TEKEN HIER IN

Nuusbrief

Skryf hier in
ONTHOU: Geregistreerde gebruikers word outomaties ingeteken op die nuusbrief. Registreer. Jy kan egter kies om nie te registreer nie, en steeds die nuusbrief te ontvang.
Seisoen van Luister Nuusbrief


Receive HTML?

Produkte

Kleingroepe

AddThis Social Bookmark Button

Die vrou by die put (deelnemersgids) - Chris van Wyk e.a

( Bybel-Media )
Prys: R25.00 (14 % BTW ingesluit) - koop aanlyn
Subtitel: Stap saam met Jesus oor grense – ’n Studie oor die Samaritaanse vrou

Opsomming van inhoud: Die skrywers van Die vrou by die put gebruik die verhaal wat in Johannes 4 opgeteken is – Jesus en die Samaritaanse vrou – as vertrekpunt om te sê: God het ons gemaak met die behoefte om in gemeenskap met mekaar te wees. God het ons geroep om vir ander te leef, maar dit beteken om waarlik by hulle teenwoordig te wees. En om waarlik by hulle teenwoordig te wees moet ons grense na hulle toe oorsteek. En dit is presies waarmee hierdie boek gelowiges help.

Die vrou by die put is deel van die Groei oor grense-program, wat deel vorm van die Seisoen van Luister, en is spesiaal ontwerp vir groepe. Dit bestaan uit ’n leiersgids en ’n deelnemersgids.

Lees meer...

AddThis Social Bookmark Button

Grense tussen mense verhoed dat hulle mekaar hoor. Dit skep afstand en polarisasie. Dit kweek wantroue en versterk ’n gebrek aan deernis. Grense veroorsaak dat die oordrag van Christus se liefde ingeperk word en die vrye uitdeling daarvan verhoed word. Ons is dus seker dat ons moet handel met ons begrensdheid. As dit in die weg staan van die koms van die Koninkryk en egte ontmoetings met mense, moet ons iets daaraan doen.

Ons het die afgelope drie jaar baie geworstel met Christene se begrensdheid. Waarom is dit so ‘n algemene neiging dat ons onsself afgrens? Hoe deurbreek ‘n mens jou begrensdheid? Wat kan ons doen om sonder ons vooroordele, onbevange te luister na mense? Is dit moontlik om jou vooroordele op te skort met die oog op luister? Is daar onderliggende vrese waarmee ’n mens moet handel wanneer jy na vreemde stemme luister om seker te maak dat jy reg hoor? Wat leer die Bybel oor bewegings oor grense? Dit is van die vrae waarmee ‘n taakgroep van die Seisoen van Luister al vir lank besig is. ’n Verskeidenheid mense is geraadpleeg- jong mense, swart- en witmense, vroue, mans, mense met verskillende oortuigings. Verskeie bronne is geraadpleeg en talle modelle is oorweeg. Uiteindelik het ons opnuut verstaan dat die oorsteek van grense ’n eg Christelike beweging is. Dit is wat Jesus immers doen. Ons het onder meer Jesus se ontmoeting met die Samaritaanse vrou by die put goed bedink en opnuut geleer wat ware dissipelskap beteken.

Lees meer...

AddThis Social Bookmark Button

God praat - leef luisterryk (groepe)

Die gespreksboek vir groepe is 'n hulpmiddel vir mense om na mekaar te luister. Die metodiek van 'n luistersiklus word verduidelik. Dit bestaan uit drie groot bewegings – rus, hoor en leef. Die beweging help mense om tyd te maak om te luister na God en na ander, en met hulle lewe daarop te antwoord. Die siklus is ook onderverdeel in agt stasie nl:

Rus

1. Ingenooi deur God. 

2. Ingaan in God se tyd.

Hoor


3. Luister na God se Woord. 

4. Luister na mekaar.

5. Luister na nader en sien tye. 

6. Luister weer na God se Woord.

Luister

7. Fokus op wat God nou doen. 

8. Antwoord met ons lewe.


Saamgestel deur: Chris van Wyk en Nico Simpson.

Verkrygbaar in pakkies van 10 (groepe) plus 1 (begeleiers): R49.95

Los eksemplare: R5.00

Formaat: Klein  boekie sodat dit oral saamgedra kan word en maklik in 'n Bybel of Bybelstudieboek kan pas.

Aantal bladsye: 20

Teikenmark: Bybelstudie-, klein- en selgroepe.

