Eksegetiese riglyne

AddThis Social Bookmark Button
AddThis Social Bookmark Button

Inleiding

In sy bekroonde boek Wie was Jesus regtig? waarsku Francois Wessels dat daar in Suid-Afrika dikwels meer met die hart as die verstand geglo word.  So verplaas gelowiges dikwels die openbare gesprek wat ons geloof moet verantwoord na ‘n private innerlike ruimte. Hy noem dit 'n intellektuele emigrasie.

Dit is só anders as wat ons hier van Paulus sien.

Ek wil:

1.      stilstaan by dié gedeelte en die betekenis daarvan ontsluit vir ons, en dan aan die einde

2.      ‘n paar opmerkings maak oor die redelikheid van ons geloof.

Paulus in Atene

Paulus is in Atene waar hy wag vir Silas en Timoteus om van Berea af te kom, na daar 'n opstand rondom Paulus losgebreek het.  Dit is op die tweede sendingreis, waar hulle nou weens die Gees se werking ook in Europa, Griekeland, optree.

Griekeland was teen dié tyd nie meer 'n politieke mag nie, maar wel 'n kulturele en filosofiese mag.  Grieks was bv. steeds die amptelike wêreldtaal.  En hulle demokratiese model het tot vandag toe 'n groot invloed in die wêreld.  Die Nuwe Testament is ook in koine-Grieks geskryf.

Atene was destyds 'n soort wêreld op sy eie. Amper soos Londen of New York. 'n Soort kultuursentrum van tempels, teaters, markpleine - waar mense van oor die hele wêreld saamgetrek is.  Amper 'n soort geestelike middelpunt vir die denkendes van daardie tyd.  Atene het 'n ryke verskeidenheid, iets van die kreatiewe veelvoud van die skepping en die kultuur wat hieruit gegroei het, weerspieël. Dit was die soort plek waar die lewe nie stilstaan nie, maar waar nuwe dinge daagliks gebeur.

Soos Lukas dit hier stel: "Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuut te sê of te hoor nie."

AddThis Social Bookmark Button

Inleiding

Lukas het nou by Paulus, Silas en Timoteus aangesluit in Filippi (hy skryf nou weer in die eerste persoon, ons),'n Romeinse kolonie in Masedonië.  Dit is ongeveer 50 of 51 n.C.  Daar was nie 'n sinagoge nie (jy het 10 mans nodig gehad daarvoor) en daarom het die Joodse gelowiges, ons lees hier net van vroue, moontlik getroud met Grieke, by 'n bidplek by die rivier, die Gangitis, vergader.

Die eerste Europeër wat glo, is 'n vrou

En dan gebeur die wonder, die hele Europese kerkgeskiedenis begin met 'n eenvoudige verhaal van 'n vrou, nogal ryk ook, wat langs 'n rivier in Jesus begin glo.  Ironies dat 'n Masedoniese man Paulus in 'n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling 'n vrou is!  Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.

Dit is interessant hoe God ongewone mense gebruik in die verspreiding van die evangelie na nuwe gebiede.  In Afrika was dit 'n Ethiopiese ontmande. In Europa was dit 'n Grieks-Joodse vrou.  Dit is asof God sulke mense kies om van die begin af te wys dat HÝ agter die diversiteit in mense staan en verandering bring van die periferie af om só 'n sterk eenheid tussen diverse mense te smee.

AddThis Social Bookmark Button

Die hartland van die Christelike geloof skuif gedurig

Die worsteling met diversiteit is nie 'n nuwe ding nie. Inteendeel, dit is interessant as 'n mens terugkyk oor die afgelope 20 eeue, hoedat die geskiedenis van worstel met identiteit homself telkens herhaal.

Die sentrum van die Christelike geloof skuif gedurig.  Die Christelike geloof het 'n herhalende patroon waarvan die hartland gedurig aan't skuif is (Andrew Walls, The Cross-Cultural process in Christian History; studies in the transmission and appropriation of faith, 2002).

Tydens Jesus se hemelvaart was Jerusalem en Palestina die sentrum van die vroeë kerk. Ná die vervolging in Jerusalem begin (hfst. 7-8), vind die verspreiding van Christene oor die bekende wêreld van daardie tyd plaas. Só skuif die hartland van die Christelike kerk algaande na Klein-Asië, Europa, Rome, en ‘n paar eeue later na Egipte en Noord-Afrika. Dit beweeg oor geografiese, politieke, etniese en godsdienstige grense heen.

