemoedig om 'n stil en heilige lewe te lei, gevul met hoop, gebed en vreugde.

1 Tessalonisense 5:1-11.ppt 1.71 MB Nov 13, 2017 10:41 Download 63
1 Tessalonisense 5:1-11.pptx 1.61 MB Nov 13, 2017 10:40 Download 42
1 Tessalonisense 5:1-11.doc 402 KB Nov 13, 2017 10:40 Download 139

1 Tessalonisense 4:13-18 - Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 12 November 2017

1Tessalonisense4 13-18Kinders is nie bang om oor die dood te praat nie. Hulle dink nog nie aan hul eie dood nie, maar het dikwels al ‘n geliefde verloor. Hierdie is ‘n goeie geleentheid om met hulle daaroor te gesels. Jy kan ook ‘n verkorte weergawe van die pragtige Ida, Always deur Caron Levis wys. Skakels na die video ingesluit. ‘n Ander opsie is om te reflekteer oor hoe ons hartseer/rou hanteer deur die storie van Tess’s Tree te vertel. Skakel ook ingesluit. Die preekriglyn begin met die boek van Kurt Vonnegut, Cat's Cradle, na aanleiding van die atoombom wat aan die einde van WO II op Hirosjima gegooi is. In die boek verken hy die groeiende tegnologiese vermoë van die mens, en bring dit in verband met die mens se algemene dwaasheid en kortsigtigheid. Die hoofkarakter van Cat's Cradle, John, beplan 'n boek oor die dag dat die wêreld eindig. Terwyl hy besig is met sy navorsing kom John op 'n hoofstuk in 'n boek af met die titel: "What Can a Thoughtful Man Hope for Mankind on Earth, Given the Experience of the Past Million Years?" Dit neem John nie lank om die hoofstuk te lees nie, want dit bestaan uit net een woord: "Nothing", gevolg deur 'n punt. Vonnegut se boek beskryf die gevoel wat baie mense vandag het: daar is geen hoop op die langtermyn nie. Dit is in dié situasie wat die boodskap van 1 Tessalonisense 1:3 hoop bring. Paulus wys hoe die drie deugde van geloof, liefde en hoop saamwerk. Op verskillende maniere raak hy hierdie tema in die 1 Tessalonisense-brief aan. In ons teks is hy spesifiek besig met die derde deug: hoop. Die hoop waarvan hy praat, het betrekking op Jesus Christus wat die aarde nuut maak. Dit wat God aan Christus se liggaam in die graf gedoen het (om dit op te wek tot lewe), is wat God in Christus met die res van die skepping gaan doen. Hierdie hoop hou deug lewend. Uit die hoop word die daaglikse geloof en liefde gebore. Hoop het dus vir gelowiges alles te doen met die toekomende lewe, maar ook met hierdie lewe.

1 Tessalonisense 4:13-18.ppt 2.66 MB Nov 05, 2017 06:17 Download 61
1 Tessalonisense 4:13-18.pptx 2.05 MB Nov 05, 2017 06:16 Download 76
1 Tessalonisense 4:13-18.doc 304 KB Nov 05, 2017 06:15 Download 181

