Kerkjaar 2008-09

File Version Licence Size Added Hits
Hebreërs 10 verse 11 tot 25.doc 167.5 KB Nov 09, 2009 07:00 Download 1462

Hebreërs 10 verse 11 tot 25 – Drie en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 15 November 2009

Volmaaktheid in Christus - om te wees soos God ons bedoel het om te wees - is nie iets wat ons bereik nie, maar is ’n GESKENK wat ons ontvang, dis genade!  Genade het alles verander!  Bonhoeffer het gesê: “Indeed we are saved by grace through faith in Jesus Christ. But saved to what? We are saved to live God’s love in this world.”

Hebreërs 10 verse 11 tot 25.ppt 801.5 KB Nov 09, 2009 06:59 Download 1448

Johannes 18 verse 33 tot 37 – Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 22 November 2009

Vandag is die laaste Sondag voor Advent, die 4 weke wat ons help om vir Kersfees voor te berei.  Vandag staan bekend as “Christus is die Koning Sondag”. Jesus sê in Johannes Hy het net vir een doel hiernatoe gekom: om oor die waarheid getuienis te lewer!  Dit het Hy met die rooi “ink” (bloed) van die kruis dwarsoor die wêreld geskryf vir alles en almal om te sien... Hy is die Koning – en niemand anders nie!

Johannes 18 verse 33 tot 37.ppt 806.5 KB Nov 15, 2009 21:42 Download 1498
Johannes 18 verse 33 tot 37.doc 86.5 KB Nov 15, 2009 21:43 Download 1476

Hebreërs 9 verse 23 tot 28 – Twee en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 8 November 2009

Christus se kruis was genoeg om vir ons die “green waves” hemel toe aan te skakel. Moenie dat die sonde jou laat stilstaan nie, daar is vergifnis beskikbaar... beweeg. Deur die teken van die kruis, is die Satan magteloos, is die sonde magteloos, is die dood magteloos. Snap jy dit? Sy genade is altyd groen genoeg... green waves al die pad hemel toe!

Hebreërs 9 verse 23 tot 28.ppt 1.05 MB Nov 02, 2009 06:41 Download 1384
Hebreërs 9 verse 23 tot 28.doc 127 KB Nov 02, 2009 06:42 Download 1424

Hebreërs 9 verse 11 tot 14 – Een en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – 1 November 2009

Waar is die liefde?  Dit bly die vraag wat deurentyd vir ons as kerk gevra word.Waar is die liefde? By God in Christus vertel Hebreërs 9 ons.  Sal ons Hom ooit kan vergeet? Liefde wat sal soek tot Hy ons vind, dat ons kan leef? Verhale en liedere en ’n familie-oomblik is ook opgeneem in hierdie preek.

Hebreërs 9 verse 11 tot 14.ppt 733.5 KB Oct 26, 2009 10:18 Download 1433

Markus 10 verse 46 tot 52 – Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Hervormingsondag – 25 Oktober 2009

Om blind te wees is erg, maar om te kan sien en nie te sien nie, is erger! (Helen Keller) Om Jesus te volg, laat jou sien... die lewe sien... anders sien... Kom lees van die blinde Bartimeus. Om waarlik Jesus en Sy waarheid te ‘sien’, beteken meer as waarneem wat Hy gedoen en gesê het, dit beteken ’n identiteitsverandering... ’n leefstylverandering. “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” vra Jesus ook vir ons vandag.

Markus 10 verse 46 tot 52.ppt 922.5 KB Oct 19, 2009 09:16 Download 1419
Hebreërs 9 verse 11 tot 14.doc 80 KB Oct 26, 2009 10:19 Download 1401
Markus 10 verse 46 tot 52.doc 72.5 KB Oct 19, 2009 09:17 Download 1775

Markus 10 verse 35 tot 45 – Negentiende Sondag in Koninkrykstyd – Sondag 18 Oktober 2009

Ons hou graag daarvan om ons gewig rond te gooi ... om die mag van ons posisie te wys ... en soms ons eie gebrek aan wysheid! Maar Jesus kom plaas die konsep van posisie, prestige sowel as mag in perspektief ... die perspektief van DIENS ... daarin lê ware mag!

Markus 10 verse 35 tot 45.ppt 701 KB Oct 12, 2009 06:54 Download 1380

Psalm 22 – Agtiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping – 11 Oktober 2009

Jesus het self eenmaal die eerste vers van Psalm 22 aan die kruis uitgeroep.  Nou weet ons: As jy “down and out” is, hys net jou seile en die Gees van God sal jou uit jou stormwater kry.  Dis die belofte van Jesus se kruis. Elke –(minus) in jou lewe verander Hy in ’n †( plus)!  God sê: “Hier is Ek! Ek is altyd by jou! Ek hoor jou gebed en sal jou altyd help.”

Psalm 22.ppt 850 KB Oct 05, 2009 05:35 Download 1461
Markus 10 verse 35 tot 45.doc 85 KB Oct 12, 2009 06:55 Download 1424
Psalm 22.doc 58 KB Oct 05, 2009 05:38 Download 1482

Psalm 8 – Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping – 4 Oktober 2009

Volgelinge van Jesus besef dat die lewe, soos die Joodse teoloog Martin Buber gesê het, twee sakke het. Uit die een sak haal ons ons geringheid – ons is niks anders as stof nie. Maar, uit die tweede sak haal ons ons grootheid – ons is spesiaal; ter wille van ons is die skepping gemaak.  Psalm 8 wil sê: Jy en ek is uniek deur God gemaak, kom ons  “celebrate” dit, want daar is niemand soos ons nie!

