Produkte

Bybel verstaan

AddThis Social Bookmark Button

Hoe ons die Bybel hoor en verstaan

Vanuit ’n historiese, sistematiese, etiese en praktiese perspektief nooi Neem, lees! lesers uit om self die Bybel opnuut te lees en daarna te luister met nuwe oë en ore, met nuwe insig en nuwe hoop. Dis ’n boek óór die Bybel wat lesers uitnooi ná die Bybel.

Neem, lees! van Dirkie Smit is ’n boek wat elke leser van die Bybel sal help om dit beter te lees en te verstaan.

Opsomming van inhoud: Dit boek handel oor 4 vrae wat ons help om die Bybel met meer insig te lees en te verstaan:

  1. Histories: Hoe is die Bybel deur die eeue gelees en verstaan tot vandag toe?
  2. Sistematies; Wat beteken dit eintlik om te lees – énigiets te lees? En wat is die implikasies daarvan vir die lees van spesifiek die Bybel?
  3. Eties: Wat is die relevansie van die Bybel vir die Christelike lewe?
  4. Prakties: Met watter beelde het gelowiges deur die eeue gepraat van die Bybel en wat het hulle daarmee bedoel?.

Die eerste deel vertel die spannende storie van hoe die Bybel deur die geskiedenis en tot vandag gelees en verstaan is.

Die tweede deel ontrafel die ingewikkelde en fassinerende storie van wat dit eintlik beteken om te lees – énigiets te lees – en pas dit toe op die korrekte manier om spesifiek die Bybel te lees.

Die derde deel wys hoe ’n korrekte lees van die Bybel ons kan help om die Bybel toe te pas tem opsigte van morele en sedelike besluitneming en optrede.

In die vierde deel word aan die hand van sekere Bybelgedeeltes gekyk na die talle metafore wat die Bybel self gebruik om oor die woorde van God te praat en wat dit eintlik van die Bybel vir ons sê.

Skrywer: Dirkie Smit

Formaat: Sagteband

Bladsye: 320

Prys: R125.34 (14 % BTW ingesluit)
   
ISBN: 978 086487 468 9

Navrae en direkte bestellings: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it     Deelnommer: 0860 26 33 42