Walls beskryf dié proses (2002:32):

"In each case a threatened eclipse of Christianity was averted by its cross-cultural diffusion. Crossing cultural boundaries has been the life blood of historic Christianity. It is also noteworthy that most of the energy for the frontier crossing has come from the periphery rather than from the centre.

AddThis Social Bookmark Button

6 Bewegings

Handelinge kan opgedeel word in ongeveer 6 breë bewegings wat telkens afsluit met 'n paar opsommende opmerkings van Lukas oor die vestiging en uitbreiding van die woord van God en die getal gelowiges.

Elke keer is dit asof Lukas ‘n pouse daarmee skep voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, kultureel, eties,  intellektueel, en polities.

Eerste beweging: 1:1-6:7 - Jode in Jerusalem

Die goeie nuus oor Jesus versprei na ander Jode in Jerusalem deur die werk van Petrus en Johannes en die ander apostels.  Dit sluit 'n hele lys van "godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son" (2:5) in wat op Pinksterdag na Petrus-hulle luister: Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere.   'n Verlamde man word genees wat tot 'n groot stuk getuienis teenoor die Joodse volk en twee keer teenoor die Joodse Raad lei.

Dit sluit af met die opmerking in 6:7 - "Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs 'n groot aantal priesters het gelowig geword."

AddThis Social Bookmark Button

Inleiding

Lukas, die enigste "heidense"  skrywer in die Bybel, skryf twee boeke in die Nuwe Testament: die Evangelie van Lukas en die Handelinge van die Apostels.

In die Evangelie van Lukas vertel hy die verhaal van die evangelie wat alle Jode bereik.

In die Handelinge van die Apostels vertel hy die verhaal van die evangelie wat alle kulture bereik.

Dit begin in Jerusalem, bereik die Griekse Jode, sprei dan na Samaria en bereik die baster-Jode.  'n Ethiopiese Jood volg, waarna die evangelie eenvoudige die kulturele en etniese walle oorspoel en regdeur Asië tot in Europa versprei.  Pragtig om te sien hoe die verhaal in Jerusalem begin en in Rome eindig - van Joodse hoofstad tot Wêreld hoofstad.

Die storie wat ons gaan lees is eintlik die hoogtepunt van die gemeente Jerusalem se geskiedenis.  Hierna sou dit baie moeiliker gaan, omdat daar 'n grootskaalse vervolging sou uitbreek en die lidmate oor die hele wêreld versprei is.  Van 'n grens-oorsteek-kant is dit natuurlik positief, maar van 'n gemeente funksionering kant baie moeilik om te hanteer.

Op 'n manier het dié gemeente uiteindelik gesterf sodat ander die lewe kon hê.

Lees Handelinge 6:1-7.

AddThis Social Bookmark Button

Jesus móés deur Samaria gaan

Dat Jesus deur Samaria moes gaan is nogal relevant - omdat dit beteken het dat Hy met ‘n kortpad (so ‘n 3-dag reis) na Galilea sou gaan.  Dit was nie iets wat die Jode maklik gedoen het nie, hulle het Samaria eerder vermy;  Samaria was ‘n "no-go" vir die Jode - ‘n area waar hulle gegril het vir die  "onsuiwerheid" van die Samaritane wat van 'n gemengde ras was.

Dit is eintlik altyd so as ons oor grense beweeg - mense is anders en doen dinge anders in "Samaria".  Daarom loop ons dikwels ‘n ompad eerder as om daar deur te gaan.

Dit is die sesde uur

Dit is betekenisvol dat dit die sesde uur was.  Dit beteken dat dit 12 uur die middag was.  In daardie tyd het vroue boonop twee keer ‘n dag gaan water haal vir hulle huise, soggens en saans, wanneer dit koeler was.  Die Samaritaanse vrou gaan skep dus water op die warmste tyd van die dag.

Sy vermy die ander vroue van die dorp, miskien omdat sy verwerp gevoel het, of meer waarskynlik inderdaad ‘n verworpene was.  Blykbaar was daar nog boonop ‘n ander put nader aan die dorpie, wat sy sou kon gebruik het.  Die water van Jakob se put was egter suiwerder ... en verder van die dorp af.