1 Tessalonisense 2:9-13 - Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 5 November 2017

1Tessalonisense2 9-13Paulus skrywe dat hulle opgetree het soos ’n pa teenoor sy kinders. Met Familietyd kan jy die verskillende ingeslote foto’s gebruik om pa’s se optrede te beskrywe en dan oor ons eie optrede teenoor mekaar met die kinders te gesels. Die teksindeling werk met 2:1-13 as 'n eenheid. Aangesien hierdie die eerste van 'n reeks preke uit 2 Tessalonisense is, word in hierdie preek van heelwat inleidende stof gebruik gemaak. Paulus het eers laat in sy bediening begin om briewe te skrywe. Hierdie eerste brief kom ongeveer 16 jaar nadat hy die dramatiese bekering op die pad na Damaskus beleef het. In hierdie brief wys hy na Christus, weg van homself, en praat hy oor die vorming van die gelowiges om Christus na te volg tot eer van God die Vader. Paulus se bediening herinner aan die wyse waarop Johannes die Doper uitgebeeld word op die Isenheim altaar, na die skildery van Matthias Grünewald. Terwyl Christus aan die kruis ly, staan Johannes die Doper aan sy linkerkant, met 'n lam aan sy voete. Die lam is 'n uitbeelding van Christus se offer, terwyl Johannes se wysvinger buite verhouding groot uitgebeeld word. In Latyn staan die beroemde woorde van Johannes die Doper geskryf: "illum oportet crescere me autem minui" – "Hy moet meer word en ek minder." Dit is wie Paulus in sy bediening wou wees: iemand wat na Christus wys, en in Jesus se Naam dissipels maak, opbou in die geloof en bind tot 'n gemeente van die Here.

1 Tessalonisense 2:9-13.ppt 1.45 MB Oct 30, 2017 09:15 Download 86
1 Tessalonisense 2:9-13.pptx 1.37 MB Oct 30, 2017 09:13 Download 61
1 Tessalonisense 2:9-13.doc 125.5 KB Oct 30, 2017 09:13 Download 194

Matteus 22:34-46 - Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Hervormingsondag 29 Oktober 2017

Matteus22 34-46aAs julle dit nog nie het nie, skaf Bybel-Media se Saamkleurpret oor die Sola’s aan. In kleiner gemeentes kan jy die prente groot druk en op ‘n tafel (of die vloer!) voor in die kerk sit, sodat kinders tydens die diens kan sit en inkleur. Daar is ook lekker stories oor reformatore, wat jy hier kan vertel. Ons het in 2012 en in 2015 voorgestel dat jy die verhaal van Luther vertel mbv akteurs. As jy dit nog nie gedoen het nie, is vanjaar natuurlik die perfekte geleentheid! Of gebruik die prettige video wat Luther se verhaal vertel, of die meer besadigde weergawe. Alle skakels ingesluit. In ons teksgedeelte word twee vrae gevra: Die eerste vraag word (36) deur 'n wetgeleerde aan Jesus gestel, terwyl Jesus die tweede vraag aan die Fariseërs stel (42). Die vrae skep die raamwerk vir oordenking en fokus op Hervormingsondag: "'Meneer,' vra hy, 'wat is die groot gebod in die wet?'" en: "Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?" Ons teks verbind die identiteit van Jesus as Here, ware God en Mens, die Een wat liefde volledig beliggaam, en die wese van die onderwysing van God op 'n merkwaardige manier aan mekaar. Luther het ontdek dat hierdie Jesus die liefde en genade van God aan mense bedien. Hy beliggaam die genade van God, wat ons ontvang deur die leë hande van geloof uit te steek en dit te omhels. Dat ons ons hande uitsteek, is alleen maar die genade van God. Hierdie genade verander ons lewens totaal. Ons word ook die draers van God se aktiewe liefde na ander. Soos die Skrif ons leer. Ons doen dit alles alleen tot verheerliking van God.

Matteus 22:34-46.ppt 1.63 MB Oct 21, 2017 05:47 Download 126
Matteus 22:34-46.pptx 999.95 KB Oct 21, 2017 05:45 Download 88
Matteus 22:34-46.doc 330.5 KB Oct 21, 2017 05:45 Download 281

Matteus 22:15-22 - Twintigste Sondag in Koninkrykstyd - 22 Oktober 2017

Matteus22 15-22bDie kern van die fokusteks is opgesluit in die verse oor die muntstuk. Vertel daarom iets van die ontwikkeling van betaalmiddels en hoe dit in die NT gewerk het aan die hand van die ingeslote inligting. Ons teksgedeelte speel af in Jesus se laaste week voor sy teregstelling en dood aan die kruis. Die preekriglyn vertel iets meer van wat alles in daardie Heilige Week gebeur het sowel as die vier twisgesprekke met die Jode. Jesus se wysheid snoer egter die monde. Daarmee word Jesus se identiteit as leermeester op ironiese wyse deur die Fariseërs bevestig. Jesus is inderdaad die laaste woord van waarheid. Die kerngedagte van hierdie Skrifgedeelte onderstreep die boodskap van getrouheid aan jou Leermeester.