Psalm 8.ppt 1.25 MB Sep 28, 2009 06:18 Download 1408
Psalm 8.doc 64.5 KB Sep 28, 2009 06:21 Download 1671

Psalm 124 – Sestiende Sondag in Koninkrykstyd – Seisoen van die Skepping – 27 September 2009

Psalm 124 sê: Daar is ’n God; daar is moeilikheid; dis net God wat jou kan help wanneer jy in die moeilikheid is. Sien dit raak en bly in verwondering en aanbidding voor Hom.

Psalm 124.ppt 843.5 KB Sep 21, 2009 07:02 Download 1522
Psalm 124.doc 70.5 KB Sep 21, 2009 07:05 Download 1441

Psalm 1 – Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd – 20 September 2009

Hierdie Psalm het goeie nuus en slegte nuus:  jy is óf 'n boom óf jy is kaf. As jy daarvan aangekla sou word dat jy ’n Christen is, sou daar genoeg getuienis teen jou ingebring kon word om jou skuldig te bevind? Wie jy ís, weeg swaarder as wat jy sê. Soos gebruiklik is daar aanhalings, stories en 'n familie-oomblik.

Psalm 1.ppt 1.06 MB Sep 13, 2009 20:53 Download 1506
Psalm 1.doc 66 KB Sep 13, 2009 20:56 Download 1740

Markus 8 verse 27 tot 38 – Veertiende Sondag in Koninkrykstyd – 13 September 2009

In Markus 8:34-38 is Jesus besig om met mense te praat oor hoe ’n mens Hom volg - nie eendag nie, maar in die hier en nou. Die teksgedeelte, verhale en aanhalings en ’n familie-moment waar kinders betrek word, wil ons uitdaag om ons lewe so te leef, dat mense Jesus in ons gedrag sal sien.

Markus 8 verse 27 tot 38.ppt 813 KB Sep 07, 2009 05:13 Download 1647
Markus 8 verse 27 tot 38.doc 82 KB Sep 07, 2009 05:16 Download 1524

Markus 7 verse 24 tot 37 – Dertiende Sondag in Koninkrykstyd – 6 September 2009

Kerk-analis Herb Miller stel ’n belangrike vraag:  “Wil jy graag hê dat die gemeente nog teen 2025 moet bestaan – en bruis met lewe?” What matters is that all your church does, is done for Christ’s sake and is ‘DONE WELL’.” Hierdie week is die pre-historiese dinosourus Barney op die PowerPoint skyfies.  Miskien som die volgende Jesus-woorde die Barney-beginsel die beste op:  “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet”.

Markus 7 verse 24 tot 37.ppt 745.5 KB Aug 30, 2009 17:12 Download 1501
Markus 7 verse 24 tot 37.doc 72.5 KB Aug 30, 2009 17:14 Download 1534

Markus 7 verse 1 tot 23 – Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd – 30 Augustus 2009

Die middelpunt van Disney World is die pragtige Sleeping Beauty kasteel, maar die groot teleurstelling is dat dit net van buite mooi is, binne is dit dolleeg. Die Fariseërs se reëls het presies dit gedoen: alles vir die uiterlike. Jesus kom leer ons niks ekstern kan ons onrein maak nie, dis wat binne-in ons is, ons denke en die dade wat daaruit vloei, die inhoud van ons ‘kasteel’, wat saak maak.

Markus 7 verse 1 tot 23.ppt 886 KB Aug 24, 2009 07:20 Download 1485
Markus 7 verse 1 tot 23.doc 85 KB Aug 24, 2009 07:25 Download 1620

Psalm 34 – Elfde Sondag in Koninkrykstyd – 23 Augustus 2009

Psalm 34 wil ’n volledige prentjie gee van wat dit beteken om deur God verlos te word. Kom proe, ruik, sien, raak daaraan en hoor elke keer wat die Nagmaal se brood en wyn vir jou wil sê:  Kyk hoe goed is God in Jesus vir jou!

Psalm 34.ppt 701 KB Aug 17, 2009 06:57 Download 1492
Psalm 34.doc 63.5 KB Aug 17, 2009 06:59 Download 1782

1 Konings 2:10-12 en 3:3-14 – Tiende Sondag in Koninkrykstyd - 16 Augustus

Vandag bring hierdie teks ons in die geselskap van wyse Salomo... Wysheid kom van Bo, van God af. Wat beteken dit? Wel eintlik is dit niks anders as rein nie. Wat beteken dit?  Hoe is ’n mens rein? Daar is ’n Hollandse spreuk wat dit vir ons uitstekend verduidelik: Wie God bo alles lief het, sal God in alles sien!

1 Konings 2:10-12 en 3:3-14.ppt 861 KB Aug 10, 2009 06:47 Download 1469
1 Konings 2:10-12 en 3:3-14.doc 64 KB Aug 10, 2009 06:51 Download 1617

Johannes 6 verse 35 en 41 tot 51 – Negende Sondag in Koninkrykstyd – 9 Augustus 2009

Jesus sterf - nie om iets ongedaan te maak nie, maar om iets moontlik te maak. God trek ons na Hom toe en die tou wat Hy gebruik om ons te trek, is Jesus, wat Brood is! Daar is niks wat jou reuksintuie so aanspreek soos vars gebakte brood nie!  Aan Jesus kleef die vars reuk van Brood wat gebak word in die hemel... daagliks. Dis hierdie reuk waarmee God mense na Hom toe wil trek.