AddThis Social Bookmark Button

Markus 7:24-30 (Matt 15:21-28)

Inleiding

Markus verwys meer na Jesus se wonderwerke as na sy toesprake en ander optredes. Sodoende stel hy Jesus bekend as iemand wat 'n boodskap het, maar ook as die Een wat doen wat Hy sê. Deur sy optrede bevestig Jesus dat God se koninkryk aangebreek het en dat Hy, die Seun van die mens, waarlik die Verlosser is wat in die gestalte van 'n slaaf gekom het, nie om gedien te word nie, maar om te dien (10:45). Dié boodskap moet aan almal, Jood en nie-Jood verkondig word. Daarom roep Jesus mense om saam met Hom hierdie onbekende en onbeminde pad te stap (1:14-20; 10:46-52). Dit is 'n pad wat vra dat hulle hulle sal verloën, hulle kruis opneem en Hom volg (8:34-35; 10:38 ev).

Hierin is Jesus vir sy dissipels 'n voorbeeld as hulle saam na twee Fenisiese stede, Tirus en Sidon, vertrek waar Hy eers die dogter van 'n nie-Joodse vrou en daarna 'n doofstom man gesond maak.  Tirus en Sidon was twee vooruitstrewende Fenisiese hawestede aan die Middellandse See. In Dawid se tyd was daar vrede tussen Tirus en Israel, maar mettertyd het Tirus berug geraak vir al haar sondes (Eseg 28:2; 21-23; 16:49-50). Matteus 11:21-22 vertel ook hoe dit vir die twee stede in die oordeelsdag draagliker sou wees as vir Gorasim en Betsaida. Die rede vir hierdie vergelyking is daarin geleë dat laasgenoemde Joodse stede was wat vertroud was met Jesus se wonderwerke. Tog het hulle nie tot bekering gekom nie. Tirus en Sidon, daarenteen, was heidense stede waar mense tot bekering gekom het by die aanskoue van Jesus se wonderwerke.

Dié kontak met heidene was egter nie Jesus se eerste nie.  In 3:8 het die inwoners van Tirus reeds vir Jesus in groot getalle kom opsoek en in 5:1-20 het Hy 'n besetene in die heidense gebied oos van die see van Galilea genees.  Jesus is besig om met hierdie verhale beginsels vir die koninkryk neer te lê wat ‘n groot impak sou hê op sy eie bediening en die latere bediening van die kerk aan heidene. Die hoofboodskap is dat die evangelie bedoel is vir almal.

"Lamar Williamson, Jr. (Mark, Interpretation) sê hieroor, "If in the preceding passage Jesus "declared all foods clean" (7:19), in these stories he declares all persons clean, whether a Gentile woman in a pagan city or a man of indeterminate race in the unclean territory of the Decapolis. The stories are two examples of the sample principle: Both advance Jesus' repudiation of traditional taboos (p. 137)." Aangehaal deur Brian Stoffregen by http://www.crossmarks.com/brian/mark7x24.htm .

AddThis Social Bookmark Button

Markus 6:1-6 (Matt 13:53-58; 9:35; Luk 4:16-30)

Positiewe publieke impak

Jesus se bediening het ‘n uitgebreide positiewe publieke impak gehad, soveel so dat Hy die verwonderde skares van tyd tot tyd moes ontvlug, sodat hulle Hom nie opeis vir hulleself nie.  Die hele landstreek Galilea het oor Hom gepraat (Mark 1:28) en baie mense het Hom gevolg sodat Hy soms in die oop veld gebly het (Mark 1:45).

Die toestroming het van alle kante af gekom, van Judea af, Jerusalem, Idumea en van oorkant die Jordaan, selfs van Tirus en Sidon af in die noorde (Mark 3:7-8).  Sy wonderwerke en deernis met mense het hulle soos ‘n magneet aangetrek "toe hulle hoor wat Hy alles doen".  Melaatses is genees (1:40-45), verlamdes kon weer loop (1:1-12), godsdienstige gebruike het nuwe betekenis gekry (2:18-28), ‘n storm is stilgemaak (4:35-41), besetenes is bevry (5:1-20), selfs ‘n dogtertjie is opgewek (5:41).