Matteus 22:15-22.ppt 869.5 KB Oct 16, 2017 17:17 Download 91
Matteus 22:15-22.pptx 781.04 KB Oct 16, 2017 17:16 Download 74
Matteus 22:15-22.doc 113 KB Oct 16, 2017 17:15 Download 154

Filippense 4:1-9 - Negentiende Sondag in Koninkrykstyd - 15 Oktober 2017

Filippense4 1-9Sluit aan by vers 8 en 9 en vertel die storie van die oulike seuntjie Buddy wat heel dag TV gekyk en saam met ‘n slegte groep seuns uitgehang het en die effek wat dit op hom gehad het (Cross, L. Story Sermons for Children). Daar is ook ’n inkleurprent. Die preekriglyn sluit aan by die goeie verhouding tussen Paulus en die gemeente van Filippi. Teen hierdie agtergrond skroom Paulus ook nie om persone in die gemeente wat in onderlinge konflik verkeer het, aan te spreek nie. Hoewel die verwysing na die spanning slegs kortliks aangeraak word, kan ons nogal baie hieruit leer oor die hantering van konflik in die gemeente van die Here. Vir almal wat konflik moet hanteer (en dit is ons almal), help dit nogal om op te let wat Paulus nié sê nie, en wat hy wél sê. Wanneer ons na hierdie verhale luister, verstaan jy waarom die groot teoloog, Lesslie Newbigin, gesê het die primêre uitlegger van die evangelie is die praktiese lewe van die gemeente van Christus. Die lewe van die gemeente is die boek wat die wêreld lees, en op grond waarvan hulle besluit of dit die moeite werd is om Jesus Christus te volg. Laat ons daarom Paulus se daadwerklike optrede raaksien. Hy neem praktiese stappe om konflik met wysheid, deug en vreugde te vervang. Ons moet hom daarin navolg. Om Christus ontwil.

Filippense 4:1-9.ppt 587 KB Oct 08, 2017 08:13 Download 97
Filippense 4:1-9.pptx 532.49 KB Oct 08, 2017 08:11 Download 88
Filippense 4:1-9.doc 428 KB Oct 08, 2017 08:11 Download 208

Filippense 3:4b-14 - Agtiende Sondag in Koninkrykstyd - 8 Oktober 2017

Filippense3 4b-14aIn vers 7 en 8 vertel Paulus dat hy goed nou in ’n nuwe lig evalueer/ ander waarde aan goed begin heg. Ek dink elke kind weet wat dit beteken. By ’n kersboom gebeur dit baie – een geskenk wat jy dalk aan die begin kry en jou baie bly gemaak het, wat oorskadu word deur ’n latere geskenk wat baie groter is en presies is waaroor jy al so lank droom. Dan is die eerste geskenk eintlik vir jou waardeloos of dan ten minste van baie minder waarde. Om vir kinders ’n ervaring daarvan te gee, doen die ingeslote aktiwiteit. Die preekriglyn begin met die vraag na wat jy soek in die lewe? Wat is vir jou belangrik, bo alle ander dinge? Jy kan aansluit by die Duitse kortverhaal met die titel: "Der reichste Mann des Dorfes", in Afrikaans vertaal: "die rykste man in die dorp". Dit gaan oor 'n besondere ryk en selfgenoegsame man, verreweg die rykste man in die dorp wat tot diep insig hieroor kom. In 'n sin is dit ook wat Paulus vanuit die gevangenis vir die gemeente in Filippi probeer sê: "Al wat ek wens, is om Christus te ken …"

Filippense 3:4b-14.ppt 1.93 MB Sep 25, 2017 07:12 Download 129
Filippense 3:4b-14.pptx 951.96 KB Sep 25, 2017 07:11 Download 117
Filippense 3:4b-14.doc 120 KB Sep 25, 2017 07:11 Download 244