Johannes 6 verse 35 en 41 tot 51.ppt 932.5 KB Aug 03, 2009 08:06 Download 1463
Johannes 6 verse 35 en 41 tot 51.doc 69.5 KB Aug 03, 2009 08:05 Download 1562

Johannes 6 verse 22 tot 35 – Agste Sondag in Koninkrykstyd – 2 Augustus 2009

Ons lewe in ’n wêreld wat behep is met kos wat nie rêrig jou honger kan stil nie.  Twee van die beste verkopers in enige boekwinkel, is kookboeke én dieet boeke!  Kookboeke vertel hoe om kos te maak en dieet boeke hoe om dit nie te eet nie! : “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na my toe kom sal nooit weer honger kry nie.”  Die Brood van die lewe, is nie ’n idee of ideaal of beginsel nie. Die Brood van die lewe is ’n Persoon! Daardie Persoon verander jou lewe en hoe jy na die lewe kyk en hoe jy na ander mense kyk en hoe jy ander behandel. Om aan te sluit by laas week se tema: jy kry ’n oorvloed mentaliteit!

Johannes 6 verse 22 tot 35.ppt 1.33 MB Jul 27, 2009 00:29 Download 1478
Johannes 6 verse 22 tot 35.doc 68 KB Jul 27, 2009 00:28 Download 1761

Johannes 6 verse 1 tot 21 – Sewende Sondag in Koninkrykstyd – 26 Julie 2009

Vandag se Leesroosterteks vertel ons waarskynlik van die eerste “happy meal” wat mense geëet het, want so ’n wonder het niemand nog beleef nie - 2 vissies en 5 broodjies! Die dissipels sit met ’n skaarste mentaliteit in plaas van ’n oorvloed mentaliteit. Fillipus fokus op leë sakke en besluit dis onmoontlik. Jesus se wonderwerke het nog nie by hom kom nes maak nie.

Johannes 6 verse 1 tot 21.ppt 886.5 KB Jul 19, 2009 11:57 Download 1490
Johannes 6 verse 1 tot 21.doc 76.5 KB Jul 19, 2009 11:58 Download 1888

Markus 6 verse 30 tot 34 en 53 tot 56 – Sesde Sondag in Koninkrykstyd – 19 Julie 2009

Wat ons in hierdie teks gedeelte sien, is wat ons kan noem die ritme van Christelike lewe, ’n ritme van stilraak in die teenwoordigheid van God en weer uitbeweeg in die teenwoordigheid van mense...van die stil plek  na die mark plek.  Ons moet ’n balans kry in hierdie ritme – na die voorbeeld van Jesus.

Markus 6:30-34 en 53-56.ppt 815 KB Jul 13, 2009 07:13 Download 1613
Markus 6:30-34 en 53-56.doc 67 KB Jul 13, 2009 07:14 Download 1568

Efesiërs 1 verse 3 tot 14 – Vyfde Sondag in Koninkrykstyd – 12 Julie 2009

Het jy ’n sterpersoonlikheid na wie jy lyk?  Het iemand al ooit vir jou vertel jy lyk baie soos …?” Wie gee regtig om na watter ster ons lyk?  Die vraag is eerder:  lyk ons soos Christus in ons optrede elke dag? Wanneer ons dink oor wie God is, wat Hy vir ons gedoen het en wat ons gaan wees, moet die gevolg wees: om met ons leefwyse - heilig en onberispelik - elke dag vir God hande te klap en toe te juig.

Efesiërs 1 verse 3 tot 14.ppt 958 KB Jul 05, 2009 05:25 Download 1507
Efesiërs 1 verse 3 tot 14.doc 62 KB Jul 05, 2009 05:24 Download 1590

2 Samuel 5 verse 1 tot 5 en 9 tot 10 – Vierde Sondag in Koninkrykstyd – 5 Julie 2009

Vandag se teksgedeelte konfronteer ons met die vraag: onder wie se gesag staan ons? Sodra jy die Bewaarder van die Fontein van die lewe uitsny, is daar moeilikheid... As jy hou by die Bewaarder, kan jy die tas neersit, kan jy lig reis, met ‘n rugsak, langer treë gee, risiko’s in die geloof neem en jou arms gebruik om mense te omhels.

2 Samuel 5 verse 1 tot 5 en 9 tot 10.ppt 1.1 MB Jun 28, 2009 20:04 Download 1545
2 Samuel 5 verse 1 tot 5 en 9 tot 10.doc 70 KB Jun 28, 2009 20:03 Download 1622

2 Samuel 1 verse 1 en 17 tot 27 – Derde Sondag in Koninkrykstyd – 28 Junie 2009

Iewers word ons almal soos Dawid vroeër of later deur die dood van ’n geliefde geraak. Daar is ’n lied wat sê: “Waar daar deernis is, daar is die Heer.” God is oral waar mense met deernis met mekaar omgaan. Toe Dawid getreur het oor Saul en Jonathan se dood, was dit so ’n tyd. Gooi daardie luike oop, maak die vensters oop en gaan na waar God jou wil hê - iewers in die lewe - sodat ons God-verantwoordelik én God-oorvloedig kan lewe!

