Terugvoer

AddThis Social Bookmark Button
AddThis Social Bookmark Button
Vanderbijlpark en Vanderbijlpark-Wes het die hele reeks (10 aande) van "Stap saam met Jesus oor grense" gedoen - die vier teksgedeeltes uit Markus, Joh. 4, en dan die vyf teksgedeeltes uit Handelinge.     Wat 'n belewenis!    Daarvan getuig elkeen wat elke aand gekom het.  Selfs stoere Blou Bul-ondersteuners het 22 Mei die diens bygewoon eerder as om tuis die wedstryd tussen die Bulle en die Crusaders te kyk.

Vir my¬†persoonlik was dit ook 'n gese√ęnde tyd, veral die verhale wat elke aand vertel is oor daardie dag se ontmoetings met ander mense - die grense wat oorgesteek is, en wat oorgesteek moet word.¬†¬† Almal het met groot vrymoedigheid hieraan deelgeneem, en ek kon agterkom hoedat lidmate baie meer bewustelik elke dag se ontmoetings met ander as geleenthede tot getuienis en dienslewering begin raaksien en aangegryp het.¬†¬†¬†¬† Daar was en is 'n "commitment" om doelbewus grense na ander oor te steek...

Daar is verder groot belangstelling in die reeks "Die vrou by die put".    Ons begin daarmee aan die begin van die derde kwartaal.   Weereens dankie vir julle leiding, en die materiaal wat julle aan die kerk oor "luister" beskikbaar gestel het.

Groetnis hier uit Vanderbijlpark uit.

Cobus Niemand