Filippense 2:1-13 - Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd - 1 Oktober 2017

Filippense2 1-13Wat van ‘n Kersverhaal? Die skattige “Unexpected Christmas” herinner ons op ‘n humoristiese manier hoe onverwags Christus se selfontlediging is. Dit sluit wonderlik aan by die konsepte van vandag se Skrifgedeelte. Nog ‘n manier om selfontlediging te verduidelik, is die storie van “Charlotte’s Web”. Skakels na die boek en ‘n gedeelte van die fliek ingesluit. Paulus se brief aan die Filippense is 'n liefdesbrief. Dit is gerig aan die een gemeente onder almal met wie hy verreweg die beste band gehad het. Hy noem die gelowiges in Filippi adelphoi, die voorkeur manier waarop die broers en susters in die familie van God aangespreek is. Dit is 'n woord wat beide geslagte ingesluit het. Die gemeente is deur God aan Christus vasgebind, 'n band deur die Heilige Gees gesmee. In Christus is die gemeente ook aan mekaar vasgebind. Eenheid en navolging is ten nouste aan mekaar gebind. Ons is een in Christus, en ons volg Christus as liefdesgemeenskap na. Paulus roep die gemeente op om "eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, en een in strewe". Dit alles word gemotiveer in alles wat God vir ons gedoen het. Die evangelie bestaan uit die selfprysgawe van God in Christus, ter wille van ons. Hierdie daad van God vorm ons identiteit: ons is mense wat deur die hoë God gedien is en word. Dit spel ook ons roeping uit. Daarom volg ons God na in Jesus Christus. Ons is ligdraers wat die goeie doen wat God vir ons voorberei het.

Filippense 2:1-13.ppt 1.09 MB Sep 25, 2017 06:46 Download 117
Filippense 2:1-13.pptx 723.41 KB Sep 25, 2017 06:45 Download 91
Filippense 2:1-13.doc 316.5 KB Sep 25, 2017 06:44 Download 220

Filippense 1:21-30 - Sestiende Sondag in Koninkrykstyd - 24 September 2017

Filippense1 21-30Rig 'n groepie kinders af om die gelykenis van die arbeiders met woord en beweging te vertolk. Of gebruik die ingeslote illustrasie om oor die kinders se lewenswandel te gesels. Dit preekriglyn sluit direk aan by die belydenis: "Jesus is die Here." Die teks vra van ons om dié waarheid te lewe! Paulus verduidelik aan die Filippense hoe Jesus se heerskappy tegelyk sy lewe én sy denke oor die dood beheers. Omdat ons sterwe ons verenig met Christus leef ons reeds hier en nou uit ‘n diep persoonlike verhouding met Hom. Die hoofsaak van ons lewenswandel gaan daarom. Ons aktiewe toewyding daaraan word saam met al die gelowiges gedoen. Dit is ons roeping, beklemtoon ons teks. Wat ons saam onder leiding van sy Gees met hierdie roeping maak, is ook lewensbelangrik vir ons getuienis in hierdie wêreld.

Filippense 1:21-30.ppt 1.12 MB Sep 19, 2017 07:39 Download 150
Filippense 1:21-30.pptx 1.03 MB Sep 19, 2017 07:38 Download 130
Filippense 1:21-30.doc 932 KB Sep 19, 2017 07:37 Download 239

Eksodus 14:19-31 - Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd - 17 September 2017