2 Samuel 1 verse 1 en 17 tot 27.ppt 723.5 KB Jun 22, 2009 06:41 Download 1496
2 Samuel 1 verse 1 en 17 tot 27.doc 74.5 KB Jun 22, 2009 06:41 Download 1722

1 Samuel 17 verse 57 tot 18 vers 5 en 10 tot 16 – Tweede Sondag in Koninkrykstyd – 21 Junie 2009

Vir ’n kindjie van 4 lyk ’n seun van 16 reusagtig en is jy bang vir hom, maar vir ’n man van 30 is hy bloot net nog ’n jong seun wat geen gevaar inhou nie.  Dis wat gebeur as jy in die wêreld van God leef – groot raak klein, swaar raak lig, moeilik word eenvoudig. Dawid was ’n man van God, wat lewe in die groot wêreld van God en kon daarom die klein wêreld van bere en leeus en Goliat hanteer. Maar dan moet jy weet: God se skadu is...  die SON! Kom ons gaan sit dié Vadersdag op ons GROOT Vader se skoot en kyk hoe lyk ons wêreld van daar af.

1 Sam 17:57 tot18:5 & 10-16.ppt 1.25 MB Jun 13, 2009 10:26 Download 1638
1 Sam 17:57 tot18:5 & 10-16.doc 69 KB Jun 13, 2009 10:25 Download 1927

1 Samuel 15 vers 34 tot 16 vers 13 – Eerste Sondag in Koninkrykstyd – 14 Junie 2009

Daar is ’n ou gesegde:  “Elke mens is drie verskillende mense: Die een wat hy glo hy is. Die een wat hy graag wil wees.  En die een wie hy eintlik is!”  Daar is egter ook ’n vierde mens - die een soos God jou sien. God kies bewustelik mense wat ek en jy en die res van die wêreld sal miskyk.  En hier in I Samuel 16 doen God presies dit.

1 Samuel 15:34 tot 16:13.ppt 1.1 MB Jun 08, 2009 05:52 Download 1528
1 Samuel 15:34 tot 16:13.doc 94.5 KB Jun 08, 2009 05:53 Download 1692

Jesaja 6 verse 1 tot 8 – Triniteitsondag – 7 Junie 2009

Triniteitsondag:  God die Vader, die Seun en die Heilige Gees – Drie in Een.  Die gedeelte gee ons ’n unieke blik op die grootheid van God, insig in Sy werk op aarde, en hoe Hy mense roep en reinig om Hom te dien. Die teks raak nie die Triniteit direk aan nie...dit help ons met drie bewegings wat ons verhouding met die Drie-eenheid teweegbring.  Dis wat Jesaja gedoen het en so word hy die Here se gestuurde.

Jesaja 6:1-8.ppt 850 KB May 31, 2009 05:50 Download 1559
Jesaja 6:1-8.doc 572 KB May 31, 2009 05:50 Download 1558

Romeine 8 verse 22 tot 27 – Pinksterfees – 31 Mei 2009

Pinkstersondag - die  neerdaal van die Duif, die Heilige Gees, die Tussenganger. Met elke tree wat ons Christene loop, elke asemteug wat ons inasem, weet ons ons word bewaar deur God, vergesel deur God, regeer deur God. Die Heilige Gees wat in ons woon, herinner ons daaraan, sug saam met ons in afwagting.  Alles is reg, al lyk alles verkeerd... Jesus lewe – wat God vir Jesus gedoen het, sal Hy ook vir ons én die kosmos doen.

Romeine 8:22-27.ppt 834.5 KB May 25, 2009 06:03 Download 1468
Romeine 8:22-27.doc 197 KB May 25, 2009 06:02 Download 1817

1 Johannes 5 verse 9 tot 13 – Sewende Sondag van Paastyd – 24 Mei 2009

Die omvattende tema van 1 Joh 5 verse 9 tot 13 is dat gelowiges mag weet dat hulle die ewige lewe besit en dat  dié sekerheid in hulle leefstyl sigbaar moet wees. Dis belangrik om te weet - geloofsekerheid is nie sekerheid van jou geloof nie, maar sekerheid van God. Van Hom kan jy doodseker wees, by Hom is jou lewe voldoende verseker!

1 Johannes 5:9-13.ppt 674.5 KB May 18, 2009 07:05 Download 1521
1 Johannes 5:9-13.doc 132 KB May 18, 2009 07:04 Download 1527

Psalm 110 – Hemelvaart – 21 Mei 2009

Wat was Jesus se grootste oorwinning toe Hy op aarde was?  Sonder twyfel Sy opstanding uit die dood!  Maak nie saak wat die wêreld sê of dink nie. Hemelvaart sê Jesus is in beheer. Karel Barth het gesê Hemelvaart is asof ons ’n steil berg geklim en nou bo-op die kruin gekom het, en ’n asemrowende uitsig het.

Psalm 110.ppt 768.5 KB May 18, 2009 07:03 Download 1462
Psalm 110.doc 63.5 KB May 18, 2009 07:02 Download 1746

Handeling 10 verse 44 tot 48 – Sesde Sondag van Paastyd – 17 Mei 2009

God het ’n bekende lied begin sing, maar met ’n nuwe wysie, nuwe ritme en ’n nuwe orkes - een wat nie-Jode ingesluit het! Dit was ’n skokkende ommekeer van ’n situasie: God het die kerk oopgemaak vir almal. Handelinge 10 wil ons konfronteer om ons optrede te verander.  Ons is verlief op ’n “crank-start”  (daardie slinger waarmee Model-T aan die gang gekry is) en vergeet dat die hele punt is om die kar aan die gang te kry en aan die gang te hou! Verhale en ’n familie-oomblik maak deel uit van hierdie preekstudie sowel as ’n lied om aan te leer van FLAM.