Jesus in Nasaret

En dan kom Jesus in sy tuisdorp, Nasaret, die plek waar Hy groot geword het.  Dit was natuurlik Josef en Maria se tuisdorp (Luk 2:4), waarheen hulle terug gekeer het uit Egipte (Matt 2:23) na die dood van Herodes.  Toe hy egter hoor dat sy seun Argelaos in sy plek oor Judea regeer, was Josef bang om daarheen te gaan en is hy na die landstreek Galilea toe, nadat God hom in 'n droom 'n aanwysing gegee het. Daar aangekom, het hy gaan woon in 'n dorp met die naam Nasaret.

Interessant dat Markus die dorpie nie by sy naam Nasaret noem nie.  Hy noem dit net die "plek waar Hy groot geword het".  ‘n Mens wonder of Markus (en Matteus) daarmee amper die skande van die dorp wou wegsteek, al het almal geweet waar Jesus groot geword het, soos Lukas dit wel vir historiese korrektheid aandui.

AddThis Social Bookmark Button

Markus 5:1-20 (Matt 8:28-34; Luk 8:26-39); 7:31-37 (Matt 15:29-31)

Om hierdie gedeelte beter te verstaan help dit om die voorafgaande gebeure van die vinnig bewegende evangelie van Markus in gedagte te hou.

1.  In die eerste hoofdeel van die evangelie word die begin van Jesus se publieke bediening vertel: Hy roep die dissipels, dryf demone uit, maak die siekes gesond en verbind dit telkens aan die koninkryk van God.  In die proses begin die skares van verwondering om Hom saamdrom en laai die teenstand van die godsdienstige en politieke leiers op.  Jesus fokus egter slegs op Jode in hierdie deel van sy bediening.

In die tweede hoofdeel van die evangelie, Markus 3:7-8:21, word gefokus op die impak van Jesus se bediening van lering en genesing op drie groepe: die skares wat steeds verwonderd staan oor wat Jesus alles doen en sê; die dissipels wat dieper in die geheim van Jesus ingelei word, selfs in die bediening gebruik word, maar stadig van begrip is; die groeiende teenstand wat Jesus se bediening uitlok.  En hoewel dit aanvanklik ook slegs Jode is wat baat vind by sy bediening, brei dit uit om Grieke en ander groepe in te sluit, die besetene van Gerasa en die vrou van Siro-Fenicië.

2.  Dit vorm verder deel van ‘n ander interessante kontras wat getref word tussen die groep buitestaanders en dié groep wat ‘n binnekring rondom Jesus begin vorm. Die buitestaanders word gou geïdentifiseer as die lede van die Joodse Raad en die Herodiane.  Selfs sy familie word aanvanklik as buitestaanders geteken.  Let op hoe sy familie gedink het Hy is van sy kop af (3:21).  Dit is eers later dat van sy broers, spesifiek sy broer Jakobus, deel van die binnekring geraak het en selfs ‘n leier in die kerk van Jerusalem geword het.

"Jesus identifies his family on the basis of the response to him rather than on natural kinship.  The response of his natural family who sought to take him into their custody reflected their rejection of his ministry regardless of their motivation, which in Mark is given as concern for his mental stability. The response of the crowd who sought his presence and gathered around him, doubtless to hear his teaching, reflected their acceptance of him." (Guelich).

Let ook op hoe Jesus nie noodwendig sê dat dié wat rondom Hom sit sy familie is nie, maar dié wat die wil van sy Vader doen.  Die band wat die nuwe familiekring saamvoeg, is die doen van die wil van God. Dit gaan dus nie om die aanhang van Jesus se persoon nie, maar om die oorgawe aan God om Hom alleen te gehoorsaam. Diegene wat dit van harte doen, is voortaan kinders van God en broers en susters van mekaar.

AddThis Social Bookmark Button

Markus 1:21-28; 40-45; 2:1-12; 23-27; 3:1-6; 31-35; 7:1-13; 14-23

Markus begin sy evangelie op dramatiese manier.  Jesus word gedoop, versoek en begin preek: "Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom.  Bekeer julle en glo die evangelie." (1:15).

