Families
Sondag, 01 Februarie 2009 00:00 Laas Opdateer op Dinsdag, 03 Februarie 2009 23:03
... en 39 ander cool Bybelkarakters
Opsomming van die inhoud: 40 (minder bekende) Bybelkarakters waaroor gesinne saam kan lees, gesels en groei. Prikkelende stukke vir gesinsbyeenkomste, gemaklike en informele aanslag met ’n interaktiewe formaat.
Rondom die Bybel ...
In Magla – die dogter wat buite die boks gedink het word 40 cool Bybelkarakters, waarvan die meeste minder bekend is, uit hulle wegkruipplek in die Bybel gehaal. Hulle kon net sowel vandag geleef het, want hulle is mense net soos ons, met dieselfde giere, drome, vrese en hang-ups.
Reis saam ...
Hierdie Bybelkarakters sal julle as familie baie gee om oor te dink en te praat. Maak as familie ’n afspraak met julle self om een keer per week saam om die Bybel en God wat by ons is te gaan sit. Dit sal julle lewe verander.
Inhoud:
Hoe om hierdie boek te gebruik
Reisgenote
Vir die ouers
1. Magla: Die dogters wat buite die boks gedink het
2. Hanna: Die ma wat dronk gelyk het
3. Jetro: Wanneer Skoonpa kom kuier ...
4. Manoag se vrou: Die mamma-sonder-naam
5. Josia: Die jong koning en die profetes
6. Naäman: Die stemlose mense wat gepraat het
7. Naomi: Wanneer jou skoonma jou beste pel is
8. Boas: ’n Vreemdeling word familie van Jesus
9. Jonatan: Die pel wat die prins sy kroon gekos het
10. Die farao: Koning Slim maak dom en dommer planne
11. Jogebed: Die moordmasjien word die kraamsaal
12. Josef: Vergewe is nie vergeet nie
13. Samuel: Boeta word koning
14. Moses: God besoek ’n vlugtende moordenaar
15. Debora: Vroue wat vir niks skrik nie
16. Elia: Die dominee met selfmoordneigings
17. Daniël: Afguns in die staatsdiens kan jou opvreet
18. Josua: Mense loop deur diep rievier
19. Ester: Mej Wêreld bring wêreldvrede
20. Ester: ’n Plan wat lelik boemerang!
21. Elisa: Entrepreneursdag in Kanaän
22. Amos: Die plaasjapie wat uit sy beurt gepraat het
23. Job: Vriende wat niks help nie
24. Jona: ’n Lessie oor liefde – nie oor ’n vis
25. Habakuk: Ge-abba of gekruk, nogtans sal ek sing
26. Saggeus: Lang vingers, kort bene
27. Saulus: Vervolger word volgeling
28. Paulus: In die breingimnasium
29. ’n Vrou op die pad: Die hondjie wat vir Jesus geblaf het
30. Die vrou by die put: Jesus en die loslappie
31. ’n Vrou by die kollektediens: Die ryk, arm weduwee
32. Elisabet: ’n Godsdiensleier bly stil en twee vroue loof die Here
33. Priscilla en Akwila: Mevrou en meneer Tentmaker
34. ’n Seuntjie: Nog bokkoms en broodjies?
35. Onesimus: Tronk-CV
36. Petrus: Die leier wat te vionnig gepraat het
37. Lidia: Sakevrou word kerkstigter
38. Timoteus: Soldaat, atleet en die bietjie wyn
39. Die vrou by die dinee: ’n Ongenooide gas word die gasvrou
40. Abigajil: Die vrou wie se man hom doodgeskrik het
Meer oor die skrywers:
- Christelle Bekker het haar opleiding as jeugwerker aan die Hugenote Kollege en die Universiteit van Pretoria ontvang.
- Dr Nico Simpson is predikant van Kruis-Generasie (Stellenberg, Wes-Kaap) wat as gelowiges ou-ou geloofswaarhede vandag nuut wil leef. Hy glo dat die skep van veilige ruimtes mense help om te lag, te luister, te speel, te sorg en te glo.
Prys: R59.95 (14 % BTW ingesluit)
ISBN 10: 0864-87474X
ISBN 13: 978-0864-874740
Bladsye: 177
Navrae en direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za Deelnommer: 0860 26 33 42






