Handelinge 10:44-48.ppt 1.49 MB May 11, 2009 06:24 Download 1500
Handelinge 10:44-48.doc 58.5 KB May 11, 2009 06:22 Download 1476

Handelinge 8 verse 26 tot 40 – Vyfde Sondag van Paastyd – 10 Mei 2009

Wat is die beste manier om vir baie besige mense iets te sê?  Jy vra vrae en luister lank genoeg!  As jy ook nog ’n gelowige is wat dit doen, dan evangeliseer jy op die koop toe!  Dit is God se werk om die hart gereed te kry. Dit is God se werk om die grond gereed te kry. Dit is God se werk om die Gees te laat waai waar Hy wil! Dit is ons werk om mense te help om te hoor hoe God in hulle lewens praat, deurdat ons na hulle gepraat luister. Kom ons klim op die mense rondom ons se wa en luister – jy sal verstom staan hoe jy hulle help om God te hoor en hulle jou weer help.

Handelinge 8:26-40.ppt 615.5 KB May 03, 2009 06:51 Download 1605
Handelinge 8:26-40.doc 65.5 KB May 03, 2009 06:51 Download 1614

Handelinge 4 verse 5 tot 12 – Vierde Sondag van Paastyd – 3 Mei 2009

Die lewe kan vergelyk word met ’n kis-kar.  Jy kan nie op jou eie die pad ry nie. Jy het iemand anders se hulp nodig.  In Hand 4, vertel Lukas vir ons, kom Petrus onder die leiding van die Gees en sê daar is net een Naam wat tel, die naam Jesus Christus.  Die naam maak ’n hele wêreld oop. ’n Wêreld van genade en verlossing.  Die enigste weg tot God.

Handelinge 4:5-12.ppt 1.21 MB Apr 27, 2009 07:34 Download 1465
Handelinge 4:5-12.doc 59 KB Apr 27, 2009 07:28 Download 1732

Lukas 24 verse 36b tot 48 – Derde Sondag van Paastyd – 26 April 2009

Hoe weet ons Jesus leef regtig?  Met respek gesê, dis amper soos om te weet of ou “big foot” leef!  Ons sien sy voetspore.  Net so, as ons mooi kyk, sien ons Jesus se voetspore en handmerke orals rondom ons.  En dis nie net op die blink gevryfde silwer van die nagmaal servies nie. Nee, dis ook in die slote van die plakkerskampe. Jesus was nooit bang om sy hande vuil te maak nie.  Ja, Hy het nog verder gegaan en dit selfs verwond.  Soek die handafdrukke van verwonde hande orals rondom jou en jy sal weet ... Jesus leef!

Lukas 24:36b-48.ppt 1.13 MB Apr 19, 2009 16:55 Download 1461
Lukas 24:36b-48.doc 296.5 KB Apr 19, 2009 16:54 Download 1543

Handelinge 4 verse 32 tot 35 – Tweede Sondag van Paastyd – 19 April 2009

Lukas gee hier verskillende strategieë vir die hantering van armoede. God soek deur Sy Gees hande wat Hy kan gebruik. Dis nie net altyd die sterkes en grotes wat kan help nie, selfs in ons “kleinheid” kan ons tot diens wees. ‘n Clip, ‘My Lady of the Chimney Corner’, kan afgelaai word by www.nous.org.za. Stuur ’n epos met jou naam na indien jy belangstel in ’n ander clip wat die wonder van hande uitbeeld.

Handelinge 4:32-35.ppt 605.5 KB Apr 13, 2009 07:12 Download 1487
Handelinge 4:32-35.doc 58.5 KB Apr 13, 2009 07:12 Download 1481

Jesaja 25 verse 6 tot 9 – Paasfees – 12 April 2009

Jesaja 25 roep ons tot vreugde:  “Laat ons bly wees en juig omdat God ons gered het.” Dis die Paasboodskap in ’n neutedop. Paastyd is die tyd wat oorloop van vreugde. Hoor hoe God vir jou sê : “Ek is lief vir jou!” Jy kan ’n gratis clip aflaai by www.nous.org.za – ‘Roomys’ – wat jy tydens Paassondag kan gebruik.  Dit illustreer God se genade – verniet – baie mooi uit. Daar is ’n tweede clip wat jy vandag sou kon gebruik, met die titel  “Dood vernietig”.  Stuur jou naam per epos na om die 3Mb clip gratis te ontvang.

Jesaja 25:6-9.ppt 1017.5 KB Apr 06, 2009 04:37 Download 1443
Jesaja 25:6-9.doc 67.5 KB Apr 06, 2009 04:36 Download 1685

Hebreërs 4 verse 14 tot 16 en 5 verse 7 tot 9 – Goeie Vrydag – 10 April 2009

Hoe sou mens ooit dankie kon sê vir iemand wat in jou plek sterf, sodat jy volkome vry kan wees? Hierdie Skrifgedeeltes beklemtoon weer:  Net Een was perfek, geskik om in ons almal se plek te sterf, volmaakte Hoëpriester, Jesus Christus.  Daarom kan ons vashou aan ons geloof, omdat Jesus alles vir ons ten goede verander het. Daarom noem ons hierdie dag ‘Goeie Vrydag’. Verhale en ’n familie-oomblik is opgeneem in die preek. ’n Video-clip kan gratis gekry word.  Stuur ’n epos met  jou naam na .  Alle FLAM-liedere kan gratis afgelaai word by www.flam.co.za.