Die basis vir sy bediening in die eerste deel van die evangelie is Kapernaum.  Dit is Jesus se tuisdorp, na Hy vroeër van Nasaret hierheen verhuis het.  Kapernaum, 'n groot en besige stad aan die See van Galilea, word die sentrum vanwaar Jesus opereer (2:1; 3:20; Matt 4:13).

Drie groepe mense

Van die begin af is daar drie groepe mense rondom Jesus:

1.       die skare,

2.       die dissipels en

3.       die skrifgeleerdes en Fariseërs.

Aanvaarding en verwerping

En soos daar ‘n stygende lyn van aanvaarding en bewondering onder die skare is, só is daar van die begin af ‘n stygende lyn van ontsteltenis en verwerping onder die skrifgeleerdes.  Die skeidslyne word skerp getrek tussen dié wat binne is en dié wat buite is, soveel só dat ‘n mens soms wonder of die dissipels regtig in die binnekring is, weens hulle onbegrip.  Jesus moet telkens vir hulle alleen eenkant toe neem om te verduidelik wat Hy doen en wat dit beteken.

En die spilpunt waarom die reaksies draai, is die impak wat die bediening van Jesus op hulle het.

  • Vir die skare is Hy die Wonderwerker, die een wat nuwe lewensmoontlikhede oopmaak.
  • Vir die Fariseërs is Hy ‘n steen des aanstoots, wat nie net hulle wette en manier van doen omvêrwerp nie maar veral hulle beheer oor die godsdienstige lewe van die mense in gevaar stel.
  • Vir die dissipels is Hy ‘n enigma, Een wat wel vir hulle uitgekies het, wat sy lewe met hulle op ‘n manier deel wat nie vir die ander beskore is nie, maar wat met sy manier van doen hulle begrip só uitdaag, dat hulle worstel om by te kom.

Stap saam met Jesus deur die uitdagings van Kapernaum

In agt tonele vertel Markus ons hoe Jesus in Kapernaum bevryding en genesing vir besetenes en siekes bring, terwyl tegelykertyd die teenstand toeneem teen Hom.  Ons gaan oorsigtelik kyk na die wyse waarop Jesus die uitdaging van die teenstand hanteer het, terwyl Hy steeds voortgegaan het om sy bediening uit te voer.

AddThis Social Bookmark Button

Stap met Jesus oor Grense - Pinksterreeks 2010

Die grootste verskil wat die evangelie maak, lê nie in wat IN mense gebeur nie, maar wat TUSSEN mense gebeur.  Verhoudings tussen mense is die plek waar ware gemeenskap gebeur.

Elkeen van ons is ‘n ketting, ‘n band wat mense verbind.  Telkens as ons uitreik na mekaar in gemeenskap en versorging, en bereid is om grense oor te steek na ander, trek ons mense in, en gee dit sin en betekenis aan ander en ons eie lewe.

Om grense oor te steek: kultureel, eties, generasies, etnies, sosiaal, ekonomies, gender en noem maar self verder op, was en sal altyd die lewensbloed van die geloof in Christus bly.

Van die begin af was dit die patroon: waar gelowiges ‘n kulturele grens oorgesteek is, soos ons bv. in Handelinge 11 lees,  waar 'n paar onbekende Joodse gelowiges in Antiochië met die Grieke oor Jesus gesels het, kom daar 'n kerk tot stand. (11:19-20). En waar hulle dit nie gedoen het nie, het die kerk gekrimp of tot niet gegaan.

Ek wil jou dus uitdaag om 'n reis dié Pinksterweek met jou gemeente te onderneem.  Ons noem die reis: Stap met Jesus oor grense.

Vir 10 dae (of hoe lank jy ook al Pinkster gaan hou), gaan julle fokus op twee goed:

  1. die wyse waarop Jesus en sy kerk in die Evangelies en Handelinge grense oorgesteek het, en
  2. die mense wat die Here elke dag oor julle pad stuur, waarin ons self die grense sal ontdek waaroor die Here ons wil neem. 
Elke aand moet dus ook só ingerig word, dat daar tyd is om te gesels hieroor in groepe of deur getuienisse.  Die wêreld van die teks en die wêreld waarbinne ons leef, moet dus doelbewus in kontak met mekaar gebring word.  Dit is die enigste manier waarop ons regtig die voorbeeld van Jesus en sy kerk kan volg om oor grense te begin stap in ons eie wêreld.