Eksodus14 19-31As jy lekker dramaties kan vertel, gee ons ‘n paar hulpmiddels om die verhaal te vertel. Die preekriglyn sluit aan by ‘n gesprek in die kerkgebou van Kareedouw, een van die pragtige dorpe in die skilderagtige Langkloof. Terwyl die gesprek oor die wil van die Here vir die omgewing gaan, merk iemand op dat ons oor die bewaring van water, berg, boom en omgewing moet praat. Die Bybel gaan ons hierin voor, sê hy. Sedertdien het ons land deur die meule van 'n wydverspreide droogte gegaan. Net 'n entjie van Kareedouw was plekke soos Knysna en Plettenbergbaai die slagoffer van ongekende brande wat verstommende skade aangerig het. Vandag lag ons ouderling-vriend verleë oor sy vroeëre opmerking. Hy weet eintlik al die jare van beter, sê hy. Die Bybel vertel hoe God mense deur vuur en water heen dra, deur vloed en droogte beskerm. Hy weet ook dat die aarde en al die elemente daarvan kosbaar is, en beskerm moet word. Mens moet sekerlik by die landbouvereniging oor hierdie sake praat. Maar jy moet veral in die kerk daarvan praat. God gaan ons hierin voor. Soos in hierdie bekende verhaal van Moses en die Rietsee met die Troue God. Dink saam oor wat hierdie geskiedenis vir ons beteken aan die hand van drie elemente wat in die verhaal opgesluit lê: waarskuwing, troos en herinnering. En sing Franciskus van Assissi se bekende liede om jou daarmee te help: Laudato si, mi signore, per sor aqua (Alle lof aan U, my Heer, deur Suster Water), laquale e multo utile et humile et pretiosa et casta (so nuttig, nederig, kosbaar en suiwer).

Eksodus 14:19-31.ppt 918 KB Sep 09, 2017 07:29 Download 126
Eksodus 14:19-31.pptx 795.08 KB Sep 09, 2017 07:27 Download 113
Eksodus 14:19-31.doc 137.5 KB Sep 09, 2017 07:27 Download 264

Eksodus 12:1-14 - Veertiende Sondag in Koninkrykstyd - 10 September 2017

Eksodus12 1-14Vertel die 10 plae vir die kinders op eenvoudige wyse. Daar is ’n Afrikaanse vertelling ingesluit met grafika. Jy kan ook die ekstra stof gebruik. Die doel is om by die tiende plaag uit te kom. Verbind dan die Paasfees (Passover) aan die tiende plaag terwyl die kinders proe aan gebreekte stukkies matzos, en ’n paar opgesnyde stukkies oorskiet braaivleis. Sorg dat dit sonder enige sout gebraai is, maar sprinkel met (bitter) kruie soos oreganum. Onderstreep hoedat die opoffering beteken het die eersgeborenes van die Israeliete “passed over” was. Die preekriglyn val direk weg met ’n beskrywing van die Paasfees. Dit is immers die woorde wat die groot verlossende drama beskryf waarin God vir Homself 'n volk red en 'n nuwe mensheid skep. Wanneer ons Eksodus lees, ontmoet ons God as die Verlosser van sy mense, 'n versorgende God, 'n teenwoordige God, by sy volk terwyl hulle op reis is van Egipte na Kanaän, van die plek van slawerny tot by die land van belofte en verlossing. Daarom is die geskiedenis wat Eksodus vertel so belangrik. Die woord Eksodus beteken letterlik "'n pad of weg uit". Die boek vertel hoe God "'n pad uit" vir sy volk voorsien het, hulle wat slawe in Egipte was. Die instelling van die Pasga veronderstel deurgaans dat gelowiges terugdink aan wat God in Egipte gedoen het. Die gelowiges dink ook toekomsgerig: hulle weet dat God hulle op die pad vorentoe sal bewaar, juis op grond van sy reddende dade in die verlede. Terwyl hulle die Pasga vier, hoop hulle ook op hul volkome verlossing, die beloofde land wat wag, die koms van die Messias en die heerlikheid wat God sal laat aanbreek. Geloof gebeur tussen herinnering en hoop. Ook in die Nuwe Testament is geloof 'n balans tussen herinnering en hoop. Die Pasga is opgevolg deur die Nagmaal. In die nagmaal dink ons terug aan die grootste reddingsdaad van alle tye: Jesus se verlossing aan die kruis. Die tekens van brood en wyn herinner ons hieraan. Maar in die brood en wyn proe ons ook al reeds iets van die groot feesmaal wat met die tweede koms van Jesus sal aanbreek. Wat hou ons staande? Juis die praktiese viering van ons geloof in die hede.