Hebreërs 4:14-16 en 5:7-9.ppt 918.5 KB Apr 06, 2009 04:34 Download 1546
Hebreërs 4:14-16 en 5:7-9.doc 63.5 KB Apr 06, 2009 04:34 Download 1535

Psalm 31 – Sesde Sondag in Lydenstyd, Palmsondag – 5 April 2009

Geloof is dikwels vir ons sinoniem met vreugde, kommerloosheid, sekerheid en berusting en nie ook die klaaglied van ’n verdrukte mens nie. Die Psalm van Dawid maak dit duidelik dat beide emosies kenmerkend van ’n lewende geloof is. Bely soos die Psalmdigter:  “My tye is in U hande”, dan sê jy eintlik al glip tyd vinnig verby, alles (ook ek en jy) is veilig in God se groot en sagte hande.

Psalm 31.ppt 1.36 MB Mar 30, 2009 05:58 Download 1542
Psalm 31.doc 63 KB Mar 30, 2009 05:56 Download 1686

Jeremia 31 verse 31 tot 34 – Vyfde Sondag in Lydenstyd – 29 Maart 2009

Heelhartig versus halfhartig. ’n Stemvurk word deur musikante gebruik om hul instrumente mee in te stem – dit gee ’n perfekte middel C.  God speel net in C (“in Christus”). Jeremia wil vir ons sê God neem die inisiatief, Hy wil ons identiteit in ons hart kom inbrand sodat ons “heelhartig” kan leef, op Hom ingestem! Dis hoekom Christus aan die kruis gesterf het. Laai ’n clip af by www.nous.org.za en ’n lied by www.flam.co.za.

Jeremia 31:31-34.ppt 1.04 MB Mar 23, 2009 07:04 Download 1507
Jeremia 31:31-34.doc 69.5 KB Mar 23, 2009 07:04 Download 1661

Psalm 107 – Vierde Sondag in Lydenstyd – 22 Maart 2009

Psalm 107  bevestig weer:  God bly getrou en ons kan Hom met alles vertrou. Jou dankie-sê vir God smeer af op elke deel van jou lewe.  As ons dit elke dag doen, gaan ons dit begin glo en die mense rondom ons ook.  'n  Hollandse Spreuk lui:  Wie God bo alles liefhet, sal Hom in alles sien. Daar is weer ’n familie-moment.  Laai ’n clip af by  www.nous.org.za en ’n lied by www.Flam.co.za.

Psalm 107.ppt 834.5 KB Mar 16, 2009 06:20 Download 1514
Psalm 107.doc 119.5 KB Mar 16, 2009 06:21 Download 1537

Eksodus 20 verse 1 tot 17 – Derde Sondag in Lydenstyd – 15 Maart 2009

God het vir ons duidelike riglyne in sy Woord gegee om UITSTAANmense te wees. Hierdie UITSTAANde reëls is die tien gebooie. CS Lewis het oor die tien gebooie gesê:  Ons mag dink dat God eenvoudig gehoorsaamheid aan ’n stel reëls wou gehad het, terwyl God in werklikheid mense van ’n sekere kaliber wil hê.  Daar is 2 opsies om kinders in die erediens te betrek.  Laai   ’n clip af by www.nous.org.za en ’n lied by www.flam.co.za.

Eksodus 20:1-17.ppt 849.5 KB Mar 09, 2009 07:15 Download 1523
Eksodus 20:1-17.doc 62 KB Mar 09, 2009 07:15 Download 1916

Romeine 4 verse 13 tot 25 – Tweede Sondag in Lydenstyd – 8 Maart 2009

Wat lê agter ons hoop en glo? God doen wat Hy beloof het en alles is genade! As jy dit snap, word hoop én glo deel van jou leefwyse!  Dan sal jy ook sê soos Christian Reger: “Ek het die Wie van my lewe leer ken.  Hy was genoeg om my toe te onderhou en is genoeg om my nou nog te laat aangaan.” FLAM-bladmusiek kan afgelaai word by www.flam.co.za.