Navrae en direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za    Deelnommer: 0860 26 33 42

AddThis Social Bookmark Button

God praat - leef luisterryk (begeleiers)

Hierdie begeleiersgids is 'n belangrike hulpmiddel by die luistersiklus vir groepe.  Dit gee leiers 'n dieper verstaan van die praktiese teologiese perspektiewe wat die basis van die luistersiklus vorm.  Dit gee ook 'n wye verskeidenheid van kreatiewe voorstelle om die aanbieding van die luistersiklus mee af te wissel.

Oor die luistersiklus:

Die luistersiklus is ’n hulpmiddel om mense te help om na God en na mekaar te luister.

Dit bestaan uit drie groot bewegings – rus, hoor en leef.

  • Die rus-beweging help mense om in ons gejaagde lewe tyd te maak om voor God tot rus te kom.
  • Die hoor-beweging help gelowiges om uit verskillende hoeke te luister na wat God vir ons in die Bybel sê.
  • Die leef-beweging help gelowiges om met hulle lewe te antwoord.

Hierdie drie bewegings is in ’n siklus geplaas, om daarmee te kenne te gee dat om te luister nie net by een geleentheid afgehandel word nie. Ons moet telkens tot rus kom, wéér luister na wat God sê om verder saam met Hom te leef (Jes 50:4: ”Elke môre laat Hy my opnuut weer luister ...”).

Die luistersiklus is ook in agt stasies onderverdeel. Dié stasies help mense om dieper in die luistersiklus in te beweeg:

  1. Ingenooi deur God – By die eerste stasie raak ons bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese, en gee ons aan God oor.
  2. Ingaan in God se tyd – By die tweede stasie betree ons God se wêreld, en gaan in God se vrede in.
  3. Luister na God se Woord – By die derde stasie luister ons diep na die Woord, en ontmoet God.
  4. Luister na mekaar – By die vierde stasie maak God ons ’n luisterende gemeenskap, en Hy praat deur ander mense met ons.
  5. Luister na ander en die tye – By die vyfde stasie stel ons ons oop om God van onverwagse kante af te hoor.
  6. Luister weer na God se Woord – By die sesde stasie fokus ons op die beweging van die Gees in ons hart en gedagtes.
  7. Fokus op wat God nou doen – By die sewende stasie gee ons aandag aan wat God op hierdie oomblik aan die doen is en waarheen God ons lewe rig.
  8. Antwoord met ons lewe – By die agtste stasie besluit ons op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/gedoen/gesê het.

Basiese gebruik

Daar is twee basiese maniere waarop die luistersiklus gebruik kan word:

  • deur dit by een geleentheid deur te werk – hetsy deur net die drie hoofbewegings of elkeen van die agt stasies te doen. Dit kan telkens by volgende geleenthede (bv in ’n kleingroep of ’n familie) só gedoen word;
  • deur elkeen van die agt stasies op sy eie as ’n afsonderlike proses te gebruik – daar kan selfs by meer as een geleentheid by ’n stasie vertoef word. Hiervoor is daar ook ekstra oefeninge en aanbevelings in dié begeleiersgids.

Saamgestel deur: Chris van Wyk en Nico Simpson.

Verkrygbaar in pakkies van 10 (groepe) plus 1 (begeleiers): R49.95

Los eksemplare: R30.00

Formaat: Slapband A5 boekie

Aantal bladsye:83

Teikenmark: Bybelstudie-, klein- en selgroepe.

Navrae en direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za    Deelnommer: 0860 26 33 42

AddThis Social Bookmark Button

Die vier programme op die DVD’s is gebruiksmateriaal vir DIE SEISOEN VAN LUISTER en is ideaal om binne gemeentekonteks gebruik te word.  Temas word vanaf die DVD-indeks gekies om die vind van ʼn tema te vergemaklik.  Geskik vir kerkrade, gemeente- en kleingroepbyeenkomste.

Malan Nel hanteer die aanbieding voor ʼn ateljee-gehoor aan die hand van drie kernvrae:

  1. Glo ek dat die gemeente waar ek is ʼn verskil kan maak?
  2. In watter mate neem die gemeente en ek as lidmaat deel aan die koms van die koninkryk in my omgewing?
  3. Wat sou julle gemeenskap mis indien ons gemeente ophou bestaan?

Die vier hooftemas is: Die Here se gemeente is:

  • geskep en geskenk
  • ʼn gawe van God
  • ʼn vertoonvenster van nuwe mense
  • ʼn nuwe manier van verstaan.

Prys per eenheid (dvd): R169.95 (14 % BTW ingesluit)

Tydsduur: 120 minute

Vervaardiger: Mema-Media

Regisseur: Peet Neethling

Navrae en direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it     Deelnommer: 0860 26 33 42