Eksodus 12:1-14.ppt 1.26 MB Sep 04, 2017 08:23 Download 114
Eksodus 12:1-14.pptx 1.15 MB Sep 04, 2017 08:22 Download 119
Eksodus 12:1-14.doc 131 KB Sep 04, 2017 08:21 Download 233

Eksodus 3:1-15 - Dertiende Sondag in Koninkrykstyd - 3 September 2017

Eksodus3 1-15Lees hierdie Skrifgedeelte met behulp van voorlesers soos aangedui. Daar is ook ‘n video-snit wat jy kan gebruik. Of gesels oor die betekenis van name as inleiding om oor God se naam te gesels. Daar is twee preekriglyne. Die eerste lei in met die verhaal van Peer Gynt wat ‘n doellose lewe gelei het as keiser van die self en selfsugtigheid. Hy sterf sonder God, omdat hy ‘n lewe sonder betekenis gelei het. Hy het God nie gehad nie, en het homself nie aan ʼn lewensroeping gewy nie. Eksodus 3 vul daardie gaping en is ‘n uitnodiging om die pad met God na lewensvervulling te loop. Die tweede preekriglyn fokus meer op wie die God is wat roep. In terme van hierdie ontmoeting tussen God en Moses kan ons ook oor onsself en God in ons tyd nadink.

Eksodus 3:1-15.ppt 1.1 MB Aug 26, 2017 15:51 Download 126
Eksodus 3:1-15.pptx 1.07 MB Aug 26, 2017 15:50 Download 136
Eksodus 3:1-15.doc 320.5 KB Aug 26, 2017 15:50 Download 267

Matteus 16:13-20 - Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd – Barmhartigheidsondag - 27 Augustus 2017

Matteus16 13-20Verduidelik die betekenis van die moeilike woord “barmhartigheid” aan die kinders ... Dit beteken veral om vir iemand anders om te gee ... Soos wanneer ’n maatjie geval het en daar is bloed aan sy knie- dit vir hom af te vee met ’n nat lappie en hom te troos ... Soos om jou lekker broodjies vir skool met iemand te deel wat nie kos in sy kosblik het nie ... Ons gee om vir ander mense omdat God eerste vir ons omgegee het! Hoor bietjie hoe het Matteus daaroor geskryf ... Deel nou items/ lekkers uit ‘n “goody bag”uit vir die kinders … Maar die keer met ‘n ander doel- hulle moet dit in die week vir iemand anders gaan gee! Die preekriglyn begin met die kunswerk "Die Skepping van Adam" deur Michelangelo Buonarotti, een van die mees bekende Renaissance kunstenaars. Dit is 'n fresko wat deel uitmaak van die Sistynse Kapel se plafon, waaronder die moment uit Genesis waar God vir Adam skep. Sommige kenners sê die inspirasie vir die skildery kom uit die Middeleeuse lied Veni Creator Spiritus (Kom, Skepper Gees) wat bid dat "die vinger van die Vader se regterhand" woorde aan die gelowiges gee. Geen lewe is moontlik sonder dat God dit gee nie. Ons sou kon byvoeg: Geen insig, geen selfverstaan, roepingsbesef, ja, geen getuienis is moontlik sonder dat God openbaring, kennis, wysheid gee nie. Ons het geen lewe, geen begrip, geen benul van ons identiteit, ons gebrokenheid en ellende, en van God se liefde en verlossing, sonder dat God dit aan ons meedeel nie. Sonder God het ons nie eers woorde oor God nie, kan ons niks oor God bely nie. Ons het openbaring nodig. Gelukkig skenk God dit ruimhartig, soos die lewe self. Soos Jesus in ons teks aan Petrus sê: "Gelukkig is jy ... want dit is nie 'n mens wat dit aan jou openbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is."

Matteus 16:13-20.ppt 1.48 MB Aug 21, 2017 04:51 Download 120


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009