Romeine 4:13-25.ppt 947.5 KB Mar 02, 2009 08:26 Download 1490
Romeine 4:13-25.doc 60.5 KB Mar 02, 2009 08:26 Download 1584
Markus 1 verse 9 tot 15 – Eerste Sondag in Lydenstyd – 1 Maart 2009
Die vertoning van die Nuwe Lewe - Jesus op die stofpaaie van Palestina - begin nadat Jesus met Sy doop uit die water gekom het en daar 'n stem uit die hemel - God se stem - gepraat het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” Niks op aarde sou ooit weer dieselfde wees! Met “jy is My geliefde”-woorde in die “rugsak” van ons hart gepak, volg ons nou verder dié Voetspore in die stofpaaie van Palestina. Aanhalings en ’n familie-oomblik is ook hierin opgeneem. Laai gerus ook die clip van die een-oog bokkie af by www.nous.org.za.
Markus 1:9-15.ppt 1.05 MB Feb 23, 2009 06:38 Download 1495
Markus 1:9-15.doc 77 KB Feb 23, 2009 06:41 Download 1624
Markus 9 verse 2 tot 9 – Sondag van die Verheerliking – 22 Februarie 2009
Hierdie gedeelte vra vandag van ons: Sal ons nie tog van ons vrees, van ons behoefte aan woorde in stilte en in beheer te wil wees, laat gaan nie sodat ons deur die Heilige Gees verander kan word na die beeld van Christus? Nadat jy ’n ontmoeting met die verheerlikte en opgestane Christus gehad het, kan jy nooit weer lewe in die donker, muwwerige kelder van die lewe nie! Gooi jou venster oop en fokus op Hom om Wie die lewe draai! ’n Clip kan afgelaai word by  www.nous.org.za
Markus9_2-9.ppt 769.5 KB Feb 16, 2009 06:31 Download 1534
Markus9_2-9.doc 67.5 KB Feb 16, 2009 06:16 Download 1572
2 Konings 5 verse 1 tot 14 – Sesde Sondag na Epifanie – 15 Februarie 2009
’n Klein dogtertjie het aandeel in die verandering van ’n belangrike man se lewe. Naäman bedryf ’n Alles Behalwe Christen-wees godsdiens, totdat hy gesond gemaak word en toe bely hy:  “Ek weet nou, daar is geen God op die hele aarde behalwe in Israel...”  In pas met ons Hemelse Dirigent moet ons die regte ABC geloof uitleef – Alles Begin (met) Christus -  sonder Hom het jou lewe nog nie begin nie!
2Kon5_1-14.ppt 1.01 MB Feb 08, 2009 17:04 Download 1534
2Kon5_1-14.doc 66 KB Feb 08, 2009 17:04 Download 1703
Jesaja 40 verse 20 tot 31 – Vyfde Sondag na Epifanie – 8 Februarie 2009
Almal wil goeie nuus hoor.  C.S Lewis het op ’n keer gesê, mense moenie onderrig word nie, hulle moet herinner word.  Die goeie nuus wat Jesaja vir ons vandag gee, nes hy destyds vir Joodse ballinge gegee het: God heers en is in beheer! Dit is ’n tyd van vreugde, tyd om te ‘vlieg.’ Jy kan self die storie van ‘Cooleebah’ vertel, of jy kan die clip aflaai bywww.nous.org.za (maak die skyfie oop en kliek op die woord terwyl jy op die internet is).
Jes40_20-31.ppt 714 KB Feb 2, 2009 06:00 Download 1496

Jes40_20-31.doc 58 KB Feb 2, 2009 06:00 Download 1687
Deuteronomium 18 verse 15 tot 20 – Vierde Sondag na Epifanie – 1 Februarie 2009
Deut 18 sê ’n goeie profeet is nie die een wat al die antwoorde ken nie, maar die een wat fyn luister na die antwoorde wat God gee en dit dan glo en hardop vir die ander vertel. In Jesus het ons gesien hoe ’n ware profeet optree en dis hoe Sy volgelinge vandag nog moet wees. Met ’n Bybel vasvra word kinders ook betrek.
Deut18_15-20.ppt 783.5 KB Jan 26, 2009 06:00 Download 1502
Deut18_15-20.doc 56 KB Jan 26, 2009 06:00 Download 1639
Jona 3 verse 1 tot 5 – Derde Sondag na Epifanie - 25 Januarie 2009
Jona klou krampagtig vas aan sy vooropgestelde idee van wie genade mag ontvang. Hy wou nie weet dat God anders na mense kyk nie, dat Hy ’n God is van tweede kanse. Dís wat God altyd aan jou en my deur die storie van Jona wil sê: “Komaan, gaan terug op die veld … net die helfte van die wedstryd is maar verby.”  Lees van nog mense wat tweede kanse gekry het. In ’n familie-oomblik kan 3 kinders betrek word om uit te beeld wat nodig is vir vergifnis.
Jona3_1-5.ppt 843.5 KB Jan 19, 2009 06:00 Download 1491
Jona3_1-5.doc 55.5 KB Jan 19, 2009 06:00 Download 1738
1 Samuel 3 verse 1 tot 10 (11 tot 21) – Tweede Sondag na Epifanie – 18 Januarie 2009
Soms is dit moeilik om God se stem te herken, Samuel het hiermee gesukkel. Hy het hulp nodig gehad om te leer hoe om na God te luister.  God praat op verskillende maniere met ons, maar dis een ding om te luister, dit moet oorgaan in doen. Winston Churchill het gesê “We make a living by what we get, but we make a life by what we give”. God se BTW vir ons lewe is: Beoefen regverdigheid en billikheid. Toon liefde en trou. Wandel met God. Lees wat die reëls van ’n dambord speletjie ons kan leer, betrek ouers/kinders by die erediens met ’n speletjie.
1Sam3_1-10_11-21.ppt 1.32 MB Jan 12, 2009 06:00 Download 1585
1Sam3_1-10_11-21.doc 62 KB Jan 12, 2009 06:00 Download 1788
Psalm 29  - Eerste Sondag na Epifanie – 11 Januarie 2009
Luister fyn, God fluister soms. Kan jy die stem van die Here hoor wat soos musiek oral rondom jou - in die natuur, in jouself, in ander- speel? Psalm 29 wil jou herinner die stem van die Here is nie ’n opname nie, maar ’n “live” uitsending. Op www.nous.org.za is daar ’n pragtige clip ‘Thunder’ wat die Message se vertaling van Ps 29 weergee.  Dit sal beslis die moeite werd wees om dit af te laai.
Ps29.ppt 1.05 MB Des 8, 2008 06:00 Download 1489
Ps29.doc 49.5 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1659
Jesaja 60 verse 1 tot 9 – Epifaniefeesdiens – 4 Januarie 2009
Op Epifanie Sondag dink ons aan die koms van die wyse manne wat ’n Blink ster gevolg het. Hulle het oë van geloof gehad.  Dis wat ons in 2009 moet hê – miskien nie ’n “lens oorplanting” nie, maar verseker ’n voorskrif vir ’n nuwe geloofbril!  Sit die geloofbril op – 2009 gaan net Ligter lyk! Laat kinders met spieëltjies en ’n sterk lig illustreer dat Jesus se lig nie op ons moet skyn nie, maar in ons.
Jes60_1-9.ppt 1.18 MB Des 8, 2008 06:00 Download 1503
Jes60_1-9.doc 66.5 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1497
Hebreërs 1 verse 1 tot 4 – Sondag na Kersfees – 28 Desember 2008
Kersfees is vir nog ’n jaar verby! Ons kan nie wegkom van hierdie man Jesus nie - al is Kersfees verby - Hy het die wêreld verander of jy dit nou glo of nie! En Hy hou steeds die hele wêreld in Sy hande. Maar wat jy ook al mag glo, die geboorte van Jesus was so belangrik, dit het die geskiedenis in twee dele verdeel. Alles wat op planeet aarde gebeur het, val in ’n kategorie – voor Christus óf na Christus! Hy is God se stempel op die geskiedenis.
Hebr1_1-4.ppt 987 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1528
Hebr1_1-4.doc 52.5 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1675
Johannes 1 verse 1 tot 14 – Kersfeesdiens – 25 Desember 2008
Die Woord het Mens geword en onder ons kom woon! Die lewe se bepalende moment is dat dit oor Jesus gaan; ons lewensbepalende moment is dat ons met Jesus gaan. Kersfees is die fees van die kers - die lig wat nooit uitgaan nie, simbool om ons te herinner dat alles in Jesus vervul is. Hoe raak dit ons lewe elke dag, nie net met Kersfees nie? Draai 'n pakkie toe wat vir klein en groot verduidelik dat ons Kersfees vier omdat God Sy ware identiteit vir ons kom wys het, maar ook sodat ons ons ware ‘kind van God’-identiteit kan ontdek en aanvaar. Jy kan die clip van ‘Burn out’ aflaai by www.nous.org.za – kliek op die skakel, terwyl jy op die Internet is.
Joh1_1-14.ppt 727 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1508
Joh1_1-14.doc 59 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1829
2 Samuel 7 verse 1 tot 11 en 16 – Vierde Sondag in Advent – 21 Desember 2008
Dawid het ’n plan: hy wil ’n huis bou vir God.  God sê ‘Nee’, want Hy het ’n beter plan... Hy is soewerein, ’n  God van vryheid en genade: Sy Seun gaan mens word en tussen ons kom bly... dis Sy liefdes-plan vir die mens en dis die boodskap van Advent:  alles en almal is holy space, want Christus is alles en in almal!
2Sam7_1-11_16.ppt 955.5 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1451
2Sam7_1-11_16.doc 55 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1502
Lukas 1 verse 47 tot 55 – Derde Sondag in Advent – 14 Desember 2008
Onthou as ons in hierdie Adventstyd dink aan daardie eerste Kersdag: God het ’n seën deur ’n jong ma en pap baba in ’n klein dorpie gebring. Hierdie seën kom bring vreugde aan almal wat “altyd uitgelaat word”...wie ken nie daardie gevoel nie?  God kies ons ongeag wat die wêreld van ons dink…En dis Goeie Nuus! Laai gerus die aangrypende clip, “Van Gogh se ‘Starry Nights’”, af by www.nous.org.za (jy kan bloot op die adres kliek terwyl jy aanlyn is.)
Luk1_46-55.ppt 1.04 MB Des 8, 2008 06:00 Download 1556
Luk1_46-55.doc 60 KB Des 8, 2008 06:00 Download 1544
Psalm 85 – Tweede Sondag in Advent – 7 Desember 2008
Die digter van Psalm 85 onthou God se goedheid, vergifnis en beloftes van uitkoms. En soos ’n telefoon lui Advent tyd gebeure om ons te herinner:  Luister, dink aan wat God vir jou gedoen het! Reageer daarop, laat dit jou geheue aktiveer, dan kry jy weer nuwe, egte hoop vir die toekoms. Dan ontvang jy God se shalom. 
Ps85.ppt 790 KB Des 1, 2008 06:00 Download 1465
Ps85.doc 55 KB Des 1, 2008 06:00 Download 1693
Psalm 80 – Eerste Sondag in Advent – 30 November 2008
Advent is ’n tyd van afwagting op die koms van Jesus. Asaf smeek om God se goedheid weer te beleef. Hoe werk dit tussen God en ons?  Hy werk in minder voor die hand liggende metodes, soos in die windstilte…. soos ’n Baba in ’n krip. Daarom is Advent-tyd (gelowiges se wag-en-stil-word-tyd) so nodig – as ons die engele kore wil hoor, die Lig wil sien, sal ons eers moet stil wees.  Vir mense wat ’n oomblik van stilte en gebed in die erediens wil skep vir Zimbabwe, is daar ’n kort video-clip  beskikbaar by http://nous.org.za
Ps80.ppt 1.1 MB Nov 24, 2008 06:00 Download 1473
Ps80.doc 72.5 KB Nov 24, 2008 06:00 Download 1489


For DOWNLOAD is used JotLoader component © V. Kanich 2007-2009